English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 522
Total Replies: 252 732
Total Views: 83 244 865
topics: 11 571
replies: 139 178
views: 39 340 550
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Weegbrug : Is jy al persoonlik met jou karavaan afgetrek ?

replies: 73
views: 11705
page 1 of 2
22 Apr 2016 @ 10:11:57 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Die interessante twee drade op hierdie forum en ander sosiale media-platforms oor die weeg van karavane by weegbrûe, het my laat wonder hoeveel van ons is self met ons karavane by 'n weegbrug afgetrek ?

As jy dalk so 'n insident beleef het, vertel ons 'n bietjie daarvan :-

  • Waar het dit gebeur ?
  • Wanneer het dit gebeur ?
  • Hoe het die proses verloop ?
  • Wat was die uiteinde van die storie ?

Die rede hoekom ek vra is dat die inisieerder van een van die gesprekke het "verneem" van so 'n geval, maar het nooit weer na 'n maand se gesprekke daaraan deelgeneem nie.

Ek glo die meeste van ons wil graag binne die wette van die land optree en daarom word daar so gespook met die onderwerp.  Dit sal tog interessant wees om uit die "perd se bek" te verneem van 'n persoonlike ervaring van 'n karavaan weegbrug insident.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 11:52:48 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Nee wat, dink dit gebeur net op die N7 soos ek gehoor het. (hulle kort seker meer geld daar)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 12:01:38 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Jis Len, ek het ook vir Henk gevra waars die manne wat afgetrek was.
Wil ook hoor wat was die prosedures.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 12:51:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Sal ook graag iemand se bevinding wil hoor. Dink dit kan n onaangename demp op jou vakansie wees as daai manne jou ophou vir n paar uur weens onwete n paar kg's oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 17:37:53 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Die afgelope paar weke by hele pasr verby, niemand loer eers nie.
Wat ek wel sien is n teken wat swaar voertuie verplig om af te trek, en van die was die toue lank genoeg om hulle lekker besig te hou.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 20:27:12 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Na 8 ure het 221 ouens reeds hier gelees waarvan niemand nog kon getuig van self afgetrek nie !

Storm in 'n teekoppie ?  Kom ons wag nog 'n bietjie en kyk wat pop uit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2016 @ 20:53:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Die oorspronklike draad is net voor die lang naweek geplaas...daar moes baie lede op daai pad gewees het wat ook weegbrug moes gebruik. Weekliks...nou al n maand later... gebruik daar baie manne daai pad op pad na Buffelspoort toe ensovoorts en niemand het nog gepraat dat hul deur weegbrug moes gaan nie...begin ook wonder of dit nie maar n klip in die bos is nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 05:20:56 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek is volgende week by Buffelspoort en ry 2000km vanaf Kaapstad tot in Punda Maria op 2 Mei by 'n hele klomp weegbrûe verby. As ek ooit afgetrek word, sal ek seker die eerste een wees wat op hierdie draad persoonlik daarvan kan getuig !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 07:35:34 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek is volgende week by Buffelspoort en ry 2000km vanaf Kaapstad tot in Punda Maria op 2 Mei by 'n hele klomp weegbrûe verby. As ek ooit afgetrek word, sal ek seker die eerste een wees wat op hierdie draad persoonlik daarvan kan getuig !


Moet nou nie spoke opjaag nie man! Ek ry omtrent dieselfde pad as jy.

Is jy ge-"gear"vir mre se eerste skof tot Karoo Nasionale Park?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 08:10:05 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Chris, ek wed jou 'n bier by Punda dat nie ek of jy by een weegbrug afgetrek sal word nie !

Jip, ek is so te sê reg om môreoggend 06:00 hier weg te spring. Na gister se storm windstil en oopgetrek hier by ons vanoggend.

