English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 837
Total Replies: 257 015
Total Views: 83 393 796
topics: 11 757
replies: 141 858
views: 39 422 185
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Tubbers?

replies: 49
views: 9976
11 Dec 2015 @ 19:25:41 pm
Anonymous

Sien in die 2016 Greate Outdoors Guide hulle adverteer "Tubbers" dit werk soos 'n skokbreker op jou anker toue en kom in verskillende diktes voor, vir sterkte weerstand. Blykbaar werk dit goed, volgens hul advertensie.

Ken iemand dalk die Tubbers?

Het dit gegoogle, as dit werk is dit nie sleg geprys nie teen R114 vir tien.

Hier is die skakel vir hul webwerf Tubbers

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2015 @ 19:33:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Lyk na nice produk...R114 vir 10 klink heel billik. Sien hulle is in Kzn suidkus...hulle sal seker kan courier
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2015 @ 19:46:23 pm
Anonymous

Sal goed wees as dit die storm toue / nette kan vervang, ek gaan Maandag bel en uitvind.

Wonder of daar forum vriende daar naby met vakansie is, wat dalk vir mens kan terug bring, ek is bereid om so 20 van die 12mm tevat en dan vooruit vir dit te betaal. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2015 @ 19:55:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Weet jy waar hulle is aan suidkus?
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2015 @ 20:03:49 pm
Anonymous

Geert ek sien dis by Park Rynie hulle gaan onder die naam Ecooutdoors.

Address: 21 Stevens Road Park Rynie KZN South Coast South Africa

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2015 @ 20:09:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geert ek sien dis by Park Rynie hulle gaan onder die naam Ecooutdoors.

Address: 21 Stevens Road Park Rynie KZN South Coast South Africa


Ek sien dis net onder Scottburgh.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 08:36:35 am
Nemo
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 292
Joined: 17 May 2013
Experience: 46 years

Sien in die 2016 Greate Outdoors Guide hulle adverteer "Tubbers" dit werk soos 'n skokbreker op jou anker toue en kom in verskillende diktes voor, vir sterkte weerstand. Blykbaar werk dit goed, volgens hul advertensie.

Ken iemand dalk die Tubbers?

Het dit gegoogle, as dit werk is dit nie sleg geprys nie teen R114 vir tien.

Hier is die skakel vir hul webwerf Tubbers



Ek wil nou nie te stupid klink nie maar wat doen daai goed en hoe werk hulle presies? Ek kan eintlik nie die nut insien van skokbrekers op die tent se toue nie! Ek het gekyk op daai webwerf maar kon nie uitmaak wat daai goed veronderstel is om te doen nie. Ook nie hoe dit storm toue en nette sou kan vervang nie! Help my net reg asseblief. Dalk is dit so eenvoudig dat ek dit net nie raaksien nie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 08:52:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Johann. Daar is n Outdoor Warehouse baie naby aan Nkwe...jy gaan mos volgende week soontoe. Jy gaan verby hom ry. As jy nie daar wil stop op pad soontoe nie, kan jy gedurende jou verblyf gou soontoe ry...dis seker maksimum 10 minute vanaf Nkwe
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 08:54:06 am
Anonymous

Ja Nemo, dit is my dom manier van beskryf, in stede van springs tussen die penne en die toue te "span", haak jy die Tubber tussen pen en tou.

Wanneer die wind erg waai, span die tubber (dik gevlegde rek) die tou en breek so die uitwerking van die wind. 

Het probeer om foto te copy hier, maar kom nie reg nie, as jy op daai link klik wat ek geplaas het, vat dit jou na hul webtuis blad toe, daar kan jy mooi sien hoe dit lyk, en sal beter verstaan.

Jammer vir my misleidende eerste plasing.embarassed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 08:54:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Johann. Daar is n Outdoor Warehouse baie naby aan Nkwe...jy gaan mos volgende week soontoe. Jy gaan verby hom ry. As jy nie daar wil stop op pad soontoe nie, kan jy gedurende jou verblyf gou soontoe ry...dis seker maksimum 10 minute vanaf Nkwe

Dis die Silver Lakes tak van Outdoor Warehouse
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 08:58:38 am
Anonymous

Geert, ek gaan nou Vanderbijlpark Outdoor W/H toe, as ek nie kry nie, sal ek by Silver Lake gaan kyk.

