English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 426
Total Replies: 232 949
Total Views: 82 454 559
topics: 10 896
replies: 126 521
views: 38 913 854
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

'n Besoek aan die Sagole kremetartboom

replies: 16
views: 210
03 Oct 2019 @ 12:47:10 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 661
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Hallo manne, die van julle wat weer by Tispise gaan kuier, ons het 'n oggend afgevat en die bekende Sagole Kremetart-woud gaan besoek. Jy moet maar gereed wees om bietjie te 4x4 of baie versigtig te ry met n gewone voertuig. Hier is hoe jy ry :

Vanaf Tsipise ry jy op die R525 in die rigting van die Kruger Wildtuin. Wees gewaarsku, daar is geen aanwysings na die Groot Boom nie. Ons het toe die tweede afdraai op die D3699 gevat .... nie 'n slim plan nie. Die brue is almal weggepoel en jy moet maar teen die styltes af en deur die rivier ry. Jy ry regtig slegte sinkplaat tussen hordes en hordes kremetartbome langs, te mooi om te beskryf. Daar is wel 'n karige aanwysing na die groot boom maar ek het van die GPS gebruik gemaak om daar uit te kom. Jy betaal n belaglike R60 per persoon om in te gaan, daar is geen geriewe nie en dit wat daar was is vervalle, tipies. Maar dis 'n spektakel om die reus te aanskou. Mens kan nie glo dat die boom reeds bestaan het toe Van Riebeeck hier geland het nie.

Ons het toe langs die D3701 terug gery, maar wees weereens gereed om amper te 4x4 wanneer jy deur Matshena Village ry, alhoewel die GPS spesifiek gesê het ons ry reg was daar wel twyfel by ons. Jy ry deur n dorp wat (vir my) redelik ordelik gelyk het, maar dik sand is op een deel jou voorland wat jou laat wonder of jy reg ry.

Dis 'n wêreld wat ons nooit sommer besoek nie maar was vir my 'n aangename openbaring.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 14:08:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek kan ook darem sê ek was al by die boom gewees.  Ek was 'n jong tjokkertjie van Std 1 (graad 3). 

My Pa se voor letters en van is hoog bo teen die een dik tak uitgekrap.  (Moet darem sê dit was nie hy wat dit uitgekrap het nie, Was iemand anders met dieselfde besonderhede).

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 14:51:13 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

There was also a huge one called Sunland near Modjadjiskloof. This one had a bar in it where we had a drink but it has since collapsed or at least part of it.

They are awesome specimens. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 14:55:13 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2565
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek weet nie hoe jy gery het nie Danie- die rowwe paaie wat jy beskryf ken ek nie, maar dis darem seker so tien jaar gelede so dinge kon seker agteruitgegaan het.

Ek weet nie waar julle oral gaan rondry nie, maar net buite Gravellote by Leydsdorp is daar 'n besonderse kremetart met 'n groot opening binne wat op 'n stadium as 'n kroeg gebruik is.  As ek reg onthou, is dit ongeveer 7 meters in deursnee.  Die gat is egter besig om toe te groei en jy kan nie meer daar inkom nie- net deur die gat binnetoe loer.  As ek reg onthou het die een wat julle by was, ook 'n ruimte in die stam né?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 15:48:26 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1748
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dit is baie mooi. Ons natuur is wonderlik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 17:03:57 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Was ook al daar gewees saam familie van New Zeeland af wat n bietjie kom kuier het. Het n foto van all die kinders wat voor die boom staan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 17:21:11 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1086
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Ek en vrou het die Staatskoerant waarin die "Champion Trees of South Africa" gelys word afgelaai en probeer om by die meeste van hulle uit te kom.  

Die Sagole boom is die grootste kremetart in ons land.  Ons het by Nwanedi Reservaat gebly en daarvandaan die boom gaan opsoek.  Nwanedi, net verder in die pad af van Tshipise en baie minder swaele, het twee damwalle met die kampterrein onder die walle.  Dit was tot in die vroee 90's 'n Protea hotel fasiliteit met rondawels, kampeerplek en lekker kos eetplek.  Toe vou Venda -  moet ek meer sê.  Die kamp ablusies was vervalle.   Daar is 'n pragtige tentkamp sowat 2km vanaf die hoofkamp.  Dit was nog 'n juweel.   Die plek behoort aan Limpopo Resorts.   Met my Garmin en my Garmap (voordat die Amerikaners oorgeneem het en ons nou sukkel met City Navigator) kaart was dit maklik om Sagole te kry en net R20pp om te gaan loer.   Daar was 'n toesighouer wie se dogter moes help met die kwitansie se uitskryf. 

Die Sunland een by Modjadiskllof (Duiwelskloof) word (was) deur die eienaars van die plaas bemark as die grootste maar dit is nie korrek nie.   Die Sunland een het ook 'n kroeg ingehad.   Die boom het intussen oopgebars.   Die plaas was die onderwerp van 'n grondeis.   Twee verskillende groepe het die grond geeis,   Waar die eis nou staan weet ek nie.

