English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 446
Total Replies: 251 968
Total Views: 83 204 666
topics: 11 525
replies: 138 738
views: 39 321 158
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kamp Lys

replies: 86
views: 16718
page 1 of 2
19 Jan 2016 @ 10:09:09 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
So vanoggend 2 uur, toe ek wakker word agv die blxemse muskiete, toe kan ek nie weer slaap nie.
Toe begin ek lê en dink aan wat alles gekoop moet word wanneer mens nou (uiteindelik) jou wa het.
Ek het lysies in my kop gemaak wat skrik vir niks. Tafels, stoele, beddegoed, potte, panne, fietse, leads, kragproppe, ligte....ens.
Toe wonder ek of hier van julle is wat terwyl julle gekamp het, goed ontdek het wat die kampering effens vergemaklik, wat as jy nou terugkyk, jy nie sonder kan klaar kom nie?
GLo my, ek het al 'n helse lys, en elke dag onthou ek nog iets. Sal wil sien wat julle ouens te se het .
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 10:14:11 am
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 8 years
'n ysmaker! Ons het bele in 1 Desember en dit was 'n seen
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 10:26:10 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Gaan in op "soek" en tik in Kamp lysie.
Daar is baie raad en wat jy moet en nie moet he nie, dalk help dit of volg die raad wat kom.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 10:48:27 am
Anonymous

Soos Stephan noem, 'n Ysmaker is 'n MOET. Met ons vakansie Desember het ek baie mense verlëe sien terug loop van die kafee af agv van ys wat uitverkoop is.

Groot belangrik, is natuurlik jou klere anders moet jy maar heeldag in die wa bly as jy dit vergeetlaughing

Alles wat ons in die huis het is in duplikaat. Die duplikaat items is vir die karavaan, natuurlik is die meubels uitgesluitlaughing

Baie belangrik is ook 'n waaier en 'n waaier verwarmer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 10:56:57 am
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 61 years
Best buy I have had is 2 slatted tables from Sportsmans Warehouse, which packs up to a cylindrical shape about 150 wide by 1m long, takes up little space and is sturdy. A good 10L water container with a tap, a decent flask to keep hot water. Dont waste money on those spider chairs rather get good aluminium directors chairs (About R500).A double plate gas stove is nice to have too.Knife fork and spoon set on a Stainless tree.Melamine plates and bowls.Gas lamp with cylinder.Ammo box for groceries. Those are the essentials.The other things you take from home to start with and get your permanent camping gear as you find what is most useful.
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 11:32:15 am
Matt1
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 67
Joined: 17 Dec 2014
Experience: 23 years

Alles wat bo genoem is en dan, n nice (klein & lig) stofsuier (Bassil) wat jy by Macro kry, regop handvatsel kan uitmekaar haal en met die hand gewerk word ook vir al die stof/sand in hoekies van wa. En dan ook n nice klein blaas masjien (wat in elektriese panels) gebruik word om al die blare uit tent area te blaas. (alles klein, lig en kompak)

Ek het gevind die werk baie goed om werkies vir vrou en jouself maklikker te maak, geen rugbreker besem stoot nie!! As ek op vakansie is maak ek dit gemaklik vir ons self. Baie jare in die bos "gekamp" in my weermag dae sonder enige gemak, hoekom moet ek nou sukkel?

Baie mense se dit is nie meer kamp met al die gerief nie - gelukkig is dit elke mens se reg om opienies te he. What floats your boat is fine with me.

👍
1
💔
0
😮
1
🙂
0
19 Jan 2016 @ 11:40:21 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
joe al die goed maak soveel sin, ysmaker is 'n moet, my man HAAT warm koeldrank.
En die ammo box vir die groceries....waar sal mens so ding in die hande kry? kry mens iets soos dit te koop?
HAHA Mat1, het iewers 'n slagspreuk gehoor, van Camping is where you pay lots of money...to live like a homeless person..lol
Ek sal definitief dinge wil makliker maak. Met die klein kindertjies is rus een van die laaste dinge op 'n "to do" list, so enige iets waar ek tyd en/of moeite kan spaar sal ek inpak. Ek kan nou nog my oorlede Ma onthou met daai grasbesem, vee vee vee vee, tot more toe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 11:41:06 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
haha DK, dankie, sou nou nooit aan die klere gedink het nie lol
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 11:55:18 am
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 28 years

