English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 709
Total Views: 82 537 628
topics: 10 936
replies: 127 690
views: 38 956 645
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Krag verbruik gemeet tydens lang naweek

replies: 26
views: 720
22 Apr 2019 @ 14:00:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons was by Weesgerus die lang naweek. Tydens verblyf het ek my krag verbruik gemeet. Vanaf Donderdag middag 1pm tot Maandag oggend 9am was ons totale verbruik 16.2kw. 

Items wat gebruik was: Yskas, staanlig wat ons deurnag aanlos, 2x waaiers, Snappy Chef 1x gebruik vir ontbyt, ketel paar keer per dag, vrou se haardroeer elke aand, karavaan ligte en cell foon chargers

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 14:19:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Dis redelik min.

Het jy n meter of hoe het jy dit gemeet.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 14:36:40 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dankie vir die terugvoer Geert. Ja daai meter wat jy gekoop het sou lekker werk. So nou kan mens hierby 'n verbruik sit as jy bv 'n aircon sou laat loop vir 6 ure per dag. Sou mens elke dag kos maak op 'n Snappy of normale stoofplaat of ook jou mikrogolf gebruik kan dit maklik meer as dubbel wees. Dit kan dan oploop na 35 eenhede vir 2 volle dae en 'n ontbyt.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 15:01:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis redelik min.

Het jy n meter of hoe het jy dit gemeet.

 

Ja....hierdie dag was ons hoogste verbruik gewees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 16:53:50 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

nie so sleg nie. WT sou die koste daarvoor wees teen huidige kragtariewe soos op jou munisipale rekening?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 16:55:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

nie so sleg nie. WT sou die koste daarvoor wees teen huidige kragtariewe soos op jou munisipale rekening?

Seker so R2.20 / kw?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 16:58:26 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Seker so R2.20 / kw?

Kom ons wees rof en sê jy het R50 se krag gebruik. Dan het hulle nog n redelike bedrag van jou kampgeld oor om ander operasionele kostes te dek. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 18:29:51 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Dis wragtig min. 

Geert waar kry ek so meter? Hier in Pretoria.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 18:45:59 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 546
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Jin, ek is bevrees jy gaan hom nêrens kry nie..........jy sal hom moet koop.☺

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 18:46:47 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1385
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ter korreksie, eletrisiteitsverbruik word nie in kW gemeet nie (dis niks seggend wat verbruik aanbetref), dit moet wees kWh of dan 'kiloWatt uur". Om terug te kom na die onderwerp, mens sal oor 'n langer periode dws 'n paar kampe moet meet om 'n werkbare gemiddeld te bepaal. Soos met jou voertuig se brandstof verbruik is ons almal maar aan die begin geneig om nie 'n realsitiese syfer te kry want ons probeer bewustelik om die verbruik laag te hou, tot mens vergeet dat jy eintlik probeer spaar en die "ware jy" na vore kom :) Maar Geert is op die regte pad, sal interessant wees om die syfers oor bv 10 kampe te sien...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 18:49:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis wragtig min. 

Geert waar kry ek so meter? Hier in Pretoria.

 

Ek het nie aircon en geyser in die wa nie....ons gebruik ook eintlik nooit microwave of n oondjie nie....alle etes word op vuur gaargemaak (behalwe ontbyt) 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 18:57:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis wragtig min. 

Geert waar kry ek so meter? Hier in Pretoria.

 

Jy kan hom via takealot.com koop. Ek het by verskaffer gekoop....geewiz. Takelot is goedkoper want jy betaal nie aflewering nie. Danie het vir my ander opsies ook gestuur wat baie nice is, maar hierdie een is maklik "plug and play". Ek sal jou daai wat Danie vir my gestuur het forward....dit kry jy by Communica in Centurion

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2019 @ 19:04:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Jy kan hom via takealot.com koop. Ek het by verskaffer gekoop....geewiz. Takelot is goedkoper want jy betaal nie aflewering nie. Danie het vir my ander opsies ook gestuur wat baie nice is, maar hierdie een is maklik "plug and play". Ek sal jou daai wat Danie vir my gestuur het forward....dit kry jy by Communica in Centurion

Die een van Communica....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 06:28:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Shoe dit werk minder as R40 vir die naweek uit.

