English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 612
Total Replies: 253 888
Total Views: 83 283 498
topics: 11 626
replies: 139 892
views: 39 361 658
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Onthou jy nog ?

replies: 62
views: 13177
page 1 of 2
28 Jul 2015 @ 11:47:36 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Onthou jy nog toe ons tok tokkie gespeel het,mekaar by die stop straat gekry het, sonder om mekaar te bel op n cell foon ,hoe jy koepons moes ingooi vir melk en vrugte sap, toe ons vandag by die maat oorslaap en volgende dag by my, hoe ons inry toe gaan, kosblik oop maak en eiers , wors , broodjies eet en wag vir vliek om te begin. Springbok radio in die middag geluister het en Esmy se resepte afgeskryf het. Hoe Ford Capri en Chev Can Amm die straat af teen mekaar gejaag het, toe brandstof nog onder n rand was, Wimpy burger met Coke vyf rand gekos het , en toe Boswil sirkus kom draai het in die dorp. As jy hoor in die aande daai nag geluide hoor in die wiltuin, waar almal met oop deure geslaap het en waar bure nog mekaar geken het. Albasters gooi, top gooi, waar jy nog in die dam kon swem so somer met jou onderbroek waar mense nog omgegee het vir mekaar. Verlang jy soms na die dae ek doen
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 11:57:34 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Those were the day's my friend we though they never end

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 12:52:47 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
Nou voel ek behoorlik oud! Daai dae was dit ook heeltemal aanvaarbaar dat jou pel se pa of ma jou ook sommer 'n pak slae saamgee as julle saam aangejaag het, vandag word jy van aanranding aangekla. Of...perskes by die oom in die straat af steel en as jy gevang word word jou agterent behoorlik warm gemaak, nou word jy toegesluit vir diefstal en die oom vir aanranding en albei kry 'n kriminele rekord...Kan ons asb weer die horlosie terugdraai?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 12:58:14 pm
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

daai dae is vir eens en altyd verby.

vrugte steel, oor die heining klim en by die bure se dogtertjie gaan speel het.... hehehehe!. fiets ry sonder om te worry dat jy dood gery gaan word deur 'n taxi of dat jou fiets onder jou gat uit gesteel gaan word nie. elke middag gou jou huiswerk gedoen het en dan gaan jol het met jou maats, kettie skiet, kleilat gooi, en moenie vergeet van Squad cars op Springbok radio nie. dinky toys (karretjies) gespeel het agter in die tuin onder die perskebome.

waar die radio nog die kommunikasie kanaal was - daai soort wat moes opwarm voordat jy kon luister. dan luister jy LM radio ook nog. 

motors was nog karre. kliphard en bleddie swaar op brandstof. Opel Kapitaan, Valiant, Ford Galaxy, Mercedes 190D (swart)...man dit was karre!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 12:58:16 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

En die lekker vry agter die hooimiet ,was in die spruit se koue water ,brood en varkvet vrydae verkoek, elke kind het sy werk gehaat skotelgoet was groente skil , pa se karwas grass sny, betaaldag almal dorptoe by die Ok pie en chips, hoe verlang ek nou na ma se bebootie,laughingyell

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 13:37:24 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

`Ek dink toe ek 32pond 10sjielings[65rand] salaris gekry het,het ek meer geld gehad as vandag.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 14:09:17 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Parking the bike outside Fontana & skoffing a Fontana chicken, half loaf white & a Coke on the dustbin outside Fontana in Hillbrow @ 02:00 in the morning....

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 14:12:02 pm
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

ja dis waar. my kar paaiement was R 69pm en my kar (Datsun 1600 De Lux) het R 3500 nuut gekos. dit was in 1981/82. ek kan nie eers my salaris onthou nie, maar na al die aftrekkings deur was het ek nog spending money oorgehad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 14:12:09 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3111
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 14:13:14 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3111
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 14:14:15 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3111
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 14:47:09 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9891
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Dit was die beste tye ooit, want toe het my Ouers vir my gesorg.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 15:03:14 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ja, toktokkie was die lekkerste tydverdryf in die aande.  Of ons maak 'n das vol sand, heg 'n lang tou aan, sit dit oorkant die sypaadjie neer, kruip weg en as iemand verbykom, trek jy hom stadig nader, die ou skrik hom vrek vir die slang!!  Die jongklomp hou partytjie en ons Twist en Jive.  Ons deel in groepies op en elke groepie kry 'n lysie goed wat hul bymekaar moet maak.  Skattejag!   Almal vaar die strate in, klop aan vreemde huise se deure en bedel iets op die lysie.  Die eerste groep terug by die huis, is die wenner.   

