English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 628
Total Replies: 254 101
Total Views: 83 290 343
topics: 11 629
replies: 139 966
views: 39 363 998
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Merk van tentpale

replies: 23
views: 4954
05 Oct 2015 @ 17:26:41 pm
Fransoa
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 02 Jul 2013
Experience: 32 years
Wat 'n gesukkel! Ek het Februarie vanjaar die Sprite Major verkoop en Jurgens Classique aangeskaf. Die Major het ek jare meegekamp, sy tentpale was maklik, ook om op te slaan. Maar nou sukkel ek en my vrou. Die pale en konneksies is vreemd. Ek wil die pale en swart verbindingsokke merk. Gedagte is om met swart permanente viltpen op wit insulationtape te skryf. (Nommers, bv 1 pas by sok 1)

Enige ander idees hoe om dit te merk? Die probleem verder is dat die verbindingstukke se opening nie almal ewe groot is nie. As jy klaar 'n gedeelte op het, moet jy weer uitmekaar haal want die %@#$@ paal pas dan nie! Of die paal is te groot of die paal is te nou en sit los in die verbindingstuk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 17:39:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17544
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek het myne met hierdie klein ronde stickers gemerk. 1kol is bv teen wa...2kolle middelste hoekstut....en so gaan dit aan tot 8 kolle. Dit werk baie goed vir my. Wilsur het dit mooi gedoen...tik in "wilsur" by search...dan sal jy op lys van sy drade kom
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 17:50:39 pm
Anonymous

Fransoa, baie welkom op die forum, gesêls lekker saam.

Jy sal moet kyk, daar is dinner pas stukke (sulke kort stukkies pyp) wat jy in die swart sokke pas, ek het myne net bietjie geruil, en pas.

Die regop pale pas direk in die swart sokke, en die dwars pale kry die "adoptortjies" as ek nou so uit die vuis uit reg onthou.

Hoop jy kom reg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 18:05:51 pm
Fransoa
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 02 Jul 2013
Experience: 32 years
So is die adaptors los?? Kan mens hul net uithaal as die paal nie pas nie?
Ek weet dat die middeldakpaal van karavaan eindig groot by die middelsok, maar die middeldakpaal van veranda begin weer nou. As ek verder moet verduidelik is ek al weer totaal in die war!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 18:05:59 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 39 years
Fransoa, baie welkom op die forum
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 18:15:02 pm
Anonymous

Fransoa, ja die adaptors is los. Jy kan dit skuif soos dit jou tent se setup pas. Ek het sommer so paar van los pyp gesny, en in die toolb I ksie gegooi, vir in geval.

Soos jy sê, kyk net watter van die pale end dik (maw nie gekrimp nie), waar dit in die swart socket moet in gaan, dis waar daar kort stukkies moet in gaan.

Ek sleep 'n Penta, maar die pale werk op baie die selfde beginsel.

Soos bo genoem, as jy wil "colour code" lees gerus WilSur se artikel oor hoe hy generk het.

Ek merk nie meer nie, al wat ons nou doen, is pak die pale eerste waar dit moet kom, op die grond, dan ruig ons die tent in, en sit net die pale in.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 18:51:10 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 462
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Ons toer permanent en slaan dus minstens een keer per maand op, dikwels meermale.  Slaan nou al toe oe op.   Ons hou egter daarvan om die pale te merk, sodat iemand anders ook die ding kan opslaan as ons 'n probleem sou kry.

Het al die plakkers, tape, kokipenne en verf probeer, maar al die goed kom af.  Koop toe 'n elektriese grafeerder vir minder as R100, merk die pale en ook al die konneksies en dit hou vir altyd.   

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 19:07:24 pm
Fransoa
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 02 Jul 2013
Experience: 32 years
Baie dankie vir al die inligting. Ek het ook sopas die idee by my buurman gekry van die elektriese grafeerder. Gaan vir seker dit probeer. Daar is niks wat mens so moedeloos maak as jy sukkel met tentopslaan nie, en ek het sukkel al vervolmaak! Die beste is mos dat kamp opslaan of afslaan altyd die warmste dag is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 19:45:38 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5821
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek pak eers al die pale op die grond dan maak dit die opslaan baie maklik.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 20:09:42 pm
Anonymous

Pak ook eers pale plat neer, maar ek hou nogal van die graveerder gedagte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 20:45:58 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ja, soos op n vorige draad ges.
Ek neem aan jy het n dubbel tent.
Drie pale het bolletjies ve teen karavaan
Drie pale kan net verstel, een kant dun anderkant dik.
Sit hulle eerste op die grond neer soos jy dit gaan opslaan
Twee pale wat kan verstel het voete aan (swart covers) vir middel vertikale
Vier pale met voete is vir twee links en twee regs. Vertikales
Vier pale is vir dwars horisontaal, paralel met karavaan. Twee links,twee regs.
Nou het jy pale vir die tent gedeelte.
Ander pale wat oorbly is vir die klappe/dakkies aan die kante
Swart konnekters .
Drie vir eerste gedeelte van tent. Sonder die penne aan
Drie met penne is vir voorste gedeelte van tent.
Nou kyk jy watter konnekter het n tube in vir die dunner paal.
As jy jouself moeite wil spaar sit altyd die dunner gedeelte aan dieselfde konnekter. Links en regs..m.a.w.dun gedeeltes kom bymekaar uit.
As jy nou dievtent klaar opgeslaan het. Gryp daardie graveerder en merk horisontaal, verkaal en paralel.
Hoop dit help. So nie vra weer. Hiers talle kennis saamgevat op die forum en almal wil help.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Oct 2015 @ 21:09:03 pm
Anonymous

