English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 775
Total Views: 83 247 328
topics: 11 573
replies: 139 204
views: 39 341 981
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Toyota het my teleurgestel

replies: 31
views: 643
08 Jun 2020 @ 10:11:01 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek ry nou al vir die afgelope 25 jaar Toyota, my United Nations Land Cruiser het legendaries geword, EK IS N TOYOTA - MAN en klaar. Daar was n tyd dat Toyota al deur n hele Sondag aan my Forchuner gewerk het om n transfer case seël te vervang sodat ek die Maandag my karavaan kon sleep na die Kruger. Wonderlike diens.  

Maar ek staan ook nie blind vir slegte diens nie.

Daarom net n stukkie "oppas-nuus" vir julle manne, dit geld ook vir die Ford-manne en al die ander wat probeer om by Toyota kers vas te hou.  (Sommer grappie)

My petrol-aanwyser op die paneel het stadig begin lol. Hy het al stadiger begin styg wanneer die tenk vol is. So het dit aangegaan totdat hy begin vassteek het, en helaas glad nie sy kop gelig het nie en die leeg-liggie het aangebly. Ek gaan toe Toyota toe, net om te hoor dat hulle die sensor in die tenk moet vervang. n Aangename R6000-00 later.

Ek doen toe n bietjie navorsing en gaan toe na n auto electrician, hy vra my toe R400 om gou, baie gou, te bepaal dat dit nie die TENK-SENSOR is wat strukkend is nie, maar dat dit die die petrol-gadge in die dashboard cluster is wat foutief is. Ongelukkig moet ek n HELE nuwe cluster koop, uit Japan bestel volgens my kar se VIN-nommer.  Dit kos my n on-aangename R4600-00.

Ek wag nou vir die part. Maar ek gaan VRA toe vir Toyota hoekom HULLE nie ook so te werk kon gaan nie, net om te hoor "ons moet die fout IEWERS gaan soek, en ons moet dus IEWERS begin."

Dus sou dit my R10 000-00 gekos het!

Ek weet nie hoe julle voel nie, maar wraggies, ek verwag net meer van n firma wat JARE ervaring het van hierdie tipe ding om nie sondermeer op n DUUR eksperiment te gaan nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 10:33:11 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

In my opinie word Toyota manne baie jare al vir n ride gevat. 

Maar dis die manne se eie skuld. Want nooit wil hulle fout hoor van Toyota terwyl Toyota lag al die pad bank toe.

Al die karre daar buite het sy pros en cons. Dis wat jy like. My keuse bly maar by Ford solank ek n goeie waarborg/diensplan het.

Ek hoop jy het reg gekom, vriend.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 10:46:32 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit klink vir my bietjie outyds om op 'n punt te begin en alles in die lyn te vervang tot jy by die fout uitkom. Garages was vroeër berug daarvoor.  Die garage gaan nie die nie-foutiewe onderdele terugplaas nie en jy gaan daarvoor betaal.  Dis onder andere daaroor dat ek eerder my eie onderhoud doen, as dit wel binne my vermoë is.  Met moderne voertuie ongelukkig al minder.  Ek wonder of die OBD2 stelsel nie die presiese fout sou kon optel nie- seker maar nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 11:47:55 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Bak Oor ek is al skoon bang om by Toyota aan te klop want ek begin al n naam te kry van die ou wat alles betwyfel. Die ironie is dat ek eintlik (as gevolg van die Cruiser) n uitstekende naam by hulle het, ek het al twee van daai duur leerbaadjies (ook waarmee die ouens gaan jag) gekry met Forchuner netjies op die kraag.  Die les is maar net dat jy (soos die Goeie Boek vir ons sê) alles maar moet beproef. Gelukkig/ongelukkig hoor ek dieselfde storie by maats wat die ander famous fabrikate besit. Ek dink dit gaan maar lol om my sommer vir n ride te vat, ek kom darem ook al n lang pad.