Baie dankie vir jou hulp.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 09:39:39 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1038
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 12 years
Ek gaan Srubensvalley se Outdoor Warehouse vandag en bietjie kyk hoe werk hulle en wat hulle vra
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 13:30:38 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 124
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 6 years
Dit lyk net soos die skokbrekers wat ons altyd gemaak het vir die tou tussen die pyl en die pylgeweer toe ek nog vis geskiet het. Verhoed dat jou lyn afruk as jy mis skiet. Redelik maklik om te maak, jy moet net die regte breekkrag tou kry en pylgeweer rubber gebruik - dit kom in verskillende diktes.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 13:44:13 pm
Andal
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 8 years

Het hierdie tipe tent pen nie maar dieselfde  effek as die Tubbers nie???

 

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 15:08:03 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 51 years
Vir die manne wat dit gaan koop laat weet asb hoe dit werk, dan kan ek ook koop en maak dit dalk die toue span beter. Die toue bly mos maar skietgee as die wind roer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 16:28:48 pm
Anonymous

Het by Outdoor W/H gekry vir R105.00 vir tien, asook daai glow in the dark tou teen R90.00 vir 15m.

@ Andal, ek gebruik ook die "V" penne soos op jou foto, soek net bietjie ekstra rek krag.surprised

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 17:06:02 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4469
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

My stormstroppe het die rekke aan gehad toe ek hulle gekoop het. Nie geweet die rekke se naam is "Tubbers" nie.

Nie lank gehou toe "perish" en breek die rek. Die gevolg was die stormstrop was toe slap. Kyk mooi of daar tekens van krake in die rek is, en gooi dan weg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 18:14:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Johann....laat weet ons hoe daai glow-in-the-dark tou werk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 18:25:10 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Klink dalk simpel, maar ek het iets dergliks gemaak van "off road" motorfiets binneband, die dik soort. Sny dit in ringe en vleg deur die ringetjiie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 19:00:05 pm
Anonymous

Niks fout daarmee nie Herman, mense sukkel deesdae om enige binneband te kry, vergeet van oues. 

Klink dalk simpel, maar ek het iets dergliks gemaak van "off road" motorfiets binneband, die dik soort. Sny dit in ringe en vleg deur die ringetjiie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2015 @ 22:31:40 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4469
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Die enigste voordeel wat ek kan sien tussen 'n gewone rek soos 'n binneband en die Tubber is die toutjie loop regdeur. So as die rek breek hou die tou steeds die stormband in plek, al is dit slap.

The Tubber offers elasticized resistance to the tugging of the wind on the tent ropes,

Meaning the pegs will stay put and your tent fabric intact.

The outer Tubber rubber is made from natural latex which is impregnated with graphite to minimize UV and oxygen degradation. The inner cord is made of polyester with a breaking strain of 90kg (general & mini Tubbers) and 180kg (storm Tubber)

 

 

 Mini Tubber

Product code: Single-TUBM 10 Pack-TUBM10

10mm OD / 5mm ID� yellow rubber� Used along the edged of smaller tents

 

 General Tubber

Product Code: Single-TUBG 10 Pack-TUBG10

12mm OD / 3mm ID� blue rubber� used on guy ropes, gazebos, sun screens etc.

 

 Storm Tubber

Product Code: Single-TUBS 10 Pack-TUBS10

14mm OD / 5mm ID� green rubber� especially designed for our eco storm straps.

