English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 814
Total Replies: 256 700
Total Views: 83 382 628
topics: 11 741
replies: 141 619
views: 39 414 991
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Eerste Karavaan sleep

replies: 79
views: 9488
page 1 of 2
21 Oct 2015 @ 08:49:00 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 6 years
More mede kampers.

Ek voel so bietjie gespanne. Ek dink nie ek moet wees nie, maar ek dink dit is maar normaal.

Ek het my wa, 1987 Caravette 5 in Mei gekoop. Alles was nagegaan en oorgedoen, brieke, bearings, hak voor en nuwe bande was ook opgesit en nog en en.

My eerste kamp is nou die 30 ste Oktober by Klein Kariba. So 105km van my huis af. Dit is nou waar ek bietjie stres. Dit gaan die eerste keer wees wat ek a karavaan gaan sleep. Is daar enige raad of goed wat mens moet vermy as jy sleep.
Ek sleep met a Nissan Livina X-Gear.

Dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 09:06:28 am
Anonymous

Jacobus, ek stel voor, wees net jou self en hou by 'n veilige spoed, al is dit ook 80 km/h, jy sal wel daar uitkom.

Vermy en ignoreer die voertuie agter jou wat ongeduldig raak. As jy jou aan hulle gaan steur, gaan jy begin op jou senuwees raak. Gooi hulle net 'n dowe een.

Obseweer ook gereeld in jou tru-spieëls en kyk dat agter by die karavaan alles in orde is.

Ek het en sleep baie, maar ek stress nog steeds, dit is normaal. Moet net nie paniekeurig raak nie, dit is wanneer die ergste gebeur.

Sleep veilig en kom veilig by Klein Kariba aan en geniet die kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 09:08:05 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Draai wyd by skerp draaie in die parke. Karavaan vat n biekie kortpad agter jou sleper.
Hou maar tru spiels dop hele tyd.
Moenie te vinnig ry nie. 100 tot 110 is max.
Wiele gepomp op wn.
Maak seker koppeling op goosenek is vas.
Check ligte
As jy gehaak is moet wn en die sleper in een lyn staan. NIE nose up nie en nie te veel nose down nie.
Gewig in wn eweredig versprei. Verkieslik innie middel op as.
Maak seker pop-up dak is behoorlik toe en ingehaak. My solar se dak het afgeruk die eerste keer.. daarna met cable ties vas gemaak.
Yskas se deur gehak.
Buite deur behoorlik toe.

Kan iemand nog bylas

GENIET DIT
Klein kariba is baie lekker oord
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 09:11:54 am
Anonymous

Maak seker dat daar nie bagasie of iets is wat kan rond rol binne die karavaan nie. Dit kan skade veroorsaak en ook maak dat jy redelik moelik gaan sleep agv die rollende goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 09:15:52 am
Anonymous

Amper vergeet, onthou om jou Jockey wiel so hoog as moontlik te lig en dat hy vas is. Hou ook 'n redelike afstand vavaf voertuie voor jou ingeval jy vinnig moet remme trap.

As daar 'n ''Dip'' in die pad is, verminder spoed en gaan gerieflik daardeur. So ''Dip'' kan jou maklik laat beheer verloor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 09:19:35 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 6 years
Dankie.
Ek sal al die goed doen en onthou. Gelukkig gaan skoompa agter ons ry met sy wa. Kamp saam ons. Hy het darem ook ervaring van die sleep ding maar hy het jare laas gaan kamp. ook nou eers weer vir hom a wa gekoop.

Nognals dankie vir al die raad en die onthou goed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 09:42:22 am
Anonymous

Ai tog en die handrem. Maak seker hy is heeltemal release as jy ry. Ek vergeet nog steeds om myne somtyds te releaseembarassed, dan kan ek nie verstaan hoekom ek nie kan wegkom nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 09:48:51 am
Anonymous

Jacobus, jy het uitstekende raad hierbo gekry, al wat ek kan byvoeg is, om voor jy ry, gaan deur die  "K53 van karavaan sleep", check vensters toe, deur toe jockey hoog en vas, dak af en gelock, ligte en flikkers werk, towhitch behoorlik gehaak.

Ry die eerste 40 of so kilos maar stadig (onder 90kph) en onthou, jy het meer plek om te draai en ook om te stop nodig. 

Dan, die ding is wees bewus van wat om jou aangaan terwyl jy sleep, maar relax, en geniet die vooruitsig van wat voorlê,  KAMP.