Daar is nou al n paar indrukwekkende bakkies en voertuie op die pad, ek wens ek het genoeg geld gehad om een van elk in my garage te hê. Daai V6 Amaroc lyk nogal na lekker wa. Dis jammer my bakkie-dae is verby. En noudat Ford en VW saam in die bed is gaan daar seker binnekort n space age wonder verskyn.

Dis tog opmerkbaar hoeveel van die pad-toetse wat ons lees van die nuwe rygoed (soos Land Rover) waar daar uitdruklik gesê word "jy gaan nie hierdie voertuig veld toe neem nie."

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 19:15:50 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Danie. Dalk moet jy net jy Toyota by n ander dealership laatt diens.

Ek het onlangs so n ervaring met my Mercedes gehad. Nou al by drie dealerships laat diens en die slotsom is ek sal nooit maar nooit weer n Mercedes in my garage parkeer, nooit.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 19:26:39 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

My eerste 1979 Toyota was n 1200 Bakkie.

Ry tot vandag nog Toyota, het twee van hulle. Heel tevrede met die Yaris en Fortuner.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 19:27:55 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het 'n vermoede by watter handelaarskap Danie sy Toyota laat diens - synde hy in die Strand woon. Indien dit die handelaarskap is, wat ek vermoed dit is, kan ek maar net sê ek het simpatie met hom. My seun, in Grabouw, is ook weg by hulle, maar bly by Toyota. Hy laat, soos ek, deesdae diens by Hermanus Toyota. Dieselfde groep (wat ek vermoed dit is) beskik ook oor die Mercedes-handelaarskap. Laasgenoemde se powere diens het bygedra daartoe dat ek ook nie weer 'n Mitsubishi-produk in my garage wil hê nie, want hulle MB-agentskap is ook die Mitsubishi-agente.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 20:15:37 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Wil vir my voorkom asof die cluster groot probleem is op die ou Fortuner. Na vele gekyk wat die cluster al vervang is.

Snaaks genoeg, Hilux het dieselfde cluster, maar min of geen probleme nie.

Laat mens wonder????

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 20:20:17 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Terloops, toe ek nog Toy's gery het, het ek hulle net in Potties laat diens, nooit in Polokwane nie.

N goeie verhouding met n goeie handelaar is baie belangrik.

Het 1 keer my Dyna in Lydenburg laat diens. Wat n ramp. Gekos hulle moet diff kom vervang in Potties op hul onkoste omdat hulle nooit die plug terug gesit het nie.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 07:41:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Oorlede kamp maar se vrou bel my dat die linker agter lig van haar Ford Fiesta is dood.

Maklik dis 'n gloeilamp wat moeg is.  Ry soontoe skroef die twee skroewe los maar ooweë, die agter lig cluster wil nie los kom sodat ek die gloeilamp kan vervang nie.

Kom toe agter iewers is daar sulke clips wat die ding nog vas hou maar hoe gemaak?    Bel 'n paar mense maar niemand kan help nie.  Nou met my geluk breek ek als en nog wat as ek hard trek en bietjie effort in sit.

Sê maar sy moet eerder Ford toe dat hulle die gloeilamp vervang.

Ek is baie spyt ek het nie maar eerder harder probeer nie, want R360 rand later is die gloeilamp vervang.  Selfde twee skroefies los gemaak maar net met 'n seker manuver is die cluster uitgehaak.  Gloeilamp R20  (Wat 'n over charge is) En R340 se arbeid.

Dis darem regtig belaglik. Lyk my dis die aard van die kostes aan diens wat ons nou na lockdown gaan betaal.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 08:48:24 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek weet waar die probleem lê.  Die dienssentrums in Bloem gebruik baie Leerling tegnikuste wat in opleiding is.   Hulle doen dieselfde werk uitsette as 'n gekwalifiseerde tegnikus teen 'n belaglike goedkoop salaris.  Die bestuurders is traag om hulle vir opleiding te stuur want sodra hulle kwalifiseer is hulle salaris kerf baie hoer.   Dis makliker om op 'n gereelde basis nuwe leerlinge aan te stel en die deur te wys as hulle kwalifiseer.  

