English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 416
Total Replies: 232 753
Total Views: 82 445 966
topics: 10 892
replies: 126 452
views: 38 914 800
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

bakkie-spaarwiel & pap wiel

replies: 40
views: 499
08 Sep 2019 @ 21:13:55 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

haloda!!

sal graag wil hoor rondom jou ondervinding van bakkie se spaarwiel soos gemonteer onder die bak met die ketting/katrol om die wiel te laat afsak.

 

ek en die 'nuwe' Navara begin mekaar so voel-voel verstaan.  Ek besluit toe om te kyk hoe werk die spaarwiel gedoente omdat ek nou nie juis voorheen al met 'n bakkie moes stop vir 'n wielomruil nie.

moet bieg dat ek en die Navara mekaar hier verkeerd begin verstaan.  Eerstens sukkel ek erg om die t-stuk sekuur in die meganisme in te kry.  Pyn in die stert!!!

en dan sak die wiel af tot net-net op die grond.  Geen manier dat jy die ketting se punt uit die wiel gehak gaan kry sonder om jou halflyf onder die bakkie in te wikkel nie.

Kan nie reg wees nie.

Ek mag dalk rookie wees met 'n bakkie maar ek is nie stupid nie.

Dinge is net nie lank genoeg nie...!

hoe werk jou bakkie se spaarwiel-kontrepsie??  Skuif die wiel darem ver genoeg uit onder die bakkie dat jy sonder enige joga die wiel loskry van die ketting?

 

Groete!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 21:26:42 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Louis. Ek moet bieg in die 20 maande wat ek my bakkie het het ek nog nooit my spare laat sak en gekyk hoe dit werk. Ek dink al geruime tyd om my luiheid te los en kyk wat da aangaan.

Nou dat jy die noem gaan dit gebeur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 22:01:45 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 26 May 2017
Experience: 2 years

Dit gaan jou lot wees, sou jy ooit 'n pap wiel kry.  Ongemaklik en jy sal op die grond sit of le om als by te kom. Selfs om die domkrag in te kry is 'n vuil storie. En ja, die t-struktuur is 'n pyn. Maak maar vrede, dan, wanneer jy 'n pap wiel kry, sal jy nie ge-irriteerd raak nie.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 05:09:53 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Goeie ding jy het gekyk hoe dit werk.

Ja dis maar n pyn in die rugwerwel om die wiel af te kry en as jy pap wiel kry is dit gewoonlik op die onmoontlikste plekke. In 10 jaar nog net 2 keer met my gebeur. Beide kere op grond en al 2 kere het ek n wit hemp aan gehad😁

Die terugsit is die belangrikste

 Sorg dat alles in haak wat moet inhaak. My 1ste keer het ek dit verkeers gedoen toe kom die spaarwiel af op 100km/h. Dankie tog dit was op n stil pad met geen verkeer. Jy skrik jouself in n ander bloedgroep in en praat in tale wat jyself nie ken nie.

At last !!!!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 06:47:27 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ongelukkig is dit wat gedoen moet word. Laat sak tot op die grond en dan moet jy maar op die sy le en met die een hand die wiel se een kant n bietjie lig om die dwars stuk deur die gat te sukkel met die ander hand. Gelukkig hoef jy nie al die bagasie uit te pak en weer in te pak om by die spaarwiel te kom nie. 

.  

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 07:06:38 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Lyk my ek is in vir 'n avontuur ...  dankie vir die woorde van ondersteuning (en waarksuwing).

Beste dan is maar om voorbereid te wees.  Klink my ek gaan 'n overall saam met die domkrag agter die sitplek inpak!  Ek het jare gelede 'n VW Sharan gery en dié se spaarwiel was ook onder die kar.  Maar VW het 'n kabel op 'n katrol gebruik en omdat die kar heelwat nader aan die grond was kon die wiel heeltemal uitskuif en met die opkatrol het dit al te fensie onder die kar ingegly en verwyn in die holte onder de vloer.  Dalk was ek maar bederf ....