As jy en jou maats  Elvis of die Beatles se flieks gaan kyk, maak julle soos almal in die teater, skree jou longe uit van begin tot einde en het nie 'n woord gehoor wat in die fliek gesê was nie. 

As jy eers begin werk en 'n kêrel het, is die enigste plek waar jy kan vry, die Drive In.  Al bestaan 'vry' daai dae maar net uit handjies hou en soen.  Ek en 'n kêrel het eenkeer vir 'n naweek in 'n hotel gebly (baie luukse ding om te doen daai dae) en ewe ordentlik twee enkelkamers bespeek.  Die regte ding om te doen, want jy is kuis en ordentlik!   As jy gaan fliek, trek jy jou uitgaanklere aan, om nie eers te praat van hoe jy opgedress het om te gaan dans nie.

Jy het geweet van jou werk waardeer, jou beste te lewer, saam te werk met almal.  En jy bly nie sommer uit jou werk nie.  Jy het gestap werk toe, al is dit vêr.  As dit reën, dra jy 'n reënjas en reënskoene en 'n sambreel, maar stap, stap jy. 

As 'n meisie eers begin werk het, moet sy 'n treaussouw (spelling?) kis koop.  'n Pragtige houtkis, uitgevoer met groen materiaal met rakkies daarin.  Sy moet dadelik begin goedjies bymekaar maak vir haar huis eendag.  Dit was ongehoord om te gaan trou en jy het nog niks bymekaar gemaak nie.  As jy verjaardag- en kersgeskenke kry, is dit altyd "Iets vir jou kis".   Die kis het dan later 'n ereplek gehad in jou huis.  (Ek wonder nou wat ek met myne gedoen het?)

So kan mens aangaan.  Die goeie ou dae!!  Vandag se kinders sal nooit besef hoe lekker die eenvoudige dinge in die lewe vir ons was nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 15:12:50 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Korrekte spelling :  Trousseau.  laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 15:21:02 pm
Anonymous

Toe was my eerste kar se paaiement 'n almintige R8.00 per maand. Cortina 1600, na ek my kar wat my oupa vir my gegee het in geruil het.

Salaris was 'n groot totaal van R120.00 per maand.

Vrugte steel was kwajong streke en almal het daaroor gelag, vandag gaan jy dalk geskiet word.

Kamp (oornag) langs die pad onder bome op pad Kaap toe, stop by elke mooi besienswaardige plekkie langs die pad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 15:44:18 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5819
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ja waar is daai tyd ???????

Ek verlang nou so ek tjank sommer hier op die sleutelbord.

Maar dan aan die anderkant sou ek nie met julle kon gesels het nie en dalk nie eers van julle geken / ontmoet het nie ???

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 16:46:50 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

Sigh..... Good, solid, old-fashioned QUALITY caravans... Who remember's them?

Engine breaker hill.... Just as you leave Estcourt.... All the Valiants standing with the bonnet's open and steam everywhere....

Vroeg oggend, nog pik-donker lekker toe-gedraai in jou bersie, jou alle sterkste pa dra jou kar toe... op pad vakansie....

En pad-kos...

En wie sien die see eerste... Al van Pietermaritsburg was jy so seker jy het die see gesien...

En daai "tokens" wat die gararges so uitgege wat jy versamel... Elke piepie plek stop om tokens te kry....

SIGH.......

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 17:09:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17520
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Dink ook baie aan ou tye...vryheid wat ons gehad het
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 17:43:55 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2213
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Ja met ons trek Natal toe kom ek op n ou salarisstrokie af.Junie 1964. Ek vat huistoe na aftrekkings R48.43. Gelukkig help daardie aftrekking vandag met elke maand se pensioen. Ek moes uit daardie geld R20.00 pm losies betaal. Het nie n kar gehad nie net n dikwiel Hercules "backpedal". Sorgelose en kommervrye dae en ek kan nie onthou dat ons regtig gebrek gehad het nie. Almal was arm maar almal het vir mekaar omgegee en daar was oorvloed LIEFDE en GELUK!!!!!!!!!!
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 18:18:25 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Onthou jy nog Spies & Duplesie hulle het hom wragtig terug op Kyknet

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 18:49:14 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2033
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Elke geslag dink met nostalgie terug aan toe hulle jonger was dat dit toe meer sorgvry en aangenamer was as nou.

