English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 814
Total Replies: 256 700
Total Views: 83 382 639
topics: 11 741
replies: 141 619
views: 39 414 999
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

attempted hijack???

replies: 47
views: 8505
14 May 2016 @ 12:00:56 pm
Anonymous

Ry gisteraand 8.00 huis toe.. poort staan redelik ver terug, draai om en besluit mabopane te ry... lank voor bremer staan dit ook... besluit om maar by bremer uiteindelik maar af te draai en ander paaie te soek, terug te draai en dalk voortrekkerweg te probeer..

 

Net toe ek kans kry (in stilstaande verkeer) om van highway af te gaan met opramp, skielik kom n merc b klas agter my hoot en verby gejaag en stop voor my.. geen verkeer op afrit nie, so ek verstaan nou die ou nie so mooi met sy issue nie, hoot en probeer om hom ry, hy probeer my nou heeltyd afdruk van pad, en swaai ek toemaar verby en gaan stop voor by robot om weer regs te draai om terug te kom highway toe. Sal die ou oor randsteen probeer klim om my vas te druk, haak toe vas om een of ander rede...

 

Reverse hy terug, en stamp my van agter op die hoek.. hy reverse weer, en stamp my wragtag weer!

Duidelik sien hy ek gaan nie uitklim nie, en hy jaag toe om my om weg te jaag..? ek ry toe maar agterna om te kyk of ek sy nommerplaat kan kry. Lyk my toe hy sien ek kom aan, maak hy u draai, en ek draai toe ook om.. Net toe ek naby genoeg kom om sy nommerplaat te kry, probeer hy my weer afdruk van pad af.. die keer sien ek nie uitkom kans nie, ek het darem sy nommer en hy wil my nou afdruk en stop weer voor my..

 

Met die sien ek in verte blou polisie ligte en besluit as dit hijackers is of iemand wat moeilikheid duidelik wil maak, gaan ek deur hom ry en sy kar probeer "disable".. met die tref ek hom agter op sy regter hoek, sy merc draai dwars voor my bakkie en ek stoot voort om deur te breek, dit werk toe en ek jaag verder om polisie te probeer kry..

 

Het gehoor hoe band nou teen iets skuur, en polisie voertuig ry al verder weg. Gelukkig kom daar n ander polisie bakkie van voor in my rigting en keer hul toe voor. Man, my bakkie lyk sommer sleg voor.. agter nie so seer soos ek vermoed het nie.

 

Nou hoor ek mos van die hijack metodes en dinge om jou mos nou uit jou kar te kry. Ek dag die merc sou nou staan op brug? Nee, hyt spore gemaak.. 

Het nommerplaat details aan polisie gegee, maar hulle en versekering reken as dit wel kapers was,sou dit elkgeval n gesteelde kar gewees het, dus dat hul bereidis ommy te stamp en af te wil stoot van pad af. Beide het gese dit was maar beter om hom te trap en weg te kom. Dit kon heel anders uitgedraai het.

Nou sit ek met moerse skade op my bakkie, ongerief, kostes en hele ontwrigting agv sulke snert 8.00 in die aand terwyl mens by huis wil uitkom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 12:28:50 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 3 years

Jislaaik, dis nou darem 'n nare ondervinding.   So jammer om te hoor.   In so situasie is dit seker moeilik om te besluit wat jou te doen staan.  Ten minste het hulle gesien die ou gaan nie sommer net oorgee nie.   Ek is bly jy het darem niks oorgekom nie, Brommer, net jammer vir al die skade.   En as dit 'n gesteelde kar is, dan kom hulle net weer weg daarmee. 

