English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 033
Total Views: 82 377 482
topics: 10 825
replies: 124 919
views: 38 857 137
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Lewens Ervarings

replies: 15
views: 309
19 Aug 2019 @ 07:27:10 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Partykeer gebruik die Here situasies..glo ek...om 'n mens se oe bietjie anders in te stel weer.  Ek het so van Mei maand af erg angstigheid beleef,moenie vra heokom nie, want angs het nie altyd 'n rede nie. Dis maar bekommernisse oor kinders en man en huis en en en. So lang storie kort, kom toe nou oor dit eventually, Mamma se brein is 'n wonderlike ding, want ek kan myself gewoonlik uit 'n ding uit..of in...redeneer in my kop.

So is ons toe nou vir die langnaweek na skoonpa toe in Sabie, lekker daytrip wildtuin toe, en Saterdagaand terwyl almal lekker sit en kuier om die vuur, raak my kind siek en sy asemhaling klink nie lekker nie.  Dag toe ons sal sondag oggend vroeg ry en hom dokter toe vat hier in Pretoria.  11 uur saterdag aand vra my man of ek nie dink ons dalk eerder nou moet terug ry pta toe en hom dan dok toe vat nie.  So pak ons toe inderhaas, en ry half 12 terug pta toe.  Half 5 sondag oggend vat ek hom ongevalle toe want toe klink dit of hy skaars kan asem haal.  Daar gekom, trek sy bors heeltemal toe, maar die staff was baie oulik, en het hom mooi gehelp. Word toe opgeneem met longontsteking en asma.  Hyt' woensdag uitgekom en is toe okay, en is vandag weer skool toe.  So na die week se huil, en wonder wat as dit en wat as dat, het ek tot 3 slotsomme gekom:

1.  As jou moederlike instink se ry, dan ry jy.  Toe ignoreer ek dit en bly ek stil en gelukkig het die Here my man gelei na dieselfde punt, en as ons dalk 2 ure later gery het, was my kind vandag dalk nie meer hier nie, so ek is baie dankbaar.

2.  Elke liewe kamp is 'n absolute vergunning van Bo, en jys geregtig op niks, en eintlik verdien ons niks,maar ons word sooo baie geskenk deur genade. Jy weet nie of jy, of jou man of jou kinders nog more hier is nie, so geniet elke oomblik van die lewe, en elke kamp asof dit die laaste een is.

3. Mammas...hou op worry oor daai volgende balkie op die baadjie, of die 7's op die rapport, solank jy 'n kind het wat gesond is, is dit al wat tel, en dit leer mens baie keer op 'n baie slegte en harde manier.

So ek is dankbaar dat ons almal gelei was op die pad, die mis daai tyd van die oggend oor die longtom pas het vir my in die bakkie vasgedruk tot my hart gevoel het hy klop by my keel uit, maar 4 ure later was ons veilig by die huis. 

So my angs is vir nou diep begrawe, en konsentreer ons op ons volgende kamp, as gesin saam, wat sonder die Here glad nie moontlik sou wees nie.

Hoop julle almal kamp lekker en onthou hoe geseen en bevoorreg jy is elke keer wat jy kan gaan kamp!

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 08:05:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13761
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Amen

Dit wys maar weer waar ons ons vertroue moet plaas.

Dankie dat jy dit so openlik met ons deel....dit laat my weereens besef die voorregte wat ons daagliks mag ervaar en genade wat ons vrylik ontvang

Bly alles het goed afgeloop vir julle....sterkte voorentoe!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 08:28:17 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Bly als het goed verloop. 

Ek luister ook nou maar na die Girl se moederlike instink.

Veral na my skierlike siekte. 

Sterkte vir julle. 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 09:14:53 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1007
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years

Amen dankie vir die deel sommer baie moed vir die week wat voorle sterkte

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 10:26:31 am
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Dankie Catherine vir jou spontane getuienis.  Daardie moederlike instink is 'n gawe wat God aan die vrou gee vir die belangrike taak wat sy het. Die vrug van die Gees rig en lei jou en stel jou instaat om jou taak te volbring tot verheerlikking van God.  Johannes 14:26 wys ook daarop dat die Heilige Gees wat die Vader deur sy Seun aan ons stuur, SAL ONS LEER en Job 32: 8 getuig dat die Gees in die mens hom verstandig maak.

Vrede vir julle, asmede al die wonderlike kampeerders

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 10:57:05 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Is so oom Hannes, baaie waar!

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 11:28:05 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Hi Cathrine

Somtyds dink ons ons hoor die Here se stem, dan is dit nie Syne nie. As dit met ons goed gaan luister ons ook nie altyd nie.

Ekt daai fout begaan. 3 jaar terug was ek retrenched. Dadelik werk gekry en geglo dit kom van God af. Met die intrap slag by die nuwe werk geweet ek het n GROOT fout gemaak.