DIe plastiek ammo bokse kry jy by Makro of sommer n plastiek winkel

Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 12:06:24 pm
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 61 years
joe al die goed maak soveel sin, ysmaker is 'n moet, my man HAAT warm koeldrank.
En die ammo box vir die groceries....waar sal mens so ding in die hande kry? kry mens iets soos dit te koop?
HAHA Mat1, het iewers 'n slagspreuk gehoor, van Camping is where you pay lots of money...to live like a homeless person..lol
Ek sal definitief dinge wil makliker maak. Met die klein kindertjies is rus een van die laaste dinge op 'n "to do" list, so enige iets waar ek tyd en/of moeite kan spaar sal ek inpak. Ek kan nou nog my oorlede Ma onthou met daai grasbesem, vee vee vee vee, tot more toe.

Do not know if you have Outdoor Warehouse near you. They sell a black Ammo box about 600mm x 400mm x 400mm with lids that fit together like fingers interlacing. We leave this outside in the tent and the monkeys have not got into it yet. Also good to store the pots, pans glasses, breadboard etc.
Interesting idea the vacuum cleaner and blower Matt1 but we usually camp where there is no electricity. Again an ice maker would be very nice to have StephanS but no electricity at Cobham where we go. Could camp at Dragon Peaks (with electricity) in the berg but not the same for us.Prefer to rough it without the ice makers and vacuums in order to have the views, rivers and natural setting.My wife has a thing at home and on holiday where she is compelled to sweep and tidy up, says its good for the cardio vascular system, so I would hate to take that away from her.
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 12:13:52 pm
Matt1
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 67
Joined: 17 Dec 2014
Experience: 23 years

Fair enough paddyandpaul, it is fantastic to camp like that, done that all during my life(primus and gas lamps) but now I prefer the more easier style. Nothing to do with "age" i presume aahhh maybe! but I like to call it a seasonal change.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 12:28:03 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1204
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

PaddyandPaul is reg .  Los daai spinnekop stoele.  Die goed breek op die mees ongeleê tyd en kan jou laat seer kry.  

Koop by Tents Direct daar naby CTM op die Ou Johannesburg pad.  Hulle pryse vir stoele, tafels en gazebos (ens) is beter as Makro of Outdoor Warehouse.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 12:28:32 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ons het ve 6 jaar met exclusive gry toe Elma nog int.ouditeur was. Weg ve drie weke huis toe ve drie weke. Gevolglik het ons n magdom goete gehad, kenwood mixer, stoof/oond. Etc etc etc.
Now a days is dit n ysmaker, n stainless braaipan, braaier met rooster ve in case, een gasbottel met paella pan ve in case, koppies, bekers, messegoed en die nodige ander goed. Ek het altyd n baie skerp mes byderhand . Onthou toilet papier, hahaha, baie kaapse oorde voorsien nie. So n draad staanderkie wat n "checkers" sak hou ve die vuilgoed. Kos +- R65 by makro. Wonderlike item. As hy vol is gooi weg met sakkie en al.
Sal my lysie plaas maar ek se jou hys ellelank, nie rerig nodig ve als nie. Was die immer kamp se lys.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 12:31:02 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1204
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Koop elektriese muskiet branders (Raid, Mortein, Peaceful Sleep).   Onthou net dat die botteljies nie uitruilbaar is nie.   As jy op een besluit moet jy bly die handelsmerk bly.   Ek koop ook Citronella wierook stokkies en kegels wat in Indiê gemaak word, by my plasslike kafee.   Werk wonders.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 12:32:17 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Ice maker....Mmmmmmmmmmmmmmmmmundecided

Now what if you cold re-use your ice cubes instead?cool

Available at Comet.....

A plastic cube filled with a gel. Donner in the freezer, use & donner in the freezer....

Say thank you Warrenlaughing

DIe plastiek ammo bokse kry jy by Makro of sommer n plastiek winkel

Now them ammo boxes... Really great containerisation... So next you will be wanting olive green waterproof rip-stop ammo box covers.

So before you buy the black ones the latest ones are now green in color, which will match your olive green waterproof rip-stop covers.....

But don't buy the "wolf-pack" version. Their lids are higher and wont fit your oh-so-lekker olive green rip stop waterproof ammo box covers...