Gister was ek net so kwaad, toe ek uit die supermark kom, sien ek iemand het my Yaris gekrap toe hy uitry.   Nou besef ek, erger dinge as dit kan met mens gebeur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 12:51:10 pm
Anonymous

Het met my renault destyds ook oorgekom in prkeer area. Nou stop ek maar altydver van alles en almal.. mens segevoelens hardloop weg op daai oomblik, jy weet nie of jy geskiet kan word, hoe so ou dink hy kan mense net van pad af druk, bleikbaar is dit nou n taktiek, maar nou ja. Net blymy vrou endogtertjie was nie saam nie. So onnodig. En my hele uitgangspunt met die Mazda was juis dat hy nie so gesogde voertuig is nie... of is dit nou n papdronk ou wat nie dink at hy doen nie, en baie dapper is, of ouens uit om moeilikheid te maak? Maar n ouwat merc b class so sou wil verwoes net om n punt te bewys? Daarom reken hulke dit dui eerder na tekens van eenof ander hijack of iets, dalk het hul my misgis vir iemand anders??

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 12:55:16 pm
Anonymous

Maar ja, dis baie hartseer en moeilike besluit as jy so uitweg moet neem om uit so situasie te kom... mens soek nie skade aanjou voertuig nie, die goed is baie geld, en net die flippen excess is nou reeds bykans R4000. Ag nee ek dink die cops kan maar baie strenger op paaie raak om sulke ouens van pad af te kan kry. Al moet mens nou maar padblokkades ens verduur, dan is dit nou maar so, ongelukkig lyk dit net of die soorte nooit gevang kan word nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 12:59:04 pm
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 47 years
Jammer om van julle skade te hoor. Brommer sit fotos op van daai mooi bakkie wat nou lelik is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 13:14:59 pm
Anonymous

Agter nie so erg... gelukkig aan een kant nudgebar is weer opgesit, baie gehelp... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 13:18:59 pm
Anonymous

Linker voordeur kan nie meer oopmaak nie. Bumper, fender en flares in hul moer in. Sal maandag totale omvang van skade weet na ondersoeking. Lyk darem nie of fisiese engine komponenye enigsins iets oorgekom het nie.ek kon weer ry en het nie effek op stuur gevoel of ervaar nie.. eintlik net n helse onnodige situasie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 13:41:45 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Pieter jammer oor die skade maar bly jy is veilig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 13:47:19 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Sorry om te hoor mater. Tyd geword vir n paar stewige bull bars met sulke lemme op die hoeke.. as jy n ou stamp of hy ve jou, dans hy gesny.

Net bly nie jou jou fam.. ook in die drama nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 14:45:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Ja...mens dink sulke dinge gebeur net in die movies. Bly jy is darem veilig...in sulke situasies is dit maklik om verkeerde besluite te neem. Sterkte!!
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 15:08:28 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16356
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ek ry elke dag die Mabopane snelweg. Lyk my dis tyd dat ons met ons skietgoed begin ry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 16:06:07 pm
Anonymous

Dis deesdae maar n noodsaaklikheid Leon.. in die geval was dit weer van probeer nodige inligting kry wat moontlik kans sou he om te help.. maar as jy begin vasgedruk word, watter wapen kies jy? Skiet ek net voor die wind, sit ek dalk.. ek wil ook nie eers wag dat hul kans het om eerste skoot teskiet voor ek mag nie, baie moeilik..

 

Die hele ding het my heel nag geskommel oor wat die moontikhede was, en of ek dit kon verhoed of nie.. as jy rustiger raak en oor dit dink, begin jy besef 1ste instink is om uit situasie te kom sonder skade, vlug... 

Ongelukkig was daar iets in die pad van vlug. Nou gesels ons so, ek kon nie eers uitmaak hoeveel is in voertuig nie,wie is in voertuig nie? hoe weet jy nie daars 3 of 4 in kar met wapens nie.

Die ander moontlikheid het opgekom dat as ek voortgaan om voertuig as verdedigingswapen te gebruik, dat ek nie myself disable in die proses en daar staan mens met 2 karre, maar dan moet ek nog die res aanpak man alleen? eish...

