English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 467
Total Replies: 252 174
Total Views: 83 214 682
topics: 11 536
replies: 138 849
views: 39 326 335
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Dieter se Jurgens Exclusive Draad

replies: 67
views: 20328
page 1 of 2
25 Jan 2016 @ 09:37:44 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Ek gaan hierdie draad gebruik om al my veranderinge wat ek aan die karavaan aanbring te lys.

Hier is sover 'n lydie van wat ek alles gedoen het.

  • Buitenste kraan en wasbak

  • Buitenste stofie en tafel. Ek moet nog 'n quick connect fitting aan sit onder die karavaan sodat ek nie 'n bottel nodig het nie

  • PowrTouch movers. Na ek die monster met die hand probeer rondstoot het, kon ek nie vinnig genoeg my karavaan by oom Dirk in Villiers kry om dit te laat opsit nie. Hier is 'n foto van die breins van die mover in die neuskas

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 09:57:42 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Ek gaan kamp baie keer op plekke waar daar nie 220V beskikbaar is nie, so ek moes 'n plan maak om my 220V yskas aan die gang te hou. Ek verpes generators want die goed raas net. Het toe besluit om dieselfde resep te volg as wat ek in die boswa gedoen het. 

Eerste stap was om van daai Apollo paneel ontslae te raak en hom te vervang met 'n HCDP MK4 Power Panel. Wat ek hou van die paneel is dat 'n "smart charger" is wat die batterye kan laai vanaf 'n son paneel/220V/voertuig. Ek het ook toe 2 x 105aH batterye langs mekaar gemonteer.

Om die yskas te dryf het 'n 1000W "pure sine wave" inverter ingesit. Alhoewel die "modified sine wave" inverters goedkoper is hou die yskas se kompressor nie daarvan nie en wil nie altyd aansit nie. Hier is 'n foto van bo af van die inverter. Die ding op die grond met die groot swart kabels is die shunt vir my battery monitor.

Ek het 'n Victron BMV-700 monitor ingesit wat jou baie meer kan vertel wat aangaan met jou battery as net die volts. Die shunt in die boonste foto is gekoppel an die monitor en dit meet die stroom in en uit die batterye. met 'n baie fancy algoritme kan dit uitwerk hoeveel kapasiteit jy oorhet in jou batterye en hoe lank hulle nog gaan hou teen die huidige verbruik.

Hier is 'n foto van die battery monitor van agter af voor ek die panele terug geskroef het.

 

Ek moet sê ek is baie tevrede met die toerusting. ek het dit getoets en die yskas/inverter trek so 6amps as hy hardloop. Ek weet ek kan 8amps terug stoot in die battery met my 140watt son paneel so ek behoort nooit die batterye pap te loop nie behalwe as dit onweer is vir 'n week.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 10:16:53 am
Anonymous

Baie netjies gedoen, maak my sommer jaloers.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 10:22:04 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Baie netjies Dieter,

Flippen lekker as mens die dinge self kan beplan, installeer en dan die besigheid nog geniet ook.

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 11:06:52 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5808
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

BAIE, BAIE nice en goed gedoen.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 11:57:00 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4458
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dit is nou waardetoevoeging. Nie gedink 'n 1000W sal genoeg wees om die yskas se kompessor aan die gang te kry nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 12:00:23 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Dit is nou waardetoevoeging. Nie gedink 'n 1000W sal genoeg wees om die yskas se kompessor aan die gang te kry nie. 

Nee dit is nie, maar die inverter kan "burst" tot by 2000W vir 'n paar sekondes. Dis meer as genoeg om die kompressor aan die gang te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 12:07:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9714
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Baie netjies, nou is alle stories vir sukkel op n stokkie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 12:10:57 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4458
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dankie Dieter.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 12:37:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17376
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Dit lyk baie baie netjies👍👍
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 12:51:04 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ek wil ook oe en aa, maar by my wys die pics net sulke blou blokkies.
Wat moet die stupid oom doen om ook te kan kyk ??
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 13:15:58 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Regtig baie netjies gedoen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 14:31:44 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dieter, dis baie netjiese en nuttige toevoegings tot die genot van jou Exclusive.  Ek het interessantheidshalwe 'n paar vragies om te vra as jy nie omgee nie :-

