English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 698
Total Views: 83 244 202
topics: 11 569
replies: 139 155
views: 39 340 177
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Hoe om jou woonwa se Tara en GVM se syfers reg te maak

replies: 94
views: 13062
page 1 of 2
22 Apr 2016 @ 18:08:24 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Om ons dis nou ek en my vrou se woonwa se gewigte reg gerigistreer te kry het ons die volgende gedoen en die pryse wat ek kwoteer is wat dit vir ons hier in Kaapatad gekos het

1. Gaan weeg jou wa leeg en kry sertifikaat MMC (Massameetsertifikaat)van hulles. Koste R170,00

2. Voltooi vorm CNV (verandering van besonderhede van/kennisgewing ten opsigte van motorvoertuig)

3. Kry brief van Bande plek dat jou wa se wiele se dra kapasiteit is. In my geval 1600 Kg. En Hi-Q het dit gedoen.

4. Doen 'n beedigde verklaring by polisie kantoor en se watter veranderinge aan die wa aangebring was. In my geval aircon en movers. My nuwe Tara is 1420 Kg. Ek het ook genoem dat as die nuwe GVM uitgewerk word dat dit nie meer as 1600 Kg mag wees nie want my bande en as is slegs 1600 Kg.

5. Campworld Brackenfell het toe afskrifte van al die bogenoemde dokumente en die registrasie sertifikaat en ID dokument aan Jurgens gestuur en 'n nuwe plaatjie aangevra. Ons het ook versoek dat die nuwe plaatjie oornag ge koerier word. Die nuwe plaatjie se koste R250 en koerier koste R250.

6. Ons het toe die ou plaatjie van die A-frame verwyder en die nuwe plaatjie aangeheg.

7. Ons is toe na die Padwaardigheids sentrum met ons wa en daar het hulle die gegewins op die dataplaatjie nagegaan en vorm MVA/VDC voltooi dat die nuwe Tara 1420 Kg is en die GVM 1600 Kg is. Koste gratis.

8. Al die oorspronklike bogenoemde dokumente plus afdruk van ID dokument en bewys van adres is toe by die plaaslike motor registrasie owerheid ingehandig. Hier het ons al ons gesprekke met die supervisor gehad. Hulle het nog nooit so 'n versoek gehad nie. Sy het die dokumente na Kaapstad gestuur omdat slegs Kaapstad die stelsel opdateer.

9. Na Kaapstad die opdatering gedoen het, het ons 'n nuwe skyfie met die nuwe Tara en GVM ontvang die koste hiervoor was gratis. Ons het ook die nuwe registrasie sertifikaat ontvang en die kostes hiervoor was R33,00.

Ek hoop hierdie inligting is van waarde.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 18:31:35 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 857
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years
Baie Dankie
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 19:56:10 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1587
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
n Regte mondvol moeite,maar doen die regte ding en bly uit die moeilikheid.Dankie vir die inligting.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 20:07:36 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4737
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Dankie so leer ons almal
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 20:20:11 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Jan, fantasties - baie dankie !

'n Paar vrae :-

  • By watter sentrum het jy laat weeg ?
  • By watter HQ-tak het jy 'n brief gekry ?
  • Met wie het jy by Campworld Brackenfell onderhandel ?
  • By watter padwaardigheidsentrum was julle ?
  • Watter motorregistrasie-owerheid het julle bedien ?
  • Het jy dalk die naam van die "supervisor" ?

Ek moet jou gelukwens  -  welgedaan !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 20:21:42 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dankie Janack.

Verskil die Fabrikaat, Reeksnaam en Voertuigbeskrywing op die nuwe registrasie sertifikaat van die oue?

Met verwysing na punt 3. Gee Hi Q 'n brief ter bevestiging van die bande of die as die dra vermoe? Ek glo dit is die laaste maar wil net seker maak.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 22:03:57 pm
Anonymous

Alles goed en wel, fankie... maar ons gaan steeds staan by weegbrug?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 12:20:05 pm
Cabs
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 274
Joined: 03 Jul 2013
Experience: 7 years
Dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 15:03:38 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hallo Lennie

Hier is die antwoorde op jou vrae

1. Ek het die wa laat weeg by die Stikland weeg brug en padwaardigheids plek. Dit is net agter die Brouerye se plek.
2. Die Hi-Q is is in die pad van Ou Paarl weg na die spoorlyn. Mc Donnalds is op die hoek van die pad en Ou Paarlweg.
3. Heinrich by Camp world in Brackenfell Boulevard het my gehelp.
4. Ek was by Durbanville se padwaardigheis sentrum die een in Brackenfell is gesluit vir op gradering.
5. Brackenfell se motor registrasie sent rum het my gehelp.
6. Die Supervisor wat my gehelp het was Jacky.
7. As jy enige ander vrae het vra maar.

