English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 783
Total Views: 82 283 714
topics: 10 756
replies: 123 507
views: 38 809 580
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Om eerlik te wees of nie

replies: 23
views: 439
26 Apr 2019 @ 16:05:14 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het so 'n paar weke gelede 'n bakkie lig geskraap toe ek langs hom parkeer het.  Amper geen skade nie- net twee ligte skrapies aan die verfwerk aan sy "wheel arch"  My eie voertuig het effens meer skade- 'n ligte skrapie aan die plastiek voor.  Omdat ek al gevloek het op mense wat ons voertuie beskadig het en net verdwyn, wil ek dit nie aan 'n ander doen nie en ek laat my kontakbesonderhede op die ander voertuig.  Dis die eerste keer dat ek in so-iets betrokke was. Die eienaar bel my- hy het nie eers die skade gesien nie.  Ons stem saam dit sal seker nie meer as 'n paar honderd rand kos om sy voertuig se skrapies oor te verf nie en ek kan maklik my eie regmaak.  Ek het nie lus vir al die beslommernis van 'n eis indien nie, al het ek nie meer 'n bybetaling nie, en ek sal sy skade self betaal as dit so klein is as wat ons verwag.  Ek kry in elkgeval self 'n kwotasie net vir ingeval- dis R4600! Belaglik!  Die ou kom terug na my toe met kwotasies waarvan die laagste R1600 is- netso belaglik.  Dan moet ek maar my verskering laat betaal.  Kry toe by dieselfde paneelklopper 'n versekeringskwotasie na hulle toe blyk die aangewese agent vir my voertuig is.  Nou is dit kielik meer as agt duisend rand!  Die werk moet nog gedoen word en ek moet my voertuig vir 'n week by hulle laat.  Dit terwyl ek baie maklik teen minimale koste my eie voertuig kon herstel- as dit so sterk genoem kan word.  Baie admin en dit werk moet nog gedoen word.  Ek begin nou wonder of my eerlikheid regtig die moeite werd was.  Dit voel vir my of die versekeringsmaatskappy uitgebuit word en ek sit met baie beslommernis.  Die ander ou sou dalk nie eers sy "skade" opgemerk het nie.  Sal ek volgende keer onder dieselfe omstandighede weer so eerlik wees?  Ek weet sowaar nie  Is dit nie maar die beste om soos die ander blikslaers wat al in parkeerplekke ons voertuie beskadig het, net weg te ry nie. Groter skade is natuurlik 'n ander saak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 17:04:44 pm
Anonymous

Dit is werklik ń baie, baie moeilike vraag.

Ek is ook baie gesiend op my X-Trail en kyk om die voertuig alvorens ek ń sentrum betree.

Een Vrydag middag kom ons uit ń sentrum waarna iemand my voertuig met ń waentjie gekrap het sonder om besonderhede te laat.

Ek vra die kar oppasser en hy trek net sy skouers op.

Sekerlik het hy ń goeie "tip" gekry van die skuldige.

Ek dink ek sal ook maar die eerlike pad loop soos jy, alhoewel ons eerlikes maar altyd 2de kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 17:21:19 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1977
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Fred ek gaan eerlik wees en kan nie jou vraag antwoord nie. laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 17:36:24 pm
Andrew
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 22 Apr 2007
Experience: 29 years

I don't think it is difficult, always be honest. There is a price to integrity and that is why it is so hard to find.

Your price is R 4 600. But you will be released from this burden as it is obviously getting to you.

One too many wasted sunsets, one too many for the road.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 18:03:00 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7614
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Wie Eerlik is moet die wet van Transvaal betaal. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 18:10:34 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1849
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ek sal ook maar eerlik wees........ek is so bang vir daardie blinde sambok!!!!!!!! Wie ken hom....het hy jou al geraps.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 18:16:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sal ook maar eerlik wees........ek is so bang vir daardie blinde sambok!!!!!!!! Wie ken hom....het hy jou al geraps.

Hy het my al seer gewiks.  Sal maar die eerlike ding doen.  Anders kry ek dit 2x terug

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 18:24:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

By winkel sentrums is baie keer CCTV. Bly jy stil en ry weg en hulle "trace" jou dat jy weggery het, maak jy jou probleme veel erger. Wees maar eerlik...versekering betaal mos

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 18:33:04 pm
Dries
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 20 Sep 2017
Experience: 36 years

Vat altwee motors na verskeie paneelkloppers. Moontlik sal daar dan afslag wees.  Oneerlik of nie is die spreekwoord "Een oneerlike pennie verteer duisende".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 18:45:53 pm
Andrew
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 22 Apr 2007
Experience: 29 years

Dent Doctor is actually very cheap and very good.

One too many wasted sunsets, one too many for the road.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 19:10:01 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1644
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Eerstens, om weg te ry is dieselfde as steel. Jy doen nie aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil hê.

Ek het in Natal in n man vas gery en sy bakkie het ook n skrapie gehad. Die persoon was per toeval in woonagtig in Johannes burg inteendeel was ons saam op skool. Ek skat die skade maksimum nie meer as duisend rand. Sê hom hy moet kwotasie kry en  vir my stuur en ek doen die oorbetaling. Niks van hom gehoor tot maand later laat hy my weet ek skuld hom twaalf duisend en hy het alreeds kar reg gemaak

Net daar stuur ek hom vader Xmas toe. Ek is baie seker ek het nie n baard en ek hou ook nie van rooi kleure. Ek sal nie blatant verneuk word

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 19:23:37 pm
Anonymous

Mense is geneig om eerlikes vir ń "ride" te neem.