Ek sien op van die forums die ouens ry nou weer oor Louise Trichardt Punda toe  -  die betogers is nou weer rustig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 10:52:36 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Lennie, julle moet die toer geniet.  Klink of dit baie lekker gaan wees en hoop jy het die stormwind van gister in die Kaap gelos en dat dit jou nie volg nie.laughing  En hoop julle het geen weegprobleme nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 10:56:59 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ons gaan volgende naweek ook by daai berugte weegbruk verby, maar hoop om darm binne perke te wees.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 12:02:42 pm
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 31 years
Len/Chris
Vertrou julle het 'n "weegbrugvrye" veilige reis.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 12:43:36 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years
Ek is vol vertroue dat ons die weegbre gaan vryspring Koos. Ek volg so ampertjies in Len se spore via Karoo Nasionale Park (vir 6 aande) en dan gedeeltelik N12-langs tot Klerksdorp waar ek wegswaai Rietspruitdam toe. Tussenin slaap ons oor by Riverside Country Club en van Rietspruitdam af is dit Klein Kariba toe. Al drie laasgenoemde is slegs een nag oorstane. Maar dan wag Punda (vanaf 5 Mei) waar ons 39 nagte in die wildtuin begin. Sien uit daarna om jou in Punda te ontmoet - en weer vir Len ook te sien.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 12:59:03 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Voorspoedige reis almal en lekker kamp. 

Lennie daai wind is nou in Durban. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 19:02:21 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years
Ai Jai Jaa Lennie dankie vir die interresante draad, Almal wil die bobbejaan agter die berg gaan haal maar niemand weet waar hy is nie.Kyk na al die kommentaar en ek kon sweer daar is al baie van ons lede deur die weeg brue Nou jou interresante vraag en sjoe stilte
Lekker naweek verdere
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 19:52:19 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

My teller op my rekenaar sê nog 1 slapie dan vertrek ons.  Nouja, hierdie 1 slapie is vanaand.  Dankie vir al die goeie reis-wense en verskoon my nou asb.  -  ek wil nou gaan slaap dan kom môre-oggend gouer !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 20:03:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Veilig reis en geniet elke oomblik😁👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 21:24:38 pm
Anonymous

Ek is hier in die Kaap verby Beaufortwes en ook by Paarl verby weeg brue, maar glad nie gepla deur die manne nie.

Gaan maar in elk geval die gewigte laat klop Mei maand, met die movers ens by, vat dit al my payload weg.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2016 @ 23:19:03 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 22 years

Ek is self nog nooit afgetrek nie en het ook nog niemand met 'n karavaan gesien wat afgetrek is nie.

Ons moenie gaan slapende honde wakker maak nie.

Hopelik reis almal maar so lig as moontlik. As hulle wel begin weeg, word selfs die wie se kombinasies wettig en gewigte reg is verontrief. Tans is dit seker 'n geval van hulle kan, maar dit is nie die moeite werd nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 17:35:28 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2190
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Nou ja daar was almal op hol gejaag vir niks!!!!!!!!!!!
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 17:49:43 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Gelukkig sorg die storm in die koppie dat almal nou gaan probeer om sy sleep goed "wettig"te kry.
Of dit nou waar of wolhaar is maak eintlik dus nie saak nie.
Feit is die wet word oortree. Ons moet maar sorg dat ons dinge reg is. Moenie oorlaai nie. As jy onseker is kry jou wa se tarra en bvm reg.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 19:23:15 pm
Anonymous

Ekdink ook dis n gieie wakker skrik, maar ek dink 99% van sleoers weet nie eers van die storie elkgeval nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2016 @ 20:00:39 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ekdink ook dis n gieie wakker skrik, maar ek dink 99% van sleoers weet nie eers van die storie elkgeval nie

Jy is 100% reg Brommer.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 06:55:04 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9760
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dink ook n spook of twee is wakker gemaak.
Geniet die reis en veilig sleep.

Weegbrug groete.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 08:11:04 am
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 28 years

EK het voor die daai langnaweek gesien dat hulle karavane afgetrek het by die weegbrug, ek self het nog nie daar verby gesleep nie.  Ek is wel n paar keer die afgelope maand daar verby en kyk elke keer of ek karavane daar sien maar het nog nie weer nie. Ek en my swaer het net die naweek gesels daaroor en gewonder of daar al weer iemand daarna afgetrek is en of hierdie nou net n "langnaweek of vakansie ding" gaan wees.

Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 08:53:18 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
Verstaan van julle nie....as my wa leeg (dws geen battery aircon of tent en pale) meer as die Tarra op die plaatjie weeg het Jurgens CI sekerlik bedrog gepleeg? Ek sal wel kan aanvaar dat daar 'n seker mate van tolleransie kan wees bv 5%. Ongeag die wa se ouderdom is en bly dit dus hulle verantwoordelikheid om dit reg te stel teen hulle koste? Hoekom moet ek daaarvoor Pa staan? Kyk bv na al die drama rondom VW (en dalk nou ook Mitsubishi en Merc) se besoedelings syfers en brandstof verbruik waar die vervaardigers dudielik gekroek het, tog seker geen verskil as dit by my wa se (korrekte) Tarra kom nie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 09:00:36 am
Anonymous

So mense, gaan julle begin saamstem oor die ingenieurs met wit jasse? Haha! So rukkie terug het ek mos gese hulle is jakkalse :) mens moet minder begin glo wat al die vervaardigers vir ons vertel, en eerder self seker maak... want wie se verantwoordelikheid is dit dat jy wettig op pad is? Jou eie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 09:09:04 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Ekdink ook dis n gieie wakker skrik, maar ek dink 99% van sleoers weet nie eers van die storie elkgeval nie



Brommer, ek dink almal weet so in die stilte maar steur hulle nie daaraan nie. My swaar se as hy by die brug kom sal hy bekommerd wees intussen laai en kamp hy.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 09:12:57 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Daai wit jas aan die roer by jurgens het my belowe hy sal na my toe terug kom want hulle is konsuis met ingeneurs besig om na hierdie dinge asook die krake bokant deure te kyk. Manne van Loftus het ook belowe.

Dink ek gaan lank wag.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 14:13:13 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

So mense, gaan julle begin saamstem oor die ingenieurs met wit jasse? Haha! So rukkie terug het ek mos gese hulle is jakkalse :) mens moet minder begin glo wat al die vervaardigers vir ons vertel, en eerder self seker maak... want wie se verantwoordelikheid is dit dat jy wettig op pad is? Jou eie



Gedra vir jou, ek het 'n wit jas en ek is NIE 'n jakkals nie :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 14:47:14 pm
Anonymous

Ek dink nie Jurgens lieg nie, hulle bevark net die publiek deur nie die volle prentjie te skulder nie.

Die doppe (lee proto type) wat weegbrug toe gaan het nie batetry, pale en tente of anker penne in nie, hulle beweer wel dat latere modele die spaar wiel insluit, maar NIE die batery nie.

Wat ook 'n rol speel, is ons wat movers en aircons insit, dit is waarom ek nou met oorgewig sit voor ek gelaai is. 

Ek wil egter die stelling maak dat my gevoel is, dat Jurgens tog die syfers in 'n mate verklein om meer verkope te kry, ten koste van ons.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:05:24 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Daai wit jas aan die roer by jurgens het my belowe hy sal na my toe terug kom want hulle is konsuis met ingeneurs besig om na hierdie dinge asook die krake bokant deure te kyk. Manne van Loftus het ook belowe.

Dink ek gaan lank wag.

Ek het dan gedink jy het al andwoorde gekry want jou karavaan was dan by Loftus ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2016 @ 18:20:40 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Oops, verskoon die vorige pos is nie inlyn met die vraag nie.

Ons was ook nog nooit by enige weegbrug afgetrek nie, was wel deur pad blokkade in die Kaap waar hulle lekker gesels het.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 11:06:24 am
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Oct 2007
Ek was afgetrek die Vrydag voor die paasnaweek by Rustenburg. Ek het 4 ure later toestemming gekry om te ry. Ek was een van weinig karavane wat nie oorlaai was nie. Die manne wat oorlaai was, moes net daar van die oortollige gewig ontslae raak en dan weer oor die weegbrug gaan voordat hulle verder kon ry. Hulle het ook baie groot boetes gekry

Dit het omtrent 'n uur geneem voordat jy geweeg was en as jy oorlaai was was dit nog 'n verdere 3 ure. In my geval het ek die mense se produktiwiteit bevraagteken en is toe gestraf om in die oorlaai ry te staan.