 

Gelukkig, en baie gelukkig het ek nie soveel skade dat ek nie verder kon ry en uitkom nie... gedink hy sou nie verder kon ry na die ou op sy wiel en deure nie...maar daai oomblik wat jy besluit dis nou jou kans en jyt net EEN kans, joeg as mens net dink.

En die hele voorafgaande dag was n perfekte dag.. dogtertjie se eerste kleuterskool vertoning gaan kyk, rustige lekker dag verder, rustg terug huis toe gery in aand, die staande verkeer het my nie eers ontstel nie, net rustig alternatiewes gesoek, en BAM! skielik in n stryd...!

 

Van hoot tot eerste stamp van agter het gevoel soos 30s..ekt weer gaan kykopbrug, maar daars te veel bande merke om uit te maak hoe en wat... sien ook nie enkele glasstuk nie??as dit wel kapers of watookal was, hoop ek maar hul merc het genoeg skade om myne te regverdig. 

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 16:12:19 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4469
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Bly jy is nie beseer nie Brommer. Moes "scary" gewees het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 16:22:05 pm
Anonymous

Dankie.. dis moeilik om te se wat mens in daai oomblik voel.. ek se vir my vrou dit het gevoel of ek kalm was tydens insident.. asof ek myself in beheer gehad het, of altans so gedink, en of ek probeer beheer kry het, maar by polisie het ek so gebewe dat ek nie kon skryf nie.. n 1 het gelyk soos n "?" Of n "z"... Haha...

Al wat ek weet, dis gevoel waar mens nie wil wees nie. Eks jammer vir my bakkie, maar dankbaar dis "AL"...

Dankie almal. Mens moet maar versigtig wees, mens dink jy hou jouself skoon en veilig en risiko laag, maar lyk my mens kan nooit genoeg doen nie.. 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 16:45:05 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 22 years
Dis die probleem met 'n voertuig wat mesn dink nie so gewild as 'n kaper teiken sal wees nie, ek koop ook die laaste paar jare met dit in gedagte maar dan loop mens vas in 'n ou wat juis dink jou voertuig is net die ding wat hy nodige het...bly jy is OK
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 18:06:48 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Nou vra ek myself, ons mense is heersers van die aarde, die " inteligente spesie"maar wragtig lyk my ons kan als vernietig en mekaar minag, is darem baie verkeerd.
Jare gelede vir myself gese, die dag gaan kom dat ons in n " Mad Max" gaan leef, lyk my dit raak al amper so.
Brommer, bly jy het die situasie hanteer, dit kon net sowel n vrou gewees het, en dan?
Gaan die situasie beter word vorentoe met meer werkloosheid en desperaatheid, miskien nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 18:47:23 pm
Sarel / Marietjie
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 59
Joined: 01 Feb 2014
Experience: 7 years
Jammer oor jou voertuig. Bly jy is ok. Die probleem is daai nagmerrie ry jou nog vir lank. Sterkte.
Groete
Dankie Jesus vir die voorreg:
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 18:51:53 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 3 years

Dis die probleem met 'n voertuig wat mesn dink nie so gewild as 'n kaper teiken sal wees nie, ek koop ook die laaste paar jare met dit in gedagte maar dan loop mens vas in 'n ou wat juis dink jou voertuig is net die ding wat hy nodige het...bly jy is OK

Ek reken of dit nou 'n voertuig is wat hulle wil he of nie, as jy op daardie oomblik 'n sagte teiken is, sal hul enige voertuig vat.

Nou vra ek myself, ons mense is heersers van die aarde, die " inteligente spesie"maar wragtig lyk my ons kan als vernietig en mekaar minag, is darem baie verkeerd.
Jare gelede vir myself gese, die dag gaan kom dat ons in n " Mad Max" gaan leef, lyk my dit raak al amper so.
Brommer, bly jy het die situasie hanteer, dit kon net sowel n vrou gewees het, en dan?
Gaan die situasie beter word vorentoe met meer werkloosheid en desperaatheid, miskien nie.

