English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 440
Total Replies: 251 883
Total Views: 83 201 308
topics: 11 521
replies: 138 684
views: 39 319 277
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat is vir jou belangrik?

replies: 46
views: 7913
06 Oct 2015 @ 08:18:52 am
Anonymous

'n Comment van iemand op 'n ander draad het my laat wonder.  Wat is vir my belangrik in die lewe?

Jy kry mense waar geld en status vir hulle baie belangrik is.  Werk naweke, werk vakansie dae, werk na-ure ens ens. Wanneer is dit genoeg? (Onthou ek praat nou nie van waar dit nodig is om die pot aan die kook te hou nie)

Skeep jy nie jou vrou, kinders, vriende (en skoonma) af nie?  

Dit kan gebeur dat jy eendag dalk jou buurman impress het met alles wat jy vermag het maar dan skielik besef jy het eintlik niks nie.  Passop om nie verby jou familie leef nie.  Maak tyd vir jou vriende.  

Mens leef net een keer.  Geniet dit.

Vanmiddag as ek by die huis kom gaan ek my vrou en kinders druk en soen en dankbaar wees want ek het genoeg en my beker loop oor.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 08:39:15 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Speknek, jy is 100% reg. kwaliteit familietyd is nie meer. jy is 8 ure p/d by werk, is by huis by fam van 5-10 as jy gaan slaap, dan weer 8 uur volgende dag by werk en so gaan dit aan. dis hoekom ons moet gaan kamp! dis dan die tyd om al die los toiings vas te maak en met mekaar te chat en te kuier.

my kinders is al uit die huis maar nog nie uit my sak, maar as ek en vrou gaan kamp is hulle saam. UIT hulle eie keuse. dis ok vir hulle tyd om saam met hulle ouers deur te bring..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 08:59:20 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 27 years

ek stem ek werk baie en vat min vakansie, my maatskapy doong my gewoonlik om verlof te vat maar dis net omdat ek dit doen vir my mense onder my dat hulle werk verseker is maar my naweke na ure ens behoort aan my vrou en famielie. hulle is my eerste preoriteit

"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:00:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Glo ook daar moet balans gehandhaaf word tussen werk en familie....somtyds seker moeilik
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:08:43 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Spekkies,
Jou laaste paragraaf volg ek na elke dag,
ontou ek het n jong GIRL.
Ons is soos brood en botter. hehehehehe


As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:11:51 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 22 years

Al die goud wat ooit op die aarde was, is steeds hier. Jy gaan niks met jou saamvat nie.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:20:31 am
Anonymous

Al wat ek nastreef is VREDE,LIEFDE en GELUK

 

En nie een van die goed kan met geld gekoop word nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:28:08 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Goeie een Speknek.
Die jare toe ek nog voltyds gewerk, was"self empoyed" omtrent lewenslank, nooit geglo aan oortyd werk nie. Maar doeltreffenheid was baie hoog, dit is my verantwoordelikheid.
Familie tyd, en tyd vir myself net so belangrik, dit is immers hoekom ons werk.
"Keeping up with the Jonses" gelukkig baie jonk ook uit my kop gesit, en geleef binne die begroting. Sodoende het ons weg gesit vir goeie vakansies, lekker naweke, ipv duur motors en kredietkaart skuld.
Verder glo ek aan vroeg aftree, skuld myself kwaliteit tyd, voordat die lyf te moeg raak vir bietjie inspanning. Dit was die beste besluit wat ek ooit gedoen het. En op die manier is n gaatjie in die werksmag gelos, wat nou deur n jong man gevul word, en hy het dit nodig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:38:18 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
All the above comments are valid. Your family is your first responsibility and you need to stand by your friends in times of need.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:39:54 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

1) My grandkids

2) My grandkids

3) The rest of us

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:48:04 am
Anonymous

Ek kan 'n boek vol skryf wat vir my belangrik is.

