En toe wen die perdeby die geveg? Sou dit amper nie kon glo nie, siende die verskil in grootte tussen hulle. Moes baie interessant gewees het om te sien. Klink of hy sommer reg was vir baklei, wou jou ook sommer aanvat. Seker gedink jy wil sy prooi buit?
Dis nou iets om te kon sien, mens sien dit nie baie, dankie vir die deel van die fotos Herman.
Die natuur is maar wonderlik, die perdeby le haar eiers in die spinnekop, die larve eet dan die spinnekop en die levens sieklus begun weer.
Mooi geneem Herman, dit is baie interesant.
Lekker man Pieter ek het die een nou geniet........Ha Ha Ha.
Dankie herman mooi
Behalwe vir sy pynlike steek het hy die voordeel van vlug. Daai spinnekop het nie 'n kans gehad nie.
Die natuur is wonderlik. Hoe meer ek kyk na wat daar gebeur, hoe meer wil ek kyk. Het netnou op die dierekanaal weer gekyk na die Big Cats en al hul maniere, gewoontes ens. Die man wat die praatwerk gedoen het, was tog te kostelik met die manier wat hy alles wat hulle doen, beskryf het. Een stukkie het ek baie interessant (en amusant) gevind. Tydens "mating" is die spesie darem baie bedrywig! Die wyfie geniet dit gladnie, sy verdra dit net omdat dit moet gebeur. Sy het ook haar voorkeure en as sy nie van die mannetjie hou nie, wil sy niks met hom te doen hê nie. Leeu wyfies hou bv. van 'n mannetjie met lang, donker maanhare, sy glo hy gaan makliker die eindresultaat bewerkstellig. Die proses van bymekaar kom hou omtrent net vir 20 sekondes aan, maar dit gebeur so 40 keer in een dag, vir omtrent 6 dae aanmekaar. Daar is selfs 'n moontlikheid dat dit tot 100 keer 'n dag tussen tiere gebeur. En toe wys hulle hoe albei van hulle, moeg en uitgeput, in die gras neerval na so 'n sessie. Was baie snaaks.
Hoe is daai nou vir 'n rowwe storie op die forum????
Nee, Herman dis nie my hoek nie. Dit is wat die kommentator gesê het. Die hele program was baie komies aangebied. Maar dit is wonderlik om hulle te sien in al hul verskillende fasette, jag, kos steel by mekaar, hoe hul tande, tonge en kloue werk, kleintjies grootmaak, wegkruip voor hul prooi bespring ens. Maar dan kan ek soms net so op my stoep sit en selfs miere dophou, wonderlik om te sien hoe hardwerkend hulle is.