English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 781
Total Replies: 209 377
Total Views: 81 298 440
topics: 10 046
replies: 112 965
views: 38 358 376
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wildtuin in Februarie

replies: 11
views: 329
09 Feb 2018 @ 20:52:13 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 597
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years
Ek is 'n ou wildtuinganger. Gedurende die paar jaar waartydens ons in Tzaneen gewoon het, was ons redelik gereelde naweekbesoekers. Dit is egter al só lank gelede (mid 80's), dat ek nie kan onthou of ons ooit die park in Februarie besoek het nie. Gevolglik beskou ek ons komende besoek, vanaf 19 Feb vir 6 aande as 'm waarskynlike "eerste".
Alhoewel ek afgetree is, het ek nog nie uitgetree nie. Ek moet kliënte in Pretoria gaan sien en het toe vir Ralie voorgestel dat ons 'n bietjie werk met plesier meng. En aangesien ons nie eerskomende winter in die wildtuin gaan kom nie, kan ons nie al die pad van die Boland af Pretoria toe ry en nie 'n draai in die wildtuin gaan maak nie - uiteraard nie gaan kamp nie.
Ons vertrek dus 16 Feb en oornag by Travalia (Drie Susters) - 'n plek waarvoor ons baie lief is om te oornag wanneer ons nie kamp nie.
Dan 1 aand elk in Lekkeslaap-akkommodasie in onderskeidelik Ventersburg en Nelspruit voordat ons 6 nagte in die wildtuin aanbreek.
Ek was nog nooit besonders gelukkig in die Pretoriuskop-omgewing wat wildbesigtiging betref nie, maar dié ou kamp het nog altyd vir my een of ander besonderse nostalgiese waarde gehad. Gevolglik skop ons af met 3 aande in Pretoriuskop (waar ek toevallig nog nooit gekamp het nie).
Dan 3 aande in Malelane - 'n kampie wat verlede jaar diep onder ons vel ingekruip het toe ons slegs vir 1 aand daar oorgestaan het met die woonwa.
Ek berei my voor om baie warm te kry. En vir die eerste keer sal ons voorkomende malaria-medikasie tydens 'n besoek aan die wildtuin gebruik. Nogals duur goedjies!!
Dan 2 aande by Buffelspoort, vanwaar ek my kliënte in Pretoria gaan sien, alvorens ons oorslaap by Lilydale (Mokala Nas Park) en weereens by Travalia alvorens ons op 1 Maart terugkeer by die huis - om voor te berei vir 'n 2 weke-lange hengeluitstappie na Henties.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Feb 2018 @ 22:35:17 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 29 years

Klink lekker Chris. Geniet dit en ry veilig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2018 @ 06:13:09 am
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1769
Joined: 31 May 2014
Experience: 51 years

Chris veilige reis. Ons gebruik Lekkeslaap taamlik greeld met ons toere as ons nie wa sleep nie en was nog nie teleurgesteld nie. Wat Kruger betref in Februarie gaan julle warm kry maar Pretoriuskop is beter as Skukuza.

Ai ons moet tot Mei wag vir ons Kruger besoek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2018 @ 10:29:36 am
Louvan
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 28 years
Chris, wanneer jy van Henties praat maak jy my goed jaloers! Style lyne! Kan jy met die karavaan soontoe?
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2018 @ 10:43:29 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 597
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years
Ek gaan saam met my seun en nog 2 vriende van hom - asook 8 WP junior hengelaars. Ons huur 'n huis wat toegerus is vir 12 - 6 slaapkamers en 4 badkamers, 3 motorhuise (ons sal drie 4x4's hê tussen ons).
Ek het na verlede jaar se baie suksesvolle trip, gesê dit was my laaste Henties-besoek (die jong manne maak my "gatlam" gedurende die 2 weke). Maar dit het nie veel ompraat van my seun gekos om my arm maar weereens te draai nie. Lyk my as jy eers eenkeer die Henties-sand tussen jou tone gevoel het terwyl jy 'n lekker vis aan die lyn het, dan neig jy maar terug.
Dit is net vrek ver (vir my). My ou knieë en heupe moet kort-kort stop om bietjie te strek. Hulle het geen genade met my nie - doen sommer maklik 'n 5-uur skof tussen benerek-stoppe.
Maar die rondekop-gedierte (soos my pa na die mens verwys het) is 'n snaakse ding. Ek sien al weer uit daarna om gestraf te word.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Feb 2018 @ 19:22:26 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10351
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years
Klink na lekker vooruitsigte!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Feb 2018 @ 08:27:24 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6447
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Lekker man Lekker.