Op hierdie stadium is die belangrikste huidiglik om ontslae te raak van hierdie dekslse Maag ''Buck''yell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 10:13:04 am
Anonymous

Spekkies, baie wyse woorde, 'n familie lid het so "hoog en hard" gelewe, op 'n dag toe hy by sy leë huis kom, vind hy dat sy mense nie status en geld gesoek het nie, maar liefde en aandag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 10:25:58 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

DK ek het ook daai ding gehad, toe begin ek  Magou drink koop by Chekers (Boy se slap pap)en ek is nou weer lekker al daai medesyne geloslaughingyell

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 10:32:22 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Sorry ek kaap alweer.
Die maag bug. Halwe koppie branne wyn in n pan, maak biekie warm en steek aan die brand. As die alkohol uitgebrand het. Drink die residu.
Hierdie is eintlik n kamp noodhulp maar dit help.
NIE drink met alkohol en coke nie !!!

Dan Johann, eks bly jou prentjie agter die wên is trug.
DIS OOK BELANGRIK!!!!!
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 10:33:49 am
Anonymous

DK ek het ook daai ding gehad, toe begin ek  Magou drink koop by Chekers (Boy se slap pap)en ek is nou weer lekker al daai medesyne geloslaughingyell

Dankie oom WJ. Ek gaan dit 'n try gee. Ek drink Pectrolite al soos koeldrank, maar dit help nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 10:38:01 am
Anonymous

@ Dennis, wat ook help is eet lepel rou vla poeier met glas water, het altyd vla poeier by my.

 

@ Johan, dankie, ek weet nie wat het ek weer aan gejaag om die prentie te laat verdwyn nie.

 

Kamp is vir my belangrik, my kinders kom ook gereeld saam, soos bo genoem, uit die huis, maar nie uit die wallet nielaughing, maar ek gee nie om nie, my gesin is immers ons geluk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 10:40:26 am
Anonymous

Dankie, Johann. Nou het ek al 3x resepte, werklik een van die drie moet werk.

👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 12:25:42 pm
Cindi
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 11 Jan 2013
Experience: 20 years
Dit is so waar deesdae jaag almal na geld, maar wat bring geld ja dit bring aardse besittings en in die begin geluk maar vir hoe lank. Familie en goeie vriende kom net een keer.
Cindi Labuschagne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 13:39:04 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2229
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Kan op 'n Vrydag oggend vir my vrou sê kom ons ry 3uur en gaan kamp en sy is reg. Sy beweer dat ek baie liewer vir haar is as ons kamp want dan gee ek baie aandag aan haar en nie soos by die huis waar ek altyd besig met iets is nie. 

Was baie weg van die huis toe kinders klein was en het baie gemis. Het maar op die harde manier geleer om minder "macho" te wees en meer liefde te wys en gee dan kry ek baie terug.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 13:53:03 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ja, die tyd beskikbaar wat ouers en kinders saam spandeer, moet ook kwaliteit tyd wees.  Maak die beste daarvan.  En skakel totaal af van die werk, maak nie saak watse probleme jy daar gelos het nie.  Moenie in jou familie se tyd daaroor verknies en bekommer nie, skakel af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 14:31:53 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Tyd is vir my belangrik. Tyd vir myself, tyd vir my geliefdes. Tyd vir ons saamwees. Die lewe is soms so n gejaag dat jy stokflou anderkant uitkom en terugkyk op n lee pad sonder spore. Baie goed is belangrik, soms lewensbelangrik, maar sonder tyd vir mekaar is daar n groot leemte in jou lewe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 14:35:57 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5807
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Baie lank terug het 'n GM (Owen was jy van) eendag gesê "as jy laat werk kan jy nie jou dag beplan nie" en dit bly nog altyd by my.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 14:42:23 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Baie lank terug het 'n GM (Owen was jy van) eendag gesê "as jy laat werk kan jy nie jou dag beplan nie" en dit bly nog altyd by my.

Dit is ook van toepassing as jy werk huis toe neem. Dan het jy gesit en speel terwyl jy moes werk. En nou moet jy gaan inhaal om by te kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 15:01:05 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Die Bug.
As brannas, vlapoeier en pectrolite nie help nie beter jy y n dokter kom want daai "bug" gaan ve jou roer . Jare trug so ene gehad . As hy ophou begin ek drink, dan begin hy weer, dan hou ek op dop... sodra hy ophou is ek weer in die dop... oooo my wereld ek het ve n week slegs ryswater en swart tee gedrink. Kyk maar ook na jou melk produkte. Daai bug like melk.