Herman, as ek in so situasie moet kom, het ek geen hoop vir myself nie.  Mag die Here my genadig wees dat dit nooit gebeur nie.  Hopelik stel hul gladnie belang in my Yaris nie!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 19:13:40 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 50 years
Sjoe, dit is erg.

Sterkte daar.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 05:07:46 am
Anonymous

Brommer sterkte, bly jy is veilig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 07:59:38 am
Anonymous

Dankie almal. nou hoop ek maar net ek kry iemand ordentlik om reg te maak...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 10:42:43 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5844
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Sterkte, ek verstaan nie presies waar dit gebeur nie maar is hier naby my in Daspoort gewees.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 11:10:30 am
Anonymous

Sterkte, ek verstaan nie presies waar dit gebeur nie maar is hier naby my in Daspoort gewees.

bremer se brug oor die mabopane highway..

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 17:09:49 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 34 years
Baie bly jy is veilig. Nooit lekker nie.
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 18:01:47 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 43 years
Bly jou skade is klein met geen beserings. Laat mens wonder wat gaan nog gebeur.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 18:11:55 pm
Anonymous

Genade Pieter, dank Vader jy het niks oor gekom nie, karre kan vervang word, maar mens se lewe is onvervangbaar.

Jy het die situasie baie goed hanteer, dinge kon maklik heel anders uit gekom het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 18:31:09 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4850
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years
Bly julle is ok sterkte met alles goed jy het koelkop gebly mokket
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 19:08:47 pm
Anonymous

Dankie.. mens hoop maar die optrede het n doel gedien...

 

As dit wel kapers was, het hul n goeie knock gekry, en hoop dat dit iets gehelp het, en dat hul nie sommer net nou besluit om meer, of erger metodes te gebruik nie??

 

As dit n dronkie was wat fights soek op pad, het hy duidelik ook hopelik n harde les geleer.. wie sal nou weet? Maar ongelukkig op daardie stadium is daar nie n manier wat mens vir hulle moet wag om oorhand te kry nie, of te wag en kyk of hul begin skiet sodat jy dan daarop kan reageer nie.

Ag dit bly maar al heel naweek by mens, in jou brein probeer jy als weer en weer uitspeel en opsom, en my pa vra ook maar of ek nie maar die eerste 2 houe gevat en net anderkant toegery heten hul gelos het, dan het ek bitter min skade gehad. Sou nou nie die ongerief gehad het, sou mybaie minder kos, ens sou dalk minder "traumatiese ervaring" wees.. Maar in die hitte van die oomblik, is dinge anders, jy dink anders, jy beweeg letterlik outomaties, of dit instinktiewe aksies en reaksies was, of watookal....

Die ander kant is seker waar, maarwie se hul wou wegjaag? Dat hul weet ek ry in stiller kant van straat en my daar voor dalk inwag? Volgens hul kennis, wou ek mountainview toe, nie noodwendig weer highway toe nie..

Maar nou ja.. dis nou tot daar en ek moet maar die knock vat ;)

 

Soos bo gese hoop ek maar dat n ou wat sulke moeilikheid maak deur jou met doel van agter 2 keer kom stamp en probeer afdruk, in vervolg 2 keer sal dink, dat hy nou meer skade gekry het as wat hy op gebargain het, en dat kapers bietjie n goeie knock hulself gekry het.. maar n merc is maar hard, ek kon nou nie tyd neem en hul skade sien nie, maar nou ja.. voordeel is dat etens moet hul daai merc regmaak, of erens moet daai kapers van hom ontslae raak, hys nou goed gemerk

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 19:11:08 pm
Permanently Gone
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 63
Joined: 05 Dec 2015
Experience: 38 years

En hier dink ek sulke dinge gebeur net in movies! Sterkte daar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 19:16:39 pm
Anonymous

Sou nou ideaal gewees het as mens n dashcam gehad het! Jislaaik, mens het die goed nooit as dit ideale tool sou wees nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 19:17:21 pm
Anonymous

Pietet, ek het ook nou oor gedink, my gevoel is, jy het reg op getree. 

