English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 505
Total Replies: 234 958
Total Views: 82 558 439
topics: 10 944
replies: 127 822
views: 38 966 230
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Buitekombuise of nie?

replies: 25
views: 486
11 Oct 2019 @ 12:08:45 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Julle het seker al gesien dat sommige karavane en boswaens voltydse BUITE-kombuise het, hulle trek gewoonlik uit of word bereik met die oopslaan van 'n groot klap. Dan is jou stofie en wasbak en blikkieskos en borde en eetgerei en al jou kombuis-goed heeltemal oop en ontbloot. Maar so het ons tydens die afgelope 6-weke toer gesien wat die wind en stof aan sulke permanente oop kombuise doen. Die hele tyd sak stof op alles neer en jy is die hele tyd besig om af te vee.

Ons Fleetline het net 'n blad wat ek aan die sykant heg. Daarop is NET 'n induksiestoof en 'n ketel en by tye die houer met die eetgerei wat gewoonlik binne in die karavaan is. Daar is ook 'n waterkan wat water kan warm maak met 'n kraan. Al die ander kombuis-goed bly in die karavaan totdat kosgemaak word. En wanneer ons kosmaak (en Bekkie Bokkie Baby MAAK graag kos) dan word NET die goed wat nodig is uitgehaal.  Dus is al ons kombuis-goed altyd weg van stof af.

Nog iets wat die uittrek-kombuise het is wasbakke wat 'n vaste deel van die kombuis is. Dit het tot gevolg dat die wasbak se uitlaat binne-in die tent is. Ons het 'n opwas-staander met twee wasbakke wat ek enige plek OM die tent kan plaas.   

Wanneer ons op toer net vir een aand oorstaan en ons nie ons tent of awning opslaan nie en dit regtig erg reën of wanneer dit bitter koud is kan ons koffie maak binne-in die karavaan, en selfs op die gasstoof iets voorberei. Met net 'n permanente buitekombuis staan jy in die reën .... of blakende son.

Waneer ons langer op een plek staan het ons een van daai digte spens-kaste van seil met 'n blad bo waarna alles oorgedra word uit die karavaan.

So, wat is julle manne se gevoel? Buitekombuis of nie?

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 13:04:57 pm
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 10 years

Omdat die spasie beperk (ons is 'n gesin van 5) is binne die sport, kan ons nie juis kos maak binne nie. Daarom verkies ons weer die buitekombuis. Huidiglik het ons 'n opslaan tafeltjie met die pak plek onder waain ons al die kos inpak en bo-op die stofie, ketel ens. Plek raak maar beperk. Vroulief wil nog 'n tafel he, maar dit beteken meer goed wat in gepak moet word en as ook uit. My plan is om 'n uitrek kombuis voor onder die voorste bankie/dubbelbed te maak as ook  naby die deur

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 13:33:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My ideale karavaan sal wees GEEN KOMBUIS nie. Net n yskas. Ek gebruik net los staande Snappy Chef en het aparte opwas bak gemaak wat kan rondskuif. As ons naweke net met leisure awn kamp, maak ons buitekombuis net oop as ons hom wil gebruik.....sluit hom andersins gesluit maar die pote bly in. So dis net oopsluit en sak en jy het lekker werksblad met alles bereikbaar vanaf buite. Ons het reeds die gasstoof en uitskuif wasbak buite uitgehaal.....dis nou waar die Snappy Chef staan en kastrolle. Wou al mikrogolf ook uithaal wat omtrent 1,5 jaar laas gebruik was.....maar moet nog verby vrou kom met daai idee

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 13:54:17 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5204
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ja nee ek sal ook nie kombuis wat uitvou of uittrek wil he nie... Ek weet nie, klink net nie vir my lekker nie. Miskien as ek dit probeer dalk maar sover maak ons buite die tent kos as ons kan elkgeval en ja net die blad aan die kant is lekker... 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 14:04:26 pm
Rudi
Bronze Member
33% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 22 Oct 2007

