English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 530
Total Replies: 252 795
Total Views: 83 249 000
topics: 11 576
replies: 139 218
views: 39 342 842
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kgalagadi en dan Weskus idees

replies: 26
views: 10403
28 Mar 2016 @ 21:48:47 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Ons ry Sondag tot by Karoo N Park en dan na Twee Rivieren by Kgalagadi. Na dit het is daar n week of twee vir die terugkom, en gewonder of daar dalk idees is waar om te staan aan die Weskus.
Sal eers stop by Augrabies en dan N14 vat na Springbok. Van daar is Kleinsee die eerste kusdorp, maar ken dit gladnie, suid le Hondeklipbaai...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Mar 2016 @ 23:28:56 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 533
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 45 years
Dag se Herman Kleinsee is n myn dorpie met geen karafaan park nie as ook Hondeklip baai wat net n vises dorp is Jou eerste dorp met n lekker karafaan park is Strandfontein,dan Lambertsbaai ,Dwarskersbos ,Velddrif ,Vredendurg na Saldanha ,Langebaan ,Yserfontein Melkbosstrand Hoop dit help darem
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2016 @ 07:14:12 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dankie Keith, gaan jou op hoogte hou van ons roeringe. Was jy al onlangs in die Namakwa N Park, ek verstaan dit loop nou tot teenaan kus met n paar staanplekke teen die see.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2016 @ 08:38:02 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9765
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Gaan groot Ou Groote en geniet dit.

Hoor julle het lekker ren gehad.



As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2016 @ 08:42:30 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years
Herman tussen Hondeklipbaai en Kleinsee is ń kampplek Kooingas self in Hondeklipbaai het kampplek
Dan al langs die kus vanaf Hondeklipbaai tot by die Groenrivier is daar inhamme waar jy kan kamp jy sal daar van jou 4x4 wreld
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2016 @ 08:52:47 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Daar is verskeie kampplekke in die Namakwa N Park. Almal geen water, krag of ablusie nie. Alles wat jt invat moet jy uitvat. 

Nie seker of Jurgie opgewasse is vir die bestemmings nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2016 @ 08:58:03 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dag se Herman Kleinsee is n myn dorpie met geen karafaan park nie as ook Hondeklip baai wat net n vises dorp is Jou eerste dorp met n lekker karafaan park is Strandfontein,dan Lambertsbaai ,Dwarskersbos ,Velddrif ,Vredendurg na Saldanha ,Langebaan ,Yserfontein Melkbosstrand Hoop dit help darem

Toe ons laas daar was het Kleinzee Caravan Park nog bestaan. Probeer die nommer 0278770028

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2016 @ 21:58:41 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 533
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 45 years
Kyk as mens wil rof kamp kan mens enige gaaitjie in kryp Ek myself hou nie van rof kamp nie dus kamp ek op plekke waar daar oordentlikke geriewe is Ander mense kan sommer onder n bos kamp My seun is so ry met n 130 double cab Landrover Defender wat toegerus is met al sy kamp goed met n roof top tent Ry al die agter paaie en kamp in die bos hou nie van karafaan parke nie Het onlanks die hele Lesotho plat getoer
Ja daar is plekke langs die weskus waar mens kan kamp maar sal dit nie waag met n gewone karafaan nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Mar 2016 @ 22:02:43 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 533
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 45 years
Terloops Herman passop vir daardie rond looper Leeu wat ontsnap het by Karoo NP Ha ha ha
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2016 @ 06:16:41 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Lyk my Sylvester is bang vir my baard, verlede jaar toe ons op pad was KarooNP, toe kruip hy stert tussen die bene daar deur die draad.
Benkie, ons hou van stiller,kleiner kampe sonder te veel swembaddens en vermaak. Die mense wat jy oor die algemeen op sulke plekke raakloop, deel normaalweg dieselfde waardes.
Kleinzee het laat weet dat hulle pad baie sleg sinkplaat is op die stadium, maar ek sal hulle weer kontak net voordat ons vertrek by Kgalagadi, hulle het baie plek beskikbaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2016 @ 10:39:15 am
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 28 years
Ek stem saam met Bienkie se plekke met n paar uitsonderings Herman .Ek sal by Garies kus toe draai na Namakwa se groenriviermond(jy kan my fotos gaan kyk deur te soek by groenriviermond) , daar het jy nie 4x4 nodig nie , van daar kan jy 4x4 al langs die Namakwakus afry.Kamp het mooi lapa elk met longdrop skoon toilet...daarna Strandfontein,dan,Dwarskersbos ,Yserfontein, almal beskermd teen die wind
Lekker toer
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2016 @ 11:48:44 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Herman ons het nou Desember die pad van Beaufortwes na Kakemas oor Loxton Carnarvon Vanwyksvlei en Kenhardt gery. Hy was in 'n redelikke goeie toestand, stowerig maar mooi. Die wereld was mooi, maar baie droog gewees. As julle hom wil ry, maak net seker Jurgie is mooi stof dig toegemaak.