Dit is nie so erg nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 09:55:39 am
Anonymous

O ja, ons almal was, glo ek, maar die eerste keer meer gespanne as daarna, my skoonpa het my met sy F100 en leë Jurgens in die 70's eers laat sleep met hom langs my, so ek was baie bevooreg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 10:05:56 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Die vakansie begin as jy die wa hak. Wees rustig en hoe verder jy sleep hoe gemakliker word dit. Sterkte en kom veilig tuis.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 10:19:11 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 382
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 43 years
Jacobus, al die insette hierbo is in die kol, en as jy al daardie raad neem en toepas,sal jy lekker sleep en geen probleme h nie. Net nog een ding- onthou jy sleep nou 'n wa, en kan nie sommer net 'n ander voertuig wil verbysteek nie. Tensy jy natuurlik genoeg spoed kan opbou en genoeg ruimte het om wel te kan verbysteek. Onthou jou sleep kombinasie is nou maklik tot 6m langer, met die wa gehaak.
Jy sal dit geniet, en soos Jan hierbo tereg s,die vakansie begin wanneer jy haak!
Vat dit stadig, ontspan en geniet!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 10:26:00 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1218
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 8 years

Geniet.   jy het al goeie advies hierbo gekry. 

Is ek reg as ek sê dat die handrem op die wa net keer vir vorentoe beweeg.   As jy dus teen 'n skuinste staan maak seker daar is 'n 'baksteen' agter die wa se wiele.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 10:27:09 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Soos bo genoem...vat dit rustig en geniet jou eerste karavaan sleep vakansie!
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 10:33:23 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 6 years
Baie dankie vir al die advies. Gaan dit beslis volg.

Ek sal fotos plaas wanneer ek terug is en my ervaring van my eerste sleep met julle deel.

Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 10:35:32 am
Anonymous

Geniet die kamp. Na hierdie eerste sleep, sal jy elke naweek wil kamplaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 10:39:00 am
Wihan 1
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 157
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 47 years
Jy gaan op die N1 sleep. Hou by die raad hierbo tov die spoed. Daar is manne wat tussen 120 en 150 op daardie pad sleep, varal in n noordelike rigting. Jy kan dalk voel of jy parkering soek. BLY RUSIG.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 11:28:16 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geniet die kamp. Na hierdie eerste sleep, sal jy elke naweek wil kamplaughing


Soos DK noem...as jy eerste keer met jou eie kamp, wil jy elke naweek weggaan...gaan geniet dit...lekker plek waar jul gaan😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 11:38:32 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 56 years

Wees rustig en geniet swaaryelllaughinglaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 11:39:22 am
camperfan
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 445
Joined: 27 Jul 2014
Experience: 27 years

Onthou die weie draai en beplan mooi jou uitweg as jy dalk gaan stop vir brandstof, kan partykeer knap wees.

 

Enjoy!

 

Africa is not for sissies. Die bosveld is nie speletjies nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 12:06:00 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 43 years
Your towbar weight not to exceed 80kgs

Good luck & enjoy your first week-end
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 12:09:32 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 63 years
Baie goeie raad. Praat net boontoe.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 12:17:10 pm
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 29 years
Ek het selfde karavaan gehad paar jaar terug en die opslaan dakkie verloor op eerste trip(stormsterkte wind van voor), my raad is dat jy n tou aan elke kant vasmaak en anker elders binne die karavaan

Gebruik al die raad hierbo, en stap twee keer om jou karavaan saam met jou vrou,as alles reg is buite kan daar nie veel meer verkeerd gaan nie
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 12:22:57 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years
Ons was almal daar deur, en daar gaan nog baie na jou wees.
Sterkte en veilig sleep.
Lekker kamp.
Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 12:40:13 pm
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 6 years
DAnkie almal.

Met al die raad glo ek nie iets kan verkeert loop as ek dit volg nie.
Voel meer gerus, behalwe vir Willie se gedeelte waar sy wa se dak verloor het. Gaan seker maak ek tou die dak vas.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 12:55:41 pm
POTYSTER
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 23 Sep 2014
Experience: 7 years
Jacobus--ek is ook n nuwe sleeper--4 keer nou al gesleep--gaan baie goed---moet net nie eiers in die yskas sit nie.
POTYSTER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 13:05:11 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 34 years