Jy kan nie in die aand vra of die ou lus het vir gesels nie, dit is bekend dat kapers so op tree, jy stop om na die skade tekyk, en verloor jou voertuig, of dalk jou lewe.

Nee wat ou maat, slaap gerus, koelkoppe soos jy, is manne saam wie in oorlog wil baklei.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 20:07:20 pm
Anonymous

Dankie Johann

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 20:35:20 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1615
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years
Ai, sterkte met al die admin wat voorle.Die pyn en ongemak gaan steek in n mens se klere vir n lang tyd.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 21:26:13 pm
Anonymous

Ag ja en daars my outbonus ook daarmee heen! Mens moet eintlik by verskillende versekeraars wees, dan as iets gebeur, kry jy nog by ander iets terug!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 06:57:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16356
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Dis deesdae maar n noodsaaklikheid Leon.. in die geval was dit weer van probeer nodige inligting kry wat moontlik kans sou he om te help.. maar as jy begin vasgedruk word, watter wapen kies jy? Skiet ek net voor die wind, sit ek dalk.. ek wil ook nie eers wag dat hul kans het om eerste skoot teskiet voor ek mag nie, baie moeilik..

 

Die hele ding het my heel nag geskommel oor wat die moontikhede was, en of ek dit kon verhoed of nie.. as jy rustiger raak en oor dit dink, begin jy besef 1ste instink is om uit situasie te kom sonder skade, vlug... 

Ongelukkig was daar iets in die pad van vlug. Nou gesels ons so, ek kon nie eers uitmaak hoeveel is in voertuig nie,wie is in voertuig nie? hoe weet jy nie daars 3 of 4 in kar met wapens nie.

Die ander moontlikheid het opgekom dat as ek voortgaan om voertuig as verdedigingswapen te gebruik, dat ek nie myself disable in die proses en daar staan mens met 2 karre, maar dan moet ek nog die res aanpak man alleen? eish...

 

Gelukkig, en baie gelukkig het ek nie soveel skade dat ek nie verder kon ry en uitkom nie... gedink hy sou nie verder kon ry na die ou op sy wiel en deure nie...maar daai oomblik wat jy besluit dis nou jou kans en jyt net EEN kans, joeg as mens net dink.

En die hele voorafgaande dag was n perfekte dag.. dogtertjie se eerste kleuterskool vertoning gaan kyk, rustige lekker dag verder, rustg terug huis toe gery in aand, die staande verkeer het my nie eers ontstel nie, net rustig alternatiewes gesoek, en BAM! skielik in n stryd...!

 

Van hoot tot eerste stamp van agter het gevoel soos 30s..ekt weer gaan kykopbrug, maar daars te veel bande merke om uit te maak hoe en wat... sien ook nie enkele glasstuk nie??as dit wel kapers of watookal was, hoop ek maar hul merc het genoeg skade om myne te regverdig. 

 

 

 

 

 

Dit is so waar nie een van ons kan sê wat ons sou doen in daai situasie nie. En skiet moet verseker die laaste uit weg wees. En dan is die kanse om dit te doen ook nie altyd daar nie want dis soos jy tereg sê jy self wil nie gaan SIT na die hele petalje nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 08:31:04 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Ek dink jy het heel koel en reg opgetree, dit kon erger gewees het met nagevolge.

Elke situasie het meriete, moet jou self nie blameer deur, as ek dit of dat gedoen het.

Sterkte.
Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 11:12:29 am
PietRiana
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 155
Joined: 23 Oct 2015
Experience: 7 years
Jammer dit het jou oorgekom. baie bly jy het niks oorgekom nie. Dit kon so maklik skeef geloop het. Sterkte.
Mooi loop by die lelike plekke
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2016 @ 11:19:29 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3329
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 54 years

Jammer om te lees van die voorval - gelukkig is die skade beperk tot die voertuig.

