Wesseltjie you must put on commersial/bakkie tyres on the van. Reason being they have stronger side walls for the load bearing of the caravan. I would still put commercials on the Caravette 4 (as well as the spare).
Wessel, baie welkom en lekker saam gesêls
Ek stem saam met bo genoemde ivm kommersiële (bakkie) bande, dit het hoër dra vermoë.
Kyk op die baande se "side wall" daar sal jy sien hoe oud isjou bande, onthou, bande het 'n 5 tot maks 6 jaar leef tyd.
Ek heg vir jou 'n foto van hoe die datum stempel lyk aan. Die bande is eerste twee syfers is die week van die jaar, en die tweede twee is die jaar van vervaardiging.
Op die foto is dit dus week 42 van 2013 vervaardig.
Wat jou spaar wiel betref, solank hy nie ook te oud is nie, en regte band druk, (vir ligte wa, sou ek 2.6 tot 2.8 bar aan beveel) sou ek sê, hou dit vir nood geval.
Maar, as jy dit wel moet gebruik, ry maar liewer stadig tot by naaste handellaar en kry jou regte band weer gesond.
Net my 2c
Welkom hier by ons. Bly jy vind die dinge waaroor ons gesels insiggewend. Maar dit sal mos want ons praat oor kamp.
Jy moet maar kyk wat is die bruto voertuig massa (GVM) van jou Caravette en dan kyk wat is die bande se dra vermoë. Kom ons sê die GVM is 860kg dan moet die dravermoë van die bande bymekaar getel meer wees as dit.
Dit is maar eintlik net die "Commercial" bande wat mens 'n gerustehart dra vermoë gee. Jy kan seker die spaar wiel so hou want dis net 'n nood wielmaar dan moet jy hom sien as 'n noodwiel en stadiger ry as jy hom moet gebruik. Steeds sal ek seker maak dat sy klasifikasie van so aard is dat hy helfte van die Caravette se gewig kan dra.
Ek het gelukkig op 'n swaar/maklike manier geleer van bande op jou karavaan. Eerstens het my broer se karavaan papband gekry as gevolg van krake in bande toe ek nader inspekteur het ek 'n skok gekry oor hoe diep die krake tussen die groewe van die band is.
Ek het gesien hoe lyk dit as 'n band onklaar raak en die stukke rubber slaan die karavaan voordat daar gestop is. Die skade op die ou einde meer as R40 000 en dit omdat mens nie die band eerder na 5 jaar wou vervang nie want "Hulle lyk mos nog goed.........."
Kry maar die beste want spyt kom altyd te laat. R40 000 teenoor R2000 daar is nie 'n vergelykking nie.
Klein krakkies is definitief die tyd waar die band al vervang moes gewees het. Voor ek van beter geweet het, het ons ook so gery en `n band bars gehad. (gelukkig op die hoofweg sonder karre naby). Ek dink dit kon anders ge-eindig het as dit op `n enkel pad met `n draai of twee gebeur het. Van die insident af gaan ek maar op die verval datum.
Beste is druk jou hand maar in die sak en koop ordentlike bande. Ja dis duur maar wat is dit vir jou werd om tussen êrens en nêrens NIE met 'n papwiel te sit nie.
Want as 'n band nie reg is nie los hy jou doer in die vlaktes langs die pad nie in jou erf naby die motorhuis waar als gemaklik en naby is nie.
Nog iets om aan te dink is die vrag en dra vermoë van jou karavaan. Gaan lees "Weegbrug tussen Rustenburg en Brits" as jy nog nie daarby uitgekom het nie.
Die verkeers beamptes begin hul messe slyp vir karavaan slepers.
Stem, met spaar wiel sal ek nog kans vat (mits daai band nie ook al te oud is nie) en teen lae spoed aan karring tot naaste hulp punt, maar my kar en karavaan se bande is net kwaliteit en op standaard goed genoeg.
Ek dink mens moet maar jou karavaan bande met die spaar wiel periodiek ruil, help ook nie jy sit met spaar wat tien jaar oud is, en op die oog af "lyk" dit nog goed vir 1000de kilometers nie.
Kyk by Dunlop zone, Hulle stock Duran wat n commercial band het in 13`s het maart laasjaar R550 per band betaal. N vriend van my ook van hulle toe opgesit en hy het al baie km die jaar op dit gesit en is baie happy. Ek self kan ook nie kla oor wat hulle doen nie.
Kyk by Dunlop zone, Hulle stock Duran wat n commercial band het in 13`s het maart laasjaar R550 per band betaal. N vriend van my ook van hulle toe opgesit en hy het al baie km die jaar op dit gesit en is baie happy. Ek self kan ook nie kla oor wat hulle doen nie.
Wessel, baie welkom en lekker saam gesêls
Ek stem saam met bo genoemde ivm kommersiële (bakkie) bande, dit het hoër dra vermoë.
Kyk op die baande se "side wall" daar sal jy sien hoe oud isjou bande, onthou, bande het 'n 5 tot maks 6 jaar leef tyd.
Ek heg vir jou 'n foto van hoe die datum stempel lyk aan. Die bande is eerste twee syfers is die week van die jaar, en die tweede twee is die jaar van vervaardiging.
Op die foto is dit dus week 42 van 2013 vervaardig.
Thanks johan, you've been a great help to me as well
TA
I have had commercial bakkie tyres on my Gypsey for many years and have never experienced any problems . Just keep the tyre pressure around 2.8 bar, same as the rear tyres of your car for good stability. Don't forget to reduce your car tyre pressuer again when not towing. I always carry a good quality tyre pressure pump with me when caravaning.