Geert, die reën moet redelik skuins val om daar in te gaan, maar kan tog gebeur sou ek sê.
Johan, ek het ook gewone huis yskas in gebou, met die wat jy jou vents af geblok het, word dit nie warmer in jou karavaan nie. Dalk gaan ek myne ook af seël vir die stof, sal graag van jou wil hoor.
Enige yakas het ventelasie nodig in die Classique en Exclucive het hulle nog n exsta fan ingbou vir beter ventelasie
Met was met tuinskang is die grids n probleem.. moenie dink jyt hulle nie nodig nie, die elektriese yskaste moet ook van hitte ontslae raak. Die grids is vir my n groot pyn met water, en so ook die grids vir mikrogolf oond... dit kry tog water in, en om karavaan te was het jy baie geduld en versigtigheid nodig. Die grids is nie so goed soos ditmoet wees nie
Gaan kyk gerus na die basiese beginsels waarvolgens verkoeling werk. As jou stelling waar was het rekenaars nie waaiers in gehad nie, en het 'n motor se verkoeler ook nie lugvloei benodig nie.
See Liefhebber,
Dan moet jy maar dalk jou voertuig se verkoeler ook afblok met perspex. Weet jy hoeveel stof kom daar in die enjinkompatement?
Grap net!
Enige ding wat hitte produseer en 'n verkoelermeganisme het MOET kan afkoel. Jy kan nie dit wil afblok en hoop dis reg nie. Jy gaan baie beslis die werking en lewensduur van daai yskas benadeel.
Jy kan wel 'n filtertipe materiaal soos die wat elektriese grassnyers en kantsnyers gebruik wat goed deurlaatbaar is daar gebruik en dit gereeld skoonmaak sodat dit nie verstop raak van die stof nie. (Bygesê, dis ook nie wenslik nie).
Wanneer die grid vuil raak, kry die boonste een eerste die beurt. Ek maak die deurtjie oop en sit 'n plastieksak oor die opening en maak die deurtjie weer toe sodat hy die plastieksak vasdruk. Ek vat dan 'n emmertjie met seepwater en was die louvres met 'n verfkwas en spoel hulle af met skoon water en 'n spuitbottel.
'n Ou handoek doen die ding om die water en gemors op te vang as jy die operasie doen terwyl jy kamp.
NS: Tydens die wa gestoor word kan jy maar steeds die platieksakding doen om die stof uit te hou asook om die water uit te hou as jy jou tuinjong vertou om jou wa te was! LOL
Lekker skoonmaak!
Ek sit gewoonlik 'n swart plastiese vuilgoed sak onder op die vloer waar die vents is wanneer ek afspuit.
Yip jy jaag spoke op.
Vat 'n plasiek sakkie, maak die vent oop sit die sakkie oor die opening en druk dsan die "lovers" weer toe, dit knyp die plastiek in plek en verhoed stof of was water om in te gaan. Voor jy die yskas aanskakel maak die "lovers" weer oop en verwyder die plastiek sak.
Ek het nog altyd die wa gewas en met tuinslang op sproei mode daaroor gespuit. Die bietjie water wat in gegaan het was omtrent droog teen die tyd wat ek 'n lap gekry het, deur oopgemaak het, kassie onder yskas oop het.
Al wat ek onder in daai kassie gesit het was checkers sakke vir vullis drommetjie. Platboom potjie en potjie kos burner. Niks om oor bekommerd te wees as dit paar druppels op kry nie.
Ek dink die bekommernis hier is as daar water in gaan kan dit lei na houtvrot - 'n mens moet maar net oordeelkundig was.
Met die oorspronklike of vervangende yskas, hang die effektiwiteit van die yskas af aan die verkoeling van die finne agter en het dus lug nodig - voel maar gerus agter die yskas in die huis. Dis eintlik dwaas om daaraan te peuter deur toe te maak.
Het self al die louvers gewas en liggies afgespuit met geen water binne. Die louvers is skuins na onder gebuig, derhalwe moet jy die water van onder na bo in hom spuit om water binne te kry.