Gister oggend word 'n ou in Carletonville wakker met twee besig om die TV te steel - hy skreeu op hulle, kan nie verduidelik hoekom nie - hy is goed gevoeter, maar kan homself gelukkig ag hy lewe nog!

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 12:14:45 pm
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 47 years

Ag ja en daars my outbonus ook daarmee heen! Mens moet eintlik by verskillende versekeraars wees, dan as iets gebeur, kry jy nog by ander iets terug!


Hoeveel is jou skade toe?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 13:00:40 pm
Anonymous

Ek weet nie, maar klink baie.. ek betaal basies R3850 excess, plus ek verloor outbonus van R8000 volgende jaar, en en en..

Blykbaar gaan hul die hele neus struktuur vervang, nudgebar, side fenders, bumper, side step regs, deure regmaak, bonnet regmaak, ens.. Ekt nie n amptelike bedrag gekry nie, versekering hanteer tans.. ek vermoed dis meer as wat ek dink.. daai mercs is hard...

Maar as mens na situasie kykwas dit n kar wat ek fisies uit die pad gestoot het met massiewe krag.. die panele van kar sal nie hou nie...

Dit was wel al van so aard dat hy amper engine skade gehad het.. gelukkig net net nie.. so ek kan darem ry.. 

Ekt maar gevra ek soek die beste hersteller, nie die naaste nie, die beste

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 13:19:18 pm
Sarel / Marietjie
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 59
Joined: 01 Feb 2014
Experience: 7 years
Ja mens verloor altyd. Geld gewys en vertroue in voertuig. Daai regmaak bly altyd onder jou bewussyn.
Regtig jammer dat julle deur sulke trauma moes gaan.
Groete
Dankie Jesus vir die voorreg:
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 14:05:10 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3117
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 31 years

Jammer om te hoor van wat gebeur het.

Ja jy sal altyd mense kry wat se, jy moes dit gedoen het of dat gedoen het. Ek dink op daardie oomblik het die adrenalien so hard gepomp deur jou are en NIEMAND sal ooit kan verstaan wat op daardie stadium deur jou gedagtes gegaan het nie.

Bly jy is orraait, die nagmerries na die tyd vat n ruk om weg te gaan en jy sal beter voel as die lorrie eers reg gemaak is. Hoop net hulle doen n goeie "job" anders word jy weer de duiwel in van vooraf.

Jare terug....so 132 jaar...het n meisieking met n wit Datsun bakkie agter in my vas gery. (kar was 2 maande oud) Tot vandag toe sorg ek dat geen wit Datsun 1400 agter my ry nie, ek trek af dat hulle verby gaan.....hahahahahaha. simpel ne?

Baie sterkte vir jou en gesin.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 14:47:22 pm
Anonymous

Dankie vir die sterkte toewens.. mens dink maar jys ok, maar julle is teg, mens slaap maar moeilik, dink dalk jeer omdat die nagevolge en stres mens nou pla om als weer reg te kry.

Nounet verneem dis sover R63k...................... uhm,sjoe... gaan nou fotos in daglig opdateer, en ook die ou houtjies van agter.. moes hom dalk net in reverse gegooi het op daaityd, minder skade!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 14:55:43 pm
Anonymous

Fotos opgedateer... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 15:24:08 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3329
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 54 years

Geld gewys, is die skade baie groter as wat dit lyk.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 15:36:28 pm
Anonymous

Sterkte Pieter, so ding spook jou vir baie lank.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 15:44:56 pm
Anonymous

Geld gewys, is die skade baie groter as wat dit lyk.

ja ekt ook so gedink.. maar hul vervang die hele neus struktuur, en side step, en nudgebar, daars klaar klomp moelas... dink om accessories te vervang maak werk duur

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 15:49:39 pm
Anonymous

Net die verf werke is oor R12k... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za