English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 504
Total Replies: 234 930
Total Views: 82 552 193
topics: 10 944
replies: 127 803
views: 38 963 495
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Afstand tussen agteras en karavaan se haak

replies: 9
views: 267
25 Sep 2019 @ 20:15:17 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 495
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Toe ek in 1989 begin het om karavaan te sleep was daar in die destydse enigte karavaan tydskrif gereeld artikels oor die afstand tussen die agteras van die sleepvoertuig en die haak aan die karavaan.

Daar is destyds beweer dat hoe korter hierdie afstand is, hoe minder geneig is die karavaan om te swaai en tweedens hoe minder sak die sleep voertuig agter.

Ek sien nie meer sulke gesprekke nie - wat is julle gevoel / waarneming / feite hieroor?

Ek moet sê ek is baie tevrede met die gedrag van my karavaan agter my SWB Pajero.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 21:28:02 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dit het alles te doen met gewigs verspreiding. Selfs die swaai van n wa word hoofsaaklik toegeskryf aan verkeerde gewigs verspreiding.

Die wet het verander van toe tot nou. As moet so in posisie wees dat dit nie jou voertuig plat druk. Jou as onder jou wa moet die gewig bo op hom as ware balanseer en minder druk op jou sleep stang sit.

Baie belangrik. Jy het meer gewig nodig tussen jou as en stang as tussen jou as en agter. Anders sal jy beslis n swaai kry. 

Daar is baie inligting op die Internet. Google sa weight distribution

 

 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 06:39:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Basies werk dit so dat hoe nader die sleep punt (Tow Ball) aan die agter as van jou sleep voertuig is hoe meer stabiliteit het jy.  

Die gewone trapezium stabiliseerder werk op die prinsiep.  Deur die bewegende dele van die trapesium meganiek verplaas hy in werklikheid die sleep punt vorentoe nader aan die agter as met ek skat 30-50 cm.  Dit bring die beter stabiliteit te wee.

Hoe groter die gewig raak wat jy sleep sou dit beter wees om die sleep punt nader aan die agter as te hê.  Hiervan is die groot leun wa RV's in Amerika 'n voorbeeld.  Die voertuie daar het 'n "derdewiel" (Koppel punt) agter op die vrag gedeelte van die sleep voertuig en 'n gedeelte van die RV leun oor die bak en haak aan daai "derde wiel".  So is die sleep punt reg bo op die agter as wat beste stabiliteit tewee bring vir so groot vrag wat gesleep word.

Hierdie is maar die groot rede waarom die SWB Pajero 'n redelike stabiele sleep voertuig is.  Mens moet net altyd in ag neem daar is natuurlik 'n "trade-off" punt wat bereik gaan word met die SWB se eie gewig en die gewig wat hy kan sleep.

Dit is logika dat as die stert te swaar word dit die hond begin swaai en nie die hond die stert swaai nie.

Die info wat ek hier plaas is wat ek geleer het en wys geraak het uit die spesifieke Tydskrifte wat Johan van praat en dit wat ek ondervind het met my eie Trapezium voertuie waarmee ek gesleep het.  Een was 'n Jeep waarvan die haak baie naby aan die agter as was.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:50:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Op die plaas is ook so wa met n kort disselboom wat my Pa bulle op gelaai het.

Het gladnie geswaai agter die bakkie nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 15:02:35 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5204
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die ding is hoeveel % tussen die voorkant van wa en agterkant van wa le die as.. As jy die grootste % voor die as het is jou wa gewoonlik meer stabiel, maar baie swaarder op die haak...........

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 07:14:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Op die plaas is ook so wa met n kort disselboom wat my Pa bulle op gelaai het.

Het gladnie geswaai agter die bakkie nie.

 

 

Die ding is hoeveel % tussen die voorkant van wa en agterkant van wa le die as.. As jy die grootste % voor die as het is jou wa gewoonlik meer stabiel, maar baie swaarder op die haak...........

 

Julle moet onthou dat dit wat hier gevra word nie die lengte van die A-raam of disselboom is nie maar die afstand is tussen die agter as van die sleep voertuig en die sleephaak waar die wa aan hak.

Maar jou opmerking brommer dat die S/wa meer stabiel is wanneer die as effe verder terug geplaas is op die Sleepwa soos met die van 'n boot is waar.  So Sleepwa stoot ook baie makliker agter uit.  Gelukkig is die hoof gewig van 'n boot aan die agter kant en het dit min effek op die "tow ball weight"

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 16:23:02 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years
To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 16:32:04 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2053
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years
To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 20:56:43 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5204
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die afstand tussen die kar se agter as en die haak kan jy nie sommer net korter maak nie. Ook nie die afstand van as van karavaan na die haak nie. 

Jy gaan nie sommer die sleepvoertuig vervang net vir dit nie. En daar is baie voertuie wat korter afstand het en minder beheer het as ander met langer afstande.

Jou bakkies en voertuie met agter aandrywing bly sover die topklas vir stabiliteit in my siening. Daarna, kies karavaan waar afstand van wiele verder terug is


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 09:10:47 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1320
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

Also, the longer the distance, the easier it is to reverse the trailer.

I reverse my van easily but my 5' Ventertjie is another story.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required