Back Back to top
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2015 @ 12:44:12 pm
Anonymous

Hendrik, ek vermoed daai tubbers se toutjie gaan dalk nie baie lank hou nie, dis maar dun. Sal die week kyk hoe dit werk, en tetugvoering gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2015 @ 16:50:48 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1560
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Ons het so 6 jaar gelede 'n klompie van daardie goed in Scotborough gekoop. Dit lyk of dit van dieselfde rek is as wat pylgewere vir visskiet gebruik. Dit werk heel goed, veral aan jou stormbande wat oor die tent gespan word. Dit absorbeer baie van die trekkrag wat penne los wikkel. Ek reken dit doen wat die ouens gesê het dit sal doen. Die toutjies hou goed, maar die rek gedeeltes is nie lief vir die son nie. Ons het ons sin seker al drie jaar gelede weggesmyt. Die rekke het "ge-perish".

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2015 @ 17:52:30 pm
Anonymous

Kanneman, ek moet sê,  ek het ook maar my bedenkinge oor albei produkte wat ek gekoop het, ie gloei in donker tou en die tubbers. Die glow in the dark tou gloei darem so hele ruk nadat dit lig gekry het, baie beter as daai wurms wat ek ook probeer het.

Wat my bietjie bekommer van die tubbers, is die baie dun toutjies wat om die tou moet span, ek het dit liewer dubbel ge"loop" om dit minder "sny" effek op die guy ropes te gee.

Wik en weeg nog of ek nie eerder van meet af twee-twee moet gebruik nie, dit is darem nie so duur nie.

Ek het twintig tubbers en 30m tou gekry, dus, genoeg om twee tubbers per anker te gebruik.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2015 @ 17:55:39 pm
Anonymous

Ek gaan Srubensvalley se Outdoor Warehouse vandag en bietjie kyk hoe werk hulle en wat hulle vra

Hannes, laat weet as jy gaan kyk het wat jy van dit dink, sal jou opinie waardeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2015 @ 18:16:27 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 124
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 6 years

Ons het so 6 jaar gelede 'n klompie van daardie goed in Scotborough gekoop. Dit lyk of dit van dieselfde rek is as wat pylgewere vir visskiet gebruik. Dit werk heel goed, veral aan jou stormbande wat oor die tent gespan word. Dit absorbeer baie van die trekkrag wat penne los wikkel. Ek reken dit doen wat die ouens gesê het dit sal doen. Die toutjies hou goed, maar die rek gedeeltes is nie lief vir die son nie. Ons het ons sin seker al drie jaar gelede weggesmyt. Die rekke het "ge-perish".


Om pylgeweer rek langer te laat hou moet jy dit in 'n plastieksak met babapoeier stoor. Dit sal vir die "tubbers" ook werk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2015 @ 22:11:34 pm
Nemo
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 292
Joined: 17 May 2013
Experience: 46 years
Ek's bly 'n paar ander het ook hul twyfel oor daai tubbers uitgespreek.
My vraag is net gaan daai tubbers werklik 'n verskil maak of is dit maar dalk net iemand se geldmaak storie? My ondervinding met my tentte, karavaan tent en cazebo's is dat mens 'n lekker fris tou aansit. Daarna jou penne stewig in die grond instaan. Laat toe vir so min as moontlik beweging wat die wind kan maak aan jou seile of tent. My ondervinding is dat 'n tou wat nie stewig en styf is nie maak dat daai tentseil of cazebo met 'n fris wind 'n momentum opbou en dan selfs die tent penne uit die grond uitrek. Meestal begin dit op 'n punt en as daai eerste tou gebreek het of pen uitgetrek het dan volg die ander redelik vining. Wind kom nooit, waar ek by die dam kamp, in een sterk beweging wat aanhou en later ophou nie. Dit kom met sulke rukke en sarsies. Derhalwe dat my mede kampers my altyd spot as ek so deeglik my tent penne inslaan en die toue styfmaak. Na 'n reenbui gaan maak ek ook seker als is nog stewig.
Myns insiens om 'n tubber te gebruik laat mens toe vir 'n sekere beweging. Die beweging mag dalk net omsit in 'n momentum wat die tentpen uit die grond trek of die tou/tubber breek of die seil laat skeur. Ek glo daaraan oms elke tou stewig en styf te maak en toe te laat vir so min as moontlik beweging.