Ons is weer 3 Mei terug by die huis in die oumens woongebied genoem Klaradyn in Brackenfell as jy persoonlik wil kom gesels.

Groete

Jan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 15:04:37 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hallo Hendrik M.

Die plaatjie lyk net soos die ou een. Alle gegewins is die selfde behalwe die Tara en GVM.

Hi-Q se brief het slegs na die bande verwys.

Groete

Jan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 15:21:34 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dankie Jan. Ek het eintlik verwys na die gegewens op die sertifikaat en wat op die E-Natis stelsel vasgele is. 

Dit is interesant dat geen bevestiging van die as se dra vermoe nodig is nie. Ek aanvaar die as se dravermoe op die plaaitjie gelyk of meer is as die GVM.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 15:41:19 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hallo Hendrik M
Die as se dra vermoe is op die plaatjie en in my geval is die GVM gelykaan die as en bande se dra vermoe.

My gegewens is nou korrek op die E-Nantis stelsel.

Groete

Jan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 15:47:18 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

So die woonwa is nog steeds 

Fabrikaat = Jurgens

Reeksnaam = Palma

op die serifikaat?

Nog iets wat pla is, is die woonwa nou as 'n kode 3 = rebuild geklassifiseer? Kan seker dit nie sien op die sertifikaat nie. Moet seker op die Natis stelsel kyk.

Jammer vir al die vrae.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 16:14:53 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hallo Hendrik M

Dit behoort op die registrasie dokument te wees of dit 'n kode 1 of 3 is.

Ek het vergeet om dit na tegaan. Ek sal kyk wanneer ek volgende week by die huis is en laat weet

Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 16:19:36 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hendrk M
Ja op jou vraag die plaatjie toon die regte benamings

Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 16:34:45 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Jammer Jan, Het vergeet jy is nie tuis nie.embarassed

Die gegewens op die sertifikaat is vir my meer deurslaggewend. Wag op jou terugvoer wanneer jy weer tuis is.

Groete.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 16:39:11 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hendrik M
Ek was 'n ouditeur gewees. En wanneer ek so baie indiepte vrae gevra het het ek vermoed dat iets verkeerd is en dat ek dit wil bewys.

Ek hoop jy is nie met die selfde besig nie.

Ek is net bly dat my woonwa nou die ware gegewens toon dat as ek by 'n weeg brug gestop word dat ek na die weeg weer verder sal kan ry.

Die ou data was so verkeerd dat as ek dit nie kon verander het nie dan sou ek die woonwa moes afgeskryf het. Ek sou dit nie so kon verkoop nie.

Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 16:47:28 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Hi Jan. Hierdie keer kan ek ek ve jou s. Give that man a Bells.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 16:51:44 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Jan, ek het geen agenda nie.

My bekommernis is die volgende. Indien die woonwa as Kode 3 = Rebuild geklassifiseer word dan mag dit ander gevolge he, naamlik

- versekerings probleme

en - verkryging van finansiering deur 'n voornemende koper die dag ek wil verkoop.

Vir die rede wil ek net seker maak waarvoor ek my inlaat indien ek ook die GVM verhoog. 

Ek het ook al op 'n ander draad hieroor gesels. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 16:55:58 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hallo OOM Koos
Aangesien jy so iets soos plus minus 20 dae ouer as ek is sal ek maar aangaan on jou oom te noem.

Dis nou jammer dat my vrou op 2 Mei die Safari gaan hardloop in Wellington. Anders het ek my Bells in Bloem kom haal

Groete

Jan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 17:14:10 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hallo Hendrik M

As my nuwe registrasie 'n kode 3 is gaan ek dit beveg.

Maar dit sal ek uitvind wanneer ek weer tuis is en sal laat weet.