Ek het my menswees verloor. Ekt op gehou lag. Kon nie wag vir Vrydag nie. Sondagaand skuins bedoeterd want more is Maandag. In al my jare NOOIT so gevoel nie.

Ek het gebid en gebid vir verlossing van die werk. In Maart kry ek n belofte van God af. In April verloor ek my werk. N hartseer dag toe ek die dag na my verjaarsdag die Hilux moes terruggee. Maar n GROOT verligting.

Groot gestoei met God. Die ergste vir my ek moet nou my wa verkoop want my UIF eis is afgekeur.

MAAR Hy het n plan. Ek weet nie wat nie.....maar dis daar! Ek sal seker nooit weer gaan kamp nie, ek weet nie, maar ek voel alreeds n beter mens.

Dankie dat ek ook kon afpak!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 13:19:12 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek weet presie hoe julle voel. Die Liewe Heer is Groot en Goed.

Menslike instink is ek wonder of ek gaan salaris kry aan die einde van die maand.

Vandat die dinge by my werk meer as 'n jaar terug begin het, het ek vrede in my hart en is ek rustig daaroor.  Want ons het nog elke maand onsse ou geldjies gekry.  En ek het in tussen nog 'n paar keer gaan kamp ook.

Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel.  Ek kan getuig daarvan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 13:35:05 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Al wat ek kan sê is 

PRYS DIE HERE. HALLELUJA 

Eks so bly daars nog kampers wat ook in hierdie forum nie skaam is om op te staan vir JESUS en SY groot genade vir ons nie. Ons is met GROOT dankbaarheid gevul. .

I love camping all year round
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 13:48:24 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Die MANUAL vir die lewe is die BYBEL. .....

Onse dae en hare word elke dag getel. Hierdie is n GROOT getuienis vir JESUS. Kitty

Hoop dit sal vir almal n les wees om elke dag te besef dat ons onder geen omstandigheid sonder HOM  n dag tegemoed te gaan nie. Elke sekonde van die dag is HY met jou.

HY is nie agter ons nie. HY is IN ons. 

As jy wedergebore is, dan word ons liggame skoon van binne sodat die HEILIGE GEES  in ons kan woon.. 

I love camping all year round
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 15:42:11 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Dankie dat jy dit met ons deel. Ons moet maar altyd ingestel wees om die Heilige Gees se stem te hoor. Hallelujah.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 17:28:27 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Sulke waar woorde. Desember Elmarie en ek aflegging in die gesig gestaar.  Was swaar om te berus en in die Here se hande te laat maar altwee ons werk behou. Bly maar moeilik om te luister.

Bly dit het goed afgeloop vir julle.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Aug 2019 @ 21:43:02 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1742
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

In die eerste plek is bly vir jou dat alles goed verloop het. Onse Vader het n manier om ons te waarsku en ook sy hand van beskerming oor ons te plaas waar en wanneer dit nodig is.

Angs is n vreeslike ding om te oorbrug en net die genade van bo het sy manier om jou vry te maak van dit. Ek self het lank daarmee gesukkel na my operasie en tot vandag moet ek bont staan. 

n Siek kind toets jou innerlike krag tot die maksimum. En ek glo dat jou opregte liefde vir jou kleinspan het jou deurgedra. Wat ook verblydend is dat jy ag gegee het aan daardie stemmetjie wat waarsku. Min doen, en dit maak jou n opregte moeder wat God ken en ook nie skroom om hom te nader in gebed asook erkenning te gee.

Dit is juis die tipe van goed wanneer dit om en verby is wat n mens tot verhaal kom en regtig besef dat God daar is vir ons nog voor ons vir hom gevra het. Alle eer aan Hom. 🛐

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 07:50:32 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Die dae wat ek ook gesoek en gesoek het vir ander werk, is verby.  Ek weet ek is waar ek moet wees.  Ek kry nie miljoene rande nie, maar ons het meer as wat ons verdien. As mens een keer 'n jaar kan gaan vakansie hou, is dit baie keer meer as meeste mense in hulle leeftyd kan bekostig.  Ek het 'n inkleur prentjie wat die einste seun ingekleur het, wat se, blom waar God jou geplant het. En dis my lewens filosofie nou.  Hier waar ek werk is waar ek 'n verskil moet maak, en maar net doen wat ek doen en vertrou dat ek iewers iemand aangeraak het of iets vir iemand beter gemaak het.  Dis moeilik om positief te bly as jy by 'n munisipaliteit werk deesdae, en ek moet gereeld my kolegas dieselfde probeer wysmaak.  In 'n onperfekte wereld moet ons net die beste maak van wat vir ons gegee word.  Ek moes in my lewe van baie hoe ambisies en verwagtinge terug kom aarde toe en vrede maak met die daaglikse brood so te sê.  Ek is dankbaar. 

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 10:57:48 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Pragtig.  HALLELUJA 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 21:24:51 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13761
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required