Grappie. Is jy seker jyt nie van die manne se cloukies olie ingekry nie want dans jy permanent met die broek innie hand hahaha
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 15:03:19 pm
Anonymous

Die Bug.
As brannas, vlapoeier en pectrolite nie help nie beter jy y n dokter kom want daai "bug" gaan ve jou roer . Jare trug so ene gehad . As hy ophou begin ek drink, dan begin hy weer, dan hou ek op dop... sodra hy ophou is ek weer in die dop... oooo my wereld ek het ve n week slegs ryswater en swart tee gedrink. Kyk maar ook na jou melk produkte. Daai bug like melk.

Grappie. Is jy seker jyt nie van die manne se cloukies olie ingekry nie want dans jy permanent met die broek innie hand hahaha

Lekker nou gelag, vir jou opmerking, nie vir Dennis se bug nie.surprised

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 15:11:15 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Nou by die topic.
Ons kamp want dans ons gelukkig. Laaste paar kere het die chinners saam gekamp. Was lekker maar ek en die missis wil n slag alleen gaan.
My oudste dogter , Nou in kanada.. hulle het ook op n vrydag besluit.. nou gaan hulle kamp dan ry hulle buffelspoort toe. In kanada se 3mnde somer kamp hulle ook met daai groot 5th wheeler van hulle agter die dodge ram gemount.
Elkeen van ons maak ons eie geluk. Om met familie om te gaan IS groot geluk.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 15:15:53 pm
Anonymous

Bier.  Baie belangrik dat mens nie uit bier hardloop nie.  Ys...ook belangrikwink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 15:45:25 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Spekkies, sex at 62 is ook belangrik....laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 15:46:18 pm
Swaneburg
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 05 Oct 2015
Experience: 16 years
Hoe sê my man die week: "Ek kan sien die ouens by die werk is jaloers oor al die fotos wat ons share oor die goeie FAMILIE TYD wat ons saam as gesin spandeer".....en dis wat vir ons as gesin belangrik is, GESINS TYD saam, geld sal daar altyd wees, maar tyd is geleen, en mens moet die beste van dit gebruik want GELD kan nie TYD koop nie....

Waardeer die klein dingetjies saam met die geliefdes van jou lewe vandag, want more mag hulle weg wees....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 15:48:02 pm
Anonymous

Lekker nou gelag, vir jou opmerking, nie vir Dennis se bug nie.surprised

Amper los ek 'n ''Briekmerk'' van die laglaughingsurprised

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 16:10:48 pm
Anonymous

Ek lees so toevallighoe belangrik als vir almal is. Ek se ook, gaan sit sonder die werk..?moenie judge nie, jy moet n hardwerkende persoon respekteer wat sy tyd opoffer om iets van sy lewe te maak, te werk dat sy vrou en kinders n goeie en oorvloedige lewe kan he. As jy reeds die geld het, mooi vir jou. Maar moenie wonder oor ander se werk nie, wees dankbaar jy hoef nie so te werk nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 16:21:58 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Brommer, wat jy sê is net so belangrik en waar.  Almal se omstandighede is anders en sommige ouens moet nou maar eenmaal hul g@tte afwerk om al die nodige te kan betaal, wat die gesin net so nodig het.  Net een voorbeeld, mense wil hul kinders graag in goeie skole sit, dit kos deesdae 'n fortuin.   Maar almal het darem nou en dan tyd om met die familie te spandeer, en maak nie saak of dit min of baie tyd is nie, maak dan ten minste dit kwaliteit tyd om op te maak vir die tye wat jy nie anders kan  nie.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 16:24:58 pm
Anonymous

Die lewe is baie duur, maar kom ons gaan kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 16:27:49 pm
Anonymous
Net so ;) alles kos deesdae al meer en meer.. ek lees mos hoe kla mense oor pesioen en dinfe wat al minder en minder werd is.. so mens moet maar inklim terwyl jy fiks is... so almal stem saam op die ou einde dat hul families vir hulle belangrik is, hetsy tyd of welstand, of beide..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 16:37:11 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 22 years

Brommer het 'n geldige punt beet. Werk is skaars. Ek kry veral mense jammer wat in die kleinhandel sektor werk. Daardie mense werk dikwels Saterdae, Sondae en vakansiedae. Lank voor die winkel in die winkelsentrum oopmaak en lank na dit toemaak is hulle nog daar om die boeke af te sluit en so aan.