Don't buy the 3 up covers, once you have filled your ammo boxes and put all three in to the cover, you need a 10 ton crain....

Buy the single-up cover's

Then you'll be breaking those clip things (everyone does) so buy a few replacement clips (made from spring steel wire and throw them in one of your boxes as well... You'll be a thanking me sometime for tat as well.....t a thought....

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 12:42:16 pm
Anonymous

Catherine, die mees, mees belangrikste item wat jy eerste op jou lys moet sit, is asseblief tog die KARAVAAN SLEUTELembarassed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
19 Jan 2016 @ 13:08:16 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

 

Catherine, die mees, mees belangrikste item wat jy eerste op jou lys moet sit, is asseblief tog die KARAVAAN SLEUTELembarassed

DISAGREE!

 

Debit card..... Can also be used to open said caravanlaughing

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 13:19:33 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Catherine jy gaan baie verskillende idees hier kry.  Soos Chuck ook sê, daar is nog 'n paar drade met hope voorstelle.   Jy hoef darem nie dadelik alles aan te skaf nie.  Gaan kamp maar een of twee keer met net die allernodigste en kyk dan self wat jy graag wil hê.  Enige ou kampeerders sal vir jou sê moenie te veel goed saamvat nie.  Dit word dikwels nie gebruik nie, staan net in jou pad rond en gee jou ekstra werk.  Later begin jy dikwels sekere items by die huis los.  En geld wat jy daarop spandeer het, is eintlik dan gemors.

Ons vat net 'n ysmasjien as ons lank kamp, anders pak ons 'n paar pakke in by die huis  en gebruik die ysbakkies daar, sodra daar spasie in die vrieskas begin kom.   As dit koud is, werk 'n waaier verwarmer baie goed, ons gebruik dit gereeld en dit bly in die karavaan. 

Een ding waarsonder ek nie wil wees nie!  My Minigeza.  Dit is basies 'n element in 'n plastiekdop, vat baie min plek.  Jy vul 'n emmer (met 'n deksel) met water, sit die minigeza daarin en oor 'n rukkie het jy kokende water.  Hou die deksel toe en dit bly lank warm, jy het basies heeldag warm water vir skottelgoed ens.  Ek is al so bederf daarmee, dit maak my lewe soveel makliker.  Sommige mense gebruik urns of iets anders vir warm water, vir my werk die minigeza perfek.  Dit gebruik minder elektrisiteit as 'n ketel.   My bediende het nie 'n geyser in haar huis nie, sy gebruik dit om haar badwater warm te maak.   Jy koop dit op hul webtuiste, hul lewer dit binne 'n paar dae by jou huis af, baie betroubaar.  Google net Minigeza as jy belangstel.

Ja, wat DK sê is waar.laughing  Dit is 'n absolute ramp as jy jou sleutel by die huis vergeet en dit kan maklik gebeur!   Hoop die muskiete en die kamplys hou jou nie vannag weer uit die slaap nie.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 14:26:03 pm
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
hehe julle mense is 'n plesier, lyk of Sitnievasnie in die gadget/gear shops slaap...lol
En natuurlik die sleutel..MAAR..wat as jy by jou kamp plek kom, en jou Van staan nog by die huis??/ LMGA!!!!
Ek onthou daai draad goedjies wat jy die checkers sakkie op hak vir 'n asblikkie, ek kan nie glo mens kry dit nog nie. My male het so enetjie gehad met geel hadvadseltjies, ek onthou dit soos gister.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 14:30:26 pm
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
Dankie ColinFreda, sal definitief dink oor daai klein geezertjie!, klink baie gemaklik. Ja nee vanaand moet die waaier maar aan om die goed te waai, hulle maak my mal. Dis asof hulle hierdie jaar meer arrogant is en hulle beite in vol steroids.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 14:30:53 pm
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
Dankie ColinFreda, sal definitief dink oor daai klein geezertjie!, klink baie gemaklik. Ja nee vanaand moet die waaier maar aan om die goed te waai, hulle maak my mal. Dis asof hulle hierdie jaar meer arrogant is en hulle beite in vol steroids.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 16:11:35 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ek het twee van die minigeasers op gebruik. Baie oulike dingetjie.. lyk soos n rugby balletjie. Die eerste een het die kinders op geF ? Aan gelos buite die water.. my nuwe wen het n was skottel ingebou buite wat uittrek met warm water. Ons sit nou met ou wasskottelkie op die stand wat nou ook kinders toe gaan. In die winter bly die ysmasjien by huis dans daar genoeg EISH in die freezer. Dan gaan die klein blaas heaterkie en warm kombersies saam.
Stem saam met Frieda. Kyk wat het jy nodig om kos te maak en vat die kos saam wat dalk nie by locals te kry is nie.
Onthou die brannas
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 16:14:22 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Dankie ColinFreda, sal definitief dink oor daai klein geezertjie!, klink baie gemaklik. Ja nee vanaand moet die waaier maar aan om die goed te waai, hulle maak my mal. Dis asof hulle hierdie jaar meer arrogant is en hulle beite in vol steroids.