Dansan, stem 100% met jou saam. Het vir baie jare karavaan sonder buite kombuis gehad en laaste paar jaar een met buite kombuis. Het nou weer gewone padwa sonder een en vrou wou nie eers na een kyk met buite kombuis. Alles altyd vol stof en seker maak niks vir ape om op te vreet / beskadig nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 14:22:06 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2609
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons het nie 'n buitekombuis nie- die Skipper is te klein vir sulke luukshede, maar dit klink vir my na 'n goeie idee.  Ons mikrogolfoond staan binne die karavaan maar die kosmakery geskied maar meestal buite- nog al die jare.  Ons slaap net in die karavaan en leef buite- ook toe ons nog 'n konvensionele karavan gesleep het.  As alles reg is en net 'n oopmaak van 'n deur en uittrek van die kombuis behels, kan dit nogal oulik wees. In die geval van ongure weer, verskuif ons tydelik die kosmakery na binne, maar dit gebeur selde.  As die weer swak is, slaan ons die tent op en dan gaan ons maar soos gewoonlik aan met ons huishouery.  Wat die stof betref, as die kombuis buite vol stof raak, beteken dit die wind waai en is daar sekerlik nie rede waarom dit binne die karavaan stofvry sal wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 14:41:43 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1943
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Danie ons opset met die Fleetline werk presies soos joune. Ons het die Swing met die buite kombuis gehad. As jy toer is dit soos jy se alles vol stof as daardie luik oop is en jy het nie tent op nie. Met die laaste toer met die Swing het ons taamlik ligte reen gehad. As jy wil koffie maak as jy stilhou of net iets ligs te ete wil maak moet die buite kombuis oop. Jy is papnat by die tyd dat jy die koffiekan ens na binne karwei het. Dit was een van die hoofredes hoekom ons die Swing verkoop het en weer n Fleetline gekoop het. Met ons laaste blommetoer het ons al die seisoene se weer beleef. Ons het nie baie tent opgeslaan nie omdat ons meestal net oorgeslaap het. Alles was egter lekker binne in die karavaan en jy kon die deur toemaak en lekker beskut binne sit en koffie maak en n broodjie smeer. Dit verskil van gesin tot gesin en ek het begrip daarvoor. Vir ons werk die buitekombuis nie lekker nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 15:00:57 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Dansan, stem 100% met jou saam. Het vir baie jare karavaan sonder buite kombuis gehad en laaste paar jaar een met buite kombuis. Het nou weer gewone padwa sonder een en vrou wou nie eers na een kyk met buite kombuis. Alles altyd vol stof en seker maak niks vir ape om op te vreet / beskadig nie.

Danie ons opset met die Fleetline werk presies soos joune. Ons het die Swing met die buite kombuis gehad. As jy toer is dit soos jy se alles vol stof as daardie luik oop is en jy het nie tent op nie. Met die laaste toer met die Swing het ons taamlik ligte reen gehad. As jy wil koffie maak as jy stilhou of net iets ligs te ete wil maak moet die buite kombuis oop. Jy is papnat by die tyd dat jy die koffiekan ens na binne karwei het. Dit was een van die hoofredes hoekom ons die Swing verkoop het en weer n Fleetline gekoop het. Met ons laaste blommetoer het ons al die seisoene se weer beleef. Ons het nie baie tent opgeslaan nie omdat ons meestal net oorgeslaap het. Alles was egter lekker binne in die karavaan en jy kon die deur toemaak en lekker beskut binne sit en koffie maak en n broodjie smeer. Dit verskil van gesin tot gesin en ek het begrip daarvoor. Vir ons werk die buitekombuis nie lekker nie.

Met die soek van n nuwe karavaan in die xplorer se plek, het die Girl ook gevra dat ons moet wegdoen van die buit kombuis.

Sy moet skoonmaak en dis baie stof. Veral met die popup kom baie stof binne in wa ook.

Soos genoem met toer gaan ek vir een aand oorslaap nie ralley opslaan.

Net in skaduwee vuurtjie maak en vleisie braai.

Meeste van ons kos word op vuur gedoen self koffie water.

Sal nie sommer in wa kos maak of skottelgoed was nie.

Miskien in oggend beker uitspoel na my koffie of die glas voor slaaptyd die whiskey reuk.

Dink sy gaan dit geniet met reën of gure weer en ons sit binne met oggend koffie en beskuit.

Soos sy praat kan sy nie wag vir nuwe wa nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 15:16:21 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1760
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek het met soveel mense gepraat wat glad nie hul "binne kombuis" of spesifiek die opwasplek en stoof binne die wa gebruik nie. Dit is steeds binne maar hulle leef buite. Dit is tog waar jy kuier en kosmaak. As dit reën en ons slaap oor dan kook ons die ketel in die wa en maak koffie. Dan ons eet dan net iets ligs in die karavaan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
11 Oct 2019 @ 15:45:57 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2051
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ons verkies buite kombuis. Ons koffie in die buitekombuis kan van binne in die wa  bereik word met die deurtjie.  Gas stofie ook vervang met snappy chef. Blad van kombuis ook lekker werkplek en minder tafels nodig.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 15:58:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons het al so met die tyd so lief geraak vir die buitekombuis dat ek amper nie kan dink om sonder een nou klaar te kom nie. Dis hoekom ek so mal is oor die nuwe Penta. Ons het darem nog nooit probleme gehad met extra stof wat by die buitekombuis inkom nie....sou dit gewees het sou ek begin worry het, want dan kan water ook seker inkom. Gelukkig seel myne mooi.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
11 Oct 2019 @ 17:33:46 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1320
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

We have used the inside gas stove about 4 times in as many years that we've had the van. Twice to boil water for coffee when we've been to no electricity camps and maybe twice to cook pasta or mash.

