English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 604
Total Replies: 253 779
Total Views: 83 280 985
topics: 11 619
replies: 139 822
views: 39 360 141
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Namibia Toer Maart 2016

replies: 116
views: 25235
05 May 2016 @ 18:10:04 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Piet, jy mag maar.
Ek het n foto van verlede jaar se trip van Welwitchias waar lettelik honderde kewertjies op en onder die plant woel. Dit moet verseker hulle wereld wees want daar was wragties niks anders behalwe klippe in die omgewing nie.
Bly om te sien daar is nog wat kyk ook na die goedjies, nie net groot 5 nie, die verveel my elk geval.
Gaan loer bietjie waar Mirabib is, die wildernis in vanaf Swakop, daar het my hart behoorlik verloor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2016 @ 19:38:05 pm
Anonymous

Piet, jammer ek kaap nou so bietjielaughing

Herman, julle het net sulke pragtige natuur, Karoo het my hart gesteel, ons het swaar vertrek van Karoo Nationaal Park. Ons het daar (bo op Klipspringer pas) so mooi oranje-rooi en blou "koggelmandertjie" (ken nie sy regte naam nie) gesien. Hy was net te vinnig vir my kameracry

Dankie Piet, terug na jou toer.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2016 @ 13:08:32 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Pragtig Piet....
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2016 @ 13:34:52 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1595
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Dankie Piet,kry heimwee.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 06:56:30 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Johann ek sal uitkyk vir daai koggelmander,klink interesant. Was die kop rooi en lyf so blouerig, by Augrabies is daar sulkes. Hier by my kry mens die ou volkies, sulke skurwes wat partykeer so tjoepstil sit, asof hy versteen is, dan tel jy hom optel soos n speelding en beloer.
Piet, jy raak nou stadig met die fotos, ek geniet dit. Se maar as my deel in jou reis ongepas is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 08:44:30 am
Anonymous

Johann ek sal uitkyk vir daai koggelmander,klink interesant. Was die kop rooi en lyf so blouerig, by Augrabies is daar sulkes. Hier by my kry mens die ou volkies, sulke skurwes wat partykeer so tjoepstil sit, asof hy versteen is, dan tel jy hom optel soos n speelding en beloer.
Piet, jy raak nou stadig met die fotos, ek geniet dit. Se maar as my deel in jou reis ongepas is.

Dis hy Herman, dit was so mooi ons het gestop, ek wou foto neem, maar toe stap die outjie so tussen rotse in.

Ja Piet laai die fotos, ek sal tog nooit met my pad wa daai pragtige toer kan doen nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 08:46:34 am
Anonymous

Pragtig Piet....

Welkom terug Schalk, begin nuwe draad en vertel bietjie van jou trippie ooklaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 09:19:03 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Herman en Johann, ek is net baie bedrywig maar sal later vandag nog fotos oplaai. Bly julle geniet dit.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 10:34:23 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1209
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Piet, baie dankie dat jy jou genietinge en foto-dagboek vrylik met ons deel.  Dit is lekker om saam met julle in die Forum te toer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 14:10:50 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Piet, baie dankie dat jy jou genietinge en foto-dagboek vrylik met ons deel.  Dit is lekker om saam met julle in die Forum te toer.


Geniet dit Theo.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 14:25:14 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
N ander plek in Swakopmund wat jy moet besoek as jy daar is, is die Kristal Galery. Daar is die mooiste kristalle en edelgesteentes.
Is toe op pad en het die oggend sommer vis en skyfies geeet vir ontbyt op Henties baai by Mist Bay. Die volgende stuk wat kom is na Uis en die Brandberg.



Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 16:08:32 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Hiervandaan raad dit rof en ver in die vlaktes in. Hierdie klein padstal is van die Himba mense. Paar fotos van Die Brand berg en volgende week sak ek fotos opsit van die Gebrande berg. Hier by die White Lady kamp plek is nie krag nie en as jy braai hout daar koop betaal jy en gaan vat vir jou n hopie hout en dit is nie vasgebind nie.





Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 18:21:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17516
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Heeltemaal n ander wreld...geniet die foto's baie👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 12:03:30 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Nou op pad na Twyfelfontein. Het oor Sorris Sorris (Anixab) gery en van die paaie in die area is maar rof want nou weg van die hoof paaie af. Die laaste 74 km na twyfelfontein het ons so twee ure geneem. Aangekom by die die kamp plek, Aba-Huab Kamp waar ons lekker koue Tafel bier gekry het na n lang warm dag.
Hierdie is n baie lekker kamp plek maar die ablusie geriewe gee ek 1 ster, so het maar in die karavaan gestort.
Het die woestyn olifante net gemis en hulle was so 35 km verder die rivier af waar jy nie kan uitkom nie.
Die voeltjie op die bakkie se spiel is seker n wyfie.



Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 18:12:06 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1595
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Dankie,ek geniet julle toer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 18:21:54 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Geert en Dirk ja dit was n belewenis om die toer te maal. Bly julle geniet dit.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 18:33:08 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Hier is ons by die Gebrande Berg, dit is nie die Brand Berg wat alreed gewys het. Dit het so 150 miljoen jaar terug van onder uitgebrand tot bo. N baie besonderse natuur verskynsel. As ek skat is dit in opervlakte so 200 by 300 meter.


Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 18:53:51 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Baie eienaardig die gebrande berg. Op ons toer het ons vanaf Brandberg op n 2 spoor paadjie gery, nogal tydsaam met paar stukke dik sand en gery en by die Gebrande berg uitgekom. Langs die pad kry mens sulke klein kolle wat ook gebrand is.
Ons het die Olifante gekry met behulp van n local gids, maar amper 30 km in die rivier af gery. Toe charge een my ook nog, en ek was nie naby nie. Gids se dat my kar se kleur hulle laat skrik.
Was julle by die gemeenskaps kamp by Abba Huab? Sjoe daai ablusies is bitter erg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 18:58:24 pm
Anonymous

Piet, baie gaaf om die fotos so te sien, mens voel amper jy deel die toerlaughing

Op die tweede foto, en ook op twee ander, lyk dit of daar so waterfal is, of is dit soos een groot spinnerak?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 19:22:47 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek geniet regtig hierdie draad en al die pragtige foto's.  Ek was nog nooit in Namibië en twyfel of ek ooit daar sal kom.  Dankie Piet, jy maak ons regtig deel van jul toer en dit is so interessant.  Jul reisplan lyk fantasties, julle is baie bevoorreg om by al die plekke uit te kom.  Geniet dit en bly veilig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 19:26:44 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Johann daar is niks water in daai area nie, net ondergronds water.
Herman, jy moet bietjie terug blaai daar is fotos van ons kamp daar by Aba Huab en ook beskrywings. Ek het van gister tot nou so 6 groepe fotos gelaai. Jy will hulle mos vinniger he. Ha ha ha

Hier is nog fotos van n grand lodge daar in die verlore vlaktes met n paar interesante diertjies.
Volgend, so oor n paar dae sal ek die orrel pypies op sit.


Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 19:32:22 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Ek geniet regtig hierdie draad en al die pragtige foto's.  Ek was nog nooit in Namibië en twyfel of ek ooit daar sal kom.  Dankie Piet, jy maak ons regtig deel van jul toer en dit is so interessant.  Jul reisplan lyk fantasties, julle is baie bevoorreg om by al die plekke uit te kom.  Geniet dit en bly veilig.