  • Die buite deurtjie met kraan daarbinne is 'n briljante idee. Is die deurtjie beskibaar as 'n onderdeel by Campworld ?
  • Die buite-tafel met stofie lyk baie netjies, maar is redelik groot.  Waar vervoer jy dit as jy reis ?
  • Dit lyk of die twee 102Ah batterye in die wa onder 'n kassie ingebou is, maar die PowerTouch se beheerpaneel is in die neuskas. Sou dit nie beter wees naby die batterye onderin die kassie nie ?  Dit laat meer spasie in die neuskas en korter drade wat minder krag verloor ?
  • Daardie twee batterye is geweldig swaar.  Het jy iewers iets prysgegee om daarvoor te vergoed ?
  • Is jy tevrede met die groot koste (ek vermoed maar so) van die ekstra battery, "pure sine wave inverter", vervanging van die Appolo kragboks, Victron monitor en sonpanele ? Ek het pas ook 'n PowrTouch mover laat installeer en die koste van R25 000 was vir my astronomies in verhouding met die waarde van die wa.  Aan die anderkant, soos wat my jare aanstap, het ek nou hulp nodig met die hantering van die wa.

Ek vra maar net uit nuuskierigheid, want ek kamp ook dikwels sonder krag met my 11 jaar oue Exclusive, sonder enigeen van die modifikasies wat jy genoem het. Gas dryf my yskas, vrieskassie en stoof en my 12V battery die ligte en waterpomp.  Die 12V battery hou ek vol deur elke aand na ons wildkyksessies my sleepvoertuig se battery met die Exclusive se 102Ah parallel te koppel wat die twee dan gelyk bring.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 14:58:17 pm
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 28 years

Fantastiese werk mens kan sien jy het jou huiswerk gedoen en mooi beplan. EK is ook sommer nou lus en doen iets vir my karavaan. Mag ek vra wat die inverter setup jou gekos het?

 

Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 15:12:57 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

[quote]

  • Die buite deurtjie met kraan daarbinne is 'n briljante idee. Is die deurtjie beskibaar as 'n onderdeel by Campworld ?Ja dit is
  • Die buite-tafel met stofie lyk baie netjies, maar is redelik groot.  Waar vervoer jy dit as jy reis ?Lê sommer bo op die bed
  • Dit lyk of die twee 102Ah batterye in die wa onder 'n kassie ingebou is, maar die PowerTouch se beheerpaneel is in die neuskas. Sou dit nie beter wees naby die batterye onderin die kassie nie ?  Dit laat meer spasie in die neuskas en korter drade wat minder krag verloor ? Dit was die plan maar hulle het hom toe in die neuskas gesit. Oorweeg dit nog om hom terug te skuif.
  • Daardie twee batterye is geweldig swaar.  Het jy iewers iets prysgegee om daarvoor te vergoed ? Vir vroulief gesê sy mag net 2 pare skoene vat!
  • Is jy tevrede met die groot koste (ek vermoed maar so) van die ekstra battery, "pure sine wave inverter", vervanging van die Appolo kragboks, Victron monitor en sonpanele ? Ek het pas ook 'n PowrTouch mover laat installeer en die koste van R25 000 was vir my astronomies in verhouding met die waarde van die wa.  Aan die anderkant, soos wat my jare aanstap, het ek nou hulp nodig met die hantering van die wa. Ja ek is. Dit was 'n hoop geld gewees, R17 000 sonder die batterye en sonpaneel want die het ek reeds gehad.[/quote]
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 15:14:23 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Fantastiese werk mens kan sien jy het jou huiswerk gedoen en mooi beplan. EK is ook sommer nou lus en doen iets vir my karavaan. Mag ek vra wat die inverter setup jou gekos het?

 

Ek sal die quote wat ek ontvang het hier plaas, maar ek weet nie  hoe om 'n PDF aan te heg nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 16:22:03 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Ek gaan ok die gewone inline pomp vervang met een van Shurflo. Die pomp is "self priming" so my dae van aan krane suig is iets van die verlede!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 19:07:58 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4726
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Puik Dieter welgedaan
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 20:35:59 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16115
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit lyk baie chapperig. Ek moet nou net n manier vind om my twee 63Watt sonpanele so te laat werk dat ek die Engel yskas vir Krimp Varkie heeltyd van battery kan laat loop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 21:06:50 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5808
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Dieter

Ek doen dit sommer so vir jou, hoop dit is reg ?