Ek begin nou saam met Brommer se stelling stem dat 'n sogenaamde backyard mechanic in baie gevalle beter is as die wat jy kry by agente.   Dis gewoonlik die ou wat te duur begin word het salaris gewys wat op die ou einde sy eie ding doen.  In baie gevalle maak die agente dit moeilik vir gekwalifiseerde tegnikuste om te bly sodat hulle weer goedkoop arbeid kan aanstel.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 09:20:11 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Gepraat van die Toyota agentskap waarna Chris verwys - so sestien jaar gelede is ek op pad terug van Grabouw af waar ons gaan hengel het, toe my HiLux se engin net voor die Strand 'n verskriklike lawaai begin maak. Ek kruip toe aan tot by die betrokke handelaar en ry sommer reguit by die werkswinkel in.

Omtrent al die werktuigkundiges staan toe nader om na die lawaai te luister en menings te gee. Die een sê dis 'n conrod, die ander dis 'n big end, dan weer dis 'n small end, 'n gekraakte piston en so gaan dit aan. Die hoofman oor 'n honderd sê die engin moet oorgedoen word.

Ek vra naastenby hoeveel sal dit kos. Die antwoord, ten minste R65000, want ek moet weet, dis 'n diesel, en diesels is duur om aan te werk.

Ek sê toe hulle moet wag dat ek net eers my nie-geakkrediteerde werkswinkel in die Kaap bel. Die hoofman oot vyf daar sê toe vir my ek moet ry, en die geraas sal binne drie kilometers self weg raak, want dit is 'n hidraulic lifter wat vasgesteek het. Ek maak toe so, en so wrinties waar, voordat ek twee kilos gery het was die engin tjoepstil.

Ek het daardie Toyota op 230000 kilos verkoop met 'n engin wat nog soos nuut geloop het.

Ek dink nie ons moet werkswinkels of handelaars uitsonder vir swak diens of foute nie. Ons moet eerder die stelsel aanval. 'n Outjie wat hier naby groot geword het en nou by 'n Ford handelaar sy vakleerlingskap voltooi het sê hy word net 35 minute toegelaat om 'n groot diens op 'n bakkie te doen, en volgens hom is dit maar oral dieselfde. Die hoeveelheid voertuie wat hulle per dag kan diens word bepaal deur die hoeveelheid minute wat 'n werktuigkundige per voertuig mag spandeer. Onthou, daar is ander ouens wat olie ruil en nie gespesialiseerde takies verrig.

Om onderdele te vervang is mos baie makliker as om foute korrek te diagnoseer.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 09:37:58 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Baie van selfs moderne voertuie se onderhoud kan deur die eienaar self gedoen word as hy net wil en kan.  En omdat dit jou eie voertuig is, gaan jy dit goed doen.  Ons het nie al die kennis wat die tegnici het, of behoort te hê nie, maar 'n werkswinkelhandleiding, as dit beskikbaar is, en Google, kan vinnig voorsien aan die nodige kennis.  Dis nou natuurlik as jy bereid en georiënteerd is om sulke dingetjies self te doen.  Ons ouer garde het dit miskien makliker gehad.  Ek het met 'n Anglia begin wat jy amper met 'n tang, skuifsleutel en bloudraad kon herstel en so oor die jare ondervinding opgedoen met al meer gevorderde voertuie. Die Anglia het maar net een sekering gehad- alles was so basies eenvoudig.  Ek kon skaars 'n tweedehandse voertuig bekostig, wat nog van elke drie jaar 'n n uwe een koop! As jy nou jou eerste  motor het en dit is 'n moderne een, glo ek nie jy sal ooit selfversorgend kan raak nie.  Nie eers die 'opgeleide' tegnici weet veel van die voertuie af nie, en stuur dit vir enigiets effens ingewikkeld na deskundiges toe.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 13:58:05 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Danie. Dalk moet jy net jy Toyota by n ander dealership laatt diens.