Hulle verkoop daai geaserkies by builders. Warehouse Ons tweede een by hulle in pretoria daar gekoop.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 16:26:21 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Dit is interessant Johan.  Is dit 'n ander maak?  Want ek het verstaan slegs Minigeza self en agente mag hulle s'n verkoop, nie winkels nie.   Kan jy onthou wat dit by BW kos?    Op hul web het ons R350 plus posgeld of koerierkoste betaal.  Soos ek hom gebruik was dit 'n bargain!   Ek is te lief vir warm, skoon water, heeldag beskikbaar.  Ek los die emmer sommer buite by die skottelgoedbak en die geza is heeltyd daarin.  As die water nie meer warm genoeg is nie, skakel ek hom net weer vir 'n paar minute aan.  Jy is reg, hy het nie 'n aan/af skakelaartjie nie, jy moet hom by die muurprop afsit of die plug uittrek (buite by die koord)  as jy dit uit die water haal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 16:34:15 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Wit dingetjie met n rooi draad. My skoonsus het hulle sin nou al ve 6/7 jaar.
Hiers n plek in bloem groot handelaar wat dit verkoop. Dink die prys is 350 rond.
Sal biekie opcheck op die vorige faktuur .. as ek hom kan kry.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 16:46:35 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Myne is die Red Dot Minigeza

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 16:47:53 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4455
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Catherine, moenie die skaal vergeet nie.

Dan kan jy alles wat jy gekoop het weeg om seker te maak die woonwa is nie oorlaai nie.laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 18:19:10 pm
Anonymous

Mens koop hope onodige goed, kamp een naweek by die huis, en kyk wat jy regtig nodig het.

Oorlaai aan luxuries wat na paar kampe uit gegooi word is grootste probleem, vat tyd en kyk wat jy regtig wil hê. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 18:49:14 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

No mention of a Sodastream when you run out of soda water for the ....?

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 18:55:41 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4718
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Muskiet coils werk soos n bom n yskas genoeg hout en ietsie koud
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 19:43:31 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Jy kan als gaan oplees, maar bly tog lekker om eerstehands te hoor. Ek gaan nie oor die noodhulp en medesyne kassie praat nie, Vonnie sin is baie deeglik.
So paar goete wat ek inpak, en altyd gebruik.
Toeklap rooster wat se handvatsels terug druk, met sy eie sak, pas in ammo boks. Een van die opvou staanders vir die rooster, maak so rakkie met paar hoogtes , vou plat en pas ook in ammo boks. Twee braaitange, die krokodilbek, en die platbek, hy kan eiers ook draai. Yster pot "Dutch oven" vir, van potjie, broodbak tot scrambled eggs. Vir die pot n driepootjie wat uitmrkaar haal of platvou. Byltjie vir stompies kloof .
Krat vir houtskool, somtyds is hout sleg, dan gooi ek so bietjie houtskool by. Klein Webertjie vir hoender en vir braai onder stoep as dit reen, myne is piepklein en sal seket ook in ammo boks pas.
Dan iets wat sommiges laat gril, n klein platskerm tv, en n hardeskyf met duisende flieks en doccies op. Dit hou kinders besig as hulle verveeld raak. Ons kleinkinders, en oupa geniet dit om Ice age, saam op die bed te kyk. Self geniet ek Indiana Jones, sou ek te vroeg in die bed klim.
Sodra julle begin kamp, sal die behoeftes vanself uitkom, so moet nie te veel kry in die begin nie. Bekyk jou spasie en beperk wat jy saamvat sonder n onnodige klomp goet wat jy nie regtig voor plek het nie. Al sou ek bitter graag n ysmaker wil he, is daar eenvoudig by my net nie plek nie, so ek koop maar ys, en pak n sakkie in vrieskassie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 22:24:51 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Herman, jou manier van dinge sê, die beste.  Down to earth! laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 06:00:35 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