Okay, met 'n tubber kan mens ook als stewig maak en dan so klein bietjie meer "flexibility" h maar ek dink mens sny 'n fyn lyn tussen solied vas en 'n seil wat toegelaat word om te beweeg en dan 'n momentum kan opbou wat selfs 'n stewige pen uit die grond ruk of 'n sterk tou laat breek of 'n seil laat skuur.

Maar ek's sal daarvan hou om te hoor wat julle daarvan s!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2015 @ 22:21:43 pm
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 47 years
Ek het van die goed gekry saam my eerste Exclusive. Volgens my vervang dit daai rubber straps wat mens aan jou tent sykante sit. Die ou rubber straps het mos maklik gebreek na een kamp. Dalk is ek verkeerd.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2015 @ 22:51:50 pm
Anonymous

Sal definitief terugvoer gee hier, maar ek dink een kamp gaan dalk te gou wees om regtig waarde bepaling te meet. Die tubbers wat ek het is 90kg breek krag, wat dalk genoeg is, maar ek kon nie die goot menere kry met die hoër breekpunt nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2015 @ 16:23:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Ook nou-net by outdoor warehouse gekoop...hulle het ook net die 90kg gehad. Soos jy s, Johann, daai toutjies om die rubbers is maar dun...sal maar sien wat hulle maak....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2015 @ 20:44:49 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Hi
Ek sal fotos neem v.d, rekke wat ek per meter koop en loops maak, koppel met n klampie of elektriese kabel lasser. Ek dink dit kan dalk werk i.p.van.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Dec 2015 @ 16:40:29 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1560
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Ek het gister by Outdoor Warehouse daarna staan en kyk. Ek dink dit is heel billik geprys, maar sou graag meer van lewensverwagting wou weet. Miskien is dit 'n onbillike vraag, want rubber toebehore wat aan die elemente blootgestel word hou mos maar nie lank nie. Motorbande het 'n lewensverwagting van vyf jaar, dan is die rubber nie meer op standaard nie

Interessant om daarop te let dat die breekkrag waarna verwys word die van die toutjie is, en dat die elastiese gedeelte se breekkrag nie genoem word nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Dec 2015 @ 17:59:16 pm
pieman
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 21 Nov 2012
Experience: 18 years

Het by Outdoor W/H gekry vir R105.00 vir tien, asook daai glow in the dark tou teen R90.00 vir 15m.

@ Andal, ek gebruik ook die "V" penne soos op jou foto, soek net bietjie ekstra rek krag.surprised

 



Het jy by Outdoor Warehouse by PnP gekry?
Hi
Ek sal fotos neem v.d, rekke wat ek per meter koop en loops maak, koppel met n klampie of elektriese kabel lasser. Ek dink dit kan dalk werk i.p.van.

Oom Johan, wys 'n bietjie asb. man. Ek dink met die kampery is wind een van die dinge wat my onrustig laat slaap!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Dec 2015 @ 18:18:26 pm
Anonymous

@ Etienne, ja dis mos daar langs daai plastiek winkel, by groot Pick en Pay a-lot.

Die rekvermoë, plus die feit dat ek my anker toue bietjie lank gemaak het, het veroorsaak dat ek my penne ver moes in kapembarassed. Sal maar more so een vir een korter maak.

Die gloei lyk ook heel gaaf vir so half uur, dan verdof dit maar weer, sal nou vanwand kyk met meer son deur die dag, maar ek hou van hulle.

Kanneman, ek gaan dit nie met bande vergelyk nie, dit het nie veiligheids risiko nie, as dit my 5 jaar hou, is ek baie tevrede, langer, SUPER.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Dec 2015 @ 22:12:35 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4469
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Johann, ek het vroeer genoem die rekke hou nie lank nie. Vyf jaar is baie optimisties. 