Geniet dit en ontspan as jy sleep.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 13:22:14 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1038
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 12 years
Jy het nou goeie raad gekry by forum lede daar is altyd n eerste om te sleep ek gebruik n stabiliseerder laat my net veiliger voel omdat ek ook maar nuut in karavaan sleep is geniet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 13:26:43 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Ek het iewers van goeie raat gelees ve die dak.
Kry twee straps(soos storm toue) maar die wat kan styf trek met n meganisme. Span jy dit oorkruis oor die dak,, soos kruisbande. Jy kan dit aan die handvatsels vasmaak of iewers onder die wn. Dak afwaai se dinges.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 13:30:38 pm
Anonymous

Ek het iewers van goeie raat gelees ve die dak.
Kry twee straps(soos storm toue) maar die wat kan styf trek met n meganisme. Span jy dit oorkruis oor die dak,, soos kruisbande. Jy kan dit aan die handvatsels vasmaak of iewers onder die wn. Dak afwaai se dinges.
Oom Johan, iewers is daar 'n topic waar iemand 'n tipe van 'n Bracket meganisme gemaak het. Ek sal kyk of ek dit kan search.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 14:40:45 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16356
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Tensy die knippe sigbare skade en verweer toon moenie jou so bekommer oor die dak wat gaan oplig nie.  Die knippe wat vir dit gebruik word doen nou al jare hulle ding. Maak net seker hulle is vas of geaktiveer. As jy met verlengde spieels sleep kan jy die oorspronklike spieels stel dat jy die dak kan dophou.

Dan nadat jy die goed nagegaan het op die lysies klim in jou voertuig en vra vir Beskermende Hand van BO start jou voertuig en ry soos wat jy normaal weg bestuur.

Jou "gut feeling" gaan vir jou sê hoe gemaklik jy ry, pas dus jou spoed daarvolgens aan. Pad reels is presies dieselfde met 'n wa as daar sonder. Jou karavaan is redelik kort so wyerdraai as normaal is seker 'n Halwe meter na 'n meter toe. Trust daai gut feeling maar oor die algemeen sou ek voorstel enige spoed groter as 110Km/h met enige groote karavaan stel jy jou gesin se lewe in gevaar.

Ek geniet gewoonlik die sleep net so veel soos die kamp self. Dus as ek van PTA na Warmbad toe sleep is dit net my vrou se ge moan wat my keer om Durban om te ry.

Gaan groot en geniet dit as iets nie reg gepak is of los is gaan jy dit binne die eerste 20km voel. 

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 17:35:36 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 49 years

Jacobus alles in die begin is snaaks  dan begin jy vergeet van die karavaan  agter jou moet dan nie begin viniger  ry nie  gelukkig is die N1 na Klein Kariba  redelik  gelyk 

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 20:42:44 pm
Riaan
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 29 Oct 2007
Pasop vir spoed optel teen die afdraendes. As jy rem kan dinge lelik raak agv d karavaan se momentum. Onthou ook jy kan nie so skielik uitswaai as sonder die karavaan nie, het al groot geskrik met n karavaan wat begin rondswaai het. Ry eerder oor d hond in d pad as wat jy probeer uitswaai.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2015 @ 21:37:39 pm
Anonymous

Het jy jou EB lisensie gaan doen, of het jy hom outomaties gekry? Ek vra maarwant mense wat EB outomaties gekry het sal baat vind by n paar besturskool lesse met sleep...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 05:44:27 am
pieman
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 21 Nov 2012
Experience: 18 years
Een ding wat ek altyd gedoen het (by die bikers geleer) is om die eerste 10km rustige te vat. Ek sleep teen 80-90, klaar, en daai eerste 10km is teen 60. Dit gee my net kans om te check (en "voel") dat alles reg is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 08:26:33 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 6 years
Dankie almal.

Met al die raad glo ek nie iets kan verkeert loop as ek dit volg nie.
Voel meer gerus.

Nee Brommer, ek het nog nie my EB nie. Vat maar a kans. Lisensie April 99 gekry en almal voor April 98 het automaties EB gekry. Het proses begin om EB lisensie te kry. Leerling lisensie afspraak in Nov.

Ek weet dit is gevaarlik om sonder a EB te ry, want indien iets gebeur betaal die versekering niks. Ek kan nie wag nie, wil darem 1 keer die jaar gaan kamp. Desember bly ons in a huisie in Drakensville. Hoor dit vat amper a jaar om jou lisensie te doen. En wie se mens slag die eerste keer.

Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 09:03:52 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 34 years

Watter datums in des is julle by drakensville? Ons kamp  daar van 19 tot 27 Des.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 09:07:21 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 6 years
Ons book in die 19 Desember tot 26 of 27 Desember.
Ons bly is huisie oorkant die karavane. Toe ons bespreek het in Februarie was daar nog nie sprake gewees van Karavaan koop nie. Dit is hoekom ons in huisie bly.

Sal uitkyk vir jou.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 09:12:38 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 34 years

Ons staan op C2, C3 en C4 daar.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 09:13:24 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2266
Joined: 31 May 2014
Experience: 54 years

Nico ons kamp ook by Drakensville van 20 - 27 Desember.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 09:14:24 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 34 years

Ons gaan moet n braai reel daar.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 09:15:12 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 62 years

Jacobus nadat jy die wa gesluit het, sit die wa sleutel op 'n plek waar jy hom nie sal vergeet nie. Een van ons forum lede het sy sleutels verle, embarassed.

Sorry DK moes dit noem.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 09:15:23 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 6 years
Lekker man lekker. Amper a caravanpark.com saamtrek (LOL).
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 10:39:53 am
Anonymous

Jacobus nadat jy die wa gesluit het, sit die wa sleutel op 'n plek waar jy hom nie sal vergeet nie. Een van ons forum lede het sy sleutels verle, embarassed.

Sorry DK moes dit noem.

laughing Reg so, Fred. Gelukkig het ek nou BAAAAIE sleutelslaughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 10:47:20 am
Anonymous

Dankie almal.

Met al die raad glo ek nie iets kan verkeert loop as ek dit volg nie.
Voel meer gerus.

Nee Brommer, ek het nog nie my EB nie. Vat maar a kans. Lisensie April 99 gekry en almal voor April 98 het automaties EB gekry. Het proses begin om EB lisensie te kry. Leerling lisensie afspraak in Nov.

Ek weet dit is gevaarlik om sonder a EB te ry, want indien iets gebeur betaal die versekering niks. Ek kan nie wag nie, wil darem 1 keer die jaar gaan kamp. Desember bly ons in a huisie in Drakensville. Hoor dit vat amper a jaar om jou lisensie te doen. En wie se mens slag die eerste keer.

Groete
nee man, hoekom moet jy weer leerling gaanskryf.. ekt net addisioneel afspraak gemak vir toets, en my huidige rybewys kopue ingegee.. die toets het ek in Centurion gaan doen. EBwas vir my maklikeras gewone... met my gewone B wou die ou my kaat druip, hy het hard probeer, hyt my op als getoets, letterlik als, hy was maar ongelukkig toe ek slaag.. Met EB het ek omtrent geen punte verloor nie, die omie het my getoets en gese ag neewat, hy kan sien daars nie iets wat hy my gaan uitvang nie, ons ry toe net bietjie in Centurion rond.. jy behoortmaklikte slaag, hou net by die formele tegnieke..

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 10:57:00 am
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 198
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 6 years

nee man, hoekom moet jy weer leerling gaanskryf.. ekt net addisioneel afspraak gemak vir toets, en my huidige rybewys kopue ingegee.. die toets het ek in Centurion gaan doen. EBwas vir my maklikeras gewone... met my gewone B wou die ou my kaat druip, hy het hard probeer, hyt my op als getoets, letterlik als, hy was maar ongelukkig toe ek slaag.. Met EB het ek omtrent geen punte verloor nie, die omie het my getoets en gese ag neewat, hy kan sien daars nie iets wat hy my gaan uitvang nie, ons ry toe net bietjie in Centurion rond.. jy behoortmaklikte slaag, hou net by die formele tegnieke..

 


Dit is wat vir my gese is ek moet doen. Dit was vir my ook dom om leerling weer te doen want ek ry al jare. Ek het gegoogle en daar dui hulle ook aan dat jy alles van vooraf moet doen.

Wel die proses is nou aan die gang. Dink persoonlik dit is a geldmaak storie. Maar ek sal hulle gou weer kontak en uitvind
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2015 @ 11:52:52 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 22 years

Vat dit rustig, nie vinniger as so 105Km/h.

Kry die neus gewig reg. (so hoog as wat die sleephak kan vat of naby daaraan)

Probeer vroeg weg kom. Moenie in die donker daar aankom.  (my eerste karavaan tent kon ek nie in die donker opgeslaan kry nie en moes die volgende oggend sien ek het dit onderste bo deur geryg)

Jy sal sien met verloop van tyd dat mens te weel rubbish saam vat. Met tyd verloop ry mens minder onnodige goed saam.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2015 @ 05:47:26 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4850
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years
jacobus 1 vat dit rustig en geniet kamp n hond uit n bos
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2015 @ 11:15:00 am
Fanie
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 434
Joined: 27 Jan 2012
Experience: 41 years

More mede kampers.