We believe in roughing it a little bit and spending as little time as possible preparing food, hence plenty of braai's etc.

I use the inside wash-up basin a bit, but mainly do the dishes, pots cups etc at the camp's scullery.

I made a large worktop to cover the gas rings and give us a lot more work surface inside.

I also made a clip-on table onto the side of the van for the kettle & ice maker. We also mainly only use the rally awning with a long (1.2m I think) table & 2 director's chairs.

Job Donelaughing

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
11 Oct 2019 @ 20:19:00 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1794
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek is aangenaam verras met dié terugvoer.  Ek het gedink ek is by verre in die minderheid om nie voorkeur te gee aan 'n buitekombuis nie, veral as 'n mens toer of ver afstande sleep en dikwels oornag.  Ek wil nie herhaal nie want al die nadele is hierbo genoem.

Ek wil net bevestig dat ons nie etes "kook" binne-in die karavaan nie  -  dit word buite in die tent of rally gedoen, maar ek en Liefie het hier eenstemmigheid : ons wil nie 'n buitekombuis hê nie en hou van ons binne-kombuis.

Maar soos al soveel kere gesê is op sosiale media, elke ou doen mos maar sy kamp-ding op die manier wat hom die meeste plesier gee  -  daar is nie noodwendig 'n reg of verkeerd nie.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 23:23:49 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

Cooking in the skipper is very simple, Microwaving inside all other cooking and braai outside.  We have a routine which works well for us, for one night stops and first night we eat takeaways or pre - pack pasta or similar prepared in the microwave.

Rinsing cups and glasses done in a small bowl, all other washing up in camp scullery.

I think that all Skipper owners have  developed their own special kitchen arrangements weather they put up an awning only or a full tent.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 09:28:24 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1943
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Geert dit gaan nie oor stof wat inkom as die buitekombuis toe is nie. Met ons laaste kamp in die Kruger het ons by Satara gestaan met die Swing. Die Rally was op en dit was n snikhete dag. Die buitekombuis was oop want ons het sy klap as n werkblad gebruik. Ons het n draai gery laatmiddag na n watergat. n Windstorm het opgekom en toe ons terugkom in die kamp was al wat koppie,piering en bord ens toe van die stof. Susan moes alles uitpak en toe nog die "kombuisie" binne in ook uitwas. Dit was nie die eerste keer wat dit ons oorgekom het nie maar as ek steeds wou bly kamp, was dit die laaste keer. Die Swing is toe verruil vir n Fleetline.

Soos Lennie kook ons ook nie in die karavaan nie. Daardie kombuisie binne hou die breekgoed en ons sal n ketel kook en koffie maak en die mikrogolf gebruik. By net oorslaap sal Susan n bykossie uithaal en n broodjie daar binne smeer. Buite kan dit maar reen,haal of die wind stormsterkte waai,ons is gemaklik binne. 

Ek stem ook dat smaak verskil en daar is baie wat gaande is oor die buitekombuis. Dit is ook reg so,elkeen mag sy eie voorkeure he en ek respekteer dit. In ons opset verkies ons egter die binne kombuis.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 11:41:35 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

"So, wat is julle manne se gevoel? Buitekombuis of nie?"

Ek hou ook nie van die buite kombuis nie want dit vat baie spasie binne.  So ek verkies ook ons los gas stoof met oond en die opwas is agter die Exclusive waar warm en koue lopende water is.  Sou iets in die pad wees kan ek hom net skuif.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 12:19:51 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2609
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Brian (Badger), Interesting that you seem to be describing exactly as we do.  I wonder if that would be the standard for the Skipper?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 13:55:36 pm
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 58
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 49 years

Helo julle, 'n Buite stofie met 'n wasbak soos op die 2017 Jurgens Classique (167) werk soos 'n droom vir daai vroegmôre koffie terwyl die fynste van die huis nog so bietjie te lê..

More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 14:03:55 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek en my vrou geniet ons buite kombuis. Dis nou wel net die opwas en die gas stoof. maar dit werk puik vir ons.

