English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 427
Total Replies: 233 027
Total Views: 82 457 277
topics: 10 896
replies: 126 576
views: 38 915 254
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dragon's Peak

replies: 8
views: 154
03 Oct 2019 @ 13:09:29 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 663
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Julle kan maar by Dragon's Peak gaan inloer. Die geriewe is uitstekend en dis die eerste keer dat ek sien dat wasbakke met muurtjies van mekaar privaat gehou word. Dis ook die opleiding-sentrum vir die lugmag se helikopter-pilots en ons het 'n heerlik/opwindende vlug in die Drakensberge onderneem, waar ons daar bo uitgeklim het en 'n Shampanje'tjie geniet het. Die Drakensberg seunskoor sing een weeks-aand elke week maar ons was reeds weg om hulle te hoor. Dit was ons eerste besoek aan die Drakensberge maar nie ons laaste nie.    

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 15:01:53 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1748
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dankie dat jy dit net ons gedeel het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 15:37:20 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Dit is nog 'n deel van ons land waar ek graag wil uitkom. Ek ken glad nie die Drakensberge nie. Inderwaarheid ken ek die hele KZN maar swak. Ons is tans vir 8 Mei tot 20 Julie 2020 by Dolphin in Ballito bespreek, maar sal maar sien of ons wel daar uitkom. Mamma se verlange is baie groot om weer by die kinders oor die water uit te kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 15:50:50 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1748
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dit is nog 'n deel van ons land waar ek graag wil uitkom. Ek ken glad nie die Drakensberge nie. Inderwaarheid ken ek die hele KZN maar swak. Ons is tans vir 8 Mei tot 20 Julie 2020 by Dolphin in Ballito bespreek, maar sal maar sien of ons wel daar uitkom. Mamma se verlange is baie groot om weer by die kinders oor die water uit te kom.

Ons woon nou al n jaar in Ballito. Die weer is lekker daardie tyd van die jaar. Ons moet koffie gaan drink as julle hier is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 16:03:07 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons was vanjaar 'n maand en 'n half in die wildtuin en toe vir 2 en 'n half maande by Eiland Spa. Ons gaan bykans jaar na jaar wildtuin toe en het nou besluit daar is te veel ander dele van ons land wat ons nie ken nie. Vele Eilanders het vanjaar Dolphin in Ballito aanbeveel indien jy KZN oorweeg. Vandaar ons bespreking by Dolphin vir volgende jaar. Ek het vir dieselfde datums by Eiland bespreek, maar hulle gister in kennis gestel dat ek dit nie gaan opneem nie. Maar soos hierbo genoem - ma se kop staan weer 'n slag Roemenië toe. Die verlange raak nou groot na die dogter (en veral die kleindogter). Of ons by Ballito sal uitkom is nog 'n ope vraag. Ons het darem tyd tot 1 Maart om die deposito te betaal en ons finale besluit te maak.

Terloops Heindrich - sou jy nie ook vanjaar by Eiland gewees het nie? Ons het van 15 Jun tot 2 Sep op A90 gestaan. 

En dankie vir die koffie-uitnodiging.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 18:29:43 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1748
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Yes Chris.....ons was gelukkig om staanplek 95 by A blok se ablusieblok te kry vir Mei tot Augustus. Klaar betaal en als was reg toe ons 1 September by Eiland ry. 

ons kom toe Van 15 Oktober af Dolphin toe en KZN toe vir ses maande se kamp. Ook klaar betaal. Ons kry toe baie mooi huis hier met groot see uitsig en ons koop hom. Ry teeug Kempton toe en verkoop ons huis daar binne 4 dae. Januarie in ons huis ingetrek. Toe kanselleer ons al ons jampe sodat ons ons eerste winter hier kan deurbring. Ons is nie spyt nie.  
Word elje oggend wakker met son oor die see wat in my oë skyn. Gaan oor twee weke vir eerste keer die jaar vir week by Natalia kamp. 

Ons geniet dit hier. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 21:21:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8244
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie vir die deel.

Waardeer dit.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 23:49:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14237
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit lyk asemrowend daar….dankie vir die deel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 05:58:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14569
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kamp so in die berge moet regtig iets spesiaal wees.  Sal nog vir Ma soontoe vat eendag as dit ons beskorre is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required