 

Ek het die gedoente gister so op my rug lê en bekyk toe die wiel uiteindelik uitgehak was en dit lyk of die patent die ketting net deurwerk - dit word nie opgerol nie (soos 'n miniatuur come-along).  Dus kan die ketting langer wees (of gemaak word) dat die ekstra 20cm sal help om die wiel darem so halfpad onder die bakkie uit te kry sonder dat die langer ketting probleme gaan veroorsaak.

 

Mag dalk net die paar sente werd wees om dun ketting te gaan soek

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 08:20:36 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 531
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Louis, dink net hoe gaan jy sukkel as jy 'n papwiel in die nag moet kry. Dan ook, hoe gaan jou klere lyk as dit moet gebeur wanneer dit reen.

Bakkies is ontwerp vir plaasboere wat altyd hulp saamry.☺

Moeg geploeg.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 08:33:39 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 255
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Juis oor die rede dat ek eendag nie die spaarwiel kon afkry nie het ek die spaarwiel teen my bakkie se beestralies gemonteer. Jy sien hom elke dag, maklik om af te haal, diefbestand en jy kan sien as hy pap raak.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 09:20:47 am
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Louis, dink net hoe gaan jy sukkel as jy 'n papwiel in die nag moet kry. Dan ook, hoe gaan jou klere lyk as dit moet gebeur wanneer dit reen.

Bakkies is ontwerp vir plaasboere wat altyd hulp saamry.☺

presies!!  dis hoekom ek nou al kyk wat se chaos vir my wag.  en ek is nie opgewonde nie - lyk my makliker om bakkie te verkoop as om die wiel om te ruil!

 

@Frikadel: Ek het ook gedink om die wil te skuif na binne die bak (het nie bullbar maar wel kappie) maar is bang vir lang vingers.  Die moeite om die wiel af te kry is tans seker een van die afskrikmiddels ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 09:59:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nee wat ek het nog nie daarmee gesukkel nie.  Die t-bar gaan maklik in die op/af wen meganisme in op die Ford. Daar is so wit plastiek wat die T-bar guide tot op die regte plek.

Op die grond lê is maar deel van die wiel wissel episode.  Ek het altyd 'n GROOT handoek wat op by Tipper se "Dashboard" lê.  Dis daar om die dash te beskerm teen die Afrika son, my hande af te vee as ek iets eet in die ry en dis groot genoeg om op te lê sou ek iets onder die voertuig moet doen.

Dan gaan ek ook baie maklik die bandruk van die spaar wiel na deur die "Valve extension" pyp wat daaraan gekoppel is. die ander punt lê op die sleep hak van die tipper en ek kan die spaar wiel se druk daar na gaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 10:02:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek wissel ook eintlik nooit 'n pap band nie.  Ek soek die oorsaak (spyker) in die band, haal die kit uit onder die agter sitplek, verwyder die spyker en druk 'n plug in.

Dan met die ARB pomp onder my sitplek pomp ek die wiel net weer op.

Ongelukkig kom jy nie weg deur nie op die grond te lê nie. Want ek doen dit terwyl die band nog op die voertuig is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 10:30:19 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 120
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 43 years

Dit is n groot probleem as jy n papwiel op jou voorwiele kry veral as band redelik stukkend is .Die bakkie se voorkant is so laag jy kry nie die domkrag op die regte plek in .Ek het n klein kort domkrag wat ek saamry .Sit hom eers in lig dan op tot op n hoogte wat bakkie se domkrag kan ingaan op regte plek .Al manier hoe ek gesien het wat werk .Daar is geen manier wat bakkie se domkrag op regte plek kan ingaan 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 11:04:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is n groot probleem as jy n papwiel op jou voorwiele kry veral as band redelik stukkend is .Die bakkie se voorkant is so laag jy kry nie die domkrag op die regte plek in .Ek het n klein kort domkrag wat ek saamry .Sit hom eers in lig dan op tot op n hoogte wat bakkie se domkrag kan ingaan op regte plek .Al manier hoe ek gesien het wat werk .Daar is geen manier wat bakkie se domkrag op regte plek kan ingaan 

Goeie raad Willie dankie.  Sommige gebruik die "wheel leveling blocks" wat jy op die karavaan gebruik. Ry met jou pap wiel daar op dan sal die jack ook pas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 11:58:44 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Moet sê, het ook jare terug laas n pap wiel omgeruil. 