Persoonlik dink ek staal rekvere wat by Campworld te koop is, is 'n beter opsie vir stormbande.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2015 @ 17:48:36 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Johann.. jys nou die kingpin hier. Ek spook noual ve ure, die fotos wille aflaai nie.
As ek dit ve jou wats app, kan j dit probeer oplaai.
Dis v.d. braided 6 mm rek wat ek R5-00 p.m. betaal het.
Dan las ek dit met kabelklampe wat jy staalkabel mee las of jy krimp dit in n 6mm kabellasser vas. Elektrisins gebruik dit om ho stroom kabels te las.
Ek kan enige lengte sny en punte weer aanmekaar las.
Lyk nie ve my of die tubbers die job gaan doen nie.
Ek gebruik cargo net as n stormtou. Anker dit op vier hoeke met stormtou penne. Daars genoeg speling op die cargo net self om die rekbaarheid te akkommodeer. Maar kan nog steeds "springs" of v.d. braided rek gebruik.
Ek het gelees van die knoppe wat dit oppie tentdak maak. Maar. Ek het blinkseil onder dit.
Kamp al 5jaar so . Het nog nie probleme gehad nie. Touched wood.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2015 @ 18:00:53 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
I. V. M. Vertikale pale
Ek het self v.d. koppie tipe gemaak. Ongeveer 80mm lank. Langs dit het ek n pen vas geweld om in die grond te kap. So 120mm lank. Die paal gaan deur die koppie. Dws dit verminder die kans dat die vertikale paal kan uitspring. Dan anker ek by elke vertikale paal n tou (guy rope) vanaf die lasser bo regaf langs die paal en onder met n stewige pen. As ek dit nou styf trek en ek "twist"die horisontale pale styf, het ek geen tou voor my waaroor ek kan val nie, slegs die kante se toue. Blinkseil op, cargo op. Wind se dinges.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2015 @ 18:04:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Johann sal seker nou die tubbers kan toets....hier steek n weer op in pretoria
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2015 @ 19:40:47 pm
Anonymous

Jammer Johan, ek sien nou eers jou versoek, ek plaas dit gou.

 

@ Geert, hier was nou so bietjie ruk winde, en die tubbers het gehou, maar ek gaan dit skyf na die mure se ankers, die O rings daarmee vervang. Die tubbers laat te veel beweging vir my toe. Dalk is ek soos Nemo, soek nie speling nie.laughing

Ek moet erken, ek het nie my mure op gehad nie, dalk so die tubbers beter werk met die mure om te versterk? Hier is dit te warm vir die mure.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Dec 2015 @ 21:11:37 pm
Anonymous

Tubbers : werk goed op storm net / bande, maar mors van geld op die gewone pale as ankers. V vorm penne werk goed genoeg, (beter om die waarheid te sê)

Glow in the dark toue : moenie geld mors nie, dit weerkaats net vir halfuur, dis darem meer sigbaar, maar werk baie lekker in die plek van gewone nylon toue. Dit span lekker, en hou goed. Sal dit aan beveel as jy toue moet vervang, maar ook net dan.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Dec 2015 @ 22:22:25 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years

Tubbers : werk goed op storm net / bande, maar mors van geld op die gewone pale as ankers. V vorm penne werk goed genoeg, (beter om die waarheid te sê)

Glow in the dark toue : moenie geld mors nie, dit weerkaats net vir halfuur, dis darem meer sigbaar, maar werk baie lekker in die plek van gewone nylon toue. Dit span lekker, en hou goed. Sal dit aan beveel as jy toue moet vervang, maar ook net dan.

 


Hi
Kan ek ook nou maar ietsie s oor die glow in the dark. Het dit al gekoop toe dit uitgekom het maar wou nie se of dit rerig werk nie. Nou kan ek darem saamstem dat dit nie ve my die moeite werd is nie. Soos Johann s is dit net vroegaand, in pikdonker oky, daarna is die "glow" maar power.
Persoonlik dink ek die wit toue werk die beste en as jy nog stukke poolnoodles aanheg, des te beter.
Die laaaang elbow penne trek rerig nie sommer uit nie en in sanderige grond kan jy re-enforce rods self maak met ogies aangeswys met "snaphooks" (het dit verlede jaar by waenhuiskrans gebruik) dan tubbers of braided rek of ou seilstoel vere aansit. Of die vere wat in die stormtou kit kom.
Sal n paar drukveer goete maak en wys. Dis nou i.p.v. tubbers maar duurder.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Dec 2015 @ 23:02:54 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
My pakkie tubbers l ook nog in die kar....trust nie daai dun nylon toutjies op hom nie...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Dec 2015 @ 23:04:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
My pakkie tubbers l ook nog in die kar....trust nie daai dun nylon toutjies op hom nie...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jan 2016 @ 07:57:24 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 47 years
My pakkie tubbers l ook nog in die kar....trust nie daai dun nylon toutjies op hom nie...