Ek het onlangs so n ervaring met my Mercedes gehad. Nou al by drie dealerships laat diens en die slotsom is ek sal nooit maar nooit weer n Mercedes in my garage parkeer, nooit.

Stem saam...swakste diens wat ek nog ooit ondervind het.

 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 14:36:00 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

Whether its Ford, Toyota  or any other brand we have all on an occasion been taken for a ride. 

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 14:54:00 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek dog amper ek het Danie se brief verkeerd gelees.  Ek moes voel of my bril voor my oe is.   Dis nie aldag dat 'n Toyota man swak diens aanspreek nie.   Alles loop mos altyd reg of so probeer Toyota almal brainspoel.   Ek haal my hoed vir jou af Danie.

Swak diens word by alle vervaardigers ondervind.   Dis goed dat almal swak diens aanvat en dit openlik begin noem.   Jammer vir die manne wat skade gely het.

As dinge verkeerd loop en nie op std is nie en jy hemel nog steeds 'n vervaardiger op dan moet jy maar die punch vat.   Al manier hoe vervaardigers aanspreeklik gehou word vir hulle produk is as die verbruikers hulle stem laat hoor oor swak diens wat onaanvaarbaar is en nie probeer wegsteek nie.  Jy as verbruiker het baie betaal vir die produk en wil graag hê dat die produk goeie diens doen en vir jare nog bruikbaar moet wees.  Dis goed om 'n pluimpie te gee waar die verdien word.  Net so is dit goed as jou vervaardiger aanjaag om hom aan te vat en nie alles onder die mat probeer invee nie.   So help jy die volgende ou wat ook die produk koop.   

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 09:11:08 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Baie van selfs moderne voertuie se onderhoud kan deur die eienaar self gedoen word as hy net wil en kan.  En omdat dit jou eie voertuig is, gaan jy dit goed doen.  Ons het nie al die kennis wat die tegnici het, of behoort te hê nie, maar 'n werkswinkelhandleiding, as dit beskikbaar is, en Google, kan vinnig voorsien aan die nodige kennis.  Dis nou natuurlik as jy bereid en georiënteerd is om sulke dingetjies self te doen.  Ons ouer garde het dit miskien makliker gehad.  Ek het met 'n Anglia begin wat jy amper met 'n tang, skuifsleutel en bloudraad kon herstel en so oor die jare ondervinding opgedoen met al meer gevorderde voertuie. Die Anglia het maar net een sekering gehad- alles was so basies eenvoudig.  Ek kon skaars 'n tweedehandse voertuig bekostig, wat nog van elke drie jaar 'n n uwe een koop! As jy nou jou eerste  motor het en dit is 'n moderne een, glo ek nie jy sal ooit selfversorgend kan raak nie.  Nie eers die 'opgeleide' tegnici weet veel van die voertuie af nie, en stuur dit vir enigiets effens ingewikkeld na deskundiges toe.

Laat my dink, so hele paar jaar terug het ons `n Peugeot 206.

Die ding begin een dag net skielik die snaakste piep geluide maak en van die goed werk nie.

Geskrik ry ek na Peugeot. Vertel wat die ding doen want hy het in die proses na die agente ophou piep.

Heel eerste word `n skoot rekenaar ingeplug en die ding word ge- ontleed. Daar word vir my gesê die kar maker niks (glo toe seker eerder die kar as vir my wat kla).

Ek hou toe dop en sien dat die tegnikus (hulle word nie Mechanics genoem nie.) die hoof fuse trek en terug sit.