Ek is 07h15 afgetrek en kon 12h00 ry
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 11:24:08 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dave, jy sal vir ons moet verduidelik hoe die proses verloop het. Is die kombinasie saam geweeg? is die karavaan apart geweeg vir die se Gvm? Watse plaatjies of lisensie- skyfies is beloer. Wag in spanning.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 11:51:40 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Baie dankie vir die reaksie Dave,

Wil jy nie asb as jy 'n tydjie het vir ons Bende die hele prosedure verduidelik nie.

Hoe weeg hulle.

Gebruik hulle die voertuig en die wa se "plaatjie data" of kry hulle dit outomaties van die stelsel af.

Word gewigte per as bereken of hoe werk die hele besigheid.

Jou kommentaar sal hoog op prys gestel word want hier is manne wat groot planne wil maak om waens te her - weeg en ander plaatjies te laat opsit maar as hulle (Verkeer manne) die data van 'n sentrale basis af kry gaan dit boggerall help jy sit met grand nuwe plaatjies.

Soos jy beleef het gaan dit ook nie help om daar met Konstabel Abel in 'n woordewisseling te raak nie, want HY is die MENEER en hardegatgeit of om hom te probeer oortuig jou plaatjie is reg as sy masjien sê dis verkeerd, is so goed soos was jou agterent met poef.

Jy gaan verloor en jou vakansie opfoeter, so wat maak ons nou.?

Deel asseblief bietjie meer as jy nie omgee nie.

Baie Dankie -- Andre

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 12:12:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 12:19:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Op die ander draad was daar lede wat genoem het hulle het vriende wat werk by ander weegbrue. As hulle miskien meer kan uitvind by hul vriende en vir ons hier vertel...was dit n once-off oefening of n ding wat permanent ingestel gaan word...laat weet ons.....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 14:38:47 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Baie dankie vir die reaksie Dave,

Wil jy nie asb as jy 'n tydjie het vir ons Bende die hele prosedure verduidelik nie.

Hoe weeg hulle.

Gebruik hulle die voertuig en die wa se "plaatjie data" of kry hulle dit outomaties van die stelsel af.

Word gewigte per as bereken of hoe werk die hele besigheid.

Jou kommentaar sal hoog op prys gestel word want hier is manne wat groot planne wil maak om waens te her - weeg en ander plaatjies te laat opsit maar as hulle (Verkeer manne) die data van 'n sentrale basis af kry gaan dit boggerall help jy sit met grand nuwe plaatjies.

Soos jy beleef het gaan dit ook nie help om daar met Konstabel Abel in 'n woordewisseling te raak nie, want HY is die MENEER en hardegatgeit of om hom te probeer oortuig jou plaatjie is reg as sy masjien sê dis verkeerd, is so goed soos was jou agterent met poef.

Jy gaan verloor en jou vakansie opfoeter, so wat maak ons nou.?

Deel asseblief bietjie meer as jy nie omgee nie.

Baie Dankie -- Andre

 



Vra vir Konstabel Abel of hy dalkies honger is en van 'n KFC of Wimpy sal hou :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 15:58:20 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Ek het dan gedink jy het al andwoorde gekry want jou karavaan was dan by Loftus ?



Ek was mos by Neil Loftus, Hy het belowe om na my terug te kom rakende enige besluite wat die witjas brigade van jurgens te se het.
Het nie my wa in gevat nie omrede hy alreeds die supports ingehad het.
Clive het ook belowe om terug te kom sodra hulle witjas uitgevind hetmaar kon behalwe die "cpy &paste" kon hy niks verder se nie. Net daai elle lange verduideliking stuur wat ons nou almal al van weet.