Ek het hul al gebruik onder aan die sykante. Ek het hedink dit vervang daai ou rubbers. daai toutjies hou hoor. Dis dieselfde as skadunet toutjies.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jan 2016 @ 08:33:04 am
Anonymous


Ek het hul al gebruik onder aan die sykante. Ek het hedink dit vervang daai ou rubbers. daai toutjies hou hoor. Dis dieselfde as skadunet toutjies.

Stem saam Pieter, hulle werk mooi op die sy kante in die plek van die o rings, jy "loop" dit deur die plek waar di o rings in was.

Die toutjies lyk nie so sterk nie, maar hulle is baie stewig. Die tubbers werk ook lekker op die storm net.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jan 2016 @ 09:02:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17823
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek het hul al gebruik onder aan die sykante. Ek het hedink dit vervang daai ou rubbers. daai toutjies hou hoor. Dis dieselfde as skadunet toutjies.

Stem saam Pieter, hulle werk mooi op die sy kante in die plek van die o rings, jy "loop" dit deur die plek waar di o rings in was.

Die toutjies lyk nie so sterk nie, maar hulle is baie stewig. Die tubbers werk ook lekker op die storm net.


Goeie idee...dink ook ek gaan dit maar daarvoor aanwend👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2016 @ 14:51:29 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1560
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Ek het ses weke gelede 'n pakkie gekoop by Outdoor Warehouse. Ek het drie daarvan nodig gehad om 'n skadunet te span.

Ses weke in die son en twee se rek het reeds middeldeur gebreek.

Ek gaan dit weer vir dieselfde doel aanwend, maar binne in 'n swart plastiek besproeingspypie wegsteek sodat die son dit nie kan bykom nie.

Op die pakkie staan "natural Latex impregnated with graphite to minimize UV and oxygen degradation".  As dit ses weke hou met die behandeling wonder ek hoe lank dit sou hou daarsonder. frown

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2016 @ 17:04:08 pm
Anonymous

Dankie vir die terugvoer, Kanneman, ek dink ook nie dit is geskik vir lang durige spanning en blootstelling aan die elemente nie. Hoop maar dit hou beter as jy dit addissioneel beskerm.

Daarom gebruik ek dit nou net in die plek van die "O-Rings" onderaan die panele (mure).

Daar is, op hul web blad, 'n dikker een wat dalk beter sal werk, maar ek sal maar hou by veer penne vir anker doeleindes.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2016 @ 15:14:46 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16373
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Soos seker genoem is daar tent penne op die mark wat ook 'n veer in het. Het hulle by die beeld Vakansie skou ook gesien.

Dit is seker 'n goeie produk as jy 'n mate van speeling op jou anker toue wil hê.

My sienswyse is dat die penne met vere en dan ook die tubbers toelaat dat die anker toe tot 'n mate mee gee in die wind. Dit kan veroorsaak dat 'n gedeelte van 'n paal uitval in sterk wind en toe laat dat 'n storm band onnidig skuur.

Ek verkies dat die pen en ankertou wat ek gebruik presies doen wat hulle gemaak is en dit is anker die tent vas. Ek wil nie enige speeling op die toue of stormband/storm net hê nie. Die goed moet vas wees. Ondervinding het my geleer dat 'n 16 x 32 Army tent die stewigste staan as daai anker kabels en kettings so styf as moontlik is.

Die goed is seker 'n goeie produk as dit vir iets anders gebruik word, maar om tente te anker, 'n GIMMICK.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za