Die winkelsentrum eienaars en die meeste kettingwinkel groepe is ongenaakbaar.  Dit is eers belangrik om gesinstyd en vakansietyd te hê as jou maag vol is en daar is 'n dak oor jou kop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 16:45:41 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Nog n bug doder.
Gerasperde appel en wag tot hy bruin word. Eet. Dans dit nog kos ook.

Dalk moet iemand n topic begin ve "bugs as jy kamp"
Gaan lekker lag wees. En natuurlik wat gaan jy daaromtrent doen.
Soos as jy te veel hoes kry jy maag werk medesyne.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 16:45:44 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Nog n bug doder.
Gerasperde appel en wag tot hy bruin word. Eet. Dans dit nog kos ook.

Dalk moet iemand n topic begin ve "bugs as jy kamp"
Gaan lekker lag wees. En natuurlik wat gaan jy daaromtrent doen.
Soos as jy te veel hoes kry jy maag werk medesyne.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 17:14:48 pm
Anonymous

Pieter, ek reken ek stem saam met jou, terwyl jy in staat is, doen wat jy kan, maar hou jou gesins lewe op prioriteit. Jy is redelik jonk en kan dit nog doen. Gaan kamp soveel jy kan wegkom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 17:52:03 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4718
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Was die naweek in Phalaborwa waar die sterre in jou gesig is dis lewe kamp is lewe en die forum is lewe
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 18:06:52 pm
Anonymous

Gelukkig is daar nou en dan tyd vir kamp ;) help ook nie mens werk om iets te koop wat jy nie kan gebruik nie.. Lewe is daar om hard te werk en te speel. Als kom op balans neer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 18:45:35 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2177
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Ja vriende,ongelukkig bly dit n bose kringloop.....die een kan nie sonder die ander nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 19:52:21 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Voordat die vraag beantwoord kan word moet die konteks waarin die vraag gestel word eers uitgeklaar word. Belangrik en behoeftes kan waarskynlik in dieselfde asem genoem word. Dit laat mens dadelik aan Maslow se hierargie van vyf behoeftes dink, waar fisiologiese behoeftes, dit wat noodsaaklik is vir oorlewing, die basiese behoefte is,

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 19:59:42 pm
Anonymous

Gelukkig is daar nou en dan tyd vir kamp ;) help ook nie mens werk om iets te koop wat jy nie kan gebruik nie.. Lewe is daar om hard te werk en te speel. Als kom op balans neer. 

