English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 649
Total Replies: 236 959
Total Views: 82 694 337
topics: 11 040
replies: 129 077
views: 39 034 688
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Blad vir braaier.

replies: 19
views: 351
29 Nov 2019 @ 18:27:37 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek het so pas vir my n nuwe braaiplek by my huis gebou. Die braai is nou tot op die verlangde hoogte gebou. Nou is my vraag........wat gebruik ek vir n goeie blad waarop ek houtvuur en ook charcoal kan gebruik. Van my vriende waarsku my dat n sementblad gaan bars met tyd. Ander weer raai my af om sement plaveiblokke te gebruik omdat dit ook bars. Ek is aangeraai om gebakte stene te gebruik. Na vele soek is hier nie meer in ons geweste n steenmakery wat nog steenoonde gebruik nie. Alles word hier uit sement vervaardig. Wat sou julle aanbeveel wat n netjiese maar permanente blad kan vorm wat die hitte sal baasraak.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 18:50:38 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Piet, my braaier het 'n concrete blad en ek braai met hout en charcoal sonder dat dit kraak. Die blad met hout float glad gemaak. Moet net die die blad met droë sement strooi om dit mooi glad te maak soos met vloere nie want dit is daardie blad wat stukkies sement afskiet met hitte en kraak.

Blad nou al 9 jaar oud sonder 'n kraak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 19:38:11 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 195
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Piet Kry vir jou van die vuurvaste stene waarmee pitsa oonde gebou word en le dit soos plaveisel teen mekaar ,laat die as oor tyd die gapings opvul.myne werk al jare

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 20:08:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14698
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons het hierdie braaiers oorspronklik net met lintels gebou as onderkant.....lintels teen mekaar gepak. Die probleem was toe dat daar tog heeltyd bietjie as tussen die lintels deurbeweeg het.  Ons het toe een ry baksteen voor gebou en die "gat" agter gevul met concrete. Dis seker al 12 jaar terug gedoen. Dis in n kompleks en die manne braai gereeld daar oor naweke en na 12 jaar is daar nog geen krake nie. Ek sal foto neem as ek weer daar kom en hier plaas. 

Ander geval....By ons kerk het hulle paar jaar terug n boma gebou....ook met n concrete blad. Ons het eendag n baie warm vuur daarop gemaak en die concrete het fisies ontplof dat mens net kole sien trek het....was eintlik scary. Hierdie geval is elders op die forum bespreek. Ek sal hom opsoek en link hier plaas.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 20:08:51 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dankie Jan dit was my oorspronklikke plan voordat ek my laat bangpraat het. Miskien het my vriend ook die blad glad gemaak en daarom sy waarskuwing.

Japie as ek die Pizza oond vuurstene sou wou gebruik........waar kry mens dit? Ek het nie n idee waar om te begin soek nie. Dankie vir jou voorstel.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 20:13:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14698
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons het hierdie braaiers oorspronklik net met lintels gebou as onderkant.....lintels teen mekaar gepak. Die probleem was toe dat daar tog heeltyd bietjie as tussen die lintels deurbeweeg het.  Ons het toe een ry baksteen voor gebou en die "gat" agter gevul met concrete. Dis seker al 12 jaar terug gedoen. Dis in n kompleks en die manne braai gereeld daar oor naweke en na 12 jaar is daar nog geen krake nie. Ek sal foto neem as ek weer daar kom en hier plaas. 

Ander geval....By ons kerk het hulle paar jaar terug n boma gebou....ook met n concrete blad. Ons het eendag n baie warm vuur daarop gemaak en die concrete het fisies ontplof dat mens net kole sien trek het....was eintlik scary. Hierdie geval is elders op die forum bespreek. Ek sal hom opsoek en link hier plaas.

