English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 602
Total Replies: 253 752
Total Views: 83 280 302
topics: 11 618
replies: 139 816
views: 39 359 832
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kamp-arrogansie op sy beste !

replies: 53
views: 9177
page 1 of 2
11 Jun 2016 @ 12:20:09 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek het verlede week by Skukuza in die Kruger Wildtuin gekamp en die uiterste vorm van arrogansie van 'n mede-kampeerder ervaar.  Ons het 'n lang, maer staanplek uitgesoek, maar kon nie tot heel agter inkom nie omdat my buurman se Sherpa Tiny se tent- toue en -penne oor die grens tot op "my" staanplek ingekap was.  Nie die ergste nie want ons kon gerieflik inkom sonder om tot heel agter te stoot. Alhoewel staanplekke by Skukuza "first come first serve" is, is die staanplekke deeglik afgebaken met permanente plaveistene.

Ons buurman met sy Tiny vertrek toe een môre en laat dus die staanplek langs ons vakant.  Met ons terugkeer van 'n wildrit, wat sou ons vind ? : 'n nuwe buurman wat reg agter ons kamp opgeslaan het, ten volle binne-in ons afgebakende staanplek  -  dus, twee karavane op een staanplek !  Sy tent was so naby aan ons, dat hy nie eers die voorste dakkie kon opslaan nie en moes dit laat afhang. Die vakante staanplek langs ons gebruik hy toe om sy voertuig te parkeer !  Boon-op rook die vent en sy vrou soos skoorstene waarvan die stank dan in ons leefruimte intrek.  Om my bloed verder te laat kook, sit ek een môre in ons karavaandeur en koffie drink toe buurman wragtag oppad ablusie toe verkies om op my groen grondnet te loop omdat hy kaalvoet is !

Dit was ons laaste paar dae in die Wildtuin en ek wou nie 'n bohaai opskop nie, maar ek is nou spyt ek het nie want dalk doen hy dit 'n volgende keer weer. Ek wonder wat gaan in 'n ou se kop aan as hy so moedswillig en arrogant optree ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 12:29:01 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.
Maar wragtie, sy tent penne moes uitgetrek geword het. Of n "leeu" kon sy merke teen die seil gemaak het ???
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 12:31:17 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Lennie, sien nou eers, jy HET sy tent penne getrek, ??
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 12:34:58 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Johan nee, ek het nie sy tentpenne uitgetrek nie.  Hy het self sy tentdak grond toe gespan omdat dit bo-op my tent testaan sou kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 12:42:31 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Lennie, ek haal my hoed af vir jou dat jy niks gesê het nie.   Hy staan behoorlik bo op julle.  Dalk weet die vent nie van beter nie, hoe die staanplekke werk nie?   In April het bure vir 'n naweek langs ons kom staan met 'n lekker groot tent.  Toe hul wil begin opslaan het Colin dadelik gesien hul toue en penne sal moet oorkom na ons kant.  Maar dit was waar ons deurgeloop het na die ablusie en sou 'n hindernis vir ons wees.  Colin het sommer dadelik nader gestaan en baie mooi gesê, my vriend as jy daar staan, gaan jou penne op ons kant ingekap moet word.  Sorry Oom, antwoord hy toe en skuif verder weg.  Maar die res van die naweek was hy nie juis vriendelik nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 12:56:34 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Len dis wraggies bo-op julle.  Stem saam mens wil nie optree nie maar as dit jou kamp onaangenaam maak is dit miskien die beste oplossing.

Wonder altyd of so 'n persoon net nie omgee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 13:11:00 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4770
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Lennie ek wonder hoe sulke mense by die huis , famiele en vrinne optree nee wat sulke gedrag maak my naar
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 14:11:11 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 31 years
Len. Onthou die wiel draai, een van sy volgende kampe sal hy wel een van sy soort in 'n erger graad op sy stert kry en hy sal een of ander tyd wel in die dorings trap. Jou kalmte en goedgesindheid sal jou pad vorentoe gelyk maak. Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 15:44:00 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Dis net die opvoeding wat hy gehad het.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 17:21:02 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3547
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
Simpatie broer! Wat sal 'n mens nou s n. Stel voor jy kampeer volgende keer in enige van die meer noordelike kampe as jy regtig wil wildtuin toe gaan. Hulle voel baie nader aan die natuur. Skukuza is mos 'n voorstad van Johannesburg- ek dink hulle het selfs 'n lughawe en 'n Commissioner Straat, of wat praat ek alles? Ek het nog nooit en sal ook nooit in Skukuza kampeer nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 18:46:49 pm
Anonymous

