English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 530
Total Replies: 252 795
Total Views: 83 248 972
topics: 11 576
replies: 139 218
views: 39 342 823
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Augrabies hidro kragstasie ?

replies: 9
views: 6055
13 Apr 2016 @ 20:32:52 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
So sien ek n hele klomp dik leers le by ontvangs, gemerk vir "public input" en beloer dit.
Voorgestelde Hidro Elektriese Kragstasie by Augrabies. Water word voor valle afgekeer, en na n paar kilometer weer in rivier terug geplaas. Toe staan my nekhare regop, vol voorbedagte opvattings en ongegronde impakte. Onthou nog die Epupa valle dam in Namibia, wat regtig n groot bekommernis was, of dalk nog is.

Begin maar deurblaai, en vra of ek by blyplek kan deurkyk, en so dit ek vanmiddag en lees deur baie van die EIA verslae van wetenskaplikes, van water kwaliteit, rivier echo sisteem, plante , diere, grond, sosio ekonomiese inpak, geraas,en nog meer,regtig fakgebiede wat mens min mee te doene het.
Die grootste probleem vir ons ongeligdes is, dat dit die valle sal droogle. Die voorgestelde ontwerp van keerwal, sal n minimum hoeveelheid water altyd oor valle laat vloei, gelykstaande aan n droee tydperk. Tydens vloede sal turbines afgeskakel word agv te hoe sediment in water, dus sal die spekatekel van die vloede altyd bly.

My beskeie mening is dat dit dalk nie n slegte gebruik is van natuurlikke bronne nie.





👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 22:45:45 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years
Hulle moes dit al lankal gedoen het
Daar gaan darem baie water verlore wat kan krag verskaf
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 06:33:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit is regtig goedkoop manier van krag opwek. Maar deur beter beplanning sal ons darem nie die totale Vallle verloor nie.

Hulle sê mos dat die turbines afgeskakel word met groot volumes water. Dus sal die water sekerlik dan soos normaal vloei.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 07:29:33 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

As hulle net wil luister sal dit in ons eie land ook beter gaan.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 09:05:10 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Herman ek sit nou en dink, in Desember toe ons daar verby is, het ons die masiewe groot son energie opgaar monster net buite Upington  gesien, en nou noem jy die voorgestelde Hidro opwekking altwee het hulle voordele, maar albei laat groot letsels op die mooi Kalaharie omgewing.  Mens wonder of die Hidro stasie nie dalk so 100 na 200km verder stroom op gebou kan word nie?

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 09:34:58 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Would spoil the landscape at Augrabies as well as Epupa Falls. There are many people who visit these places as tourists and this generates a lot of money. Both rivers can be used at other less tourist impact places to do the same job and just funnel the water back to the rivers, so as not to impact the Falls.
They are now building a three car wide gravel road along the Kunene which will make this a tourist hiway instead of a 4x4 route. This is already almost at Swartbooi's Drift, last I heard. Then it is already a gravel road from Kunene River lodge to Ruacana Falls from where it is a tar road. The wilderness is dissapearing with Sani also almost ready to be tarred.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 10:19:53 am
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Toekomsvisie ontbreek dikwels teenoor die korttermyn voordeel wat verkry word.Kantlynspelers moet dalk meer ernstig benader word.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 19:27:39 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 875
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years
http://mg.co.za/article/2014-03-13-augrabies-on-hydropower-hit-list
hier is hulle
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 21:58:22 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Het heeldag gery, lekker blikners, maar staan by Strandfontein aan die Weskus.
Die Augrabies voorstel, sal gladnie sigbaar wees nie. Ondergrondse kanale, turbinekamers en kragleiding tot n punt vanwaar dit by n substasie hoogdpanning raak en dan bogronds by netwerk invoer.
Als gebeur aan die " oorkant" van die valle, maw die Mier grondgebied.
So die inpak op toerisme is nul, en vloei oor valle permanent.
Fred, daai Solar Generator het ek toevallig vandag gesien en later bespreek met n klompie jong wetenskaplikes van WWF. Dit is n effe van n blaps, en bankrot op die stadium.
Fred, I traveled those roads less than a year ago. From Ruacana to Swartboois is a normal dirt road, 2 spoor in some places. This was how I experienced it in 1977. From Kunene river Lodge, a few kilos upstream ftom Swartboois, there is a road in progress to Epupa falls, but was halted because of landmines left after the bush war. This will remain an ofroad section, but would take a few hours out of your travelling time.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2016 @ 07:05:27 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ja Herman dit is 'n duur blaps, mense in die omgeewing nie baie impressed daarmee nie. Sal goed wees as die Augrabies projek nie sigbaar sal wees nie want . En soos Stef hier bo noem moes dan dalk lakal gedoen gewees het.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za