Daarsy, jou prioriteite is reglaughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 22:03:30 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Ek gaan dit kortliks probeer opsom: Jong getroudes moet besluit wat is belangrik vir hulle en waarheen mik hulle. Om welvaart vir jouself te skep moet julle saam ooreenkom om doelwitte daar te stel. Julle moet saam drome droom. Dit is nie 'n skande om suksesvol te wees nie. Werk so hard soos jy kan en koop verkieslik sover moontlik KONTANT. ( nie alles nie ) Koop so vinnig moontlik 'n huis. Die swakste huis in 'n goeie buurt gaan die beste groei gee as jy die dag wil opgradeer. 'n Verband op die huis is noodsaaklik, maar solank die verband maandeliks gedek kan word. Luukses behoort nie op skuld gekoop te word nie. Die rente maak jou dood. Onthou die Doelwitte wat julle saam moet opstel. Koppel tyd aan die doelwitte. Die volgende dinge moet vroeg na die troue in plek kom: 'n Wettige testament, 'n lewenspolis op haar naam met jy as begunstigde en op jou lewe met haar as begunstigde. Probeer om naweke nie te werk nie. Werk so produktief en doeltreffend as moontlik in die week en rus naweke saam met jou geliefdes. Soos hulle in Engels sê: Chill. Doen iets lekker saam. Dit wat jy die Saterdag en Sondag sou doen kan eerder in die nuwe week gedoen word. Jy is dan vars en is in staat om meer produktief te werk. Spaar 20% van jou nabelaste wins. Van belasting gepraat: jy mag nie belasting ontduik nie, maar dit is wettig om belasting te ontwyk. Kry 'n goeie rekenmeester as raadgewer wat jou boeke doen en jou belastingsake hanteer asook 'n goeie makelaar, wat jy ook kan vertrou. Hy sal daardie 20% wins vir jou belê in 'n goeie portefeulje. Onthou, geld maak geld. Wat jou werkure betref moet dit die goedkeuring van jou wederhelfde wegdra. Sy moet altyd weet waar jy was en hoekom jy daar was. As jy kamtig laat "werk" is jy op die verkeerde pad. Wees getrou aan haar en die dag as jy aftree is dieselfde vrou nog aan jou sy en kan julle saam die vrugte pluk van julle arbeid. 'n Laaste wenk: In plaas van beleggings, koop eiendomme ( verkieslik Industriële geboue ) om uit te huur as 'n inkomste vir jou aftrede. Ek was vir vier jaar 'n salaristrekker en het besluit om vir myself te gaan werk. My model hierbo is meer gemik op sakemanne, maar daar is wel salaristrekkers wat baie verdien vir wie dit ook kan werk.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2015 @ 17:23:34 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1506
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Retired Camper, jy praat van hoe dinge kan gaan in 'n ideale wereld. Ongelukkig is daar 'n werklikheid waarvan ons nie kan ontvlug nie. Toe my dogter 22 jaar gelede in matriek was in 'n skool waarvan die kinders hoofsaaklik uit gegoede huise gekom het, was sy een van net twee kinders in die klas waarvan die ouers nie geskei was nie. In gemeenskappe waar meer as twee derdes van kinders uit gebroke huwelike kom wonder 'n mens hoe 'n pa kop bo water hou met 'n eie gesin en dan ook papgeld vir kleingoed uit 'n vorige huwelik kan bekostig.

Afgesien van die papgeld kwessie, ek verstaan nie hoe begrotings deesdae werk nie, want as ek kyk na die pryse wat vir huise, motors en karavane betaal word dan weet ek so waar as wragtag nie hoe mense nog kinders universiteit toe kan stuur nie.

Daar is 'n engelse uitdrukking wat lees "you are not what you are, but what you are perceived to be". Ek vermoed vir baie mense is dit eerste prioriteit op die belangrikheidsleer - dat 'n persepsie van welvarendheid voorgehou word.

Dit sal my min verbaas as baie van diesulkes wat bo hulle werklike vermoëns lewe nog 'n liederlike styl aftreevoorsieningsberg het om te klim na 'n gelukkige aftrede toe.

Ek het baie jare gelede 'n pragtige sekretaresse gehad wat heel somer soos 'n klipsalmander in die son gelê en bruin gebak het. Toe ek eendag vir haar sê dat sy op haar oudag spyt gaan wees oor die verrinneweerde vel, toe antwoord sy "maar meneer, ek wil nie dan mooi lyk nie, ek wil nou mooi lyk"........... Hoe gesê van wat is vir jou belangrik? 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2015 @ 20:05:47 pm
Anonymous

Sover ek weet is daar rofweg 35000 individue wat R10m of meer het vir spandeergeld. Ek praat nie van wat sy nett worthis nie, spending money, en rofweg 23000 van hulle woon tans in Gauteng... en dit uitnbevolking van rofweg 50m.. hier is BAIE armmense, maar hier is BAIE rykes ook.. ek meen, hoeveeL het dan maar net R1mvir spandeergeld, en hoeveel groter die groep wat R500k ens het.. dan sien ek defnitief hoekom daar so baie nuwe karre,en karavane op paaie is. En ook hoekom vakansie akkommodasie en kampplekke so vol is..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2015 @ 21:48:09 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Brommer, jy het my verloor. Wat is die beskrywing van spending money . My balans staat het nie n onderskeid nie, net n" bottom" line.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za