Dis n plesier om te deel. Dit is sowaar n vooreg om so toer te kan doen en om so baie van die natuur te sien.
Bly julle geniet dit.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 20:42:59 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years
Dankie vir wonderlike foto's en saam toer op die draad.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 22:00:55 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1316
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Piet baie dankie vir die deel van jou toer. Geniet dit baie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 07:58:42 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Harry en Chris, dit is n plesier om te deel.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 13:57:44 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Die fotos laat my trug dink aan ons 2009 toer baie dankie. Die fotos is baie mooi.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 14:42:46 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Eks nou onderaan die bladsy en het sommer al die fotos tot sover gesien. Soos gese het dit gevoel of ek saam was.
Baie mooi, het dit geniet.

(Was langnaweek weer by riverside saam met kinders gaan vis)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 19:58:30 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Hier is n area wat vol Boesman tekening is. Kyk net hoe het hulle die kantoor laat saam smelt met die omgewing deur olie drom onderste aan n raam te sweis. Baie prakties en goedkoop. Daai ou plaas huis was eens n duitser sin maar hy het so honderd jaar terug tou opgegooi weens droogte.

Dan is daar die orrel pypies wat n snaakse verskynsil is. Die klippe staan almal regop en amper ewe groot en daar kom die maan vandaan. Dit kom net voor vir so 300 meter in n droe water sloot wat seker maar net een keer elke paar jaar loop. Nogal iets om te sien.



Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 20:04:59 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Van Tyfelfontein op pad na Khorixas ry jy deur die "Petrified Forest" of versteende woud. Die foto wys iets maar dis n belewenis om self daar rond te stap. Daar word beweer dat al hierdie versteende bome miljoene jare gelede van Egipte afgespoel het tot daar en versteen het oor al die jare. van die bome is meer as n meter in deursnee.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 16:44:48 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Van die Petrified Forest is ons na Outjo waar ons oornag het. As jy in die omgewing is kan jy gerus maar hier by Etotongwe gaan kamp. Baie mooi kamp en al die geriewe is netjies en skoon. Hulle is ook besig om nog uit te brei. Daar is ook n lekker restuarant waar ons lekker geeet het.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 17:36:24 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Van Outjo is ons na Etosha Park. In by Okaukuejo na Halali waar ons n paar dae gekamp het.Baie lekker daar gebly. Wat snaaks was is by die uitkyk pint oor die groot pan en jy kyk 180 grade en sien niks behalwe die pan wat so plat is soos n pannekoek. Is uit deur Namutoni hek en hiet het ons nou suidwaards gedraai huis toe.
Sal oor die naweek nog so paar fotos opsit.



Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 18:00:11 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Ai, hoe verlang ek nou weer. Daai uitkyk plek in die panne maak n snaakse indruk op mens, voel so half of jy op n ander planeet is.
Nou die dag mense raakgeloop in Kgalagadi wat kla oor die geriewe in Etosha, glo vreeslik verwaarloos. Hoe het jy dir ervaar Piet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2016 @ 20:04:14 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Ai, hoe verlang ek nou weer. Daai uitkyk plek in die panne maak n snaakse indruk op mens, voel so half of jy op n ander planeet is.
Nou die dag mense raakgeloop in Kgalagadi wat kla oor die geriewe in Etosha, glo vreeslik verwaarloos. Hoe het jy dir ervaar Piet.

Herman ons het die geriewe daar baie skoon en netjies ondervind. My seun was daar laas jaar in maart en hulle het dit net so haaglik ondervind. Miskien het hulle wakker geskrik. Vir die geld wat jy daar betaal verwag jy ten munste 3 tot 4 ster geriewe.



Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 13:04:04 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Op pad huis toe het ons in Tsumeb by Kupferquelle een aand gekamp. Wat n verrassing, van al die kampe op ons toer was hiedie kamp no 1 op ons lys. Sal hom 5 ster gee sonder twyfel. Mooi gras, baie koelte bome, Baie mooi geriewe en n vol olimpiese grote swembad. Sal n draai ry om daar te kamp as ons weer daar naby is.
In die Minen Hotel (Myn Hotel) het die duitser daar ordentelike grote eisbein vir ons gemaak.


Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 22:49:01 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Heng Piet, en n lekker porsie sauer kraut op die kant. Onlangs Tant Pompie se oorlog gelees, vertel van Tsumeb, wonder of daai swembad van die oorlogjare af kom.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 08:32:30 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Heng Piet, en n lekker porsie sauer kraut op die kant. Onlangs Tant Pompie se oorlog gelees, vertel van Tsumeb, wonder of daai swembad van die oorlogjare af kom.

Herman die swembad lyk redelik nuut, jy kan dit aan die teels sien. Wat ek gehoor het dis die eienaar van Kupferquelle wat dit laat bou het. Seker swem sy kinders goed of dalk word daar swem kompetiesies daar gehou.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 11:09:45 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Nog n baie mooi plek, 5 ster om te kamp naby Windhoek is Daan Viljoen Wild Tuin.Dit behoort aan die Sun Karros groep en daar word baie geld ingesit.
Jy was ook nog nie in Windhoek gewees as jy nie iets by Joe's Beer House geeet het nie.



Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 11:28:02 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Die Einde

Hoop almal wat die toer saam gevolg het, het dit geniet.
Vir ons was dit net eenvouding wonderlik om alles te beleef.


Hier is net die laaste paar fotos vir Herman.
Dit is op my vrou se neef se plaas geneem toe ons nog op pad terug was en daar by hulle gekuier het naby Aranos. Baie mooi Kalahari plaas.


Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 11:43:30 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3548
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
Piet, Ek, soos 'n paar duisend ander lede, het julle toer saammet julle geniet- baie dankie dat jy ons saamgeneem het. Net 'n vraag vir ons ouens wat ook so-iets beplan: Wat was julle kampeerkoste- s maar die hoogste en laagste met 'n skatting van die gemiddelde?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 13:47:31 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dankie Piet, hierdie was regtig uit die boonste rakke. En uitstekende fotos.
So Kalahari plaas sal ek enige dag op kan oud word, daai spasie.... Al gewonder of ek nie kan " plaas oppas" vir daai mense as hulle wil gaan vakansie hou nie, weet mos hoe werk die dinge.
Toevallig ken ek iemand wat op Aranos n plaas het, dr Willie Marais.

Daai wa met die skerp voorkant wat op van die fotos is, was dit deel van julle groep.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 13:59:58 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Piet, Ek, soos 'n paar duisend ander lede, het julle toer saammet julle geniet- baie dankie dat jy ons saamgeneem het. Net 'n vraag vir ons ouens wat ook so-iets beplan: Wat was julle kampeerkoste- s maar die hoogste en laagste met 'n skatting van die gemiddelde?


Frederick hier is n kort opsomming.

32 Dae
6200 km
966 L diesel
R9635.00 vir die diesel - ja diesel is baie goedkoper in Namibia.
R7343.00 vir verblyf
+- R4000.00 vir eetgoed en water. In die afgelee plakke is water R50.00 vir 5 lieter. Sluit ook onthaal in.
En dan nog n paar rand vir persoonlike goed.

Ons was buite seisoen daar en het niks vooruit bespreek nie en het orals maklik plek gekry.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 14:08:28 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Dankie Piet, hierdie was regtig uit die boonste rakke. En uitstekende fotos.
So Kalahari plaas sal ek enige dag op kan oud word, daai spasie.... Al gewonder of ek nie kan " plaas oppas" vir daai mense as hulle wil gaan vakansie hou nie, weet mos hoe werk die dinge.
Toevallig ken ek iemand wat op Aranos n plaas het, dr Willie Marais.

Daai wa met die skerp voorkant wat op van die fotos is, was dit deel van julle groep.