Haha, hy wil seker naby julle gewees het, soek n rede vir kuier... ek sou eers my skerm muur opgesit het na die sherpa vertrek het... mense ken nie meer grense nie.. hoekom wil hy OP jou kamp? Ek verstaan nie hoe mense hulself opdring teen ander nie. Nee dankie, ek maak n muur as dit nodig is 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 19:41:17 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Outdoorman, net ter inligting, ons het 36 dae in die Wildtuin gekamp, van Noord na Suid en het ons vakansie by Skukuza afgesluit.  Ek hou van verskeidenheid en daarom kamp ons oral in die Wildtuin.  Ons ervaar die onderskeie kampe elkeen met 'n eie uniekheid en in die noordelike kampe is jy nie noodwendig gevrywaar van moedswillige en arrogante bure nie.  Wat ek ervaar het is 'n mens-probleem en nie 'n ruskamp-probleem nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2016 @ 20:20:05 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1595
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Kom ons leer uit ander se foute,so n optrede is onaanvaarbaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 08:23:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17514
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Is net snaaks...soek di ou self ook nie bietjie privaatheid nie?....Om s op te slaan benadeel hy homself ook....😒
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 09:55:00 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3547
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
Len, Ek is bly jy ken die hele wildtuin. Ek was bang jy beoordeel die plek net op grond van Skukuza, wat nou regtig nie is wat ek van nie as die wildtuin wil voorhou nie.

Ons het 'n paar laar gelede in Port Elizabeth dieselfde as jy ervaar. Ek kan nie die kampeerterrein se naam onthou nie, maar die staanplekke was netjies afgemerk, as ek reg onthou, met lae wit houtheiningtjies. Toe ons die middag terugkom, het twee jong hippieriges, hulle tentjie reg langs ons karavaan op ons staanplek opgeslaan, reg onder ons venster! weet nie of hulle dalk gerook was en of hulle bang was vir alleenstaan nie. Hulle het gelukkig die volgende dag vertrek.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 10:48:04 am
Anonymous

Ekt by buck n bush ook so iets oorgekom. Almal het tente en wie weet wat opgeslaan, hul staanplekke vol,en ons kamp gewoonlik met minimum. Ek moes by aankoms uitvind almal parkeer hul voertuie op my plek, en kon dus net 30% van my staanplek vir my expo destyds benut, my kar was hele naweek vasparkeer en ons het nie eers n tent of rally opgeslaan nie.. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 11:56:51 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3547
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
Ons het jare gelede op St Lucia ook 'n geval van uiterste arrogansie ervaar. Ons het vir twee dae plek bespreek en toe ons die aand aankom, het die nagwag ons plek aangewys. Die volgende oggend toe ons die balans gaan betaal, het die dametjie by ontvangs ons plek bevestig. Ons het gaan rondry en die middag toe ons terugkom, was ons karavaan weg en twee vreemde karavane staan op ons plek. Die mense s toe vir ons dat hulle lank reeds die spesifieke plek bespreek het en dat Bestuur ons karavaan weggesleep het- agter bosse op 'n duin. Vanselfsprekend was ons woenend. Het die bestuurder van sy middagete af uitgehaal. Die vertel ons toe die dametjie het 'n fout begaan om die spesifieke plek aan ons toe te ken. Hy kon nie verduidelik waarom dan die duidelike woede om ons karavaan te sleep na 'n plek waar ek dit nie eers met die Kombi kon uitsleep nie, maar hy het uiteindelik baie onwillig om verskoning gevra. Ek het aangedring dat hy ons karavaan op die "regte" plek staanmaak- wat eintlik 'n beter staanplek was. Die ouens op ons eerste staanplek het baie sleg gevoel, mar dit was nie hulle skuld nie.

