Thomas Edison came home from school one day and handed an envelope to his mother. "My teacher told me only give this to my mother". His mother read the letter in silence, with tears in her eyes and then out loud to him. "Your son is a genius, this school is too small for him and the teachers not good enough to teach him. Please teach him yourself".
Many years after his mother died, he found the same envelope in a box, opened it and read the letter. "Your son is mentally ill. We can't allow him back to this school".
Edison cried for hours, then wrote in his diary. "Thomas Edison was a mentally ill child, who, because of the love of a hero mother, became the genius of the century".
Dis feite.
Ek se vannaand v ma...... die band tussen ma en dogter is groot. Die band tussen pa en seun is groot. MAAR........
Die band tussen Ouers en Kinders.........IS GROTER!
Kan net n groot AMEN se op bo genoemde
So waar my pa is my rots en my ma wat al jare oorlede is was my beste vriend ek gesels nog gereeld met haar. as ek so op my eie sit
Andre ek doen ook daai ding, ry somer so in die dag en gaan kuier daar op die plaas ma en pa le daar
Mens besef nie wat is jou ouers werd tot hulle nie meer daar is nie, gelukkig het ons met ons ouers ook die vriend verhouding gehad.
Dink baie dae, as ek my ma net nog een jeer kan vasdruk en sê hoe lief ek vir haar is, ai sal dit nie vreugdevol wees nie.
Amen n GOD gegewe wonderwerk van bo ! Dankie VADER vir ons kinders ! .
Smart seuns daai van jou potyster
Johann, ek stem so saam met jou. Het al baie gewens ek kan my Ouers en ook my geliefde oorlede man net nog een keer sien. Want jy besef so baie was ongesê. Gelukkig, glo ek, hulle weet dat ons hulle mis en nog steeds lief is vir hulle.
Freda, more (Maandag 12 Sept) moet ek deur ry Klerksdorp toe, my pa is 90 jaar en 3 maande) die versorgings oord het my netnou gebel en gesê hy het nou heeltemal boedel op gegee. Hy bly net bid en sê dat my ma hom kom haal. Ons moet maar gaan afskuit neem.
Ja hy is oud, en het 'n goeie lewe gehad, hy was die beste pa wat mens kon vra, maar wragtag, more lê soos 'n berg voor my. Hoe lank hy nog gaan leef weet ek nie, maar ek wil hom vir oulaas gaan sien.
Die slaap ontwyk my vannaand, ek sit en dink aan hoe hy met ons askinders gespeel het, my eerste knipmes op 5 jaar, so BEST mes wat ek vandag nog het, die eerste van meer as duisend knip messe in my versammeling.
Ek klink nou soos 'n regte sentimentele ou fool, maar hy was ons rol model, ons belange was altyd my ouers se hoogste, en eerste prioriteit.
Ek was so 7 jaar, toe takkle 'n swerm bye my waar ek die plaas hek moes oop maak, toe my pa dit sien, spring hy van die trekker af, vou my met sy klere toe om my te beskerm sodat die bye hom so gesteek het dat hy twee dae hospitaal was.
Johann, jammer om iets so hartseer te hoor. Gaan na hom toe en dan vertel jy hom al die dingetjies waaraan jy nou dink. Hoe jy dit waardeer het en hoe lief jy hom het. En sê vir hom jy gun dit vir hom dat hy in vrede na jou Ma sal gaan en gaan rus. Jy sal ook vrede vind as jy so van hom afskeid neem. Gelukkig het jy die geleentheid om dit te doen. Sterkte, ons dink aan jou en glo ons Hemelse Vader sal jou bystaan en vertroos in die hartseer tyd. Groete.
Colin & Freda