Kyk gerus na die Kleine Bela Facebook met ongelooflike pryse vir die komende drie maande.
Eienaar/bestuur van hierdie oord is die mees aangename mense wat ek ooit teengekom het EN teen hierdie pryse is kampering beslis die oorweging daarvan, werd.
Geniet die laaste kwartaal in 2019 in hierdie rustig en vriendelike Familie Oord.
Ek het reeds by hulle al gekamp net nadat hulle 'n hoekie gehad het in die Weg ry en Sleep tydskrif.
Baie aangename mense. Oord het twee swembaddens waarvan een warm gemaak word. Ablusies is heel skaflik. En die staan plekke waar ons gestaan het was baie groot.
Sal nog daar uit kom. Dalk in hul chalets.
Ons gaan jou mos help tent opslaan!
Dalk 'n oord om te oorweeg vir 'n saamtrek. Hulle het 'n groot oop braai plek en groot boma in middel vir vuur maak.
En solank hulle besig is met die ontbossing verkaf hulle die brand hout.
Dalk 'n oord om te oorweeg vir 'n saamtrek. Hulle het 'n groot oop braai plek en groot boma in middel vir vuur maak.
Nice pic from a drone?
Het gister na die Oord gaan kyk en was heel beindruk. Terwyl sommige van die bekende oorde naby hulle leeg was, het hulle 'n hele klomp tevrede kampeerders daar.
Dit is bitter droog in Limpopo, maar hulle probeer darem nog van die gras en tuine nathou. Lyk regtig goed en die ablusieblokke was silwerskoon.
Is daai groot Boom nog daar soos wat jy by die kamp gedeelte kom van die hek af. Dis darem 'n prag boom daai.
Weet nie wat se boom dit is nie.
Die een
Leon, dit is 'n wildevy en soos jy aandui 'n pragtige boom.
Dit het ook 'n pragtige geskiedenis: Oud President Paul Kruger het glo onder daardie boom 'n vergadering gehou met boere-magte om strategie te beplan teen Kakie-magte wat in aantog was. Die boeremag het glo daarna teen die berg uitgeklim en kon die Kakie-mag wat uit die Suide gekom het, suksesvol terugdryf.
Ek kon saam met vriende en familie my 75e verjaardag onder daardie vyeboom vier. Wat 'n wonderlike gebeurtenis vir my.
Nog n lekker boom.....
Ja ek stem dit is 'n pragtige boom. Mens kan lekker onder hom sit en kuier in 'n groot groep.
Moet net nie vuur maak onder hom nie.
Leon, dit is 'n wildevy en soos jy aandui 'n pragtige boom.
Dit het ook 'n pragtige geskiedenis: Oud President Paul Kruger het glo onder daardie boom 'n vergadering gehou met boere-magte om strategie te beplan teen Kakie-magte wat in aantog was. Die boeremag het glo daarna teen die berg uitgeklim en kon die Kakie-mag wat uit die Suide gekom het, suksesvol terugdryf.
Ek kon saam met vriende en familie my 75e verjaardag onder daardie vyeboom vier. Wat 'n wonderlike gebeurtenis vir my.
Oom Hannes. Wat n voorreg.
Baie geluk.