Destyds moes jy versigtig wees vir die 4X4's wat jou op die strand probeer omry het. Na seker 30 jaar het ek steeds 'n renons in die plek en het nog nooit wees lusgehad om daar te gaan kamp nie. Jammer dat sulke buffels 'n mens se vrede so versteur.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 14:06:08 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1830
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years
Nee manne....ek betaal vir my staanplek en ek soek privaatheid. Ek sal waaragtig vir hom vra om sy kamp te skuif. Wonder wat sou die parkhoof gedoen het as jy daar gaan kla het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 14:51:55 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 657
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years
Len, jy is 'n baie beter mens as ek. Ek sou hom in geen onduidelike taal verplig het om sy wa na sy eie staanplek te skuif nie. Daardie sort verstaan net een taal. Hulle het geen respek vir hulself nie en daarom het hulle ook nie respek vir 'n ander person se goed of privaatheid nie.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 15:05:13 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Laat dit nou n les ve almal wees.
Die enigste manier om met sulke ouens te deal. Rapporteer hom. Anders gaan hy nooi ophou nie.

Dankbaarheid.
Hy kon n ander tipe kamper raak geloop het.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 15:52:33 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2210
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Lennie tong in die kies.......hoe het die buurvrou gelyk!!!!!!!!!!LOL.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 18:17:05 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Piet, 'n pyn in die gat.................sigaret wat skeef uit die mond hang, en.......  -  kom ons los maar liewer !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 18:58:08 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16182
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jy is baie beter persoon as ek. Kyk hy sou van my gehoor het. En ek sou elke 5 min sy tent penne gaan uit trek het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 19:35:54 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 22 years

Kyk na die windrigting. Plaas 'n mobiele braaier mooi strategies op JOU staanplek. Maak 'n lekker vuur met die natste hout wat jy kan kry. Vir daardie doel kan jy selfs uitheemse peste soos kakiebos brand. Dit is natuurlik net omdat jy vir die omgewing omgee dat jy sulke gemors brand...wink

So ou verdien 'n stink tent.

Don't get mad...get even!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 19:46:20 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Hehehe. Daars n hele paar goete om te brand. Se mos biki leeu poof op die tent hoeke as hy uitgaan om te gaan rondry. Vrot eiers onder sy grondseil mat begrawe. Ag nee....... verkla hom sommer straight away.
Waars Chuck norris, kan hy nie kom help nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2016 @ 07:55:22 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9878
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Chuck sou hom persoonlik so ge irreteer het dat hy sou skuif. Sou elke aand teen sy tent se seile piepie.

En die GIRL sou sy gal ook vir hom gewerk het.



As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2016 @ 09:15:35 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

As ek daai foto so kyk weet die ou nie juis hoe om tent opteslaan nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2016 @ 09:31:42 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

As ek so na die kommentare lees wil ek nie saam met hulle die winterkamp bywoon nielaughing

Miskien doen ek net ietsie verkeerd en dan het ek die hele boksemdaais op my.laughing 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2016 @ 09:35:47 am
Anonymous

Ons het 'n paar jaar gelede by 'n oord gekamp waarheen ek belowe het ek nie weer sal gaan nie.

Ons familie, wat eintlik 'n familie saamtrek kamp was het ons bespreking bespreek op die ''waterfront'' waar die staanplekke duurder is as die middel en agter staan plekke.

'n Kampeerder van die middel staan plek het hom liederlik met sy Gazebo tussen ons kom inwurm om vis te vang en sodoende ons familie se privaatheid ontwrug. 

Die ou was heelwat groter as ek, maar het hom trompop van aangesig tot aandesig gaan aanspreek en vir hom baie verskriklik duidelik gemaak dat ons vir die staan plek betaal en as ek hy is, moet hy maar eerder sy Gazebo met sy visvang gery verwyder en by 'n ander staanplek gaan inwurm en kyk of hy welkom daar sal wees. 

Na 'n paar vuil kyke van hom na my het hy maar gedwee opgepak en en na sy stand teruggekeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2016 @ 09:53:00 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3327
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Ek dink ook 'n skerm muur is die antwoord, al gaan dit onder sy afdak.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2016 @ 14:02:46 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

By ons huise beskerm ons onsself met mure, tralies en alarms.  Dit sal tragies wees as 'n mens op vakansie, terwyl jy in 'n ontspanne luim is, jou met windskerms moet "beskerm" van arrogante, selfsugtige bure.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2016 @ 14:31:45 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1830
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years
Ons het by Berg en Dal n stel afgetrap met kalant wat teen ons kom staan het. Van daar af kamp ek my regverdigr deel af met skadunet heining.

