English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 305
Total Replies: 250 378
Total Views: 83 152 977
topics: 11 431
replies: 137 646
views: 39 291 202
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Maak miere dood..

replies: 37
views: 12728
25 Jan 2016 @ 15:18:43 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek het die maklike en goedkoop raad gekry om miere dood te maak.

Meng saam met 'n bietjie water, gelyke hoeveelhede van:

Bikarbonaat (baking soda)

Versiersuiker (icing sugar).  Moet die fyn suiker wees, nie gewone suiker nie.

Sit bietjies van die oplossing, in 'n plat houertjie, waar jy miere kry.  Die suiker lok die miere maar hul vrek van die soda (wat hul gewoonlik nie aan sal eet nie).  Dit veroorsaak blykbaar 'n gas in hul maag.  Hul dra dit ook na die nes.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
25 Jan 2016 @ 15:31:23 pm
Anonymous

Dit klink na 'n goekoper manier as om Blue Death of Baba poeier te koop.

👍
0
💔
0
😮
1
🙂
1
25 Jan 2016 @ 15:44:07 pm
Matt1
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 67
Joined: 17 Dec 2014
Experience: 23 years

Met die gas in die miere se maag, gaan dit n groot geraas afgee terwyl jy kamp? tongue-out

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 15:47:03 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Shame arme ou mierkies, wil ook leef.
I love camping all year round
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 15:50:39 pm
Anonymous

Kyk, nou gaan ek miere gas gee.laughing

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 17:24:16 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Ek moet daai een probeer, die miere maak my suurlemoenbome erg vol luise, net more waneer die reen opklaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 19:04:18 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4661
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Dankie virrie raad nou gaan julle mollie
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 19:12:03 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1188
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Herman, bly oor jou reën.   My swaer boer by Jacobsdal en het self nou anderkant die draad gaan staan om nat te word.

Freda se raad gaan ek ook probeer.  Kan dalk my boompie uit die grond blaas !!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 21:40:18 pm
Anonymous

Het julle al gewone sout probeer?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 22:25:53 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
EN. Was die tafel of werksblaaie met asyn af.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 22:39:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Lekker interesante idees....dankie👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 08:02:17 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Freda, dit werk nie, het dit probeer.

Herman, probeer daai natuurlike "gif" dit is/ruik soos knoffel.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 08:11:02 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dit werk nie vir die miere by my nie, hulle word lekker vet van dit.
Supersuprime, dit neuk hulle op.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 10:21:50 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Willem, ek nie daai een nie, sal soek. Al wat n resep op internet vir organiese middels probeer, slegs beperkte sukses, weg vir 2 dae, seker om versterkings te gaan haal.
Selfs skoon bruin asyn al in gaatjies gegooi, dit brand die gras morsdood, miere raak net onrustig. Moet nog net die "Boric acid" respete probeer.
Brommer, sout is sleg vir die grond, kan seker op plaveisel gebruik.
Ons het 70mm reen gekry die naweek, kan hoor hoe groei die gras.
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
26 Jan 2016 @ 13:07:36 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Dankie dat jy ons ingelig het Wilsur,  Voordat almal dit probeer het en ek soos 'n gek voelsurprised. Ek het dit nog nie self probeer nie, ek moes nog die bestanddele kry, dus is ek nou bly om nie my geld en tyd te mors nie!  Ek het darem nie baie las van miere nie.  As dit soms buite om die huis is, strooi ek mierpoeier al om die huis.  Binne gebruik ek 'n AntTrap houertjie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
26 Jan 2016 @ 13:15:49 pm
Anonymous
Dink die is al erens genoem op die forum.

Gooi 'n hopie sand presies in die paadjie waar daar die meeste miere beweeg. Drup nou 'n paar druppels brannas op die hopie sand. Die miere kom nou verby, lek aan die sandkorrels, raak goed gesuip, 'n faaaaaiiit breek uit en voor jy weet donner hulle mekaar sommer dood met die sandkorrels.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 13:35:14 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Jaaa, Speknek!   Dronk miere.laughing  Miskien moet ek brannas in die molsgate gooi, dalk maak dronk  blinde molle mekaar ook vreksurprised

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 14:07:51 pm
Matt1
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 67
Joined: 17 Dec 2014
Experience: 23 years

Julle weet medekampers, dit is wat ek geniet van die Suid Afrikaners, n ernstige "topic" word n grapgat "topic" en almal sal dit nog gebruik. Lekker om  sulke mense op die forum te he, ek dink julle is baie nice!! Die lewe is te enstig deesdae. Well done to all!!