Se mos ons gaan lank wag want dis nie die fabriek of die handelaar wat voor die weegbrug staan nie. En jy sien mos wat gebeur as jy hardekwas word.
Di manne staan en val wat die wet se en ons sal die spit afbyt totdat ons die fabriek aanvat. Hetsy mooi praat of wat ook al.
Ons maak dit nou maklik ve die fabriek deur oor te registreer en dis dit.

Gaan net werk as ALMAL van nouaf nie meer koop aleer jy nie weegbrug kaartjie het nie. Dan sal die handelaars ook die fabriek begin aanvat.
Want dan verdrink hulle saam saam.
Sal op hierdie forum moet bly raadgee en uitsprake maak tot die totale karavaan bevolking weet. En ook in die tydskrifte se wat ons MOES doen om aan te hou kamp.

Hierdie draad en die ander wat was en nog gaan volg moet net warm gehou word.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 16:26:03 pm
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Oct 2007
Hulle gebruik die plaatjie asook die voertuig se plaatjie.
Hulle weeg elke as met die weegbrug. Onthou, die gewig wat die sleepstang uitoefen op die voertuig kom van die GVM af van die voertuig. Dit los jou nie met baie speling in sekere gevalle nie en in baie gevalle was die voertuig oorlaai as daar 4 groot mens binne in was .

Hulle neem ook die totale kombinasie se gewig in ag om die sleepvermoe te bepaal.
Daar was 'n persoon wie se kombinasie oorlaai was maar nie die karavaan of die individuel voertuig nie. Dit het iets te doen gehad met die vervaardiger se plaatjie van die kar. Ek het net so halfpad geluister
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2016 @ 18:02:24 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dave, ek verstaan so wat jy verduidelik.
Die voertuig met insittendes , met karavaan gehak se 2 aste gewig bymekaar getel mag nie die voertuig se Gvm mag oorskry nie.
Die karavaan se as word geweeg, en die mag nie die Gvm daarvan oorskry nie.
Nou word gekyk op plaatjie wat die voertuig mag sleep. Dus kan jou voertuig alleen reg wees, die wa kan reg wees, maar die wa te swaar vir voertuig volgens plaatjie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 08:37:50 am
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Oct 2007
Dis reg Herman.
Die ou wat die minste boete (R500) gekry het se kombinasie was oorlaai.
Dit was 'n Golfie met 'n ouerige Sprite
Van die manne het tot R2000 boete gekry.
'n Persoon wat sy kleindogter saam gehad het moes sy dogter van Witbank af laat kom het om van die goed oor te laai voordat hulle verder kon ry.
Dit was beslis nie 'n storm in 'n tee koppie nie
Kyk wat gebeur met die kombinasie gewig as jy 'n Exclusive het en jy sleep hom met 'n gelaaide Fortuner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 08:40:50 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Dis nogal n tegniese verduideliking. Dankie. Maar die konstabel sal n ingeneurs graad benodig om dit self te verstaan.
Hahaha
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 08:56:18 am
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Oct 2007
Daar is niks tegnies nie.
Jy kry 'n drukstuk en daarop verskyn sommer die boete ook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 09:23:18 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Skies, weer van die onderwerp af.

Ek begin eerder 'n draad met voorstelle vir die gewigs probleem.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 09:44:48 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Dankie Wilsur.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 09:59:57 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Daar is niks tegnies nie.
Jy kry 'n drukstuk en daarop verskyn sommer die boete ook.



Dave, ek het dit eerder as n grap bedoel.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 10:03:09 am
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 28 years

Ek is volgende week by Buffelspoort en ry 2000km vanaf Kaapstad tot in Punda Maria op 2 Mei by 'n hele klomp weegbrûe verby. As ek ooit afgetrek word, sal ek seker die eerste een wees wat op hierdie draad persoonlik daarvan kan getuig !


Mooi ry Lennie..ek ry selfde pad van 23 Mei..gelukkig mis ons daai gevaarlike bruggie!!
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2016 @ 13:33:06 pm
Anonymous

Ek was nogal altyd van mening die gewig moet reg wees... of ons daarvan hou of nie... net jammer ons kan nie die vervaardigers se data vertrou nie, want hoe weeg die bt50 4x2 en 4x4 dieselfde? Strooi!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za