Ek onthou my ouma se vertellings (met swart en wit fotos) hoe hulle met wa en osse gaan vakansie hou het toe sy 'n kind was. Volgens haar was dit die beste tye ooit !

Ek luister dikwels na my kinders (nou in hulle laat dertigs, wat die geslag na my is) hoe hulle ook aangename herinneringe het van hulle kinderdae.

Ek is oortuig daarvan dat my kleinkinders ook eendag met nostalgie sal terugdink aan hulle jongmens dae.  Dis maar 'n mens-ding dat vroeër beter was as nou tot jy jou seëning van vandag begin tel en neerskryf, dis wanneer jy perspektief kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 19:15:48 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Ja, daar was baie lekker gewees, maar so paar goed wat ook nie so mooi was nie.
Army, daai was vir my n helse beproewing, simpel mannetjies wat jou verskree en dan met pale laat rondhardloop. Rol op die skietbaan,fire buckets vol sand op jou goed uitgooi, nee wat.
En dan vir 10 jaar gaan kampe doen, wat bokkerol goed gebring het vir ons land.
Ontgroening op Tukkies, kaalgat polish gevegte met ander koshuise se eerstejaars. 299 ou manne se name moet memoriseer, en wat hulle swot, en of hy 2 vers 3 is. Kots saam in n emmer en dan n sluk vat!!


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 20:06:56 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Lennie, ek kan nie anders as om ten volle saam te stem met wat jy sê nie.  My eie kinders dink hul kinderjare was wonderlik.  My kleinkinders gaan eendag seker ook so dink, rekenaars en moderne tegnologie de lot!!!   So, ons moet miskien  nie gou wees om te dink ons s'n was die beste ooit nie.surprised   Elke generasie ervaar dit op hul eie manier.  Die vraag is net, waar en by wie gaan dit alles eindig???

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 20:31:36 pm
RD
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 263
Joined: 07 Jan 2014
Experience: 29 years
Warren, Valiant cars. It reminds me of the film Gold Squad. Those days (1972) my uncle was towing with a Valiant VIP and my dad with a Studebaker Lark V8. Van Reenens was a single lane. We enjoyed our childhood without TV, cell phones and sleeping over at friends. Those were the good days.
Herman, pole pt, 2,4km with almost full kit but we were fit in those days and every bodies favourite, the shooting range, gaan pluk daai blaar, nie daai een ens,. Those were the difficult days!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 20:57:12 pm
Anonymous

Lennie, dit waar wat jy sê,  maar, as ons mooi dink, ons kinderdae was minder gekompliseerd.

Ons het so 7 myl uit die dorp groot geword, mielielande vol waatlemoene en suikerriet was ons speelgronde.

Om Saterdae dorp toe te stap om met maats te gaan speel was veilig en groot pret.

Ek sal nooit vergeet nie, groot plaas modder dam waar ons net met onderbroeke saam geswem het, die omliggende plaas seuns se saam trek.

Kleilat en vloeltjies skiet vir braai, of selfs "per ongeluk" so plaas hoender vir hoenderbraai.

Die biltong kas het so los paneel agter gehad, dan steel ons biltong vir die uitkamp. My ma het ook sommer altyd gesorg dat daar genoeg versnapperings in gepak word.

