Hallo
Ons stel belang in die Skipper Oyster Familie eenheid, wat 2 volwassenes en 2 kinders slaap, en het oor die volgende gewonder. Dalk is daar iemand wat reeds so eenheid het wat kan raad gee ?
1. Hoe lank dink julle sal die kinders op die kiddie beddens kan slaap ? My man is veral bekommerd oor die breedte van die bed wat maar 560mm is. Lengte gewys is dit 1550mm wat nie te sleg is nie.
2. As jy in die wildtuin is waar stoor jy jou kos ? Dit is nie regtig 'n opsie om elke keer alles binne in die kar te laai nie. Om dit in die trailer te los is ook "problematies" want ape skeur deur die venster "netting". Buite is ook maar "issue" want soos ek verstaan weet die ape hoe om ammo bokse oop te maak.
3. Waar sit jy die klere ? Onder die bed is goed vir ander dinge wat gestoor moet word, maar om elke keer op te lig vir klere is nie so lekker nie. Is die kassies onder kiddie bed groot genoeg om 4 houers met klere in te bere ? Is dit moeite werd om eerder skuif deurtjies in te sit om oop en toe maak te vergemaklik ? Ek het selfs gewonder of laaie kan werk ?
4. Hammock shelf - Is dit prakties om te gebruik ?
5. Ekstra ligte by bed - Skakel dit maklik aan en af of is dit beter om eie ligte te kry ? Wat gebruik julle vir "overhead light" en is daar plek om een in te sit ?
6. Wasgoed draad - Is dit groot genoeg om 4 handoeke te pas ? Dit lyk amper so maar werk dit so ?
7. Yskassie - Ek sien daar is Midea dubbel deur yskas en vrieskas beskikbaar by Yuppie Chef. Is dit regtig moeite werd ? Is die vries spasie bruikbaar of eintlik net te klein ?
8. Nosecone storage - Ons sal graag nog 1 of 2 tafels en 4 stoele wil in pas saam met die kombuis tafel en tent wat reeds in is. Is dit prakties ?
9. Hoe maklik is dit om die Multiroom op te slaan en waar zip dit vas ?
Dankie
Lizelle
Fred sal seker môre antwoord...
Skipper is regtig 'n gewilde sleepwa/kampwa maar ek dink as die kampgesin uit meer as net 2 bestaan gaan daar sulke vrae op kom.
Die beste is maar dat Skipper eienaars vir jou die antwoorde gee. Ek is nou maar 'n mens wat daarvan hou al die benodighede moet in die wa pas. Van 'n mes tot 'n onderbroek.
As dit nie daar kan in nie moet jy of groter gaan of besluit of die uitgawe vir die skipper die moeite werd is en 'n trailer met tente nie dalk goed koper is en jy tog steeds op dieselfde manier kamp nie behalwe vir natuurlik die slaap plek.
Ek stem saam, alles moet binne in die wa pas. Ek dink ons wil juis kamp vereenvoudig deur net die nodigste te vat. Met slim pak en mooi dink vertrou ek ons sal dit reg kry.
Ons kampstyl is om meer roadtrips te doen waar jy net vir nag of twee bly voor jy verder ry. Ons het nogals na die trailers met tent bo op gekyk, maar dit gaan nie vir ons werk nie.
Die Skipper Oyster waarna ons kyk is 'n familie eenheid wat 2 volwassenes en 2 kinders kan slaap. Regtig oulike konsep.
Ek stem saam, alles moet binne in die wa pas. Ek dink ons wil juis kamp vereenvoudig deur net die nodigste te vat. Met slim pak en mooi dink vertrou ek ons sal dit reg kry.
Ons kampstyl is om meer roadtrips te doen waar jy net vir nag of twee bly voor jy verder ry. Ons het nogals na die trailers met tent bo op gekyk, maar dit gaan nie vir ons werk nie.
Die Skipper Oyster waarna ons kyk is 'n familie eenheid wat 2 volwassenes en 2 kinders kan slaap. Regtig oulike konsep.
Ja dit lyk goed. Ek sien wat jy bedoel met die nou bo slaapbank. Vir hoe lank gaan boetie daar kan slaap?
Jy moet maar die pak manier uitsorteer en ek hoop jy kom reg.
Dankie !
Die bed vir die kinders is 1550mm lank so ons hoop dat die oudste daar kan slaap vir nog so 3 of 4 jaar. Daarna sal ons ander plan moet maak.
Groete
Dalk net 'n band of twee na die dak toe opvat om te keer dat boonste kiddie afrol en in die nag op onderste een val.