Ek voel so bietjie gespanne. Ek dink nie ek moet wees nie, maar ek dink dit is maar normaal.

Ek het my wa, 1987 Caravette 5 in Mei gekoop. Alles was nagegaan en oorgedoen, brieke, bearings, hak voor en nuwe bande was ook opgesit en nog en en.

My eerste kamp is nou die 30 ste Oktober by Klein Kariba. So 105km van my huis af. Dit is nou waar ek bietjie stres. Dit gaan die eerste keer wees wat ek a karavaan gaan sleep. Is daar enige raad of goed wat mens moet vermy as jy sleep.
Ek sleep met a Nissan Livina X-Gear.

Dankie

Goeiemore Johannes,

My Wa is 'n 1982 Gypsy en my sleepvoertuig 'n 2.7i Toyota. Hier is uit my ervaring die twee belangrikste dinge om na om te sien:

1. As jou Wa 'n opligdak het, maak nie saak hoe goed jy dink die knippe nog werk nie, sit vir jou twee rubberhakke binne-voor aan die dak. Ouer waens se dakhakke rattle los en dan vlieg daai dak oop... dit het nog nooit met my gebeur nie, maar ek het dit al gesien en dis nie 'n mooi gesig nie. Nou knip ek my dak vas, net voor waar die wind dit kan skep, ook met die rubberhakke en ek reis kommervry. Sien my foto wat ek netnou sal gaan neem en hier aanheg.

2. Daai verdommenis van 'n jokkiewiel kom altyd los! ...veral op ouer waens, want mens kan mos verstaan dat alles al bietjie verslete is. Jy draai hom lekker styf vas maar iets gebeur langs die pad, soos 'n hobbel in ie pad wat hom tref, die dip van die sypaadjie af op die teerpad voor jou huis as jy uittrek, die middelmannetjie op die vakansieoord se grondpad... en daai jokkiewiel kom los sonder dat jy dit eers weet en as jy anderkant aankom het die teer jou jokkiewiel opgvreet en jou jokkiewielstang gebuig. Nag! Dit het my al oorgekom. Nou gaan ek vir my 'n strap of 'n ding aansit, want net eergister weer toe ons die Wa op die plaas uit die stoor uithaal en met die plaaspad langs huistoe bring om voor te berei toe vang dit die middelmannetjie van die plaaspaadjie en jou wrintiewaar: daar kom die ding weer los. Ek weet nog nie hoe ek 'n veiligheidstrap gaan prakseer nie, maar van volgende Vrydag af wat ons weer met vakansie gaan, sal daai wieletjie 'n strap aanhe, wat, al kom die bout los, sal dit die wieletjie bo hou. Dalk kan iemand hier ons wys hoe om so 'n ding te prakseer.

En dan laastens: ry stadig en kyk om jou rond. Ek sien die ouens bevel 100 / 105 / 110 aan. Luister: jy betaal duur vir daai petrol: om te wil jaag na jou bestemming laat jou gespanne bestuur, jy sien niks om jou nie en jy mis die hele reis waarvoor jy so duur betaal. So, bring spoed af na op die meeste 80 en geniet dit. Ignoreer die ongeduldige ouens wat wil verbykom, trek af op die geelstreep. Ons gaan volgende week van Knysna af in die Breederiviervallei toer. Ek gaan eenvoudig nie vinniger ry as 70 / 80 nie. Dan eers sien mens die mooi om jou en toer jy. smile (En vir die ouens wat wil uitfreak oor hierdie raad: hoe op die aarde wil jy die Tuinrote toer, waar ons woon, teen 100kpu? - en mens sien eers die mooi as jy stadig ry.)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2015 @ 11:27:05 am
Fanie
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 434
Joined: 27 Jan 2012
Experience: 41 years

Skuus Jakobus lat ek jou Johannes noem:

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2015 @ 11:28:15 am
Fanie
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 434
Joined: 27 Jan 2012
Experience: 41 years

So lyk hy los: met die dak opglig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2015 @ 11:39:09 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 43 years
Mooi plan Saad,
Dankie vir die deel en ek probeer ook altyd stadig genoeg te ry dat ek die wereld om my kan verken.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za