Maak hom sommer aan die voertuig reg as dit n pyker in het, en druk dan n plug in. 

Pomp en is reg. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 12:00:01 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

soos dit vir my lyk is daar paar maniere om die tekortkominge van die bakkie se spaarwielkatrol te oorkom.  Ek waardeer die insigte (en deel van [slegte] ondervindings).

Ek oorweeg dit sterk om die huidige ketting waaraan die spaarwiel hang so 20cm langer te maak.  dit sal beslis verhoed dat ek meer as my hande vuil kry net om die spaarwiel langs die kar te kan kry (en die pap een weer onder die kar as daar nie plek op die bakkie is nie)

ek het ook reeds die 'valve extension' opgesit (soos per Leon) om een minder onder-die-bakkie-inkruip sessie te verhoed.

die pap voorwiel met min spasie vir die domkrag kort nog bietjie dinkwerk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 12:47:03 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1341
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Onthou hoe langer die ketting hoe makliker om dit af te knip. Dis nou om diefstal te verhoed, bakkies se spaarwiele is deesdae kroonwild....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 13:10:40 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Onthou hoe langer die ketting hoe makliker om dit af te knip. Dis nou om diefstal te verhoed, bakkies se spaarwiele is deesdae kroonwild....

Wen die ketting bo binne die band op en sit nog n slot aan deur die ketting en een van die gate op die rim. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 13:48:11 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

soos dit vir my lyk is daar paar maniere om die tekortkominge van die bakkie se spaarwielkatrol te oorkom.  Ek waardeer die insigte (en deel van [slegte] ondervindings).

Ek oorweeg dit sterk om die huidige ketting waaraan die spaarwiel hang so 20cm langer te maak.  dit sal beslis verhoed dat ek meer as my hande vuil kry net om die spaarwiel langs die kar te kan kry (en die pap een weer onder die kar as daar nie plek op die bakkie is nie)

ek het ook reeds die 'valve extension' opgesit (soos per Leon) om een minder onder-die-bakkie-inkruip sessie te verhoed.

die pap voorwiel met min spasie vir die domkrag kort nog bietjie dinkwerk.

Louis die ketting kan seker langer gemaak word.  Probleem is die katrol waarop die ketting draai as jy die spaarwiel op sy plek wil kry is maar aan die klein kant.  Want hy draai binne die onderstel.  Dus is daar nie plek vir die ekstra ketting op die tol nie.  Ek vermoed dis maar die hoof rede waarom die ketting somtyds so kort is.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 14:02:55 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Louis die ketting kan seker langer gemaak word.  Probleem is die katrol waarop die ketting draai as jy die spaarwiel op sy plek wil kry is maar aan die klein kant.  Want hy draai binne die onderstel.  Dus is daar nie plek vir die ekstra ketting op die tol nie.  Ek vermoed dis maar die hoof rede waarom die ketting somtyds so kort is.

 

Hi, Leon

die ketting rol nie op oor iets nie - dit werk soos ‘n block-&-tackle waar die ketting net deurgaan.  Dus dink ek dit hoort te werk

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 14:09:00 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4353
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Sterkte met die planne. As dit 'n ligter wiel is kan mens dit nog verwerk as jy onder die bak inkruip. Die Nissan 1400 skuif die wiel egter oor die raam so dis makliker as die katrol stelsel.

Die raam skarnier aan die voorpunt v d wiel so die wiel skuif mens net af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 14:49:42 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hi, Leon

die ketting rol nie op oor iets nie - dit werk soos ‘n block-&-tackle waar die ketting net deurgaan.  Dus dink ek dit hoort te werk

O ja jy is reg........................ sorry my fout. 

Jammer.                En om te dink ek het reeds 'n ekstra slot deur daai ketting gehaak as adisionele voorkomings matreel.