Herman daai wa met die skerp punt was saam met ons, dis n Mobi Lodge. Toe ons die grond paaie begin ry het jy swaar gekry, het baie stof in gekom en na elke dag moes hulle reparasies doen van goed wat gebreek het. Hy het eers weer mooi begin loop toe ons op die teer paaie begin ry het. Daai wa is nie gebou vir daardie toestande nie.
Dit was baie lekker daar op die plaas, ja tot ek sal daar kan oud word, so vreedsaam.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 14:37:34 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Danq. Vriend. Die toer was baie goed. Hahaha goedkoper as ve jou.. maar ek sal ook graag wil gaan. Eks bevrees met die elegance sal ons slegs op teerpaaie kan ry. My droom is nog die visrivier caneyon en etosha, , maar bevrees die tyd het uitgeloop. Miskien net dalkies.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 15:10:59 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Johan jy kan ry tot by die hoof kamp Namutoni in Etosha al die pad op teer, daar kamp en in die park rondry wat dan mooi grond paaie is, maar van die klein tussen paaie moet jy 4x4 ry as dit gereen het.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 15:28:34 pm
Anonymous

Piet,baie dankie vir die deel van die toer, duidelik was dit 'n reuse sukses as mens jou terugvoer so lees.

Die rustigheid is sommer aansteeklik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 16:26:06 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Piet pragtige verslag oor julle toer.

Vir die wat graag Namibie will besoek sonder 'n off road wa sal ek'n nuwe draad begin met fotos van waar ons gebly het en kostes. Ons her basies dieselfde plekke besoek tot by Swakopmund.

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 17:05:16 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5817
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

ASB. Jan

Ek wil dit gaan doen, verkieslik met die karavaan, hou nie van ander beddens na ek gewoond geraak het aan ons sin.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 17:15:55 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Piet pragtige verslag oor julle toer.

Vir die wat graag Namibie will besoek sonder 'n off road wa sal ek'n nuwe draad begin met fotos van waar ons gebly het en kostes. Ons her basies dieselfde plekke besoek tot by Swakopmund.

 

 

 


Baie goeie idee Jan. Jy moet so maak ek sal uitkyk vir dit.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 17:27:33 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Piet,
Baie dankie vir die deel.
Lekker saam getoer met julle.l
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 18:31:21 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3548
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
Baie dankie vir die syfers Pieter. Ek wag vir jou draad oor die die off road deel. Ek kan met my trein ligte off road aanpak hoewel ek verkies om nie te veel daarvan te doen nie- 'n mens moet jou toerusting se beperkinge ken.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 12:19:03 pm
Scallas
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 22 Apr 2016
Experience: 35 years

Route Namibia 2016Ons is nou besig om alles in plek te kry om te gaan. Alhoewel dit nog net oor 'n maand is voor ons ry het Piet my lus al erg gemaak en soek ek elke denbare rede om in die pad te val voor die beplande datum.
Dit maak mens net weer bewus hoe lekker is dit as ander mense ons gemeenskaplike Liefde deel vir die buitelewe en avontuur.
ek gaan verseker ook fotos en feite probeer neerpen en bewaar om te deel met almal.
Ons Roete is ietwat anders en ook nie vas bepaal behalwe die sewe dae by Erindi nie. Selfs on terugkeerdatum is nie vasgestel nie. Lekker man lekker

Today is the 1st day of the rest of my life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 13:22:52 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Scallas julle beplande toer lyk so lekker en ek verlang sommer al weer terug na ons toer.
Julle moet dit geniet en kom deel van julle plesier hier op die forum as julle terug is.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 13:32:26 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Schalk die roete van jou is baie die selvde as wat ons in2009 gedoen het, behalve dat ons deur die Kglagadie na Namibie gery en dan het ons oor Keetmans trug gekom. Dit lyk lekker.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 14:36:43 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5817
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek kyk ook na so toer, so 5,000km's

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 18:51:54 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Willem julle sal nie spyd wees nie. Namibia is n land om te bewonder. Geniet die beplanning want dit is deel van die toer.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 19:04:47 pm
Anonymous

Pieter baie dankie vir jou terugvoer en die foto's.  Wanneer die tyd reg is, is ons ook op so n toer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2016 @ 07:15:30 am
Scallas
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 22 Apr 2016
Experience: 35 years

Hallo Almal

Ons is terug van Namibia. Ek gaan nie nou oor my karavaan uitbrei nie behalwe dat mens moet uiters versigtig wees as jy so uitgerekte toer beplan in jou keuse van karavaan. Ek sal later so bietjie daaroor utbrei en ook foto's plaas. Ongelukkig het ons 'n gedeelte van ons toer moes aanpas as gevolg van probleme met ons wa. Weereens het ek besef dat die mooiste dele op die stofpaaie verskuil is.