Van daar af het Peugeot so een keer in 6 maande sy piep mee begin en dan pluk ek die hoof fuse uit en Peugeot se kind hou op piep. Het hom so verkoop.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 09:20:52 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die probleem met die self versiening van hedendaagse voertuie is die elektroniese aspek. Selfs die generiese rekenaars wat by “Ons HersteL Alles” tipe werkswinkels aangetref word is nie versoenbaar met gesofistikeerde elektronika nie. Daarvoor word jy gedwing om die handelaar te raadpleeg.  

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 09:32:32 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Die Toyota plek waarvan julle praat ter sake. My vriend koop n Prado in Mosselbaai. Op pad huistoe gaan die olie-liggie aan. Hy stop by Riversdalk en die Toyota agent op Mosselbaai sê hom dis die liggie se fout, hy moet dit laat vervang in die Strand vir R120-00. By die Strand aangekom kwoteer hulle hom R350-00. Toe ons die kar gaan haal was die rekening R590-00. Ek gooi toe n vloermoer en vra dat die hoof (n vriend van my) nader moet staan.

Die gevolg, ons is daar uit met GEEN rekening nie, gratis. Mens kan dus aflei dat dit net die verkeerde persoon op die verkeerde tyd kan wees.

Soos ek genoem het, Toyota het al n hele Sondag gespandeer om my te help met n transfer case seël sodat ek die volgende dag die pad met die Fleetline kon vat Kruger toe.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 09:39:20 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit is die probleem- die elektronika.  Maar daar is wel heelwat ander take wat 'n mens self nog kan doen.  As die voertuig nie meer onder waarborg is nie, is dit meestal moontlik om die roetinedienste self te doen.  Daar is ook onderdele wat jy self kan vervang as jy hulle as foutief kan identifiseer, selfs sekere elektroniese onderdele.  'n OBD2 leser is soms handig. Dan ook onder andere remblokkies en selfs remskywe, sekere dele van die veerselsel, maar dit raak maar min, maar ek raak ook ouer en sien ook nie meer kans vir die swaar werk nie.  Die wat ek wel nog kan doen, gee my baie bevrediging.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 09:54:55 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Zack, ek het darem ook al die pad gestap wanneer dit kom by gesonde oordeel. Jy ken seker nie die storie van my Verenigde Nasies Cruiser nie. (Op die lughawe in Windhoek gestaan) Omdat ek vir baie jare betrokke was by Drive Out, Buiteburger, Motorburger en mede-strigter was van die Weg-tydskrif het my Cruiser baie bekend geword, daar was amper 30 artikels van daai ou kar, die Drive Out het haar die naam "Lady" gegee. Ek het ook opleiding gedoen in die Raubicon, by De Doorns, n graad 5 4x4 monster, waar die Lady die botoon gevoer het. 

Met 750 000 km op het ek haar verkoop, dit was tyd dat ek uit die yster-tydperk beweeg. Die engine is nooit oopgemaak nie, maar dit neem nie die feit weg dat letterlik ALLES wat jy aan daai kar kon afskroef ek uit Japan bestel en vervang het nie. En dit sluit tot die power steering se drom in. Die laaste was n genuin part clutch.

Dit bring mee dat as daar kritiek oor Toyota uit te spreek is ek daarvoor kwalifiseer. Ek glo dat elke kar sy deel kritiek het, vandag se rekenaar-karre ook. Ook lofprysinge is aan die Lady toegedig, maar glo my, elke keer wanneer ons by die Kongo se grens gaan draai het met een ton bagasie was dit n waagstuk.  

Dit was n trane-dal toe daai kar by ons buurt uitgery het.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 10:59:51 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Danie, heel interresant.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 12:02:07 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Van die nuwer modelle kan jy nie eens self die engin olie ruil nie. Daar is nie 'n sump prop om uit te skroef nie. Die ou olie word met 'n spesiale kontrepsie uitgesuig. Bid jou aan! En ek dog al die tyd die slytasie afsaksels spoel uit saam met die olie as die prop uitgedraai word.