Ek deel ook jou bekommernis maar my woonwa se GVM was 1380 en die lee gewig was 1420 so sonder al die moeite sou ek die wa nooit eers kon gebruik het nie. En 'n woonwa wat jy kan gebruik is beter as een wat jy nie kan gebruik nie.

Groete
Jan



👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 17:23:12 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek verstaan jou dilemma. Jy het geen keuse gehad nie.

Groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 17:51:06 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Jan, ek volg ook die besprekings nou al geruime tyd. Wat my egter nog bekommer is dat die kombinasie dalk buite voertuig specs val.
Hier in Carvan & Outdoor life tydskrif, word die Fortuner se sleepgewig as 1500kg aangedui vir die v6 4x4 outomaties en 1330kg vir 3,0 D4d. Jy staan nou op n 1600kg Gwm wa.
My Landcruiser is ook net 1500kg aangedui, en die het ek al bevestig op die plaatjie. So ek mag nie jou wa sleep nie ? En by enige padblokade is ek in die moeilikheid, nie net n weegbrug nie.
Skuus vir die van die punt af.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 18:36:17 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hallo Herman
Jy is moontlik reg maar volgens die data op my motor is my GVM 2510 en tara 1795 en GCM 4010.

By die padwaardigheids sentrum het die ondersoek beampte na my motor se lisensie skyfie gekyk en gese "so jy is nog binne jou motor se spesifikasie vir die karavaan".

So Herman wie reg of verkeerd is stel ek nie belang nie. Ek wil ook nie weet nie.

Dit is miskien 'n geveg vir 'n ander dag maar nou wil ek my vakansie geniet. Die afgelope week was traumaties genoeg om die gewigte en registrasie regtekry.

Groete
Jan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 21:32:17 pm
Anonymous

Jan, baie dankie vir al jou antwoorde, ek hou hier dop,want oor twee weke gaan ek ook my Penta laat herweeg ens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 15:53:37 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Jan, ek voel nou skoon simpel oor daai plasing. Nie geweet, gedink, of besef dat jy al die moeite gedoen het vir n geruste reis nie. Geniet die vakansie, met soveel "diligence" sal als reg verloop.
Herman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 18:28:26 pm
Agter-os
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 18 Apr 2016
Skielik het ektoe die raad nodig :(
Besluit toe om na my lisensie skyfie te kyk en nie na my plaatjie nie.
Hart aanval tyd!
Skyfie se Tara is 820kg. GVM is ..... wag vir dit......0kg!!!!!!!
Probeer nou besluit is dit n goeie ding of nie?
Het 'n gepakte Fleetline...en is nie bang om hom te gebruik nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 18:50:55 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Anton

Wat sê die plaatjie ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 05:44:22 am
Agter-os
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 18 Apr 2016
820 en 1000
Het 'n gepakte Fleetline...en is nie bang om hom te gebruik nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 06:19:03 am
Agter-os
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 18 Apr 2016
Interresant dat hulle n pel van my se voertuig lisensie skyfie anderkant toe opgevoeter het.
Hulle het sy GVM op 2180kg wat reg is maar sy Tarra het hulle op 2000kg wat eintlik die vervaardiger se maks sleepbare gewig in die boekie is.
Dit moet eintlik 1537kg moet wees.
Soos hy se: hy en tank diesel. Vrou en kinders moet maar by die huis bly.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 07:13:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9754
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dankie vir die terugvoer.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 07:56:10 am
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 28 years

Skielik het ektoe die raad nodig :(
Besluit toe om na my lisensie skyfie te kyk en nie na my plaatjie nie.
Hart aanval tyd!
Skyfie se Tara is 820kg. GVM is ..... wag vir dit......0kg!!!!!!!
Probeer nou besluit is dit n goeie ding of nie?

 

Ek het diselfde op my 1984 Jurgens. Ek wonder net wat wys op die stelsel? Want as hy daar ook nul wys dan gaan ek net eenvoudig vir my an ander plaatjie laat maak en dan opsit. Want hoe gaan hulle dan anders bewys?

 

Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 08:20:07 am
Johann1
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 07 Apr 2016
Experience: 16 years

Jan, baie dankie vir al jou antwoorde, ek hou hier dop,want oor twee weke gaan ek ook my Penta laat herweeg ens.