Daar was ook 'n grootte by Hoedspruit wat ook  oopgebars het en nou net soos 'n welwitschia(?) plant ooplê.

By Politsi is daar ook die drie grootste (hoogste)  Mingerhout bome in SA.  Dit maak pragtige meubels.   Kyk net by Joubert en Seuns se plaasstal in Schoemanskloof na die tafelblaaie wat daar te koop is.

Dansan, dankie vir die herinnering. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 17:28:52 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2565
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons was verlede maand by die Nwanedi-Lupepe damme waarvan jy praat.  Die pad in die reservaar is nogal rof.  Die damme is nie juis iets besonders nie, maar die omgewing is indrukwekkend.  Ons het nie by die kamp ingegaan nie- net van buite gesien.  Dit lyk heel gesellig met rondawels wat van buite mooi lyk en met baie koeltebome.  Ek kan egter nie dink waarom ons daar sal wil oorstaan nie- miskien om die paaie in die reservaat te ry, verkieslik met 'n regte 4X4.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 18:19:25 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5651
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek weet nie hoe jy gery het nie Danie- die rowwe paaie wat jy beskryf ken ek nie, maar dis darem seker so tien jaar gelede so dinge kon seker agteruitgegaan het.

Ek weet nie waar julle oral gaan rondry nie, maar net buite Gravellote by Leydsdorp is daar 'n besonderse kremetart met 'n groot opening binne wat op 'n stadium as 'n kroeg gebruik is.  As ek reg onthou, is dit ongeveer 7 meters in deursnee.  Die gat is egter besig om toe te groei en jy kan nie meer daar inkom nie- net deur die gat binnetoe loer.  As ek reg onthou het die een wat julle by was, ook 'n ruimte in die stam né?

Fred, ja net buite Gravellote maar nie by Leydsdorp nie.

Ons was Desember 2018 toe ons by die Eiland gekamp het daar en ek het nog ingeklim.  Daar is 'n ou oom wat jou verduidelik wat jy wil weet.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2019 @ 21:17:51 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8244
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Darm baie daar gewees toe ek in Phalaborwa gebly het.

Wil weer daar uitkom.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 07:55:39 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2565
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Willem, Ek was lanklaas daar, maar ek kon sweer dit was baie nader aan Leydsdorp as Gravellot.  Ek het probeer inligting op internet kry, maar kon nie vinnigs iets nuttigs kry nie.

Kyk gerus na hierdie artikel oor verskeie groot kremetarte.

https://www.getaway.co.za/inspiration/the-quest-for-quiet-giants/

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 08:25:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Willem, Ek was lanklaas daar, maar ek kon sweer dit was baie nader aan Leydsdorp as Gravellot.  Ek het probeer inligting op internet kry, maar kon nie vinnigs iets nuttigs kry nie.

Kyk gerus na hierdie artikel oor verskeie groot kremetarte.

https://www.getaway.co.za/inspiration/the-quest-for-quiet-giants/

Ek het dit gaan lees en vind dit baie interresant.  Dis asof die bome 'n mens kan betower in hul grote en ouderdom.

Dink net van hulle staan al voor Jan van Riebeeck hier aangekom het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 08:49:45 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2565
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het lank gelede met 'n kenner gepraat en hy het gesê dis baie moeilik op hulle ouderdom te bepaal omdat die stam nie hout is nie maar vesel- hulle is eintlik 'n groot vetplant eerder as 'n boom.  Hy het ook gesê daar is vermoedens dat van hulle 800 jaar en selfs soveel as tweeduisend jaar oud kan word, maar dis maar skattings. As die plant doodgaan, geskied dit nie stadig soos met 'n regte boom nie- hulle sê hy kan binne 'n dag vrek en inmekaarstort- nie omval nie- sommer net disintigreer.  dan bly daar net 'n vormlose groot hoop vesel oor wat mettertyd verrot. Ek het al so 'n hoop in die natuurreservaat by Messina gesien.

Daar is 'n waarskynlikheid dat kremetarte in groot gebied gaan uitsterf.  Die sade ontkiem blykbaar eers as hulle deur 'n dier se spysverteringsstelsel gegaan het en olifante doen die takie.  Olifante loop egter nie meer in die kremerartgebiede rond nie, behalwe in enkele natuurreservate, so die buite sulke reservate gaan nie nageslag nalaat nie.  Miskien moet ons 'n grootskaalse aanplanting van kweekhuisgekweekte plante in die natuur aanplant, maar wie gaan dit doen?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 07:58:29 am

Fred ek sal help met die eet van die vrug............................ laughing

Weet nie wie is bereid om die pitte te plant daarna nie.......................... laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 08:03:10 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 661
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Shoe dis lekker om al julle kundigheid te lees. Baie dankie, sommer my kennis verbreedt.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 08:24:06 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2565
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

foot-in-mouthwink

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 08:27:31 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5126
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Was ook saam my vrou nog laas by die een met die kroeg binne.. Reuse...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required