Ons verbruik behoort baie dieselfde te wees.  My wa het wel 'n aircon in maar ons gebruik dit selde.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 07:37:08 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Jin, ek is bevrees jy gaan hom nêrens kry nie..........jy sal hom moet koop.☺

R/E/A/D.  .. LOL

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 07:45:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Mens moet dit meer kere meet en 'n gemiddeld bepaal.  Sal 'n goeie aanduiding wees wat is die kragh kostes wat mens gebruik so met 'n kamp.

Dan het ek vergeet ons verbruik sal bietjie hoër wees as Geert sin want ek het 'n Geysertjie in die wa wat deurgans aan is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 08:55:41 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 701
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Jin, ek is bevrees jy gaan hom nêrens kry nie..........jy sal hom moet koop.☺

Ek het een en moes hom invoer, het seker 6-8 weke geneem, maar sy geld werd

as mens wil weet wat `n spesifieke toestel gebruik (behalwe `n geyser en stoof)

Goed wat mens dink gebruik min krag is eintlik gebruikers (soos 2 kis vrieskaste wat elk

so R90 per maand gebruik)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 09:07:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het gesit en slaap met die een.  Takealot gaan nie aflewer voor  Vrydag nie.

Is okay sal maar die meet uitstel tot 'n volgende kamp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 10:51:46 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel jy kan koop waar Geert syne gekoop het en dit more alreeds kry. Bestel binne 5 ure.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 16:57:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het gesit en slaap met die een.  Takealot gaan nie aflewer voor  Vrydag nie.

Is okay sal maar die meet uitstel tot 'n volgende kamp.

Wel jy kan koop waar Geert syne gekoop het en dit more alreeds kry. Bestel binne 5 ure.

Takealot het n opsie dat hulle die volgende oggend by jou aflaai....kos n paar rand ekstra. 

Ek het by Geewiz in Randburg gekoop. Ek het die oggend 9am bestel en Courier Guy het dit voor 5pm dieselfde dag by my huis afgelewer....dit teen R49

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 16:04:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Krag gemeet vanaf Vrydag middag tot Dinsdag oggend. Ons het net karavaan se LED ligte aangehad, yskas en ketel. Geen haardroeer....geen Snappy Chef....geen mikrogolf oond of enig iets anders nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 21:59:59 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Nou ja, 2.8kWh per dag is niks.. Nou wil mense kragmeters installeer om daai R6 per dag krag te meet.....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Sep 2019 @ 23:53:31 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Alles draai mos maar om $. Dis natuurlik nie elke kamper wat nie die mikrogolf of aircon en selfs 'n braaipan met ontbyt gaan gebruik nie. Baie van die skoner geslag het langer hare wat droog geblaas MOET word.

Ek glo dus die gemiddelde kamper sal heelwat meer as 2.8kWh per dag gebruik. Dink maar aan diegene wat 'n aircon heeldag laat loop al is hulle nie in die kamp nie. Dan kan die R6 per dag maklik opskiet na 8-10kWh per dag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2019 @ 07:37:30 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Miskien meter leen vir Leon die naweek......sien wat is die verskil met n karavaan met n geyser en aircon in

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 10:29:10 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Selfs 10kWh per dag is dan maar R20.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 12:27:52 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Maar as jy 3 maande staan raak dit R1 800 of R600 pm en as jou maandstaan tafief R1 500 is kom dit neer op 'n groot hap.

👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
02 Oct 2019 @ 11:41:07 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Maar as jy 3 maande staan raak dit R1 800 of R600 pm en as jou maandstaan tafief R1 500 is kom dit neer op 'n groot hap.

Gaan hier oor koste van krag vs koste van staanplek en almal wat dink as jy R500 per nag betaal vir staanplek met krag en daar kom kragmeters in moet jy nou R200 per nag afslag kry. Sorry...

As jy wil kamp vir 'n lekker maand, en jy wil jou aircon heeldag hardloop, dan moet jy maar hoes.. As die oord eienaar jou net R1500 vir maandstaan vra en jy hardloop aircon heeldag en gebruik daai baie krag dan moet hy sy besigheid maar verkoop want hyt nie 'n benul van besigheid doen nie. Dan kan hy maar sy oord toemaak. 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required