                                                           cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 20:16:25 pm
Davidpj
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 11 Apr 2015
Dankie vir al die interesante mier rate. Hier waar ek bly is baie miere. baba poeier in die huis werk nogal. Ek sal bly wees as jy my sal laat weet waar mens supersuprime kan koop. Die ko-op hou dit nie aan nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 20:39:17 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
My sussie se... gee hulle kos op n spesifieke plek, daar eenkant waar hulle onder jou voete uit is,???
Hulle gaan vreet almal daar en bly weg van jou af.
Maar as die miere pla kom dit reen. Kom miere kom .!!!
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 21:38:46 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Beste is om te spuit. Fendona binne in die huis en ek gebruik sipermitrien gemeng met fendona vir buite. Ons het ook laas week Maxforce Ant gestrooi. hulle dra dit nes toe en roei so die kolonie uit. Jammer ek het nie meer genade vir die uitroei van mier en muskiete nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 21:55:45 pm
Anonymous

Fedona 6SE werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2016 @ 13:47:37 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1191
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Miere in 'n mielieland kan groot probleme veroorsaak, aangesien hulle die mieliepitte vreet aan die stronk - aldus 'n goeie vriend van my daar uit DelaReyville se wereld.

Hy het 'n spesiale apparaat gebou, amper soos 'n planter, sonder die plantkassies, maar wel met die meganiese aandrywing vir die planterwieletjies. Die aandryfmeganisme is gekoppel aan twee aste  (een aan weerskante) van die "masjien" wat twee met langerige aste verbind het wat na bo loop. (Lyk amper soos 'n baie ou vliegmasjien wat na boontoe vlieg as jy my vra!) Bo die aste is twee lemme (weereens aan beide aste) wat draai na gelang van die trekker (wat voor loop) se spoed. Die lemmetjies sny die saad bo-aan die mielieplant af wat op die grond beland. Dit is dan die voer vir die miere - hulle gaan dus nie op na die mielies toe nie, hy bespaar gif onkostes en siedaar - almal (of alles) wen!

Moet weer noem - dit is sy idee en volgens hom werk dit heel goed!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2016 @ 14:23:30 pm
Anonymous

Nico, en dit is omgewings vriendelik, dit bemes die grond gratis, voed die miere en geen gif in mielies wat deur ons geeet word nie.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2016 @ 14:26:11 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Nico

Ongelukkig is ons erf nie vol mielies nie.

cool

Oppad na die volgende kamp.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2016 @ 17:53:36 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dit is nou regtig vindingreik. Boer maak n plan!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2016 @ 22:51:43 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Dit is nou regtig vindingreik. Boer maak n plan!

Ja...maar wie maak hom werk....laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2016 @ 12:53:46 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Freda ons gebruik wit peper. Dit maak nie miere dood nie, maar dit is snaaks om te sien hoe hulle nies, die hele liggaampie vou dubbel. laughing

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2016 @ 17:46:14 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Vandag boracic poeier gekry by apteek en so lokasie gemaak. By n boom gesit om te sien of dit geeet word.
Apteker se dit word ook gebruik vir kakkerlakke, glo met n aartappel ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2016 @ 18:13:03 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Fred, ek het nog nooit 'n mier gesien nies nie, gaan definitief bietjie peper gooi.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2016 @ 10:56:29 am
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 28 years
Daar is n bordkryt wat gif in het...jy trek net n strepie om die wiel of voor die deurkosyn en die mier sal nie oor daai lyn trap nie...snaaks genoeg...hy probeer nie om die streep loop nie...hy loop reguit terug vanwaar hy gekom het!!
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2016 @ 15:17:05 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Daai bordkryt moet opgespoor word, trek net so streep om die stam. Die Boracic aas aan die werk, nog so bietjie gaan uitsit vanoggend, miere het als opgesuig. Blykbaar vat dit so rukkie om van die kolonie ontslae te raak. Groot miere voer die larwes wat dan vrek, en so sterf hulle uit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2016 @ 16:21:07 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 22 years

Dynest werk baie goed. Dit is so metaalgrys plastiekbotteltjie wat deur heelwat supermarkte aangehou word. So paar spuite op die miere se hoofweg en daardie spesifieke nes se miere kom pla nie weer nie.

Dit voldoen aan die maklike kriteria, maar nie noodwendig die goedkoop kriteria nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2016 @ 16:30:35 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Gaan Google Boracic acid, nogal interesant die gebruike.
Die miere is laf oor die "stropie" wat vir hulle uitgesit word. Kan seker nie as te rowwe gif beskou word nie, word ook gebruik vir voetswamme,ooginfeksies en nogal vir "nuclear fusions" ??
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2016 @ 19:23:09 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Herman

Is dit Boric acid met strooi suiker gemeng ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2016 @ 20:02:59 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Willem, n koppie water, 8 teelepels suiker en 1 teelepel Boracic poeier opgelos. As jy dit te sterk maak, gaan miere nie drink nie.
Die nes by suurlemoen boom alreeds baie minder aktief, ek top die bakkie op as dit leeg raak.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2016 @ 21:05:35 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Skies Herman vir die vrae, waar kry jy die Boracic poeier ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2016 @ 21:47:47 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
By die Apteek, so R 10 vir n klein boksie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za