Hoekom tree mense so aaklig op?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2016 @ 18:07:55 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2210
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
En ongelukkig kan jy niemand ordentlikheid en maniere leer as hy klaar groot is nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2016 @ 07:23:31 am
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 274
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 7 years
Why did you not just ask him to move? Explain the boundaries and let him move.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2016 @ 09:53:06 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Aan die anderkant.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2016 @ 09:57:11 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Soms het ek so n biki meegevoel met die oortreders.
Daar moet seker n probleem wees.
Party is blatant ongeskik. Party weet nie. Sommiges soek aandag

Whatever.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2016 @ 10:04:57 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Die draad het my nou weer laat dink aan ons dronk/ alkoholis buurman Desember in Augtabies, wat sy hele famielie mondelings misbruik het. Ongelukkig was sy volume control knoppie stukend.

Dit is moelik om sulke mense te ignoreer, gelukkig is dit gewoonlik net vir 'n kort tyd.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2016 @ 17:05:48 pm
Ander Oom se Kind
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 136
Joined: 11 Aug 2014
Experience: 35 years

Ons het laas maand ook 'n stel in Berg en Dal afgetrap, manne wat sommer hulle goed deur jou staan plek sleep (penne trek) as jy nie daar is nie, toe hulle uiteindelik trek het hulle nogal gesukkel trek toe ook sommer my krag ook uit. (Toe vloek Ek hulle hardop).

Ek moet niks.

Fuelly
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2016 @ 23:53:48 pm
Vicbay
Silver Member
55% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Apr 2015
Experience: 48 years
Dis jammer Kruger is heeltyd so vol, elke naweek omtrent volgeboek. Nie vir my moeite werd as ons so opmekaar staan nie. Het ook so ervaring by Klein Kariba gehad, daai plek sien ons nie weer nie. Met onlangse toer Kaap en Weskus toe, oorde oor die algemeen nie volgeboek nie, baie beter (maar kouer)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2016 @ 07:32:07 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5817
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Dirk

Julle moet net die regte staanplekke kies.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2016 @ 09:50:31 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Stem in 'n mate saam met Willem, maar as jy jou staanplek gekies het en 'n ander ou kom staan bo-op jou, dan ontstaan die probleem.  Dis nie beknopte of volgeboekte staanplekke in die Kruger Wildtuin wat die probleem is nie, dis bloot by hoë uitsondering selfsugtige, onnadenkende, arrogante kampeerders wat hier en daar 'n mens se lewe versuur. Soos ek uitgewys het, die staanplek langs ons was oop vir gebruik, maar hierdie ou het verkies om binne ons afgemerkte staanplek, reg teenaan ons, homself tuis te maak.  Ons het sopas 36 dae in die Wildtuin gekamp by 6 verskillende ruskampe en hierdie geval wat ek genoem het was die enigste.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2016 @ 10:05:42 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5817
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Len

Ek het spesifiek na dié opmerking verwys "Het ook so ervaring by Klein Kariba gehad, daai plek sien ons nie weer nie."

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2016 @ 10:23:13 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Was nog nie weer by kleinkariba na die vloed nie. (Te ver)
Maar is die staanplekke nie nog dieselfde nie. Ek mag my misgis.
Al wat ek gehoor het is dat die staanplekke (naby swembad) nou nette oor het.
Is dit reg Willem. Julle gaan mos Desember soontoe. En jy het my al voorsien van die nuutste uitleg.
Jammer van die slegte ondervindings want ons is nogal gek oor klei kariba.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2016 @ 10:31:34 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dirk (Vicbay), net om my punt te demonstreer.  Kyk die lieflike staanplek wat ons by Satara gehad het, seker die populêrste ruskamp in die Wildtuin  -  glad nie bo-op mekaar nie en die kampterrein was vol bespreek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2016 @ 11:03:18 am
Vicbay
Silver Member
55% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Apr 2015
Experience: 48 years
Ja Lennie, soms kan jy goeie plek kies. Ek verkies die noorde, so as ek kamp by Punda, Shingwedzi. By Punda ook private plekke as jy vroeg genoeg opdaag. Ook simpel (noisy) bure gehad by Tsendszi op nr 33, maar kon gelukkig skuif voordat ek opslaan. Kruger bly baie lekker, maar te vol. Hulle kan nog kampplekke uitle^ pleks van hotelle te bou.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2016 @ 11:04:26 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5817
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Droom nog vir Oktober Len.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2016 @ 11:46:37 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dirk, ek dink weer anders oor die saak.  Na my mening sal Kruger altyd vol wees omdat by die oorgrote natuurliefhebbers is dit die plek om jouself weer te herlaai.  Dus, ek glo nie meer kampeerplekke sal die vraag ooit kan bevredig nie.  Wat 'n "hotel" in die Wildtuin betref, het ek nogal simpatie met SanParke se besluit. Hulle het broodnodige inkomste nodig en moet ook voorsiening maak vir alle groeperinge van ons bevolking se behoeftes, asook dié van sommige buitelandse toeriste. Indien nie, loop ons tradisionele Kruger-liefhebbers die risiko dat die Wildtuin uitsluitlik net vir ons bewaar moet word en dit sal Kruger se doodskoot wees.