Johann, ek hou ook jou terugvoer dop. Wil ook iets aan my Fleetline se gewigte doen...
As the cock said to the hens when he showed them an ostrich egg I am not disparaging, I am not criticising. I am merely bringing to your attention what is being done elsewhere!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 08:52:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Geweet ons gaan die ding tussen ons uitgesorteer kry.

Dit vat net bietjie tyd en toets en vroetel. Nou net om te hoor of die fabrikaat en reeksnaam dieselfde gebly het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:04:47 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
Skielik het ektoe die raad nodig :(
Besluit toe om na my lisensie skyfie te kyk en nie na my plaatjie nie.
Hart aanval tyd!
Skyfie se Tara is 820kg. GVM is ..... wag vir dit......0kg!!!!!!!
Probeer nou besluit is dit n goeie ding of nie?


My '95 Fleetline L se plaatjie wys 870kg Tarra, 1100kg GVM, Lisensieskyf is korrek met Tarra maar wys ook 0kg vir GVM. Registrasie sertifikaat wys ook korrekte Tarra maar niks vir GVM nie. Nie my probleem nie....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:14:48 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Jorg

As hulle jou aftrek is dit jou probleem.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:18:53 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ons karavaan is geweeg en by lisensie kantoor het hulle my na die Toets sentrum verwys, daar het die ou gevra ek moet die karavaan inbring want hoe ander moet hy seker maak war is die bande en aste se dra vermoë.  Dit is gedoen en die toets geslaag, kan links agter se rem so bietjie opstel was die versoek.  By lisensie was die betrokke dame nie beskikbaar nie maar is versoek om môre 08:00 daar te wees.  O die toets gronde se koste was die standaard koste van R347.00

Die veranderings op Natis is gratis.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:40:53 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Jurgie het ook net n "fabrieksgewig"( mooi in afrikaans) op plaatjie, skyfie ook 0 vir Gvm, dokumente ook 0 Gvm. Sal maar dom wees daai dag.
Ons is nou die dag deur n masiewe padblokade tussen Keimoes en Kakemas. Polisie gewapen tot die tande. Daar laat hulle mense uitpak en soek als deur, gedink hier kom n hengse afpak toe ek die spulletjie bekyk. Stop, en manne omring ons, klim toe maar solank uit om oop te sluit, toe vra een waarheen ek op pad is. Augrabies, se ek, nou ja ry maar....
n Vriendelike ou oom en tannie met n stokoud karavaantjie lyk darem te onskuldig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:53:28 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Jorg

As hulle jou aftrek is dit jou probleem.



Hoekom is dit my probleem, lisensiekantoor het die fout gemaak nie ek nie, hulle moet dit tog sekerlik dan ook regstel. Het lank terug hieroor gevra en net 'n dowwe uitdrukking gekry van die persoon aan die ander kant van die toonbank. Terloops, as ek eNatis reg verstaan word die lisensieskyf gedruk met data van van eNatis af getrek word, dws eNatis se besonderhede is ook dan verkeerd. Weereens hulle fout nie myne nie...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:55:02 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
O ja nog iets, Pta Karavane het destyds in 1999 toe ek die wa by hulle gekoop het gesorg dat die registrasie gedoen word, dus is hulle ook aandadig?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 19:01:32 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Jorg

Ja maar jy moes dit nagegaan het ?

Ek het dit gedoen want ek wil nie so lank daar staan nie, ek wil gaan kamp.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 19:11:58 pm
Anonymous

Jorg, ongelukkig is dit soos om teen donderweer te p%&p, hulle gaan jou daar by daai weegbrug hou tot jy ingee. Hoe meer jy jou gaan verset, hoe verder gaan hulle soek.

Ek het regs advies in gewin ivm gewig van my wa, prokureur sê as hy Jurgens se dokumentasie bestudeur, maak hulle growwe foute, maar, is ge"cover" deurdat hulle sê,  jy moet jou kos by bestemming gaan koop, tent, pale moet sleepvoertuig toe. ens ens ens.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 19:13:52 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Reg so Jorg, lisensie owerheid kry hulle inligting van die e NaTIS sisteem. Wat hulle inigting seker weer van wie weet ook, SABS dalk, vir waens wat getoets word vir vervaardiging.
Lisensie owerheid het toegang daarop, en so opdateer hulle eienaarskap etc. Maar of hulle enige verandering aan sekere ontwerp beperkings kan doen....klink vreemd.
Ek het nou gaan lees omtrent eNatis, hulle inligting is glo baie korup.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 19:48:29 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Jorg, ongelukkig is dit soos om teen donderweer te p%&p, hulle gaan jou daar by daai weegbrug hou tot jy ingee. Hoe meer jy jou gaan verset, hoe verder gaan hulle soek.

