English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 460
Total Replies: 252 134
Total Views: 83 212 544
topics: 11 534
replies: 138 829
views: 39 325 315
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Yskas vir Carvette 6 - 220V

replies: 11
views: 4192
03 Apr 2016 @ 15:52:30 pm
Lorene
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 11 Oct 2007
Experience: 27 years
Ek wil graag weet wie ek kan kontak in Bloemfontein area om vir my 'n nuwe yskas in te bou in ons Carvette 6. Die ou klein yskassie het gelukkig nou finaal die gees gegee. Ek het gedink om 'n nuwe yskas in te bou. Sou dit wys wees of moet ek eerder net die karavaan se huidige yskassie laat regmaak? En wie kan ek kontak vir dit? As ek 'n nuwe yskas inbou, sal ek my bestaande kassie moet verander - so ek benodig kontak details asb??
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2016 @ 18:32:34 pm
Anonymous

Lorene, verander jou huidige yskas vir pak plek. Die C6 is groot genoeg om 'n 220 V yskas in te sit.

Maak net seker dat hy deur die karavaan se deur kan kom, gewoonlik is die toelating so +/- 500 mm.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2016 @ 18:33:23 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years
Ek het ń elektriese yskas in my ryhuis ingebou tesame met ń inverter selfgedoen dit het my R13000 gekos dit is ń duur episode
Graag wil ek weet wat het dit julle gekos wat dit reeds gedoen het
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Apr 2016 @ 19:20:28 pm
Anonymous

Ek het een in my swaer se Supersport gesit, nie 'n lekker job nie. Goeie afmetings gedoen om die yskas by die deur te kry. 

Kostes, Yskas was R2300-00 en my arbeid ' n kas Millers van R 190-00laughing. Inverter uitgelos omrede ons nie ver kamp nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr 2016 @ 07:46:15 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Hi Lorene, 

'n Pyp op my C6 se yskas het gebreek en ek oorweeg 'n selfdoen groter yskas - kyk mooi - almal waarsku oor die deur (52 cm behoort te doen) - kyk ook na die hoogte anders sal jy ook die kas bo moet sny.

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 16:11:53 pm
Lorene
Bronze Member
74% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 11 Oct 2007
Experience: 27 years
Ek soek reeds 'n yskas wat sal inpas waar die huidige karavaan yskassie gestaan het om in te pas. Blykbaar sal die Hisense inpas en dan hoef ons nie die kassies bo te sny nie. Maar nou sukkel ek om die yskas in die hande te kry. Lyk my hier in Bloem is hul beperk!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 16:23:21 pm
Anonymous

 Toe ek nog die C4 gehad het, het die KIC so gelyk na insit

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 06:42:57 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Hi Dennis,

Dit is presies waarteen ek waarsku - my "dakkas" regs gaan deur waar die bokant van die yskas staan.

Ek sê nie dis 'n probleem nie - ek is seker ek kan die kas af sny.

Die keuse is die groter yskas en verloor 'n kas of effens kleiner yskas en behou die kas.

 

Kan jy dalk vir my sê waar die yskas orals vasgemaak is?

Die gewone karacaan yskas is net onder vas. Ek glo nie dis voldoende (sterk genoeg) met die ekstra hoogte nie en moet sekerlik erens bo vas wees om te keer dat dit nie in die ry onder uitskeur en omval nie.

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 07:23:16 am
Anonymous

Onder versterk met 50mm x 5mm dik Flatbar onder buitekant die vloer asook aan binnekant van vloer en met 6x Hex bolt - 10mm x 75mm kank vas gemaak. 

Bo die yskas agter met 3x 25mm Angles wat geheg is aan die yskas en wat ook vas gemaak is aan die kas wat gesny is. Het al rowwe paaie gesleep soos bv. die Fortuna grondpad van +/- 8km en nog nooit 'n probleem gehad nie.

Ek het nog net eenkeer 'n klein probleem opgetel en dit was toe ons Weesgerus toe gaan, het die boonste deur oopgegaan om 'n draai en al die gevriesde vleis het plek op die vloer gesoek. Gelukkig was die voorste gordyn oop geskuif en het dadelik gesien wat gebeur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 15:27:57 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Dankie Dennis

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 17:26:32 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Kyk na Snowmaster se yskaste, heelwat modelle wat lekker smal is. Word in sommige motorhomes gebruik. Dubbeldeur en het n slotjie wat alby deure sluit.
Myne kon ek deur die vloer vasbout deur dieselfde gaatjies te gebruik waar voetjies aan monteer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 07:22:16 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Hi Herman,

Ek is net bang met die hoogte op verkeerde stuk pad of uit swaai dat yskas sal omslaan.

Ek sal meer gemoedsrus hê as ek plek bo kan kry om vas te maak, soos Dennis daar sê.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za