Ons het onlangs 'n Skipper Oyster Family bestel. Het nog nie self die Family gesien nie maar ons het deur Skipper gereel om na 'n Oyster hier by ons te kyk. Die oom en tannie het omtrent baie moeite gedoen om alles vir ons te wys en verduidelik hoe hulle die dinge doen.
Ons groot dryf was omdat die wa so lekker kompak en lig is. Ons het selfs na van die bos karavane op die mark gekyk. Die pakplek is maar in almal 'n probleem. Die beddens is ook maar knap in van hulle.
Klink of meeste mense hulle klere onder die beddens inpak. Die wa se neuskas is baie groot en jy behoort 'n klomp goed in te kan pak. Net nie seker hoeveel plek daar sal oor wees met al die tente en sykante in nie.
Die mense by wie ons daar kyk het, het gesê hulle sluit die kos in die neuskas toe as hulle in die wildtuin is.
Ons wil vir die kombuis maar 'n eenheid koop wat alles bevat. Daar is so oulike produk op die mark met borde, messe, furke ketel ens, selfs 'n gasstoof wat in 'n handige kas met laaie kom. Die ander kombuis goed moet maar in 'n krat kom en dit sal die agterste kassies oopmaak vir klere ook.
Ek het ongelukkig nog nie eerstehandse ervaring nie, maar ons het lank hieroor gedink, gekyk en baie opgelees.
Dis great dat julle tot 'n besluit gekom het. Nou beplan, pas en toets jy totdat alles vir jou werk.
Nie lank nie en die dinge verloop seepglad.
Hi Julle Op die forum is daar 'n onderwerp "Skipper Oyster" Baie van die vrae wat jy vrae sal daar beantwoord word.
Ons kos bere ons in die kaste aan agterkant - Daar is genoeg pakplek Ons klere , skoene ens onder die slaapbanke Dit werk baie maklik Jy raak net aan die slaapbank se bokant -dan lig dit op As dit op is raak jou bed nie eers deurmekaar nie. Wel ons is net twee, maar vir jongers kinders behoort dit nie probleem te wees nie.
Oyster is 'n uitstekende wa en ons het baie plesier daarmee
Ons het ons Skipper begin 2019 gekry en geniet dit vreeslik om daarmee te kamp. Ek gee hiermee info oor hoe ek die storage gedeelte gebruik en wat ek alles kan inpak ingeval dit vir iemand van waarde kan wees.
Die 2 enkel beddens het die beste gebruik van spasie en dit is maklik om by alles uit te kom. Ons jongste het die slaapbank gouer ontgroei as wat ons gehoop het en ons gaan nou een groot bed maak.
Ek is nog steeds bly dat ek 2 beddens gevat het omdat die toegang na die storage baie makliker is. Jy hoef nie ver oor te leun nie, alles kan ook lekker netjies gepak word.
STORAGE ONDER LINKER BED
Opvoubare stoeltjie / leertjie
Mandjie vir vuil wasgoed
Spasie vir skoon klere in sakke (vir kort trip vat ons klein backpacks wat net lekker in pas)
Handoeke
Badkamer toiletware mandjie
Komberse
Hoedens
Besem
STORAGE ONDER REGTER BED
Oztrail Vis katrol tipe lig
2 Plaatstofie
Kombuis boks (borde, bakkies,kastrolle,pan en eetgerei)
2 Blou opvou voet stoeltjies
Emmer met koppies en glase (vir vuil skottelgoed by die kamp)
Toaster
Ketel
Opvou afdroog rak
Opvou emmertjie (vir water om iets af te spoel of lappies uitspoel)
Houer met wasgoed seep, staysoft en pennetjies
Opvou asblik
STORAGE ONDER KINDER BEDDENS
Onderste ry
Komberse
Handoeke
Foelie
Odds and ends (batterye, duct tape ens.)
Asblik sakke
Handoek rol
Tissues
Wipes
Skoppie
Ekstra tentpenne en hammer
Boonste ry
Speelgoed en bordgames
Lappies en afdroogdoeke
Koffie dinge
Ligte en flitse
NOSECONE
Gas bottel
Tent dak
Tent sykante
Pale
Penne en hammer
Grondseil
Verlengstuk
Bon Braai (wat konka ook het)
Spaarwiel
Skipper kombuis tafel
2 x Swart opvou TV tafeltjies
VLOER
Ons het van die swart spons matte met die gaaitjies in uitgesny en op die vloer gesit. Dit help baie om die vloer skoon te hou terwyl ons kamp omdat alles deur die gaatjies val.
Dit is wel gemors as jy by die huis kom en die matte oplig maar dan is dit maklik om skoon te maak.