Die gedeelte waar dit in terug skuif in die karavaan in, is net die een kant van die dinette binne die wa.  Ek verloor baie min pak spasie daar deur en dit is netjies afgeseel van die res van die wa.

Dus bly y deurgaans oop terwyl ons kamp.  Ja daar gaan stof agter die uitrek laai in maar dis deel van ses maandeliks se skoon maak.  Niks kan mooi bly sonder onderhoud nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 21:24:50 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

Fred.  This brings back something Reinhart said a year or two ago. "This van is for people who love camping, but don't like sleeping on the ground." I'm not sure which of the skippers we were looking at, at the time, but this puts things into perspective for myself at least. I see camping as staying in a tent........You don't cook in a tent????

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 15:42:43 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

With the Penta's and Classique we had we never used the kitchen inside the van.  We did once to boil water for coffee during a over night on jouney to Balito.

Now with the pull out kitchen its always in use.  The Microwave we use ocasionally. Mostly to heat up leftover food and sometimes we buy the TV diners at Checkers for the Friday evening upon arriving late at camp site.

My Maia is fitted exactly for what we need.  I will only change because of circumstances.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 17:10:45 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2609
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Brian, That just about sums it up.  I, and later we, started off in a tent and to me this was a pure adventure and I have always seen camping in that light.  We even camped about ten years or so ago when touring from Scotland to London and enjoyed it tremendously. Sometimes my wife goes full out with a meal on the double electric hotplate but mostly we do it reasonably simple, sometimes just having instant noodles. And whatever we prepare, we do it outside of the van.  We are  not much into braaing rather preferring potjiekos made on the electric stove, which I normally do. ( OK, for the purists, a stew.) That is except for sometimes heating something in the microwave which stays inside the caravan when stationary.  We had a gas oven in our previous caravan which we very seldom used so we don't miss that now. We have a well appointed comfortable house and we don't feel we need much luxury when camping- out favorite type of holiday.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 21:50:08 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 205
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

Ja! Fred, it looks like the more you use the Oyster the more you want to go camping. My good Lady is now pushing hard for longer periods of camping, like a month or more at a time instead of  "only" one or two weeks.

We will be going to the Skipper Rally at Mac Nichols in November as part of a three week  round trip to see what other  Skipper and particularly Oyster  owners are doing.  As you will have gathered I am a bok for all sorts of ideas as long as they do not complicate our camping experience.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 06:47:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Omdat die spasie beperk (ons is 'n gesin van 5) is binne die sport, kan ons nie juis kos maak binne nie. Daarom verkies ons weer die buitekombuis. Huidiglik het ons 'n opslaan tafeltjie met die pak plek onder waain ons al die kos inpak en bo-op die stofie, ketel ens. Plek raak maar beperk. Vroulief wil nog 'n tafel he, maar dit beteken meer goed wat in gepak moet word en as ook uit. My plan is om 'n uitrek kombuis voor onder die voorste bankie/dubbelbed te maak as ook  naby die deur

Jaco ek sou voorstel dat jy net die opwas en gas stoof by die gedeelte voor die deur instaleer.  Anders gaan jy baie plek verloor binne die wa as jy die regop gedeelte ook instaleer.

Sou jy die gedeelte voor die deur doen sal jy plan moet maak soos wat die Quantum Connect karavan maak.  Nadat die gedeelte uitgeskuif het na buite is dit ook hoogte verstel baar.  Jou karavaan is laag en om by die hoogte van die dinette se sitplek binne te bly is dit enigste opsie.

Sonder dit is daai gedeelte by die gewone karavane baie laag.  As voorbeeld is die Sensation Karavane wat met so kombuis laai uitkom heel wat hoër as die Jurgens fabriek waens.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 08:40:38 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 702
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Omdat die spasie beperk (ons is 'n gesin van 5) is binne die sport, kan ons nie juis kos maak binne nie. Daarom verkies ons weer die buitekombuis. Huidiglik het ons 'n opslaan tafeltjie met die pak plek onder waain ons al die kos inpak en bo-op die stofie, ketel ens. Plek raak maar beperk. Vroulief wil nog 'n tafel he, maar dit beteken meer goed wat in gepak moet word en as ook uit. My plan is om 'n uitrek kombuis voor onder die voorste bankie/dubbelbed te maak as ook  naby die deur

Opsie 1 kan die deur in en uit `n problem wees as die laai oop is.

Opsie 2 sal die klap kleiner moet wees as die hoogte van die buite lig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2019 @ 08:46:52 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dankie vir al die terugvoering, lyk my ons dink meestal dieselfde.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required