Ek het regs advies in gewin ivm gewig van my wa, prokureur sê as hy Jurgens se dokumentasie bestudeur, maak hulle growwe foute, maar, is ge"cover" deurdat hulle sê,  jy moet jou kos by bestemming gaan koop, tent, pale moet sleepvoertuig toe. ens ens ens.



Gelukkig sal die Ranger alles wat ek kamtig moet uitlaai om die wa leeg te kry (0kg GVM) kan sluk, in elk geval nie veel in die wa as ons pak nie, meeste agter in die bakkie. Sal seker dan ook die speedykop moet vertel ek sal die wa met Helium laai sodat hy ligter as lug weeg :) Nee wat ek gaan my nie stres hieroor nie, sal eerder kamp...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 19:53:28 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Jorg

Ja maar jy moes dit nagegaan het ?

Ek het dit gedoen want ek wil nie so lank daar staan nie, ek wil gaan kamp.



Mmm... soos ons almal ons voertuie se data ook nagaan? Kyk ook bv na my perdewa, dubbelas en die ding kan byna 1000kg se vrag dra (Tarra 770kg, GVM 1770kg), het nie 'n idee of die se plaatjie reg is en gaan definitief ook nie weegbrug toe nie....lek hulle blink as hulle onrustige perde wil uitlaai :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 19:55:07 pm
Anonymous

Jorg, ek mag natuurlik heel verkeerd wees, maar ek wonder of die Tarra, in julle geval, en ook Herman sin, nie dalk reeds toelaat vir 'n sekere payload nie, maw, die ware Tarra is bv dalk 250kg onder die gegewe data, en dat die "Tarra" nie reeds die GVM is nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2016 @ 15:20:01 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Hallo Herman en ander, ek is nou uitgerus en vertrek more terug na die huis en na aanleiding van Herman se pos sal ek nou 'n ander sleep voertuig moet kry. Wat 'n woonwa met 'n GWM van 1600 KG kan sleep. Het julle enige voorstelle. Dit sal maar iets moet wees wat gemaklik vir twee 70 jariges is om in rond tery. Net geen Landrovers nie. Ek het 'n series 2 Disco gehad en toe gesweer dat daar nooit weer a Landrover op my perseel toegelaat sal word nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2016 @ 15:33:36 pm
Mr D
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 13 Oct 2015
Experience: 45 years
Hi Wilsur, waar woon jy, ek vermoed ek kan dalk dieselfde doen as jy. ek woon hier in die Oos Rand.
Loof en prys die Vader, want Sy genade is onmeetbaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2016 @ 16:02:37 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Jan, ek het n plasing gedoen op die ander draad. Sit nou met dieselfde probleem, maar... ek dink in my eenvoud dat indien jou wa gelaai is dat dit die binne voertuig se spec is, daar nie probleme behoort te wees nie. Daar is darem elk geval so 100kg wat op haak le ook, en by voertuig Gvm kom.
Ek noem die na afleiding van die terugvoer van weegproses wat eerstehands deur slepers gegee is.
Die naweek gaan loer watter voertuie swaar waens mag sleep. N paar groot bulle wat taamlik duur is, die Navara/Pathfinder, lyk na n goeie keuse. 3000kg wa.Lennie gaan smile as hy die sien.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2016 @ 17:02:39 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Hi Wilsur, waar woon jy, ek vermoed ek kan dalk dieselfde doen as jy. ek woon hier in die Oos Rand.

Danie

Ek is in Pretoria, vra Admin my e-pos dan stuur jy vir my een.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2016 @ 17:09:47 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Jan

Ek glo jy sal die regte vortuig van jou keuse kry wat se Tare meer as 1600kg is, hoe hoë die Tare van die voetrtuig hoe beter want jy wil nie hê die stert moet die hond swaai nie, in jou geval moet die Palma nie die sleep voertuig rond swaai nie.

My persoonlike keuse sal verkieslik een wees wat "AWD" is vir beter padhou vermoë, nie 'n 4 x 4 nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za