English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 824
Total Replies: 256 869
Total Views: 83 388 070
topics: 11 747
replies: 141 746
views: 39 418 534
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

2002 Sprite Swing

replies: 17
views: 5272
03 Jul 2016 @ 18:39:49 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2272
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years
Ek het vroeer vanjaar my Fleetline verkoop omdat die diabetes sy tol met my begin eis het. Ek moet erken dit was n groot fout. Die ontrekkingsimptome was so erg dat ek weer begin uitkyk het vir n plaasvervanger. Ek en Susan kamp met ons eie woonwa sedert 1974 en eers nadat ons verkoop het het ons besef ons sal kampeerders bly totdat die Groot Meester regtig anders besluit.
Ek het verlede week afgekom op n mooi Swing 2002 model. Hy is regtig mooi opgepas met vol cabanaS tent en dubbel rally met sykante en add a room.....alles baie mooi. Die Wa is pas herseel(by agente) en die vogmeter kon geen hotvrot opspoor nie. Mooi groot yskas met mikrogolf. Splinternuwe "commercial" bande asook spaarwiel. Waterbottel en bloupompie en gasbottel. Alle breekgoed en messe en vurke netjies en volledig en oorspronklik. Die Wa is met die herseel ook deur die agente volledig gediens.Dit was n privaat koop en ek het gedink die prys van R75000.00 vir alles wat jy kry is nie onredelik nie.
Ons het hom vandag gaan haal en vanaand gaan ons lekker slaap want ons gaan weer kamp.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2016 @ 19:05:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17816
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Baie geluk...hoop julle het jare se plesier met julle Swing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2016 @ 19:24:23 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 34 years
Baie geluk en lekker kamp.
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2016 @ 20:24:11 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1615
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years
Geseende kilos,geniet elke oomblik.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 08:23:21 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Geluk Piet en gebruik hom baie.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2016 @ 11:12:59 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 43 years
Bly om te hoor dat jul weer gelukkige kampers is.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2016 @ 18:25:34 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2272
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years
Ek het die Swing vanoggend deur die toets gesit. Alles was in orde. Vanmiddag is hy geregistreer met sy nuwe NPS nommerplaat op. Gister was n groot skoonmaak. Buite mooi gewas met Pine Gel en gepolitoer met "Rally" politoer. Hy blink en lyk splinternuut. Die kussings is reeds by n vrou wat hulle met haar bekleedsel masjiene skoonmaak. Susan maak nuwe gordyntjies. More alles binne was. Dan moet die "reverse" kamera op. Die Swing het nie een van die buite proppe waar mens die ketel en broodrooster ens ens inprop nie. Hy het wel n prop in die uitvou buite kombuis. Wat stel julle voor n ekstra lang prop met verlengkoord van daar(vanuit die buite kombuis) of moet ek n gat sny buite en een daar installeer?
Die neuskas se klap het nie n arm wat hom oophou as jy binne in hom werk nie. Dit is lastig. Ek bekyk hom en wil n plan maak om een in te sit maar wil nie graag gaaitjies in die glasvesel boor om hom vas te sit nie. Het iemand al n soortgelyke probleem gehad en hoe het julle dit opgelos? Dieselfde geld vir die pale kas se buite luike. Ek het deur Willem se baie hulpvolle draad gelees en vele ander handige praktiese raad daar gekry maar tensy ek dit gemis het het ek nie daar n antwoord vir my probleem gesien nie. Dankie Willem vir al daardie opgetekende wenke van jou....dit is goud werd. Ek kan julle verseker ek geniet myself om ons eie stempel op ons Swing aan te bring. Ek weet nou hoe voel Herman oor sy projek. Herman ek het ook nou daardie koors.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2016 @ 23:56:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17816
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Die palekas se deure: As hy oop is, kan deurtjie nie kante toe skuif nie...van die modelle se deurtjie is op daai strip.

Die buiteplugs is altyd baie lekker en gerieflik...moet maar net mooi seŽl rondom die gat wat gesny is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 08:45:09 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Halo
Ek het op my wa n extra plugbox buite ingesit. Die oorspronklike is te ver van gebruik af. Man wat dit beplan het is nie praktiese kamper nie.
Ek stem ve die box i.p.v. los lead.
Op een van my ou drade het gewys om n shock op die neuskas se deksel te sit. Sal dit weer probeer opsit. Al boor jy in die fibre dan gebruik jy maar net die rivets wat so omklink. Werk goed.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 09:17:00 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17816
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Wegsleep het n DIY boekie wat wys hoe om plugs in te sit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 09:18:33 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17816
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Halo
Ek het op my wa n extra plugbox buite ingesit. Die oorspronklike is te ver van gebruik af. Man wat dit beplan het is nie praktiese kamper nie.
Ek stem ve die box i.p.v. los lead.
Op een van my ou drade het gewys om n shock op die neuskas se deksel te sit. Sal dit weer probeer opsit. Al boor jy in die fibre dan gebruik jy maar net die rivets wat so omklink. Werk goed.

Daai rivets waarvan oom Koos praat noem hulle "peeled rivets"...werk goed
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 11:16:02 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Neuskas.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 11:24:54 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17816
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Daai rivets waarvan oom Koos praat noem hulle "peeled rivets"...werk goed

.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 11:30:41 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Dis hy daai. As jy nou die ding vassit met no-more-nails plus die rivetsis hy sterk.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 17:58:04 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2272
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years
Dankie julle vir baie goeie raad. Ek hou van Koos se idee met die "shock". Gaan net more een by Midas koop. See Liefhebber my palekas se klap kan ongelukkig nie skuif nie. Ek sal maar daar ook n plan maak.Ek het nogal van die "peeled rivets" het totaal daarvan vergeet. Dankie. Julle bevestig ook my gevoel om maar die regte buiteprop aan te bring. Ja ek sal beslis mooi seel.Gelukkig sal die kragkoppel maklik wees want die buitekombuis se prop is dan naby om die krag op te tel.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 18:27:17 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Jy weet maar sit maar n dikkerige captyre of surfex draad van die een na die nuwe plugbox.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2016 @ 21:31:58 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Piet, lees nou eers van jou nuwe wa ! Mooi man, bly jy is terug op die pad, en lus vir rondry.
Lewe is daar om gebruik te word, net een kans.
Ek het nie in detail die skokbrekertjie gedeelte gelees nie, maar by ons Midas kon ek kry vir Jurgie se bed en matras oplig. Dit is dieselfde soos op bakkie canopy, jy sal een kry met n baie ligte gewig, deurtjie mos nie swaar nie.
Buiteprop ook nie moelik nie,maar dit help om te weet waar die struktuur sit, wil nie n verkeerde ding raaksny nie.
Geniet, en hou ons op hoogte.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2016 @ 18:10:46 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2272
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years
Dankie almal van julle vir julle belangstelling en raad. Ek waardeer elke inset en dit help my met my beplanning en ook om die maklikste uitweg te volg.
Die skoonmaak proses is afgehandel. Die vrou wat die matras en kussings skoongemaak het het dit vandag teruggebring. Pragtig skoon en ruik lekker. Ek is nog besig met die klein ophou goedjies en julle weet mos as jy begin krap kom nog goed uit wat jy(of Ma) anders wil he.Soos Herman weet is so n projek lekker en terapeuties. Ek geniet elke oomblik daarvan en raak al hoe meer lus om te gaan kamp.Ek moet nog al die tente opslaan en kyk hoe lyk dit daar.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za