Maar ons wyk nou eintlik af van die oorspronklike onderwerp van kampeerders wat arrogant optree.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2016 @ 11:15:32 am
Danie en Barbara
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 17 Jun 2016
Experience: 7 years
Kyk...ek moet se dis belaglik. Lyk of die ou eintlik saam met julle wou intrek.
Aan die ander kant moet ek se in die begin het ons ook maar baie kop gekrap oor hoe die staanplekke "uitgele" is.
Vandag nog maak party nie vir my sin nie bv. as daar twee of drie staaplekke reg agter mekaar is en daar 'n heining agter is. Aan albei kante is daar ook staan plekke. As dit ook 'n plek is waar jy jou eie staanplek kies en die voorste een word gekies, hoe is ek dan nou veronderstel om agter in te kom sonder om oor ander se plek te ry? Maar ons is nog newby's. Dalk sal ons nog later lekker vir ons self lag hieroor........
ALLES IS 'N GEJAAG NA WIND.....AS JY NIE KAMP NIE :
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2016 @ 11:23:55 am
Anonymous

By merry pebbles het ou ook sy wa so getrek waar ons moes ry, en sy grondseil op die pad uitgele...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2016 @ 12:49:51 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1312
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years
Ek is ook terug by die huis na 8 weke op die pad - waarvan 39 aande in die wildtuin was. En hoe lekker was dit nie om vir Lennie (en Annetjie) en Koos Mol (en Irene) in beide Punda Maria en Shingwedzi "raak te kamp" nie.

Ek het maar die gewoonte (soos baie mense in die wildtuin) om die meeste van my goedjies af te slaan en weg te pak tydens die namiddag van my laaste dag in 'n kamp. Dit maak dit makliker om die volgende oggend vroeg te vertrek ten einde vroeg by jou volgende kamp aan te kom. Jy staan net 'n beter kans om 'n lekker staanplek te kry.

Tydens my laaste aand in Shingwedzi (Lennie en Koos Mol was reeds weg) kom daar 'n omie en tannie (ek is ookal 60 verby, maar hulle was ooglopend aansienlik ouer) met hulle ouerige VW Autovilla ingetrek. Die omie vra of daar 'n kragpunt beskikbaar is by die kragboks waar ons kragkabel ingeprop is. Toe ek bevestigend antwoord, stop hy sy kamphuis net daar voor my woonwa, prop sy kragdraad in die beskikbare sok en staan op so 'n wyse dat my stoeptent (wat reeds afgeslaan was) nie tussen my wa en sy ryhuis sou pas nie.

Die bure, wat die hele week langs my gekamp het, het gevra of ek hulle ken, want dit is tog ongekend dat iemand so reg voor jou kom staan. Die buurman agter my het ook verneem of ek die mense ken. Na my ontkennende antwoord was sy woorde: "How can somebody be so rude".

Ek en my vrou het maar ons koppe geskud en van die veronderstelling uitgegaan dat die twee oumense seker nie meer heeltemal regdenkend is nie - en dat dit net een aand se ongerief vir ons was. Ek moes my braaier skuif vir die laaste aand se braai, anders kon ek dalk skade aan die oubaas se woonhuis aanrig.

'n Ander geval was in Satara toe my bure die dag van hul vertrek hul boswa om 05:00 met 'n moerske lawaai, harde gesels en gebruik van 'n "stofblaser" (daardie apparaat waarmee jy eintlik blare in jou tuin wegblaas) begin regkry vir hul tog na Onder-Sabie daardie oggend. Dit was na my mening uiters ongeskik.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2016 @ 13:35:49 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Iets wat my weer pla is wanneer ek by my kampplek aankom en begin tent opslaan dat daar dadelik mense kom en begin gesels. Kan hulle nie wag todat ek klaar en rusting is nie. Dit is nie dat hulle wil help nie-  het slegs a awning - en vir my is dit ongeskik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za