Nee wat ons tyd was beter, al dink my kinders hulle jong dae was pret.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 21:26:15 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ja dis lekke om deur te lees wat almal se niemand kan daai memories weg vat nie
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 22:50:51 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
My koshuisdae op skool was baie lekker. Ons het soms na middernag gaan druiwe steel. Dit was net vir die pret. Ons het dan sommer vir die onnie op diens 'n paar trossies druiwe of perskes voor sy kamerdeur gelos. Die rugby en hokkiespanne en netbalspanne het saam in die bus gereis as ons weg gespeel het. Dit was vrytyd! Daar is so baie dinge om op te noem, maar ek voel dat TV 'n groot euwel is wat die gesinslewe verander het en dat ons minder tyd vir mekaar maak. Met my eerste salaristjekkie van R176-00 per maand in 1977 kon ons nie luukses bekostig nie, maar ons het uitgekom daarmee. My vrou het meer as ek verdien en dit het beslis gehelp. My eerste ryding was 'n fiets. Ek het baie geryloop met die duim. Dit was algemeen daardie jare. Ek stem saam met Herman dat die Army vir my aaklig was. Ons het toe iets soos R18-00 per maand gekry en as jy jou voet skeef gesit het sou hulle nie geaarsel het om jou toe te sluit in die DB nie!
Dit was twee lang jare. Skies, ek wil dit eintlik nie onthou nie, maar eerder vergeet.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 06:13:11 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3327
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years
en ...... 'n stuk biltong vir 'n tiekie.
DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 06:52:40 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Nou maak ons seker dat die kleinkinders ook lekker kan ervaar. Hulle kom kuier vakansies by ons. As die weer reg is, gaan kamp ons. Anders word daar vreeslik gebak saam ouma, klere gemaak en toneel gespeel. Vir oupa word skilderye gemaak. Ek leer hulle boom name, soek blommetjies en "treasures", braai worsie vir brekfis.....
Kan nie wag dat hulle groter raak nie, dalk kan ons nog n rugsakstap of 2 inkry.

Ons kinders, ook middel dertig, het n goeie herinneringe, van hulle jeug Daar was n reeling in ons huis toe hulle hoérskool toe is, kon elkeen in die huis n naweek "bespreek" .So het ons dan elke maand een naweek iets gedoen wat almal moes by inval. Die is gedoen op roterende basis. Met die 2 tiener dogters en vrou was ons baie gereeld Stad toe, dan loop ek maar druipstert, met n glimlag, agter hulle aan. Hulle is weer Baviaans toe gesleep of its soortgelyk die maand wat my beurt was.

Ek sien my dogter doen haar bes met kleingoed se aktiwiteite, maar om weer sorgeloos in die strate rond te loop is verby. Kleinkinders sal dit ook nie bevraagteken nie, hulle weet nie daarvan nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 06:58:33 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1316
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Dit was sorglose jare solank jy net binne die reels gebly het. Se altyd, "dit het baie beter met my gegaan toe my ma nog vir my gesorg het"

Warren, ja die Fontana hoender en brood was altyd die einde van n aand se kapperjolle. Sit op die sypaadjie en eet, daarna huis toe. Magie vol ogies toe.

Ma het altyd gese," die dae kom wat jy n kruiwa vol geld moet vat om n brood te koop". Lyk my sy was n siener. Haha

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 09:03:50 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Lekker ou dae sonder stress soos Chuck se ma en pa na my gekyk, dink nog baie aan ou dae van top,albasters,toktokkie,kierrietjie, en so baie ander speletjies gespeel, kyk na my kleinkind dan moet ons hulle leer sekere speletjies te speel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 11:32:15 am
Johan L
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 203
Joined: 18 Jun 2014
Experience: 20 years
Vrek maar ons het oud geword. Skoon heimwee gekry. Blik aspaai, bok bok, doggie, skelm rook en wat nog alles. Ons het omtrent die vryheid van die wereld gehad.

Koop nou die dag 10 gloeilampe by Builders. R220-00. Meer as my 1ste pay van R174-00, na losies en jol kon ek nog spaar.

Johan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 12:22:44 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2247
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Nou dat Hannes kierrietjie noem.  Maarmerries blou en stukkend geslaan as jy te naby staan. Swaard, tiptop, vuis, bokhoring, elmboog, oog , oor as ek reg onthou . Was darem baie lank gelede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 15:35:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17520
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Dink baie van daai vryheid is weggeneem deur vandag se misdaad...die dae dat kinders vrylik buite erf kon speel. Waar is die dae waar mens lekker besigheid kon doen...deesdae is skurke om elke hoek en draai om mens te bevark
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 15:48:26 pm
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 65 years
Julle dink met nostalgiee aan die ou dae. Ek wou so 'n paar aande gelede hier by die aftree oord tok tokkie gespeel. Maar vroulief het 'n demper op die plan gesit. Sy se dat ek die ou oommies en tannies gaan omgekrap. Mens sou se hulle het nooit self tok tokkies gespeel nie.

Volgende keer wil ek die "slang oor die pad" probeer dws wanneer vroulief nie by die huis is nie.