Ons het hom net Kakemas na Beaufort gery ons het ongeveer 8 uure gery. Ons het so 2 uure op Kenhardt gekuir by vriende van Janet en diesel op Vanwyksvlei by die koop gekry.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2016 @ 12:12:33 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Oi Willie, daai is regtig mooi. Dit lyk na n moet vir my.....
Fred, daai is n vreeslike mooi pad, ry dit altyd Noorde toe, as ons tentkamp. Die keer moet ek grootpad ry van Beaufort tot in Upington voor die son sak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2016 @ 12:14:56 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Dit is 'n lang ent mooi ry.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2016 @ 14:06:57 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
Herman, Elansbaai is ook heel inressant maar die hele dorpie is maar primitief, dog met baie atmosfees. Groot munisipale park reg op die strand met ietwat twyfelagtige ablusies, maar die hotel net daarnaas het so vyf plekke met heel aanvaarbare ablusies.

Tietiesbaai by Paternoster is baie mooi maar primitiewe ablusies en geen krag, maar die omgewing vergoed mildelik daarvoor. Buite vakansies omtrent leeg. Paternoster is baie gesellig met uitstekende restaurantjies. Dis die soort plek waarheen mensweer en weer wil terugkeer.

Lienkiesklip by Langebaan so te s langs Club Myconos dalk ook die moeite werd maar bietjie afgeleef.

Geniet die toer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2016 @ 14:11:46 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Geniet dit Herman en ry veilig.   Alles wat mooi is vir julle.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2016 @ 17:37:19 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years
Klink na n lekker trip.

Ook op my bucket list.

Onthou die foto's wanneer jy gaan.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2016 @ 18:47:01 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Jurgie onder sy afdak uitgekruip, staan op die werf, blink gewas. More inpak, Saterdag ry ons.
Dankie vir al die inligting, gaan kyk of ons die trip bietjie kan uitrek, het mos tyd.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2016 @ 19:14:09 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Herman julle moet dit geniet. Tyd is mos jou eie. Gebruik ditcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2016 @ 20:43:13 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years
Herman,neus in die lug, wiele op die grond,saggies met die regtervoet op die petaal,geniet en laat ons weet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2016 @ 20:53:05 pm
Anonymous

Herman, julle moet vrilig sleep en dit geniet, wag op fotos om die trip as regtig te bewyslaughing

Geniet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2016 @ 15:10:30 pm
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 28 years
Herman, Elansbaai is ook heel inressant maar die hele dorpie is maar primitief, dog met baie atmosfees. Groot munisipale park reg op die strand met ietwat twyfelagtige ablusies, maar die hotel net daarnaas het so vyf plekke met heel aanvaarbare ablusies.

Tietiesbaai by Paternoster is baie mooi maar primitiewe ablusies en geen krag, maar die omgewing vergoed mildelik daarvoor. Buite vakansies omtrent leeg. Paternoster is baie gesellig met uitstekende restaurantjies. Dis die soort plek waarheen mensweer en weer wil terugkeer.

Lienkiesklip by Langebaan so te s langs Club Myconos dalk ook die moeite werd maar bietjie afgeleef.

Geniet die toer.

Jy het seker klaar jou beplanning gedoen, maar wil net se as jy nog nie by Tietiesbaai was nie, dan mag jy dit nie mis nie!!
Nog nooit n problem gehad met sekuriteit nie, hoor maar net of daar ook n paar ander kampers is


Mooi ry!
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2016 @ 09:46:48 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Strandfontein is regtig baie lekker. In seisoen kan dit dalk bietjie te beknop raak, maar die strand sal opmaak daarvoor.
Vanoggend ver gaan stap, en n uitgespoelde " Porpoise" gekry, nogal groot met n paar happe uit, net van kleinerige haaie. Snaaks, die bek voor lyk of dit sonder been is, en hang so pap. Sal later vanmiddag met laagwater weer gaan loer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2016 @ 10:18:38 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years
Herman, julle moet dit geniet.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2016 @ 19:06:29 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Toe bly ons vir 4 dae by Strandfontein, en alhoewel ons maar bietjie bekommerd was oor wat die naweek gaan gebeur, was dit heerlik. Ek kon ver stap, en dit werklik geniet,, die kniekoppe is lekker los gewerk.
Daai snaakse dier kon ek toe opspoor , dit is n baie skaars spesie bekend as True's beaked Whale.
More gaan ons Tietiesbaai toe, seker net vir n paar dae, Vonnels verlang na ons huisie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2016 @ 19:52:56 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Herman ek kyk nou na jou foto 2 dae terug.  Ek hou van jou maklike manier van kamp!!  'n Tafel, 2 stoele en 'n besem.  Dit kan werk vir my, geen harde werk.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2016 @ 20:52:34 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Freda, ou Jurgie het als ingebou, van flatscreen tv, microgolf, stoof, opwasbak tot n aircon, dubbeldeur yskas, die groot bed met die mooi vrou in. Die badkamer kort nog, gedink om met sinkplate ietsie agter aan te bou later as ons behoeftig raak, vir nou kom ons reg.
Als amper soos n Sensation, net meer kompak,
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za