Beste is en hoe ek begin het was ek het tafel en stoele gekoop en daarna elke keer as ons gaan kamp een ding gekoop wat ons gekort het op die kamp. Mens koop alles voor die tyd dan word dit in stoor gebere want dit was nie regtig nodig nie. Onthou jou wa kan gemideled 170 tot 200kg laai en dan as jy bv aircon insit is 50Kg van daai gewig reeds weg. dan nog tent rally ens so oppas vir oorlaai. Ek vat niks amokrate of iets saam nie want die goed is in die kaste gepak in die wa. Ysmasjien gaan saam en induksie stofie stoel vir elkeen en tafel. vat my vleis saam want om vleis te kry des kan probleem wees. Dis maar my 2c. Elke persoon kamp anders maar ek glo keep it simple. Slaan omtrent nooit my tent eers op nie hy bly gewoonlik by huis.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 09:02:46 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 5 years
More. Alles waar wat die kampers se. Ek dink DOOM of target is ook nodig, saam die nodige skoonmaak goedjie, sunlight en pienk skuur sponsie. Die waslappie en afdroog doek. Na kamp word lappe gewas en weer in wa gebere.
Ons vat ook "plakkies"saam om mee te stort. Oo ja die ruber of 3 pond hammer vir die tent penne.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 09:12:09 am
Anonymous

Neem ook baba poeier of blue death saam. Strooi dit om jou wa, steadies en jockey wiel, dit hou miere en allerhande ongewenste kruipende insekte uit jou karavaan. As jy kleuters het sal ek baba poeier aanbeveel. Die blue death hou ook nie 'n gevaar in vir die natuur se rondlopende diertjies nie soos bv. meerkatte, ape ens omrede hulle ook nie verkies om naby te kom nie.

Ons het twee huis opgeleide honde, nl: 'n Pug en Worsie. Ek strooi blue death om my karavaan op die plaveisel waar hy staan en het nog nooit probleme ondervind met die honde nie. Hulle ruik nie eers daaraan nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 09:20:46 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Wat ons nog altyd gedoen het, is om te kyk wat gebruik ons oor die algemeen by die huis, kyk na als. Kombuis, eet, drink, sit,opwas, badkamer, ens, ens en dan gerief, en dan pak jy volgens jy dit uiteen gesit het. Jy gaan agterkom of jy het iets vergeet of jy het onnodige goed saam geneem. En dan pas jy jou persoonlike lys aan.  

Vir ouens soos ons wat meer as een kamp ding het, raak dit 'n duur storie, want wat ek in my wa het het ek ook in my boswa (en dan ook in die huis as dit by die kombuis ens. kom). Ons doen dit so want sodrae jy van die een oorpak in die ander, vergeet jy dalk iets. Dit raak duur wannier dit by gas goed en stoelle kom. Wannier julle stoelle koop, maak seker van die gewig rating moet niks onder 120kg koop nie, want hulle hou nie.

Wat die karavaan tent goed aanbetref, jy hoef nie altyd die hele kaboedel saam te neem nie. En moet nie 'n byl vergeet nie, dit is moeilik om hout te probeer kap met 'n hammer en 'n skroewe drier.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 09:45:37 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
dankie, ek het nog 'n paar tips nou hier gekry. EK skop nog teen die tv, maar wat doen die kinders op renerige dae? so lyk my ek sal moet bres gee met daai een, anders gaan hulle my mal maak.
Klein webertjie klink ook na 'n plan.
Ek dink ons sal begin met die dinge wat ons net eers nodig het, die basiese goed en dan terwyl mens kamp maar 'n lys maak van, oe dit sou nou handig gewees het, of oe onthou om daai ding volgende keer saam te bring. Maar hier het ek nou een of twee goed gelees wat ek sommer van die begin af sal saam vat.
Ja plakkies vir die shower is 'n moet!! en pa se brannas en ma se wyn. lol
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 09:51:42 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
Mens kry mos so emmer, met 'n deksel, met 'n kraantjie onder, vir die warm water, dit kan mos werk of hoe? dan kan mens altyd warm water tap as jy wil skottelgoedtjies was of waarvoorookal jy dit nodig het. hy kan seker eenkant op 'n tafel staan?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 09:52:12 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