Julle moet dit geniet. Net baie droog in die noorde van die wildtuin.
Veilig sleep.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2018 @ 17:13:51 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 597
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 32 years
Kan jy glo - ek voel so opgewonde soos 'n klein seuntjie danksy die vooruitsig om môre in die pad te val noorde toe. So asof ek nie slegs 6 maande gelede daarvandaan teruggekeer het nie.
Die Hilux is kant en klaar gepak - nog net die klerasie wat moet inkom. Dit is darem maar net soveel lekkerder om jou klere in die karavaan te pak as om uit tasse te lewe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2018 @ 20:27:48 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

Chris, Kruger Wildtuin :

  • Enige plek in KNP is hemels en ek deel jou sentimente oor die nostalgiese Pretoriuskop
  • Ek het in die jongste tyd heelwat gunstige kommentare oor wild in die Pretoriuskop omgewing op sosiale media platforms raak gelees : wildehonde, leeus, luiperds en jagluiperds.  Dalk is dit hierdie keer julle beurt !
  • Daardie duur malaria medisyne :  dis 'n baie goedkoper uitgawe as die voortdurende nagevolge van malaria (as jy nog oorleef om dit te belewe).  Ek is bly julle het besluit om die medijasie te neem.
  • Februarie-hitte : dit kan nie so erg wees nie want jy het mos lugversorging in jou voertuig en by jou slaappplek
  • Dit is nog op my radarskerm om eendag (nie met die karavaan nie) in Februarie in die Wildtuin te wees wanneer daardie bekende storms en vloede losbars  -  die riviere in vloed moet 'n gesig wees !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2018 @ 20:45:40 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10351
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years
Ek was al bevoorreg om te sien hoe die riviere sterk afkom.....nie die vloede nie. Al nadeel is dat die meeste van die grondpad roetes dan gesluit word vir publiek wat die verkeer dan op die teerpaaie heelwat besiger maak.

Die enigste keer wat ek nog jagluiperde gesien het was n klomp naby Pretoriuskop....sal kyk of ek nog foto het....

Ek het gevind dat malaria pille nie te erg duur was nie....ek gebruik Mefliam....weet nie of die ander miskien heelwat duurder is nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2018 @ 20:52:11 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10351
Joined: 05 May 2015
Experience: 5 years
Ek was al bevoorreg om te sien hoe die riviere sterk afkom.....nie die vloede nie. Al nadeel is dat die meeste van die grondpad roetes dan gesluit word vir publiek wat die verkeer dan op die teerpaaie heelwat besiger maak.

Die enigste keer wat ek nog jagluiperde gesien het was n klomp naby Pretoriuskop....sal kyk of ek nog foto het....

Ek het gevind dat malaria pille nie te erg duur was nie....ek gebruik Mefliam....weet nie of die ander miskien heelwat duurder is nie
.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2018 @ 11:15:42 am
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 574
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years
Die reën in en om die KNP is hierdie jaar erg skaars.
Was verlede Sondag 'gou' deur na Skukuza vir middagete.
Hulle bedien 'n goeie buffet Sondae vir middagete teen R149 per kop.
Meer suid in die omgewing van Malelane en Komatipoort lyk die veld soos in die winter.
Dis droog en kaal. Ons het hier rondom Malelane ook nog nie noemenswaardige reën gehad nie.
Van die Februarie storms was hier nog niks. Riviere soos die Biyamiti wat normaalweg hierdie tyd van die jaar redelik water het is kurkdroog.
As dit nou so droog is, weet ek nie hoe dit hierdie winter gaan lyk nie.
Selfs die Krokodilrivier loop so laag jy kan enkeldiepte deur die bietjie water loop wat daar vloei.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous