English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 792
Total Views: 83 248 618
topics: 11 575
replies: 139 216
views: 39 342 630
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Namibia Toer Maart 2016

replies: 116
views: 25234
page 1 of 3
22 Apr 2016 @ 15:07:44 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Ons is terug en afgepak na ons fantastiese toer deur Namibia. Ek sal oor die volgende paar weke terugvoer hier gee en fotos plaas van waar ons was. Het dit baie geniet en geen teespoed gehad nie, nie eers n pap wiel nie.
Hier is n paar fotos van Ai-Ais en Hobas. Die Vis rivier Canyon was iets om te sien daar naby Hobas.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 15:33:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Pragtige foto's...sien uit na die res. Bly julle het so voorspoedig gereis.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 15:39:55 pm
Scallas
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 22 Apr 2016
Experience: 35 years
Julle moet foto's en ondervinding deel. Ons gaan vanaf die 5de Julie tot 21 Julie Namibia toe.
Today is the 1st day of the rest of my life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 17:24:40 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Mooi Piet. Ek het al die Visrivier gestap, dit was n ongelooflike erfaring, was skoon weemoedig toe ons klaarmaak. As die lyf net hou, gaan dit weer gedoen word.
Sien uit na die volgende stukkie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 17:45:39 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Piet mooi ons is 29 April by Ais Ais en dan op Noorde toe.

Herman-  ek het ook al die Visrivier gestap.  Daai melkweg in die aande iets besonders. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 18:28:19 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Dankie julle almal. Soos ek tyd kry om fotos af te laai en te bewerk sal ek fotos opsit met kort beskrywings.
Hier is n paar fotos van die Canyon Roadhouse. Hier het ek my lekkerste hamburger geeet in my lewe.
Die Roadhouse is op die pad van Hobas na Seeheim so +-15 km vanaf Hobas.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 19:33:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Besondere decor👍...mal daaroor!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 19:47:12 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Bly julle het die mooi wereld geniet.Dankie vir die mooi fotos,wag vir die res.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 20:03:42 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Piet dis seker n toer n reis wat by julle sal by bly dankie vir die deel ek voel ek toer saam
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 09:02:25 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Piet dis seker n toer n reis wat by julle sal by bly dankie vir die deel ek voel ek toer saam

Shaun jy is reg, sal hierdie toer nooit vergeet nie.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 13:34:44 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Hier is n paar fotos van Kolmanskop waar daar vir diamante gesoek was vroeg in die 1900's Hulle was goed ingerig vir daai tyd met heelwat plesier en kuier plek. Van hulle het in weelde geleef en nou bly die spoke daar. Van die geboue val nou al inmekaar en na so paar honderd jaar sal daar nik wees nie. Daar word nog diamante daar gedelf sowat 35km van Kolmanskop.



Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 14:35:04 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Hierdie is van Luderitz. Het twee aande hier gekamp en was gelukkig om nie daai sterk wind te kry nie. Is n baie aangename plek en het lekker see kos hier in die hawe geeet. Daai een foto wys wat n windstorm hier kan doen waar die trein spore toegewaai is op die punt van n sand duin. Al daai sand moet nou eers verwyder word voor die volgende trein kom.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 18:02:56 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Pragtige fotos Piet, bly om te sien jy het mooiweer gehad. Laaste keer wat ons daar was, het so sandstorm ons op die pad gekry, windskerm, ligte was dof geblaas, en ek het vrekstadig gery. Ander man met Opel het gemeen spoed is die antwoord, in Luderitz aangekom is storm rustiger, en daar staan die Opel met n neus wat nie n stukkie verf op het nie, en sy voorruit was asvaal.



👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 14:40:56 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Bly lekker plekke om te besoek. Dankie vir die deel. Het die wind gewaai by Diaz Punt? Het jul die wilde perde gesien?
Sien uit na die opvolg fotos.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 15:45:41 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Edge ons was baie gelukkig toe ons by Diaz Punt gekamp het, daar was ontrend geen wind nie. Ja ons het heelwat wilde perde gesien. Sal met die tyd nog fotos laai.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 16:11:34 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Kom nou Piet, waars nog fotos. En vertel tog sommer voor die tyd wat julle roete was, wil so in die gedagtes saamry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 16:58:02 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Kom nou Piet, waars nog fotos. En vertel tog sommer voor die tyd wat julle roete was, wil so in die gedagtes saamry.

Herman ek gaan nog baie fotos laai oor die volgende paar weke van baie interesante plekke.
Ons het toe oor hierdie roete gery.

Van die huis af
Upington
Ai-Ais
Hobas
Keetmanshoop
Kokerboom woud
Klein-aus-vista
Luderitz/Kolmanskop
Betta
Sesriem
Sossusvlei
Solitaire
Walvisbaai
Swakopmund
Henties
Brandberge
Twyfelfontein
Khorixas
Etosha
Tsumeb
Grootfontein
Otavi
Windhoek
Daan Viljoen Wildtuin
Mariental
Aranos
Kokerboom woud vir een aand se slaap
Huis toe
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 17:42:01 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Magties dit was n lekker toer, sien uit na die volgende fotos. Noem jou oorstaanplekke asb,ons raak soms maar gatvas en bly waar jy al was. Tyd vir iets anders.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 19:56:16 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Dankie,as n gewese inwoner van die mooi land ,raak die fotos aan my hart.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 07:02:55 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dankie vir die pragtige fotos.

Hel, maar dit is skoon en netjies daar, tot die sand is nie eers deur mekaar nie. Alles op hul plek.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 10:39:21 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Piet,
Oos Herman sê, waar het jul oorgeslaap.
Ek wil graag weet waar jul by Otavi geslaap het (ons het daar naby afgetrek in 'n kwarrie langs die pad).
Dan waar het jul by Aranos geslaap. Ek dink dat ons later die jaar net noord van Stampriet gaan oorbly by die rooi duin kamplek.
Sal jou antwoorde waardeur.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 13:34:15 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Piet,
Oos Herman sê, waar het jul oorgeslaap.
Ek wil graag weet waar jul by Otavi geslaap het (ons het daar naby afgetrek in 'n kwarrie langs die pad).
Dan waar het jul by Aranos geslaap. Ek dink dat ons later die jaar net noord van Stampriet gaan oorbly by die rooi duin kamplek.
Sal jou antwoorde waardeur.

Edge ons het toe nie in Otavi oorgebly maar het oornag by Kupferguelle on Tusmeb. Baie nice plek.
My een neef boer daar naby Aranos en ons het twee aande daar by hulle oorgebly. Net voor Aranos oorkant die slagpale draai ons regs so 25km tot by sy plaas.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 17:00:23 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Herman ons het die eerste aand gekamp in Upington by Oranjerus, mooi plek met baie gras maar die sekuriteit is nie op standaad nie. Het toe daarvandaan gery deur die grens to by Ai-Ais en daar gekamp vir twee nagte. Baie warm gewees met 40 grade in die dag en 30 in die aand. Het lekker daar geswem en die kamp area is nie sleg nie.
Hiervandaan was dit na Hobas, Canyon Roadhouse, Seeheim na Kokerboomwoud waar ons die volgende gekamp het. Baie nice en still, reg langs die woud. Die eienaar het ook n paar cheetah's daar en jy kan saam met hom in die kamp gaan as hy hulle voer.
Hierna het ons gekamp by Shark Island Camp in Luderitz. Het beplan om in Klein Aus Vista te bly maar hulle rekenaar stelsel was af toe ry ons maar deur tot by Luderitz.
Kan miskien net se dat ons niks vooruit bespreek het nie en dit was lekker want jy was nie gebind aan n program wat se wanneer jy moet ry nie.
Hier is n paar fotos by die Kokerboom woud . Hier is ook n Koringkriek wat ek nie ken nie.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:52:54 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Baie mooi, lyk of daar krag is by Kokerboomwoud ?
Ons het so ent van daar gekamp by Mesausorus se boskamp, net so mooi, maar baie eenvoudig.
Klein Aus Vista se staanplekke te opmekaar, sommiges, en dan hoor jy heeltyd die bure. Ook n overlander trok gehad daar, te woelig na my smaak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 22:18:01 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Pragtige natuur foto's👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 07:12:46 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 996
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

My vriende het ook Saterdag teruggekom vanaf so toer deur Visrivier/Luderitz/Sousousvlei ens........Dit is nog op my bucket lys.

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 07:25:36 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dit bly maar mooi.

Dankie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 16:46:31 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Herman by die Kokerboomwoud is krag en jy staan ver uitmekaar, baie lekker daar.

Van Luderitz is ons na Klein Aus Vista waar ons links gedraai het na Helmeringhousen maar net voor Helmeringhousen het ons links gedraai op die pad wat tussen die woestyn en die berge loop na Betta waar ons die aand gekamp het. Een van die mooiste kampe in die verlate vlaktes. Die ablusies is silver skoon en elke staanplek het sy eie braai en afdak soos op die foto Daar was ook krag by elke staanplek maar die warm water in die ablusies werk nog met n donkie, kyk op foto..
Betta is maar net die kamp plek, n klein winkel, en jy kan brandstof daar kry. Alles behoort aan die plaas boer.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 18:32:45 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Piet, hoe lus raak ek nou vir daai Tafel lager ! Proe heel anders daar in die woestyn.
Gaan Betta n nota van maak, my soort plek, en geniet dit om met die boere te gesels, altyd baie vriendelike mense. Sommige van die Duitsers so bietjie "upstairs".
Ek gaan waag om te se dat daar dalk n paar Exclusives vir Gecko's ingeruil word na die einde van jou terugvoer !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 17:08:20 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Piet, ons het op die selfde campplek gestaanop Betta.
Sundowner gedrink op daai selde uitkyk toring.
Beeste was die aand afgelaai toe on daar was oorkant die pad by die kraal, met 'n groot lawaai tot laat die aand.
Lekker rustig en sal weer daar oorslaap indien ons in die omgewing is.
Hoe het die Gecko gesleep en het hy voldoen aan al die verwagtinge?
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 17:19:03 pm
Anonymous

Piet, dit lyk sommer aansteeklik, dalk my Penta verkooplaughing

Dankie vir die deel, dit lyk of dit 'n toer uit die boonste rakke was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 20:20:45 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Piet, ons het op die selfde campplek gestaanop Betta.
Sundowner gedrink op daai selde uitkyk toring.
Beeste was die aand afgelaai toe on daar was oorkant die pad by die kraal, met 'n groot lawaai tot laat die aand.
Lekker rustig en sal weer daar oorslaap indien ons in die omgewing is.
Hoe het die Gecko gesleep en het hy voldoen aan al die verwagtinge?

Die Gecko is n droom karavaan. Al die luuksheid wat jy will he. Hy sleep soos n droom. Nie een dag enige probleme onder vind nie, was totaal stof dig en water dig. Een van die ander karavane wat saam gery het moes elke dag reperarasies doen en stof uitvee.
Kan sonder om te skroom die Gecko aanbeveel vir iemand wat van die teerpad af gaan.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 20:26:41 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Piet, dit lyk sommer aansteeklik, dalk my Penta verkooplaughing

Dankie vir die deel, dit lyk of dit 'n toer uit die boonste rakke was.


Johann dit was n toer wat nie vergeet sal word nie. Dit is so lekker as jy n toer beplan en alles loop 100%.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 20:49:01 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek wil dit ook nog doen want lank terug met die Flossie net oor gevlieg Walvis toe, voor dit was ons met die Vloot 2 x in Walvis in '73.

Herman, nie maklik nie.  "Ek gaan waag om te se dat daar dalk n paar Exclusives vir Gecko's ingeruil word na die einde van jou terugvoer !"

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2016 @ 04:29:17 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Piet dankie vir jou terug voer. Die lus drup nou vir so n toer. Dit is baie leersaam indien lede so terugvoer gee oor hul ervaringe en roetes wat gevolg is. Asook oor eerstehandse inligting ten opsigte van kamp plekke en besiens waardighede.

In jou opinie, kan so n toer met n pad woonwa gedoen word?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2016 @ 08:48:35 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Piet dankie vir jou terug voer. Die lus drup nou vir so n toer. Dit is baie leersaam indien lede so terugvoer gee oor hul ervaringe en roetes wat gevolg is. Asook oor eerstehandse inligting ten opsigte van kamp plekke en besiens waardighede.

In jou opinie, kan so n toer met n pad woonwa gedoen word?


Nee Chris ek sal dit nie aanbeveel nie. Meeste van die C paaie is in goeie toestand maar daar is plekke wat jou wa uitmekaar sal val vernaam op van die D paaie en meer in die noorde van Namibia. Ons het maar rowwe paaie gery op plekke, sal nog later inligting en fotos hier gee.
As ek n teerpad karavaan het en wil so toer aanpak, dan sal ek n off-road wa huir.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2016 @ 16:36:03 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Ons volgende kamp was in Sossos Oasis in Sesriem. Daar is twee kampe, die een by die winkel en die nuwe een meer na die vliegveld se kant toe,ons het in hom gekamp. Daar is ook n mooi swembad met helder skoon water in, wat n lafinis. Die ablusies is nuut en alles is mooi skoon maar n styl wat pas in die bos, kyk maar op die fotos. Hier is ook n paar fotos in Sossosvlei en duin 45. Die een foto van die laaste paar km tot by Sossosvlei is maar genoeg diep sand en sit maar die 4x4 aan en ook diff lock as jy het.



Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2016 @ 16:48:41 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Piet pragtige fotos.  Ons  is môre in Ais Ais en dan volg ek jou voetspore.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2016 @ 16:51:35 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Piet pragtige fotos.  Ons  is môre in Ais Ais en dan volg ek jou voetspore.