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2016 @ 21:35:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16115
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My Classique was goed genoeg toegerus as ek sou kamp by plek sonder 220V. Die gas opsie vir die yskas, Geyser en water kook vir koffie het puik gewerk.

9dae by Tietiesbaai net twee derdes van gas in gasbottel gebruik is vir my puik.  En dan met die LED liggies in die karavaan het die battery nie eers geweet hulle was aangewees nie.

Dit lyk chapperig maar vir my 'n onnodige uitgawe as als in die Classique in elkgeval puik werk.

Maar Varkie se Yskas is nou 'n ander ding moet plan sien.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 08:13:01 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5808
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek dink aan so opsie as ons yskas die dag vervang moet word want die res is reg.

 

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 08:56:29 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Willem, dankie dat jy dit geplaas het want ek het al geruime tyd gewonder as my 11 jaar oue Dometic yskas in die Exclusive eendag die gees gee, wat gaan ek doen want ek soek wéér 'n yskas wat ook met gas werk. Ek het dadelik 'n "print" gemaak van jou kommentaar en bêre dit in my "woonwa-lêer"  -  ek is nog van die ou skool !

Wat Zero ys-en vrieskaste betref, hulle is al jare bekend onder die vorige geslag boere- gemeenskap as puik produkte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2016 @ 09:38:29 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5808
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Len die twede foto is van Dometic self maar het nie prys nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2016 @ 11:15:21 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Bietjie terug voering na die naweek se kamp by weesgerus. 

  • Die Shurflo pomp wat ek ingesit het werk soos 'n bom. Het aspris die tenk 'n paar keer laat leeg loop en hy het elke keer weer self "geprime" na ek die tenk weer volgemaak het. Die drukking is nie veel hoer as die ou wit inline pomp nie maar sy vloei volume is baie hoer. 
  • Ek moet die uitlaat verleng van die stort en wasbak sodat ek 'n ander pyp daaraan kan koppel om die afvloei water verder van die karavaan af te lei.
  • Gaan nog een van daai buite liggies laat insti bo my nuwe opwas plek buite. Daai hoekie kan nogal donker word as die son weg is
  • Powrtouch movers het soos 'n bom gewerk!
  • Aircon se compressor moet geskuif word na agter die karavaan. Dit raas te veel en vat te veel spasie op in die neuskas.
  • Soek 'n wireless kamera stelsel sodat ek agter die karavaan kan sien.

Verder is ek baie gelukkig met al die werk wat ek gedoen het. Vroulief was baie happy so ek weet ek 'n paar "brownie points" in die sak!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2016 @ 14:43:46 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2231
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years
Dieter baie mooi. Hier is al mense wat die wireless kamara gehad het maar het storings opgetl - as ek reg onthou gebeur dit wanneer in beboude gebiede gery word. Willem sal help.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2016 @ 17:59:50 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5808
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Dieter

Was die Sureflow stiller as die wit pompie ?

Het jy hom steeds met die mikro skakelaar krane gewerk ?

Ek glo Dieter het na al my drade gekyk maar hier is die skakel na die kamera draad.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2016 @ 08:18:24 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Willem, ja, hy was baie stiller volgens my. Ek het hom aan dieselfde draad gekoppel as die wit pompie so hy werk nog met die mikro skakelaar krane. Terloops, watse raamwerk het hulle opgesit om die aircon se kompressor agter te monteer? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2016 @ 10:16:59 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5808
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Jaco van Pta. Oos Woonwakliniek het hom gebou.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2016 @ 12:05:43 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Dankie, sal bietjie gaan hoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2016 @ 12:36:00 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dieter, Jaco het Willem se raam so gebou dat die kompressor gelyk met die wa se nommerplaat is.  Myne het hy gebou (soos ek versoek het) sodat die onderkant van die kompressor bo die nommerplaat is.