My skoon familie verkoop hulle Super Sport, 1992 nadat vertel is wat nog werkies kort.

Die mense heeltemal tevrede om die wa so te neem.

Na 2-weke kry my skoonsus ń whatsapp van die pa se dogter en skoonseun wat gekoop het.

"Kan jy asb help met herstel kostes"?

Die kostes R14k. Hulle moes toe R7k oorplaas om die Pastoor se gekerm te laat ophou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 06:55:40 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Fred, ek respekteer jou eerlikheid. Ek aanvaar dit kan moeilik wees maar, soos Engelsman se...”honesty is the best policy”👍

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 07:12:52 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2958
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Eerlikwaar weet ek nie.

Maar herstelwerk deur versekering??? Is dit eerlik?

Vitara se deur gestamp. Dis so plastiese ding op die onderkant van die deur.

Herstel deur versekering R25000

Paneel nuut R8000

Plastic Bumper Repair R3000

Laat regmaak by bekende paneelklopper R1800 kontant.

So wie is eerlik?

En enige iemand kan kom kyk of jy kan sien daai paneel was gestamp/geskraap.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 08:43:12 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek het ook so ding gehad laas maand, maar die wag het dit gesien wag toe vir die eienaar n poeraal, se toe vir hom volg my huistoe, laai hom af by die huis en poeleer die motor en buff hom die hele kar,gaan haal die man ,toe hy daar kom kon hy nie glo dis die selfde kar nie. het van nuut nog nooit poletoer gesien nie. ek tevrede en hy baie bly.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 11:05:34 am
Andrew
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 22 Apr 2007
Experience: 29 years

Honesty does not go about the other person, it goes about you.

One too many wasted sunsets, one too many for the road.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 11:40:06 am
Anonymous

Fred, ek het verlede jaar Maart ń lelike krapmerk op my X-Trail gekry agv ń doring boom op die Dube grondpad omrede ek te veel op die skouer van die pad gery het.

Ek het gebruik gemaak van die Scratch Remover, die klein houertjie met die geel doppie.

Dit het my krapmerk 100% uitgehaal.

Ek gebruik dit ook op my karavaan vir die bruin vlekke wat sy jassie veroorsaak.

Bietjie duur, maar probeer dit gerus.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 12:14:40 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2326
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dankie Dennis.  Hierdie keer is dit die versekeringsmaatskappy se probleem.  Ek is instaat om self kleiner paneelklopwerk te doen- het dit al heelwat gedoen- maar jou produk klink of dit heel nuttig kan wees.  Sal uitkyk daarvoor.  Ek het ook van 'n vorige klein mishappie kleurlaag oor wat ek in 'n klein naelpolitoerbotteltjie hou vir sulke klein skrapies. Saammet "clearcoat" laag van 'n vorige voertuig, is dit heeltemal voldoende vir baie klein skrapies en klipmerkies.  Dit sou amper voldoende wees vir my huidige R8000 se "skade".  Jammer dat vervaardigers nie meer sulke "touch up" stelletjies saamwee nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 13:35:59 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

I don't think it is difficult, always be honest. There is a price to integrity and that is why it is so hard to find.

Your price is R 4 600. But you will be released from this burden as it is obviously getting to you.

Andrew; I agree with you wholeheartedly. One must live by ones own conscious at the end of the day. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 13:41:00 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

I don't think it is difficult, always be honest. There is a price to integrity and that is why it is so hard to find.

Your price is R 4 600. But you will be released from this burden as it is obviously getting to you.

Andrew; I agree with you wholeheartedly. One must live by ones own conscious at the end of the day. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 13:53:38 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 866
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Put it another way, just as you can’t be a little bit pregnant, you can’t be a little bit honest. You are either pregnant or you are not. Likewise you are either honest or you are not. I respect people like Fred. Sadly they are in the minority.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 05:01:08 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1478
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Honesty does not go about the other person, it goes about you.

Agree with andrew.

You are either honest or not. Comes from the inside and where your locus of control is situated. Internally or externally.

Internally has to do with your selfcontrol over your actions. I will be honest.

Externally your behaviour is determined by something or someone outside yourself. Stealing something because it was possible.

So Fred operated from an internal mechanism of honesty based on integrity.

Integrity is measured by what your actions are when you are allone or no one looking.

Ag, en so kan ons aangaan. Maatstaf is ook uit die Skrif:

Jesus se woorde was: as julle dan weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit  sonde

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 09:51:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het ook so ding gehad laas maand, maar die wag het dit gesien wag toe vir die eienaar n poeraal, se toe vir hom volg my huistoe, laai hom af by die huis en poeleer die motor en buff hom die hele kar,gaan haal die man ,toe hy daar kom kon hy nie glo dis die selfde kar nie. het van nuut nog nooit poletoer gesien nie. ek tevrede en hy baie bly.

Dis ook 'n manier om die storie af te handel veral as jy die uitrusting het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2019 @ 22:58:51 pm
Kamp is Koning
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 225
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Dit is so dat dit gaan oor mens se eie gewete en ek glo ook daai blinde sambok haal mens in as jy oneerlik is. Knap gedaan vir jou eerlikheid Fred. Sover dit die paneelklopper aangaan hy moet maar met sy eie gewete saam lewe. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required