English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 483
Total Replies: 234 541
Total Views: 82 528 867
topics: 10 933
replies: 127 599
views: 38 951 987
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Onse Dansan (Danie Pienaar)?

replies: 11
views: 276
15 Oct 2019 @ 07:40:32 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 884
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek wonder maar net. Ek lees (en sien foto's) in Die Burger vanoggend van ene Danie Pienaar van die Strand wat saam met 'n stapgroep naby Gordonsbaai gaan stap het en op 'n bergadder afgekom het wat besig was om 'n koggelmander in te sluk. Is dit ons forum se Dansan wat só gelukkig was om op so-iets af te kom?

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 09:47:44 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ek wonder maar net. Ek lees (en sien foto's) in Die Burger vanoggend van ene Danie Pienaar van die Strand wat saam met 'n stapgroep naby Gordonsbaai gaan stap het en op 'n bergadder afgekom het wat besig was om 'n koggelmander in te sluk. Is dit ons forum se Dansan wat só gelukkig was om op so-iets af te kom?

Ek glo nie daar is nog 'n Danie Pienaar in Strand nie. Kan dalk net hy wees.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 09:54:30 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Sal graag sy storie wil hoor.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 10:39:25 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

HAI! ........ Julle mag nie van my skinder nie.

Vir baie jare al stap ons twee keer 'n week teen die water-wese-pad bokant Gordonsbaai uit. Ons het meer as 1500km daar gestap voordat ons die 840km Camino in Spanje gaan stap het. Verlede Donderdag het ons afgekom op die bergadder wat 'n geitjie gevang het. Hy het hom waarskynlik gepik en was besig om hom in te sluk. Ons kan nie glo dat die slang wat ongeveer 250 tot 300mm lank was daardie groot geitjie wil insluk nie. Ons het, toe ons weer van die berg afkom, weer na die slang gaan kyk en die geitjie se kop was al heeltemal in die slang se keel in. Dit sou ons te lank neem om te wag totdat hy die geitjie heel ingesluk het en het toe 'n droë boomtak oor hom gesit sodat kraaie hom nie kon vang of pla nie. 

Vanoggend was die slang nie meer daar nie. Ons het al baie pofadders op daardie pad gevind. Ons het ook 'n luiperd daar gekry wat ons 'n geheim gehou het, maar ongelukkig het hy by die huise begin inloer en toe is hy in 'n fuik gevang en vêr hiervandaan by Heidelberg gaan aflaai.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 11:22:51 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 804
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Dankie vir die deel hier.

Het ook die artikel in Die Burger gelees na aanleiding van Chris se aanhaling.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 11:26:07 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Kan jy glo...

Ekt by kamp ook so ervaring gehad van padda en slang reg langs my tent, ongelukkig was dit nag en wou ek nie slang kans gee om my kinders te pik volgende dag nie, so slang moes maar ongelukkig hemel toe gaan...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
15 Oct 2019 @ 12:41:37 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 884
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Soos reeds hierbo genoem, was julle gelukkig om hierdie voorval te kon sien, maar inderwaarheid was julle baie bevoorreg om so-iets gade te slaan.

Ja, die bergadder is maar 'n klein tipe slangetjie. En volgens die foto's lyk dit of sy oë dalk groter as sy maag was.

Ek het verlede somer enetjie raakgeloop in die Harold Porter Botaniese Tuin by Bettiesbaai en 'n paar jaar gelede in my tuin gesien hoedat  tarentale in my tuin verwoed "iets" aanval met hul bekke en pote. By nadere ondersoek vind ek toe ook 'n bergaddertjie wat reeds dood baklei is deur die tarentale. Ons woon aan die voet van die berg in Kleinmond.

Alhoewel die bergadder wel giftig is, is hulle klaarblyklik nie dodelik giftig vir 'n mens nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 13:17:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie netjiese fotos dankie vir die deel daarvan Danie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 13:31:04 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1931
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Dankie vir die deel hiervan. Danie julle was besonder bevoorreg om dit te kon sien en op kamera vas te kon le.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 21:20:30 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Dankie. Wat n belewenis.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 06:32:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis nou nie iets wat mens aldag sien nie.  Gewoonlik kos dit ure van sit en wag en hoop dat die natuur sy gang gaan voordat mens so iets kan afneem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 23:10:29 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2041
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Strand man. 

Jy het my n besonderse les so onder die lyne geleer. Ek gaan beslis hier oor n draad oopmaak as ek net myself in rat te kry oor hoe ek dit wil sê

Ek mis nie die Strand as ek in die Kaap is en sal eerder jou wil besoek en saam jou n beker koffie vlenters drink. Lekker kamp.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required