Op pad na Dwarswegstrand het ons een aand by die Karoo Nasionale Park gekamp. Is baie beindruk met hulle standaarde daar, seker die beste van al die parke wat ek al in was.
Was in 2013 daar vir 2 nagte en dit was baie lekker gewees
Ons was 2 jaar gelede daar. Wil baie graag weer gaan. Ja, daai skilpad is omtrent liefdevol.
Herman daai skilpaaie is nog daar en aan die gang. Dit lyk of daar minder van hulle as twee jaar terug, toe was daar baie. Die keer net so 7 gesien.
Ja Johan die Jan Frederiks is daar baie mak, so ook die vinke en die ander voels in die kamp.
Dankie Edge.
Die plaveisel by die staanplekke is 'n aangename verrassing !
Ons is weer daar vir twee dae op 24/4 oppad Kruger Wildtuin toe. Ek stem saam, 'n uitstekende bestuurde wildpark en kampeerplekke. Altyd 'n plesier om daardie deel van die Karoo te ervaar !
Die skilpad-bordeel in die kamp-area is al vir jare in bedryf, en as hulle dit op die sementpad doen, is die sleep van die mannetjie se dop se stertkant 'n eienaardige geskuur !