"n Nota boek en pen.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 09:54:33 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Oppas net vir die urn emmer, hy trip soms die krg. Vriende van ons het hulle een weggegooi

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 09:59:58 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Urn is uit. Hy le hier somewhere onder in kas, trip die krag soos jy se.
Minigeza se pics.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 10:14:57 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Kitty en Freda

Sien minigeza pics.
Sal gaan uitvind v.d. prys by die groothandelaars. Miskien n bestelling opmaak ve almal wat belangstel as die prys reg is.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 10:30:28 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Johan hoe werk die bedryf? Waar is die water toevoer? Moet jy 'n pyp aanle van die kraan?

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 11:14:06 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 711
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 4 years
nee nee, ek soek nie 'n urn emmer nie, net 'n emmer met 'n deksel wat 'n kraantjie het, waarin met daai geza kan sit sodat mens altyd warm water het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 11:24:42 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ok Johan ek het nou na tanie Google gegaan en gesien hoe die Minigeza werk embarassed

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 12:21:11 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Wat ek nie mooi van die verstaan nie, dit is bloot n element wat jy water druk. Eendag het n "salesman" een aan my probeer smous, hy se jy hang hom in jou bad en maak die water warm. Dan voeg hy by, word die water te koud, skakel jy dit aan, en bad verder. Toe loop ek maar weg, daai vertrou ek gladnie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 12:46:46 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek gebruik nie 'n emmer met 'n kraan nie.  Net 'n gewone, lekker groot emmer, wat sommer op die grond staan.   Met 'n kraan aan moet jy dit seker bo-op 'n tafel sit, wat plek op jou tafel in beslag neem.   Dan skep ek net die water uit die emmer met 'n beker.  Let wel, ek gebruik nie die water vir koffie of kook nie, daarvoor gebruik ek nog my ketel.

Fred, die ding is net 'n elektriese koord met 'n element aan die een punt.  Die element is omhul met 'n dop, jy kan dus nie aan die element self raak nie.  Daar is gaatjies in die dop waardeur die water gaan na die element.  Jy moet self jou emmer vol water maak by die kraan. 

Nee, Herman, daai smous het bietjie nonsens gepraat.  Ek druk bv my hand soms in die water in my emmer, terwyl die minigeza aan is, en dit skok jou nie, so daarmee is jy veilig, maar ek sou nie hou daarvan om dit in 'n bad te sit terwyl ek bad nie!   Maar hoekom jy dit nie kan doen nie, die instruksies sê duidelik moet dit nie in water sit wat reeds enige seep of skoonmaakmiddels in het nie, dit is nie goed vir die element nie.  So, as jy eers bad, is daar mos seep of wat ookal,  in die water.

Glo my, die is 'n lieflike gadget om te hê, ek wil nie sonder hom wees nie.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 12:48:13 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Oulike ding. Gooi hom in die emmer met water, of in Herman se bad (grappie).
Sit krag aan en walla. Ek sal dit aan n extension met n skakelaar sit sodat die krag met n skakelaar geoperate kan word.
Kitty. Emmers met kraantjies is oral by makro of ander warehouses te kry.. goeie plan. Sit hom op n tafelkie, sit hom op krag en tap warm water soos nodig.
Sy behoud... krag af as hy buite water is en hang hom nie op aan sy draad op nie. Rowwe behandeling en hy hou nie lank nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 12:56:09 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ja Freda soos ons soutie se RTFB read the flippen boek. Ek het netnou die draad van voor gelees, en gesien toe jy dit verduidelik, en dit nadat ek hom gaan google het. les geleer. embarassed

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 12:59:06 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ons s'n bly permanent in die emmer, hang hom nooit op, sit hom net op gras neer vir laaste water om te dreineer wanneer ons oppak.  Het hom al amper 5 jaar en werk nog soos 'n bom, water word gou warm en as jy bietjie wag, dan kook dit.   As ons met vriende kamp, kom skep my vriendinne warm water uit my emmer.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 13:14:22 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Bygesê, daai ding kook die water so gou soos nou. As jy skoon emmer het kan jy seker koffie water ook maak.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za