My eerste twee karavane gesleep sonder so iets. Toe ons die Classique koop toe skaf ek nou een aan. Tot my spyt. Vir my was dit meer 'n beslommernis as werklik 'n hulp. En die rede hiervoor is grootendeels tydens die was van die karavaan.
Dus met die koop van die Sensation dink ek nie eers weer aan die blanket nie. Eintlik is ek baie bly om van hom ontslae te wees.
Stem met Leon saam. My Gypsey het in 18 jaar se sleep nooit n' blanket op gehad nie. Ek het wel een gehad maar nie gebruik nie. Die klippies skade was onmerkbaar.
Ek het my Penta gekoop met n' travel blanket. Hy lê opgevou in my garage. Dit is net n' beslomernis met min waarde toevoeg.
Vir aditioneele beskerming terwyl jou wa onder n' afdak staan maak dit sin. Maar daar is ook ander, goedkooper, maniere om die selfde beskerming te verskaf. Myne staan in n' garage.
Tommie dis nou ses van een, en half dosyn van die ander.
As ek kyk hoe lyk die kombers van modder en diesel rook dan is ek bly ek het dit op, so ook warm teer spatsels.
As ek kamp, haal ek die een kant af en dit dien dan nog as skadu terwyl jy staan.
Ek het vir my ook 'n "eye lid" onder in gesit wat dan met daai bakkie seile se rek, aan die hoek stut haak om dit in plek te hou.
Soos Leon sê, die wassery is heelwat meer werk, maar dan weer eerder dit as die teer op die wa.
Soos ek genoem het. Geen skade op my Pentas gehad in n totaal van 14 jaar se sleep nie. Ek het my boot 7 jaar gehad en op grond paaie gesleep en geen chip merk op die vesel glas gehad nie. My heel eerste bootjie 16 jaar gesleep geen skade nie.
Ek skryf dit toe aan die veselglas wat dalk die skok van n klippie absorbeer.
As daar n groot klip kom wat wel die veselglas kan beskadig dink ek moet hy van so grote wees dat hy in elkgeval skade gaan aanrig met of sonder die blanket want hy is regtig nie so dik nie.
Ek dink ook dat as jy met jou teerpad Penta op n' grond pad ry, ry jy baia stadig. Die klippies skit ook nie so hoog op so kort afstand agter die band nie, veral nie die grootes nie.
Soos Leon sê, ek dink ook die veselglas absorbeer die klippies se skok.
Die voorige eienaar van my Penta het die travel blanket permanent op gehaad vir beskerming teen die son. Die venster het nou fyn kraakies van die hitte wat die kombers ingehou het. Wees gewaarsku.
Elke ou moet maar n' balans vind tussen hoe hoog die risiko is, teenoor hoe hoog die koste is om die risiko na iemand anders toe oor te plaas, of om dit te vermy.
Vir my is daar net drie dinge wat jy moet doen in jou lewe, geboorte, dra van konsequensies en die dood.

Oom Koos, eet, toilet toe gaan en pay gaan haal, is optioneel. Die konsequensies is uit honger, en dan, as jy voet by stuk hou, die dood. Ek ken ook n' paar mense wat lyk my nie gereeld genoeg toilet toe gaan nie. (net n' grap). Ek dra die konsequensies daarvan. HaHaHa.
Ek kan ook nie verseeker sê dat die fyn kraakies deur die kombers/hitte veroorsaak is nie. Net die voorste venster het hulle. Sal miskien ook na jaare in die son staan gebeur. My Penta is net 5 jaar oud. Sal interesant wees om by ander te hoor of hulle die selfde probleem het en hoe hulle parkeer omstandigheede is. Miskien dra die dubble want vensters ook daarby toe. Dit is nogal iriteerend, maar n' nuwe venster is R3000, so, nie so iriteerend nie.

Paul ek vermoed ook dat die kraakies in die ruite deur son veroorsaak word. Beide my Pentas het nie daai probleme gehad nie want hulle het onder 'n afdak gestaan uit die son uit.
Classique het nou die Travel blanket gehad maar die het ook onder afdak gestaan. En hy het ook geen kraakies op die ruite gehad nie.
Oom Koos, Eks ook nou bang ek en jy kaap nou dié man se draad.
Ek glo die son moet afgehou word van die heele woonwa maar verkieslik nie met iets wat raak aan hom nie en wat kan ventileer. Sit liewer n' groot BWH tarpolin oor en span die kante weg van die woonwa. Dan ventileer dit en die drup lyn is weg van die woonwa.
Skies Tommie, ek sal n' nuwe draad oor hierdie onderwerp begin.

Los ook myne permanent op, na dit nat geword het, was of reen, haal ek dit af en laat eers droog word voor dit terug gaan.
Tegnikus by plaaslike karavaan kliniek het vir my gesê dat die natigheid op die donskant persplex die haar krakies veroorsaak. Weet nie of dit so is nie, maar ek haar maar af as ek dit gewas het.
Hier is my draad oor die Travel Blanket, klik net op die skakel.
Daar was onlangs iemand wat n travel blanket vir sy Penta gesoek het....kan nou nie die draad opspoor nie. Daar is mooi een onder classifieds vir R300!
Can someone please give me advice on how to secure the tie-down straps on the bottom. I cant find were they secure to? This is fore a Sprite scout 2006 model
Can someone please give me advice on how to secure the tie-down straps on the bottom. I cant find were they secure to? This is fore a Sprite scout 2006 model
There should be hooks.
Can someone please give me advice on how to secure the tie-down straps on the bottom. I cant find were they secure to? This is fore a Sprite scout 2006 model
Is dit daai waarna jy verwys?
Ons het vir ons n ekstra travel blanket laat maak. Hy gly ook by die gleuf bokant die venster in, maar dan hang hy regaf, soos n gewone kombers. Op sy onder-hoeke is gaatjies, asook in die middel-onder, waaraan ons rek-bande vashaak. Wanneer ons by die Kruger aankom haal ons die volledige blanket af en sit die eenvoudiger een op. Omdat die blanket dan onder vas is met rek-bande en ons nie vinniger as 50 km/u kan ry nie hou ons hom op vir die duurte van ons verblyf. Dan, wanneer ons by kampe aankom, word hy n awning, met twee pale op die hoeke. Terwyl die karavaan by die huis geparkeer stan word die volledige blanket ook nie gebruik nie, hy verweer in die son.
Ek noem graag dat ek my oorspronklike Jurgens-blanket vervang het met n nuwe een. Die oue het bo geheg met Valcro, die nuwe ene het nou n gly-spoor.
Ek ry nooit sonder my blanket nie.