Hier is 'n foto van myne en dan van 'n ander ou s'n waarvan ek die foto "gesteel" wat ook baie netjies lyk. Myne se raamwerk is van "tubing" gemaak en die ander ou s'n van gebuigde pyp.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2016 @ 14:17:57 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Dankie Lennie. Ek sal vanaand bietjie agter inkruip en kyk hoe lyk die onderstel. Lyk darm nie te moeilik nie. Sal die welder bietjie afstof..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2016 @ 19:37:55 pm
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Maak eers seker van jou waarborg op die wa. Hy gaan verval as jy hom agter op sit. Myne is ook agterop. Ek verkies dit ook so. Wat is die kans om hom onder vas te sit? Froggy se bus sin is onder vas.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2016 @ 21:42:48 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

Gaan my wa se aircon doen soos froggy sin. Hulle noem dit n trippel split

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 01:39:45 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Dieter, wat was die kostes van daai kraan buite?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 07:19:08 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Was nie so duur soos wat ek gedink het nie. As ek reg onthou was dit +-R1500 arbeid ingesluit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 10:11:58 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Dis nie sleg nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2016 @ 07:20:21 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 46 years
Ek sien op Gumtree is daar een net soos joune met buite kraan te koop. Groot bargain
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2016 @ 09:42:56 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Het hom gesien! Dis 'n groot bargain daai!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2016 @ 11:20:38 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Gaan my wa se aircon doen soos froggy sin. Hulle noem dit n trippel split



Verduidelik ASB. Enig een
Wat is die tripple split.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2016 @ 11:23:31 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Dieter,
Het jy n pic van die enkel wiel jockey wat jy gebruik.
Sak die enkel wiel nie in die sand/sagte grond weg nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2016 @ 18:59:52 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Dieter,
Het jy n pic van die enkel wiel jockey wat jy gebruik.
Sak die enkel wiel nie in die sand/sagte grond weg nie.

Hier is 'n foto.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2016 @ 19:03:39 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Ek het ook agter gekom dat die buite wasbak bietjie donker is, het toe 'n lig daar laat aanbring.

Hier is die nuwe inverter aircon in die neuskas.

My ou fongkong generator het ook opgepak met die laaste visvang toe knyp ek maar my oë toe en koop toe 'n Honda EU20i inverter generator. Nou kan ek alles hardloop as ek vis vang.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Feb 2016 @ 20:45:35 pm
Anonymous

Hou baie van die lig, my Penta is ook donker aan die voorkant, en om altyd drade aan te lê,  is nogal frustreurend. Baie netjies.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Dec 2016 @ 08:24:11 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Met al die fone/ipads wat ons deesdae moet gelaai hou was ek moeg vir al die adapters wat ek moes saamry. Het toe my plugs in die karavaan vervang met die volgende.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Dec 2016 @ 09:25:03 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4822
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dis seker maar die pad wat ons almal gaan volg met tyd - nou dat dit die nuwe SA standaard geraak het - behalwe dat die USB deel nie verpligtend is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Dec 2016 @ 20:51:40 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years
Baie netjiese plug, waar het jy dit gekoop asseblief?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Dec 2016 @ 11:39:44 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Baie netjiese plug, waar het jy dit gekoop asseblief?

Sommer by Builders Warehouse gekry. R350 as ek reg onthou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Dec 2016 @ 11:52:15 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years
Dankie Dieter, sal kyk as ek weer by Builders is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Dec 2016 @ 11:57:30 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Dieter ek kyk nou na jou buite kombuis, dit lyk baie mooi, en is 'n goeie idee. Ek will net weet is dit nie ongemaklik om geen prep area tussen die wasbak en die stoof te he nie, en ook om die venster as 'n splashback te he nie? Ek persoonlik sou die stoof aan die anderkant van die blad gesit het, weg van die venster af.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Dec 2016 @ 12:36:06 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Ek het gister my rearview kamera geinstalleer. Ek het juis 'n wireless kamera gesoek want ek is nie lus om 'n spul drade deur te trek nie. Na baie navorsing het ek toe 'n nuwe ene by Dawood gekry van Tyre Alert wat digital wireless is en nie sukkel met interference nie. Was baie duur gewees, R4070 insluitendie die koerier koste.

Die kamera is gemonteer onder op die chassis. 

Die skerm is lekker groot en klip oor jou spieeltjie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za