Ander het weer 'n eienaardige stuk gereedskap nodig om die prop los te draai, en die kan jy nie te koop kry nie. Alles om seker te maak die handelaar maak genoeg geld om te oorleef met die onsettende hoë huur wat hulle moet betaal.

Ek onthou my eerste Mini. Die sump prop het 'n magneet in gehad. Wanneer daardie prop uitgedraai word het die yster vylsels soos hare op 'n hond aan daardie magneet gekleef. Die ratkas was mos met die engin olie gemeer. Geen wonder daardie masjientjies, wat basies Morris engintjies was, kon nie hou soos die Morris sin nie, want die Morris het nie ratkas stukkies in die engin olie gekry nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 13:14:00 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Dansan maak nie saak wat jy bestuur nie ek ry Navara Piet ry Ranger ander Hillux wat ook al die voertuie kos baie geld en as n ou vir n ride gevat word sal ek my moer meter ook innie rooi wees

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2020 @ 05:25:19 am
Henning & Zettha
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 17 Mar 2016
Experience: 47 years

Tuna gister vir sy laaste "diens plan" diens gegaan en sien toe die man haal die hele meter module uit en by sy werkbank vra ek wat hy nou doen? hy wys hoe hy die "printed circuit" weer oor soldeer. dit is vir die fuel gauge se die man en n service buletin van Toy.  Free of charge.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 06:25:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Rakende hoë kostes wat agentskappe vra. Ek weet nie wat hulle regulasies en kostes is rondom items soos Occupational and health en dergliks is nie. Ek het self n besigheid en die kostes wat mens moet betaal om net volgens verwagte kriteria te voldoen, kos soms meer as die werk self. Ek het juis nounet op n werkie kwoteer......as ek die werk wil doen soos ek dit goed dink, sou kostes omtrent R 3000 gewees het, maar met al die verwagte verpligtinge wat my geld kos het die kwotasie uitgewerk op R 10,700. 

Privaat mechanics kan seker hulle eie regulasies volg....maar agentskappe sal volgens hoofkantoor regulasies moet optree wat hulle oorhoofse kostes in die hoogte laat skiet. Dan is die backyard mechanic miskien op die ou einde nie so "goedkoop" as wat ons dink nie......waar hy al die profyt in sy sak prop, moet agentskappe miskien 50% afstaan aan regulasies wat op hulle afgedwing word

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 15:07:49 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Geert jy is heeltemal reg ek is ook van mening ons land is totaal oorgereguleer. En alles kom teen n koste. As al die reels en regulasies nagekom is het dit die klient reeds die helfte van wat die herstelkoste behoort te kos betaal. En dan nog die arbeider se vereistes. Dit alles maak n handelaar dood. In ons jare moes jy self vir jou klere opdok. Nou moet die werkgewer dit voorsien en dit moet ook aan sekere standaarde voldoen. By motorhandelaars moet die geboue van handelaars van sekere fabrikate dieselfde lyk en ook aan sekere standaarde voldoen. Kom jy nie daarby uit nie is jou agentskap opgeskort. So gaan ons aan tot almal bankrot is. Bankrot geruguleer deur n beampte wat nog nooit deur die meul was nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 15:00:30 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

Die "fuel Guage" algemene probleem met ouer generasie Fortuners en Hilux.  Het dit geahd met 1 x Fortuner en 2 x Hilux.  Die motorwerktuigkundige het vir my gesê hy kalibreer net weer.  Dit het elke keer die probleem op gelos.  DIe "recall" op die intrument "cluster" klink vir my na 'n bekende probleem by Toyota en die logiese rede vir ons moeilikheid.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 17:32:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2020 @ 22:55:51 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

cool

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2020 @ 12:55:47 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

My Fortuner en Hilux selfde gemaak.  Fly by night mechanic het net iets ge reset/ programeer, iets te doen met cluster, probleem op gelos tot nou toe nog.

 

Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2020 @ 23:21:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za