Lekker gesit en slaap op die een.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 15:51:21 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

ek het gedink om slot in ketting binne die spaarwiel te sit wat keer dat die ketting uitgehaak word (deur die gat in die wiel deurgeskuif word).  dit sal alles gedoen kan word met die wiel binne bereik sonder om op jou rug onder die kar in te skuif ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 16:47:16 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2025
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Sien die manne hier word gekonfyt om papwiel om te ruil. Los asseblief julle telefoon nommers ook hier dat ek kan bel as nodig dan kom doen julle die joppie. laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 16:51:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14198
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Sien die manne hier word gekonfyt om papwiel om te ruil. Los asseblief julle telefoon nommers ook hier dat ek kan bel as nodig dan kom doen julle die joppie. laughing

Julle is gelukkig.....julle het darem nog spaar wiele🤔😃

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 17:46:40 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1218
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Geert, ek weet ook nie waarvan die manne praat nie. Weet joune het iemand anders nodiger gehad as jy, maar Ma se altyd......ontspan jy ek sorteer die probleempie gou,gou uit. In n japtrap ry ons weer. Seker maar die manne wat stop en help as hulle die tannie so sien sukkel met die pap band.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 06:18:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Julle is gelukkig.....julle het darem nog spaar wiele🤔😃

O ja ek onthou nou weer jy het joune geskenk vir die HOP................ laughinglaughinglaughingtongue-out

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 08:10:23 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Het maar altyd 'n ou kombers in die kar of karavaan vir ingeval mens nou maar die wiele moet ruil en op die grond rond kruip..

Moet ook noem, het LANKLAAS nodig gehad om 'n spaarwiel te ruil........... 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 12:28:45 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek dink dit bly n pes-probleem as jou spaarband agter-onder sit. In die Moremi-sand gaan jy n gat moet grawe om daai band af te haal. En in 45 grade gaan jou huwelik n toets moet weerstaan. 

Dus het ek n tweede spaarband op my dakrak as eerste verweer. Nie dat n band lig weeg nie. My karavaan of treiler se spaarband is ook daar bo. AS ek dan TWEE onherstelbare pap wiele kry sal ek die onder-band moet gaan uithaal. 

Ook nog net twee keer n pap band gehad. Elke keer geplug gekry. Een keer sonder om af te haal.

Verder het ek n elektriese jack. Choef-chaf opge-jack sonder lang stang en rugbreek. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
10 Sep 2019 @ 12:36:07 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

My lektriek jack.

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 12:42:33 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Kyk net hoe netjies pas die lektriek jack in die Fortuner. SAAM met twee yskaste EN my toolboks. Dit is maar n commen kar. Maar boeta, kan jy PAK in hom. Die een yskas is vir vries en die ander vir my drinks. Die dubbeldeur yskas in die ksravaan is ma se kos en vriesgoed.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
10 Sep 2019 @ 15:40:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Kyk net hoe netjies pas die lektriek jack in die Fortuner. SAAM met twee yskaste EN my toolboks. Dit is maar n commen kar. Maar boeta, kan jy PAK in hom. Die een yskas is vir vries en die ander vir my drinks. Die dubbeldeur yskas in die ksravaan is ma se kos en vriesgoed.

 

Het dit ook so gedoen met die sitplekke uit en elektries jack. 

Sien ons is ewe dors 🍻. 

Groete. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 12:27:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14198
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het nou gesien my Ranger se spaar wiel sak darem tot heeltemaal op die grond🙂

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 13:19:02 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk net hoe netjies pas die lektriek jack in die Fortuner. SAAM met twee yskaste EN my toolboks. Dit is maar n commen kar. Maar boeta, kan jy PAK in hom. Die een yskas is vir vries en die ander vir my drinks. Die dubbeldeur yskas in die ksravaan is ma se kos en vriesgoed.

 

Daai spasie langs die battery was gemaak vir daai jack.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 13:27:04 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1584
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek moes my mouter stywer vere insit en die lig hom toe met 55mm.

Dis dan ook die hoogte bo die grond waar my spaarwiel ophou afjack.

