English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 525
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 586
topics: 11 573
replies: 139 205
views: 39 342 085
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Jou mees afgeleë kampplek in Suid Afrika?

replies: 15
views: 335
12 May 2020 @ 08:55:24 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Dag sê my Mede- kampeerders.

Na aanleiding van 'n gesprek gister met ander kampeerders hier by ons, kom 'n interessante onderwerp toe op - waar is die mees afgeleë plek in Suid Afrika waar julle al gekamp het? Nou nie in ander lande nie, maar hier op eie bodem. Laat weet bietjie, en ook hoe julle dit ondervind het ens.??

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 10:20:46 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek gaan nou nie eintlik kan saampraat met hierdie een nie, aangesien ons oorde maar meer groter oorde is wat ons besoek. Maar as ek nou n naam moet noem, sal dit seker Monk's Cowl in die Drakensberge wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 11:44:26 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ons mees afgeleë en ook noordelikste kamplekke was by Pooitjiespram en De Hoop in die Richtersveld. Die natuurskoon en stilte is iets om te beleef. Die sterre heelal is besonders met die onbesoedelde lug.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 11:56:49 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Verkeerd met die mees noordelikste kampplek waar ons was. Dit is Mapungubwe in Limpopo. Een van Sanparke se ander juwele. 

Richtersveld is ons mees westelike kamplek.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 12:46:38 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons het by Makadaat in Bafiaanskloof gekamp. Dar was wel 'n elektriese lig maar water vir bad en ander doeleindes moes ons self warm maak met 'n regte outydse donkie.  En daar is rus en stilte met 'n hemel vol sterre. Dit was pret. Dis ook die plek waar jy in effens ontwikkelde grote kan oornag.  Baie atmosfeer, eintlik die hele Bafiaanskloof.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 13:00:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

By die Hel, op die Swart Berg Pas.

Dit was oor Julie en darm net vir een nag.

Het darm lekker daar ge eet. En elke keer wat ek daar was. Ook die koudste bier daar gedrink.

Die stilste wat dit nog was indie nag.

Gaan dit beslis eendag weer doen.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 14:18:22 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Goegap Natuurreservaat naby Springbok. Gerieflik, skoon en stil...teen slegs (destyds) iets soos R54,00 per aand vir twee pensioenarisse.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 15:30:52 pm
kleinman
Silver Member
48% Profile Strength
Posts: 81
Joined: 27 Nov 2017

Anysberg in die Klein Karoo, net 240km uit Bellville en dit voel of jy 'n 1000km gery het, geen selfoon ontvangs ...geen stadslig en net 6 staanplekke. Die Tankwa Karoo Nasionale park...Perdekloof kampplek...eie ablusie en kombuisie ...stilte en sterreplafon....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 16:55:13 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

1998 by Die Koei in die Richtersveld, nog voordat hulle die plek se uniekheid bederf het met ablusies en geriewe. Wat jy nie saam ry nie moet jy sonder klaarkom. Ons ablusie geriefie was tweeledig - ‘n houer vir vuurmaakgoed op pad, of ‘n sitplek in die verlatenheid.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 17:10:23 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

1998 by Die Koei in die Richtersveld, nog voordat hulle die plek se uniekheid bederf het met ablusies en geriewe. Wat jy nie saam ry nie moet jy sonder klaarkom. Ons ablusie geriefie was tweeledig - ‘n houer vir vuurmaakgoed op pad, of ‘n sitplek in die verlatenheid.

 

Vertel n bietjie van Die Koei. Lyk.nie of die plek meer bestaan nie of dalk naamsverandering?

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 17:32:37 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Mees afgeleë plek op eie bodem was Sodwana in 1967. Daar was niks en ons het gesukkel met Willys jeep in daardie tweespoor sandpad om daar uit te kom.

Onlangs was in die Naukluft park in Namibië anderkant Solitaire. Daardie stilte en melkweg in die aande iets fantasties om te belewe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 20:06:41 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Hendrick, ons was 22 jaar gelede laas daar, en ek ly aan senior oomblikke, verskoon dus as ek nie veel kan onthou nie. 

Volgens die jongste kaart op Google word 'n prentjie van 'n tent by Die Koei aangetoon, dus neem ek aan dat daar deesdae ook geriewe aangebring is.

Die plek is klipperig en rotsagtig. Nie eintlik veel plantegroei nie. Toe ons daar was het ons in 'n klofie gekamp om skuiling teen die bitter koue wind te probeer kry.  Ek kan ook iets onthou van 'n boer wat daar erens naby geboer het. Dit moes uiters moeilik gewees het, want daardie plek is ongenaakbaar. Vrek warm in die dag en yskoud snags.

Dit was ook die enigste keer dat ons skerpioene teegekom het. Dit was ook die enigste keer dat dit nie lekker was om te stort nie, want alhoewel ons stortwater warm was, was dit nie 'n plesier om uit ons storthokkie te kom nie.

Van daar af is dit ongeveer 29 kilometers oor Helsberg na die hek op pad Eksteenfontein toe.

Naskrif - ek let nou, nadat ek die kaar bygevoeg het op dat die plek se naam eintlik De Koei is, en nie Die Koei nie, dus dateer dit sekerlik nog uit die voortyd toe Hollands die taal was.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 21:13:24 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 223
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Halalli kamp Etoscha Pan  Nambië in 1975. :   Nie die mees afgeleë plek nie maar die ligging en die nag geluide met die uitkyk na die watergat wat saans verlig word, is iets besonders   Ek weet nie hoe dit nou daar uitsien nie

Balule KNP:   Ook nie die mees afgeleë plek nie maar omdat dit geen dag besoekers toegelaat word nie,  geen winkels het nie, geen elektrisiteit het nie is dit ‘n rustige plek en die nag geluide voed jou siel.  In die oggende het ons nooit gery voordat die seekoeie hulle ontwakings geluide gemaak het nie, die hienna se laaste roep en die patrys se wakker word geluide.   
Sodwana 1979 :  soos Jan hierbo noem was dit ‘n tweespoor sand pad en langs die see gery en die korale  wat hoog bo op die strand begrawe was   Iets besonders 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 08:17:41 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1487
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Ours are Mazhou in Mapangubwe and Tsendzi in KNP. Both of which we are booked to return to in September. (I hope & pray!)

The most rustic is Nylsvlei nature reserve near Nylstroom. No electricity or hot water, but a RAMSAR bird watcher's paradise.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 08:21:39 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dankie Kanneman. Ek sien die plek op die kaart. Ons was daar verby op pad uit. Ek onthou die boerdery. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 12:29:47 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Deur my fotos van Richtersveld gekyk of ek dalk iets by De Koei afgeneem het, maar nee.

Hier is ons kamp by De Hoop.

En die is deel van die kortpad vanaf De Hoop na Tatasberg.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za