Nou wat nou?
So sal die wêreld wat bietjie agter is tov hul opinie op getrek word na die res toe om sodoende effe wakker te skrik.
Hier moet ons eintlik geskree het, "Rasisme" maar toe sorteer die Landros dit sommer uit.
Ditto JIN.
Gelukkig nog nie pyne hier in Suid afrika nie. Maar so onderonsie sa seker iewers eendag sy kop uitsteek.
Hier in die Mbombela munisipale gebied al verskeie motoriste by padblokades afgetrek daarvoor. Ek vermoed hulle teiken die voertuie met LED Bars.
Lees ook die artikel in WegRy van Junie 2017. Ek het dit afgelaai vir enigiemand wie dit sou wou lees.
Die probleem is die onkunde by die Verkeers mense oor die Regulasie wat hulle moet toepas. Kan eintlik net spoedmeters lees. Goed soos 'extended cabs' met meer as 2 mense in, weet hulle nie van nie, ens.
groete en veilig ry.
As ek die "gedeeltelike" artikel lees word daar verwys na gekleurde LED ligte. In die gedeelte word glad nie gepraat van LED Bars, LED spotlights of so nie.
Die tweede laaste paragraaf praat oor "brights" wat nie reg gebruik word nie, geen melding van LED Bars of LED spotlights nie. Die laaste paragraaf meld wel die monteer van ligte behalwe dit waarmee die voertuig uitkom. Weereens kan die klem nie geplaas word op LED spotlights of Bars nie.
Voor ons erg bekommerd raak moet ons die hele artikel gaan lees. Tensy dit elders in die artikel vermeld word wat nie hier geplaas is nie handel die artikel eintlik maar oor die gebruik van gekleurde LED ligte. En slegs as die woorde LED Bar en LED Spotlights daarin vervat is moet ons dalk twee keer dink.
Gaan ry in Orchards naby Roslyn in PTA noord na donker. Jy sal verstom wees oor die aantal voertuie wat Blou, Rooi, Geel en Groen LED Parkeer liggies het. Al wat 'n swart kar is het flikkerende blou ligte in die voorste sier rooster selfs 'n Toyota Conquest. Ek laat my nie vertel dat die Burgemeester van Tswane in 'n 1994 Toyota Conquest ry nie.
Dink ons moet die hele artikel plaas of link waar almal die hele een kan lees.
In Arrive Alive se artikel is die hoogte (2,1m) verkeerd. Hoofligte moet minsten 450mm hoog wees en nie meer as 1,4m nie. Die ligte op dakke en dakrakke is dus onwettig. Ligte wat oor die lang-middellyn geplaas is, is ook onwettig.
Die Verkeersmanne en-vroue lees nie of ken nie hul Regulasies nie. 'n Spoedkaartjie is makliker want die kamera wys wat is verkeerd.
Die eerste link is net dokumentasie. In die pad verkeers wet en arivealive "links" praat beide die selfde taal.
Daar word deur gans gepraat van "lamps" soos stop lamps, brake lamps, dipped beam, high beam. Nêrens in die wet word enigsins verwys na LED lamps, Halogeen Lamps of so nie. Nie eers aan die begin van die wet waar die definisies bespreek is word dit genoem nie.
Dus volgens my kan 'n "Lamp" 'n halogeen of LED lampie wees.
Theo watter regulasie in die wet wys vir jou dat die ligte oor die lang-middel lyn is on wettig? Ek sien hom nie raak nie.
Ek kry net Regulasie 159 praat van daai lyn wat jy noem, maar is toe gespits op as dit 'n voertuig is anders as 'n motorfiets of driewiel sal hy 'n lig hê weerskante van daai lyn. Dus twee ligte. My voertuig het dit. Hy het so uitgekom met daai ligte. Ek lees nie verder genoem in 159 waar hulle praat van die lyn, dat daai lyn nie gekruis kan word nie.
Help my reg asb.
As LED ligte onwettig is, of ligte op n dak bedek moet word....is die SPIETKOPS se blou ligte mos ook onwettig.
Ja eks ook al AF getrek en beveel om dit AF te haal.
Ma se kar se lig is bedek, en op aparte skakeklaar. Hulle het vir haar ook gese dis onwettig.
Getroue wetsgehoorsame burger wat ek is, het ek toe besluit om ........
Dit net so te los😂😂😂😂😂
Persoonlik kan ek nie die doel van ekstra ligte aan 'n voertuig verstaan nie. As die bestuurder dit gebruik, verblind jy aankomende verkeer wat mense se dood kan veroorsaak, en onthou, die ander ou gaan terugbakleri deur ook sy hoofligte aan te skakel, so die eerste bestuurder ly ook daaronder. Deur te redeneer dat sy ligte skerper is as die ander ou s'n en dus kry die ander ou swaarder, is selfsugtig en kinderagtig en kwelsugtig om dit nou liggies te stel. Min paaie is ook so verlate dat jy dit veilig- vir ander padgebruikers- kan aanskakel. Waarom wil iemand dit dan hê- dit laat in elkgeval 'n voertuig soos 'n krismisboom lyk en dit sê heelwat van die eienaar se karakter.
Die aksie teen die gebruik van LED ligte verstaan ek egter nie. Dis sekerlik die rigting waarin alle beligting gaan en is 'n beter alternatief as die tegnies ingewikkelde sogenaamde Xenon ligte (wat terloops hopeloos is as jy jou halogeenlampies daarmee vervang-dit fokus eenvoudig nie). LED's bespaar krag en is eenvoudig om te gebruik en veilig. Die standaarde vir die gebruik daarvan moet net duidelik in wetgewing vervat word.
Fred, ek respekteer jou siening in die eerste paragraaf.
Dieselfde kan gese word van waarom ry mense n 4X4 in die stad, of Hoekom 20" wiele op n bakkie sit?
Wel, ek persoonlik ry baie paaie in die nag. Paaie waar daar somtyds min verkeer is, maar baie, Donkies ens.
Ek ry baie maal die N1. En ek kry hope "gewone" motoriste wat met hul gewone hoofligte aan ry. Ek flits nie eers my "LED" vir hulle nie. Ek doen dit wel as iemand van voor af aankom met sy LED aan. en dis hoofsaaklik groot vragmotors, nie normale bakkies en SUV's met LED op nie.
Vir my het die LED baie meer voordele as nadele.
As jy 'n geldige rede het, het ek geen kritiek nie. Ek dink egter min mense wat sulke ligte- of snaakse wiele- aanbring, het 'n rede soos jy nie en oor hulle skud ek maar net my kop. Ek dink egter dis onverantwoordelik om 'n ou wat nie sy hoofligte domp nie, met 'n vreeslike klomp lig op sy fout te wys nie. Dit grens aan padwoede. Sê nou hy ry van die pad af, of in jou vas en mense raak dood? Ek glo aan defensiewe bestuur.
Ek wil nog steeds weet watter een van die padregulasies is oor tree. Op die klagstaat moet staan ............................ het regulasie 12345 oortree deur dat hy/sy dit dit dit bla bla bla gedoen het.
Wat is die regulasie nommer wat oor tree is.
Die foto is in die dag geneem dus is die kanse baie naby aan 100% dat die ligte nie eers aan was nie.