Hang aan 'n kabel wat van binne die voertuig met 'n slinger afgejack word. Dis 'n geslote sisteem en die kabel kan nie langer gemaak word nie. Kan seker 'n eenheid gaan koop met langer kabel, maar hy moet van Engeland af kom. Ek kry darem nie elke week 'n pap wiel nie, net 3 oor laaste 6 jaar.

Ek hou 'n plastiek seiltjie in my sleepvoertuig vir daardie dag wanneer ek daar moet loop lê. Moes toe ook so doen in die Sederberg toe 'n skerp klip my splinternuwe band 'n gat in steek.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 13:34:21 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Elke ou het maar sy oplossing.

In meestegevalle gaan dit jou noodsaak om op daai grond te gaan lê. So tref maar reeling.

Ou laken, groot handoek, seiltjie, stuk plastiek..............................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 15:01:57 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Elke ou het maar sy oplossing.

In meestegevalle gaan dit jou noodsaak om op daai grond te gaan lê. So tref maar reeling.

Ou laken, groot handoek, seiltjie, stuk plastiek..............................

waardeer julle insette.

 

voel kompleet of ons rondom 'n stapel hardekool staan en gesels ..!

 

tyd vir 'n Koue Een ...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 20:59:08 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

het besluit om die ketting vir die spaarwiel langer te maak.  en het so wraggies dieselfde ketting in voorraad (doerietyd gekoop om sleepwa aan 'n paal vas te sluit toe ons nog ge-tent het)

las toe so 25cm by (aan die wiel se kant).  Redenasie is dat die hele 'nuwe' ketting deur die oprolmeganisme sal gaan om so die wiel vas te trek (en het nie die skakel waar gelas is toegesweis nie).

nou kan ek alles mooi bykom sonder om 'n breuk op te doen of soos 'n wafferse mechanic onder die bakkie in te seil.

nog om te doen:

- prakseer 'n bak of net binne die spaarwiel wat die ketting sal opvang - die ketting kan uitgly in die senter omdat die passtuk nie die hele gat toemaak nie en omdat dit nou nogals lank is mag dit dalk aan iets vashaak so in die ry ....

- sit 'n slot aan die ketting binne die spaarwiel wat sal keer dat die passtuk kan opskuif en so keer dat wiel dalk voete kry

 

suksesvolle Saterdagmiddag so onder die bakkie se stert

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 10:18:14 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1584
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Louis

Help so effe met die slot in die spaarwiel.

Kom die slot (1) onder die wiel as hy opgekatrol is, dws aan die pad kant van die wiel, of

(2) binne die wiel aan die voertuig kant?

As 1 of 2, moet jy nie dan steeds onder die voertuig inkruip om daar by te kom nie?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 20:00:16 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Louis

Help so effe met die slot in die spaarwiel.

Kom die slot (1) onder die wiel as hy opgekatrol is, dws aan die pad kant van die wiel, of

(2) binne die wiel aan die voertuig kant?

As 1 of 2, moet jy nie dan steeds onder die voertuig inkruip om daar by te kom nie?

Proffie - dis (2).

 omdat die ketting nou lank genoeg is dat die wiel meer as halflyf onder die bakkie uitskuif kan ek dit vassluit sonder moeite.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 17:09:12 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1584
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Proffie - dis (2).

 omdat die ketting nou lank genoeg is dat die wiel meer as halflyf onder die bakkie uitskuif kan ek dit vassluit sonder moeite.

Ek dink ek verstaan nou. Jy sluit die wiel aan die kettinb vas voordat jy dit opkatrol.

Maak sin. Moet net nie jou slot se sleutel so bêre dat jy dit nie weer kan kry nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 21:23:00 pm
L&M
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 29 Apr 2017
Experience: 30 years

Ek dink ek verstaan nou. Jy sluit die wiel aan die kettinb vas voordat jy dit opkatrol.

Maak sin. Moet net nie jou slot se sleutel so bêre dat jy dit nie weer kan kry nie.

 

korrek, Proffie.

 

en beslis is daar meer as een sleutel byderhand.  Het juis die nare gewoonte om dinge goed te bêre ...

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required