Ag neewat, as jy eersnog toue moes opmaak, is opslaan daarna n fes, ons het so lank toue opgemaak, ons hetvergeet  om ye kla oor ander goedte, haha

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 07:32:36 am
Anonymous

Die probleem met die graveering is dat my oge dit nie meer so lekker sien nie. Ek het gebruikgemaak van verskillende kleure "MASKING TAPE". 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 08:04:03 am
Anonymous

Hier is 'n foto wat ek gou gaan neem het om te wys hoe my swart pas stukke lyk. Geel vir parralel met karavaa, wit vir 90 grade met karavaan, en rooi vir pote. 

Let op die kort stukkie pyp wat in die swart sokke pas waar nodig. Die heel regter kanste sok kan jy die pypie sien in die sok, in die middel het ek die pypie uit getrek om te wys hoe kort dit is. Dit moet net binne die sok pas, maar buite-om jou dunner pyp wat in die sok in druk.

Soos WilSur sê,  dit is 25mm.

Al my pale van die wa af weg, verstel, so ook die middel pote, die kante (voor en agter) is nie vertstelbare lengtes.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 08:07:43 am
Anonymous

Jou middel pote, en ook al die pale van die karavaan weg (maw 90 grade) kan gewoontlik stel om spanning op te sit. Voor en agter, van die karavaan, is normaalweg nie verstelbare pote.

Maar dit is nie altyd met alle karavane die geval nie.

As jy dus Johan Viljoen se raat volg om ook die pype so te pas dat jy altyd die kort pypies permanent in die konnekter te los, is jou kop deur.laughing

Lekeer kamp, en laat weet gerus wat vir jou gewerk het, moontlik kry jy nog makliker metode.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 08:16:57 am
Anonymous

Daar gaat ek alweer, my voor is die haak kant van die wa, en my agter is die agter kant.embarassed. Rede is, party mense se links is as jy na die wa kyk, ander weer met jou rug na die wa, maar maak nie saak nie, hulle is gewoonlik die selfde.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 08:46:28 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Fransoa, welkom op forum.

onthou een ding....moet nie aan jou pale saag nie. elkeen het 'n spesifieke doel. so bêre die ystersaag weg! smile

lekker kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:23:11 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9925
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Welkom op die forum.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 09:56:02 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Fransoa, welkom op die forum
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 10:27:30 am
Fransoa
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 02 Jul 2013
Experience: 32 years
Baie dankie vir die foto's en raad. Dink beslis sal dit help.

Nog 'n vraag. Ek vind dat dit geweldig moeilik is om die sykante toe te zip. Die ritsluiters wil net nie trek nie. Ek sal silicon smeer en hoop dit werk. Wat maak julle met die kante? Sit hulle dit aan na die dak styf getrek is? Of word dit aangesit, toegetrek en dan word die dak styf getrek? Hoekom ek vra is dat as die dag styf getrek is, die ritsluiters van die sykante bleddie moeilik is om toe te trek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 10:59:48 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1495
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

Ons toer permanent en slaan dus minstens een keer per maand op, dikwels meermale.  Slaan nou al toe oe op.   Ons hou egter daarvan om die pale te merk, sodat iemand anders ook die ding kan opslaan as ons 'n probleem sou kry.

Het al die plakkers, tape, kokipenne en verf probeer, maar al die goed kom af.  Koop toe 'n elektriese grafeerder vir minder as R100, merk die pale en ook al die konneksies en dit hou vir altyd.   


Jammer on hierdie thread te 'highjack' maar...
Flip & Tilla,
Are you the same guys we met at Pretoriuskop in May?
You showed us where to pitch our two tents next to your site & you left for Satara the next day.
If so, you will be pleased to know that that trip finished our tenting career and we are now proud caravanners!
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 12:25:34 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5821
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Baie dankie vir die foto's en raad. Dink beslis sal dit help.

Nog 'n vraag. Ek vind dat dit geweldig moeilik is om die sykante toe te zip. Die ritsluiters wil net nie trek nie. Ek sal silicon smeer en hoop dit werk. Wat maak julle met die kante? Sit hulle dit aan na die dak styf getrek is? Of word dit aangesit, toegetrek en dan word die dak styf getrek? Hoekom ek vra is dat as die dag styf getrek is, die ritsluiters van die sykante bleddie moeilik is om toe te trek.

Fransoa

Kry eers al die panele op voor jy dit styf trek.

Vir die Silicon Spry gaan lees die inligting op hierdié draad, klik net op dié skakel (of dan die link wat in pienk is)  Al die Silicon Spry is nie so vriendelik nie.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 13:07:19 pm
Anonymous

Stem, as jy eers styf span, en dan die mure op sit, gaan jy sweet.sealedlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2015 @ 21:21:22 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 462
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Sorry Steamer, not guilty.  Were in KZN at the time.

Ons het kort stukkies 6mm tou aan die ritssluiters gesit om die goed mee te trek.  Help baie as hulle die dag steeks is.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za