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Boma-braai-ontploffings.htm?forumaction=1&loadcategory=1012&loadpost=250128246&highlight=Ontplo#ForumsAnchor

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 20:17:17 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Geert my vriend het dieselfde ondervinding gehad met die concrete blad wat soort van "ontplof " het. Nou jy ken vrouens. Liewe goeie mense maar as hulle so n storie hoor dan gaan ons omtrent nooit braai nie. Dit is as gevolg daarvan wat ek die vraag hier vra. As daar n alternatief is moet ek maar daardie opsie ook oorweeg. Jy weet met my geluk............oepsie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 20:26:13 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dankie vir die "link" wat jy hierbo geplaas het Geert. Dit is voorwaar interresant en laat mens 2 maal dink. Ek moet nou maar net uitvind waar ek vuurvaste stene kan kry.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Nov 2019 @ 21:05:19 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2141
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Maak vir jou n netjiese staal tray waarop jy kan vuur maak. Gebruik nie dunner as n 5 mm plaat sodat dit nie maklik skeef trek. Maklik om skoon te maak. Verf hom met red oxide primer en n goeie heat resistant verf.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 06:14:56 am
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 195
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Piet gaan google heat resistant bricks Hoop jy kom reg

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 08:43:37 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5657
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Halo mater.

Ons het al vele gebou hier in die komplx en al wat lank genoeg hou....   ook vir studente..  is Lintels.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 09:16:39 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 967
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek gebruik ‘n 10mm staal plaat. Behou hitte  lekker .

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2019 @ 23:26:57 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2141
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Vandag weer na n ry van baksteen braai's gekyk. Soos bo gesê word lintels gebruik om op vuur te maak en netjiese teels langs dit vir werks oppervlakte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2019 @ 11:45:19 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Ek sou raai dat teels goed sou werk, aangesien hulle met hou hitte gemaak is...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2019 @ 12:07:39 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Maak vir jou n netjiese staal tray waarop jy kan vuur maak. Gebruik nie dunner as n 5 mm plaat sodat dit nie maklik skeef trek. Maklik om skoon te maak. Verf hom met red oxide primer en n goeie heat resistant verf.

Het n sement blad met staalplaat bo op in die lapa ingebou.

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2019 @ 19:49:17 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sal net bou stene bo op die sement blad pak soos paving.  Dit sal dan dien as buffer tussen sement en vuur hitte.

Hoeveel stene gaan jy nodig he vir  jou braai?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 08:10:29 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dankie aan almal vir julle terugvoering sover. Ek het baie uit hierdie oefening wys geword. Ek oorweeg nog al die verskillende opsies. Leon my blad ie redelik groot 1700 X 900. Ek het nie presies uitgewerk nie maar by benadering sal ek so 80 stene benodig. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 10:47:39 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14698
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dankie aan almal vir julle terugvoering sover. Ek het baie uit hierdie oefening wys geword. Ek oorweeg nog al die verskillende opsies. Leon my blad ie redelik groot 1700 X 900. Ek het nie presies uitgewerk nie maar by benadering sal ek so 80 stene benodig. 

80 behoort te doen......werk gewoonlik op 50 per m2

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 21:31:13 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek het vandag een van ons skrootwerwe besoek en daar kry ek n 8mm dik plaat netjies afgewerk langs die kante van 1500 X  700 teen die prys van skrootyster. Wat n winskoop. Ek messel nou net n ry stene langs die kant en die plaat wat 77kg weeg le pragtig bo op. Onder is dit nou steenhoogte "hol" wat dit baksteenhoogte opgelig het. Ek het by n ander vriend n klompie klinkerstene gekry wat ek vir die kante sal gebruik. Ek gaan nou net op drie kante van die plaat n stukkie hoekyster vassweis wat my vuur en kole binne sal hou en sal help met maklikke skoonmaak.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 06:54:47 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 834
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek het vandag een van ons skrootwerwe besoek en daar kry ek n 8mm dik plaat netjies afgewerk langs die kante van 1500 X  700 teen die prys van skrootyster. Wat n winskoop. Ek messel nou net n ry stene langs die kant en die plaat wat 77kg weeg le pragtig bo op. Onder is dit nou steenhoogte "hol" wat dit baksteenhoogte opgelig het. Ek het by n ander vriend n klompie klinkerstene gekry wat ek vir die kante sal gebruik. Ek gaan nou net op drie kante van die plaat n stukkie hoekyster vassweis wat my vuur en kole binne sal hou en sal help met maklikke skoonmaak.

Sien dit as die beste oplossing. Ek het ook 'n Megamaster bak onder in my braai.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required