Geniet elke dag Jan en moet nie jaag nie.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2016 @ 17:03:30 pm
Anonymous

Piet, van die fotos lyk soos skilderye, prentjie mooi.

Dankie vir die deel, mensig maar Namibia het 'n betowering van sy eie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2016 @ 16:00:40 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Paar fotos van Solitaire en op pad na walvisbaai. Solitaire is baie bekend vir sy lekker "Apfelstrudel" wat daar gebake word, smaak ook heerlik. Die pad is ook in n baie goeie toestand gewees toe ons daar gery het.
Naby Walvisbaai ry jy op die soutpad en dit is die beste pad om te ry, baie beter as teerpad. Net links van Walvisbaai is groot sout fabriek wat sout by die tonne maak.
Die hawe is ook baie interesant met baie klein winkels en eek plekke. Duisende Flamingos is te sien daar as ook heetwat Pelikane.
Ons het verby gery tot op Swakopmund waar ons gekamp het.
Meer daaroor volgende keer.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2016 @ 19:38:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Weereens pragtige foto's...dankie👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2016 @ 07:04:17 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Pratige plekke en fotos! Watter omie is jy Piet,
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2016 @ 08:01:09 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Pratige plekke en fotos! Watter omie is jy Piet,

Herman dit is ek en my vrou wat daar by die "Tropic of Capricorn" staan.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 18:11:10 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
En nou Piet ? Daar is nog n lang pad wat nog nie aandag gekry het nie. Van die mooiste kom nog.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 18:15:16 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
En nou Piet ? Daar is nog n lang pad wat nog nie aandag gekry het nie. Van die mooiste kom nog.

Hi Herman. Ons gaan more na Bloenfontein skou toe maar ek sal weer goed opsit Donderdag. Ja daar is nog heelwat interresante goed wat kom.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 16:50:58 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Swakopmund is n baie nice dorp en ons het dit geniet om vir n hele paar dae daar te kamp by Alte Brucke. Elke staanplek sy eie ablusie geriewe en het mooi grasperke, iets wat baie skaars is in Namibia. Daar is n lekker restuarant op die punt van die pier en jy kry die gevoel van om op n boot te wees daar. Ook by Tiger Reef lekker geeet wat reg op die strand is. Het oos van Swakopmund in die woestyn in gery en gaan kyk na die maan landskappe soos op die foto gesien kan word daar groei niks hier nie, dis baie mooi hier. Het toe verder gegaan na die Welwitschia Plains, en gaan kyk na die welwitchia plante. Daar is manlike en vroulike plante en die verskil is te sien in die blomme soos ek gemerk het op die fotos. Hierdie plante is honderde jare oud, en hulle kan tot 1500 jare leef.
Hiervandaan gaan ons na Henkiesbaai en dan weer binneland toe.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 22:06:45 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Magtig Piet, ek pak sommer more, ek mis daai wereld darem te veel.
Ons bly ook altyd by Alte Brucke in Swakop. Gebruik die tyd om wasgoed te laat was en lekker te eet. Die Brauhaus in die dorp het die grootste Eisbein denkbaar, en lekker laaaang biere.
Iets geleer van die Welwitchia, sal oplet volgende keer. Wat mens byval by hulle is die klein eco sisteem om die plant, verskillende insekte wat daar oorleef.
Waar is die landskap foto geneem, laaste op die string, lyk of dit uit lug gedoen is. Is jy die goeie fotograaf Piet.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2016 @ 09:21:03 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Magtig Piet, ek pak sommer more, ek mis daai wereld darem te veel.
Ons bly ook altyd by Alte Brucke in Swakop. Gebruik die tyd om wasgoed te laat was en lekker te eet. Die Brauhaus in die dorp het die grootste Eisbein denkbaar, en lekker laaaang biere.
Iets geleer van die Welwitchia, sal oplet volgende keer. Wat mens byval by hulle is die klein eco sisteem om die plant, verskillende insekte wat daar oorleef.
Waar is die landskap foto geneem, laaste op die string, lyk of dit uit lug gedoen is. Is jy die goeie fotograaf Piet.




Herman ek het meestal die fotos geneem en my vrou die ander. Die van die maanskap is geneem van soo uitkyk area vat bietjie hoogte gee. Daar is van die insekte wat van die een Welwitchia na die ander gaan en so word hulle dan bestuif. Sal foto van een wys.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2016 @ 09:40:24 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Hier is daai goggas Herman

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2016 @ 17:47:26 pm
Anonymous

Baie goeie foto, dankie vir die deel.

Die skepping is darem wonderlik, elke ding het sy doel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 3
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za