English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 649
Total Replies: 236 959
Total Views: 82 694 317
topics: 11 040
replies: 129 077
views: 39 034 678
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Verkoeler

replies: 15
views: 345
25 Oct 2019 @ 17:19:36 pm
maurits
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 58 years

Ek weet nie of ek n groot lugversorger in my karavaan wil inbou nie. Ek soek egter net iets wat beter afkoel as n gewone waaier. Ek sien toe vanoggend n elektriese verkoeler van Goldair by Builders vir R299.Die model nr is GTAC-708. Blykbaar verkoel dit net die lug. Die area wat hy dek weet ek ongelukkig nie. Het enigiemand kennis van die apperaat? Baie dankie. Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 18:51:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14698
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 18:58:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14698
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dit lyk of dit op dieselfde beginsels gebasseer is as hierdie een wat laas jaar deur Verimark bemark is. Daar was heelwat navraag laasjaar oor hierdie produk gewees en ek kan nie onthou dat daar een terugvoering was van iemand wat gesê het dat die verkoeler vir hom bevredigend werk nie. Ek glo hierdie een sal dieselfde terugvoering kry....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 19:16:10 pm
Anonymous

You get what you pay !!!

If you cannot inspect the unit and scrutinise the workings  and satisfy yourself 100%, rather let go....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 19:27:46 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4563
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

If you start with the fact that it works of a USB it cannot use even 10W of power and at 10W not even the fan can blow enough air around to make a meaningful contribution. I would pass it rather than waste R300. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 19:35:10 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2141
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Nie eens die verkoelers van R2000 plus werk nie. Aircon doen die job ook maar net met. Invest eerder daardie geld in n behoorlike waaier / fan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 20:32:20 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ek het ‘n 9000btu aircon in my karavaan en dit verkoel die karavaan soveel dat dit onaangenaam koud word. Verlede week was temperature baie hoog (>35°C - party mense wie saam gekamp het reken >40°C) en ek was baie tevrede met my aircon.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2019 @ 21:07:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

If you start with the fact that it works of a USB it cannot use even 10W of power and at 10W not even the fan can blow enough air around to make a meaningful contribution. I would pass it rather than waste R300. 

Het toevallig een vandag gesien. Dis nou die grootste gemors op die mark.

Ek poep meer as wat hy blaas. Dink my wind is koeler ook.

Nee los jy gaan jou geld mors.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2019 @ 08:39:01 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6440
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Aircon is die beste weg as jy dit nie kan bekostig spaar maar langer die ander waaiers en gadgets werk nie

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2019 @ 08:40:10 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Daardie verkoelers werk met water/ys en is bedoel om net een persoon af te koel en nie 'n area nie. Nat handoek voor 'n waaier werk net so goed. 

In die ou dae het ons nat handoeke in die voertuig venster vasgeknyp vir die kinders.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2019 @ 10:40:16 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daardie verkoelers werk met water/ys en is bedoel om net een persoon af te koel en nie 'n area nie. Nat handoek voor 'n waaier werk net so goed. 

In die ou dae het ons nat handoeke in die voertuig venster vasgeknyp vir die kinders.

Bly maar die beste natuurlike manier. 

Dit baie in n army tent gedoen daar vêr in die noorde.

Word ook nie siek nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 18:12:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14698
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek was vandag by n winkel waar hulle hierdie 2 modelle op demo gehad het. Die lug wat daar uitgekom het was definitief nie koud nie.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2019 @ 08:59:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit is maar die beste om die goed te sien werk en dan vir jouself te besluit.  As dit nie die lug koeler gemaak het binne 'n winkel nie, gaan hy minder effektief wees in 'n tent of karavaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 06:22:06 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 893
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek weet nie of die "goed" steeds op dieselfde beginsel werk nie. Maar my ma het destyds 'n lugverkoeler gehad. Jy moes water in 'n tenkie ingooi en dan is die vog die lug in geblaas. Jy wou die idee kry dat dit die lug ietswat koeler maak, maar die humiditeit het stelselmatig onsmaaklik hoog geword - sodanig dat jy dit dan vir 'n ruk afgeskakel het.

Ek het 'n draagbare lugreëlaar in my wa. Ek wou nie my neuskas opoffer vir 'n "split unit" nie. Ek wou dit ook nie agterop my wa laat installeer nie en op die A-raam sou dit nie werk nie. Die draagbare eenheid neem wel 'n bietjie plek op in die wa, maar dit werk soos 'n droom. Dit was regtig 'n "life saver" toe dit die afgelope Augustus begin warm raak het by Eiland.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 16:21:42 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het n mobile water verkoeler in die huis.

Het ook n humidifier in en maak lekker koud.

Hy doen sy ding in die wa ook.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2019 @ 12:31:11 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek weet nie of die "goed" steeds op dieselfde beginsel werk nie. Maar my ma het destyds 'n lugverkoeler gehad. Jy moes water in 'n tenkie ingooi en dan is die vog die lug in geblaas. Jy wou die idee kry dat dit die lug ietswat koeler maak, maar die humiditeit het stelselmatig onsmaaklik hoog geword - sodanig dat jy dit dan vir 'n ruk afgeskakel het.

Ek het 'n draagbare lugreëlaar in my wa. Ek wou nie my neuskas opoffer vir 'n "split unit" nie. Ek wou dit ook nie agterop my wa laat installeer nie en op die A-raam sou dit nie werk nie. Die draagbare eenheid neem wel 'n bietjie plek op in die wa, maar dit werk soos 'n droom. Dit was regtig 'n "life saver" toe dit die afgelope Augustus begin warm raak het by Eiland.

Ek het ook 'n draagbare Aircon saam met die Classique gebruik.  Net saam gery as ek groot tent sou opslaan. Die het dan in die tent gestaan en die koue lug deur die ruit na binne geblaas.

Warm lug pyp onder die skirt deur gesit en warmlug onder die karavaan in geblaas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required