Die land is soos goeie wyn wat net beter raak of dalk omdat ons ouer word neem ons net beter waar :-) . Mens verstel mos maar jou pas met tyd en kyk en sien regtig klein dinge raak wat nodig is.

Dit was baie droog in die Omaruru distrik . Op Erindi het ons gesien dat die diere gevoer moes word.

Ek sal ons oorstaan plekke en die pad ondervindige deel sodra ek kans kry sal ek dit6 begin oplaai.

 

 

Today is the 1st day of the rest of my life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2016 @ 07:21:59 am
Scallas
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 22 Apr 2016
Experience: 35 years

Piet het jy saam die man met die Mobi Lodge getoer? Ek verwys na die een wat langs jou wa staan by Kupfer Quelle

Today is the 1st day of the rest of my life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2016 @ 10:05:45 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Piet het jy saam die man met die Mobi Lodge getoer? Ek verwys na die een wat langs jou wa staan by Kupfer Quelle


Hi Schalk. Ja die Mobi Lodge was deel van ons groep. Hy het maar swaar getrek met baie reparasies op die pad.
Ons het net gisteraand by die huis gekom van n baie lekker toer deur die Kruger wildtuin en dele van die noorde. Besig met afpak vandag.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2016 @ 10:48:27 am
Scallas
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 22 Apr 2016
Experience: 35 years

Hallo Piet

Baie dankie. Die Mobi Lodge was op my kortlys na al my probleme met my karavaan. Ek stel baie belang in die Gecko. Baie dankei vir jou pragtige bydraes to die forum

Today is the 1st day of the rest of my life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2016 @ 10:48:44 am
Scallas
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 22 Apr 2016
Experience: 35 years

Hallo Piet

Baie dankie. Die Mobi Lodge was op my kortlys na al my probleme met my karavaan. Ek stel baie belang in die Gecko. Baie dankei vir jou pragtige bydraes to die forum

Today is the 1st day of the rest of my life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2016 @ 11:21:07 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Hallo Piet

Baie dankie. Die Mobi Lodge was op my kortlys na al my probleme met my karavaan. Ek stel baie belang in die Gecko. Baie dankei vir jou pragtige bydraes to die forum


Gaan kyk op hulle web site en facebook vir meer inligting, baie gelukkig met ons Gecko en die vervaardigers is baie nice mense. Bel hulle en praat met Keath of Alison as jy meer inligting soek.
http://www.gecko-offroad.co.za/
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2016 @ 15:17:55 pm
Scallas
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 22 Apr 2016
Experience: 35 years

 Hi Piet

Ek sou graag met die man met die Mobi Lodge wou gesels om te hoor watter soort probleme het hy gehad. Ek gaan binnekort kyk na die Gecko.

Groetnis

Today is the 1st day of the rest of my life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2016 @ 15:18:00 pm
Scallas
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 22 Apr 2016
Experience: 35 years

 Hi Piet

Ek sou graag met die man met die Mobi Lodge wou gesels om te hoor watter soort probleme het hy gehad. Ek gaan binnekort kyk na die Gecko.

Groetnis

Today is the 1st day of the rest of my life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2016 @ 16:06:52 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Hi Schalk. Stuur vir my n epos dan gee ek jou die informasie wat jy nodig het.

pietventer05@gmail.com

 

 

 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2018 @ 19:15:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17516
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Seeheim hotel afgebrand...

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za