Ek wonder of hulle my gaan skors hier by die aftree oord?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 16:07:18 pm
Anonymous

Jan, hou ons op hoogte met die kattekwaadlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2015 @ 08:21:30 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Ander stoutigheid wat ons aangevang het. Op n donker aand, druk n garedraad met duimdrukker aan n buitedeur vas. Stap dan reguit weg so hele ent,en vryf dan met so stukkie harpuis teen die garedraad, dit maak die onaardse geluide by die deur.

Of n papiersak met klompie hondemis in wat jy aan die brand steek en weghol by die voordeur nadat jy geklop het.

Daai selfde papiersak met n baksteen in so, naby die kant van die pad, menigte het hom probeer plat trap met die bicycle.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jul 2015 @ 10:08:53 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Herman, ek het skoon van die garedraad een vergeet.   Ons het dit ook gedoen, dit het perfek gewerk!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 07:27:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16194
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Sigh..... Good, solid, old-fashioned QUALITY caravans... Who remember's them?

Engine breaker hill.... Just as you leave Estcourt.... All the Valiants standing with the bonnet's open and steam everywhere....

Vroeg oggend, nog pik-donker lekker toe-gedraai in jou bersie, jou alle sterkste pa dra jou kar toe... op pad vakansie....

En pad-kos...

En wie sien die see eerste... Al van Pietermaritsburg was jy so seker jy het die see gesien...

En daai "tokens" wat die gararges so uitgege wat jy versamel... Elke piepie plek stop om tokens te kry....

SIGH.......

Hi warren that all white jurgens caravan was the same one my parents had 18ft Jurgens 680 or 860 delux. What a great van it was.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 09:46:37 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Jan, doen dit.....kry net video kamera en neem af. ons gaan ons kruppel lag. hou maar paar hartpilletjies en suurstofbottel byderhand as 'n oomie dalk hartprobleme het en sy hartspiere losskrik. o ook daai groot volwasse babadoeke want hulle gaan beheer oor hulle stoelgang verloor..............

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 15:12:12 pm
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 51 years

Question:

What is the difference between a tickey box and a juke box?

Who remembers pin ball machines?

What was a "Flick"?

Beware - Your answers will reveal your age!

 

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 15:33:04 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1316
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Tickey box  - telephone booth

Juke box - music box, selecting music and put a coin in to play it

Pinball machines, Got many hidings for playing them

Flick - Eish ?????

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 16:13:03 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Ek het hom! ........ A flick of the BIG! A lighter!
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2015 @ 20:34:24 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1526
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Alles is relatief. Iemand wat nog nooit roomys geproe het nie weet nie wat hy mis nie, en dit pla hom nie.

Ek wil nie die voortyd verruil vir vandag se wonderlike lewe nie. Toegegee, ons het hard gewerk en spaarsamig met ons geldjies omgegaan, kompleet na die voorbeeld van Pa en Ma, maar die klok terugdraai? Nee dankie. Al wat ek mis van die tyd toe ek vier niekerbols vir 'n pennie kon koop is die uitbundige energie van kleintyd.

Ek het my lisensie gekry in 'n 1956 diesel Mercedes. Absolute robbies. Jy kon net sowel twee esels voor die kar gespan het. In 1964 het die Provinsiale polisie in die Transvaal 3.3 liter Vauxhall Crestas gery omdat hulle so vinnig was. Nul tot tagtig kilometer per uur in dertien sekondes. Niks kon vir hulle wegry nie. Waarvan praat ons. My Fortuner met die karavaan agter doen beter as dit.

Twee belangrike waarhede om in gedagte te hou. Eerstens, daar is 'n baie klein skeidslyn tussen negatiwiteit en realiteit. Baie mense kan nie die verskil onderskei nie. Tweedens, die menslike natuur is nou eenmaal so dat onaangename ervarings gou vergeet word (vandaar die dominee se woorde by 'n begrafnis dat tyd die wonde sal genees) en dat die aangename ervarings lank onthou word. Vra jouself af, kan jy onthou wie was die mooiste meisie in jou matriekklas, en wie was die lelike vet enetjie? Dit is wanneer sulke goed met my kop smokkel dat ek versigtig is om oorhaastig opgewonde te raak oor die sogenaamde wonderlike kleintyd, toe boelie, baklei dat die bloed loop, kweperlat, kaalvoet in die ryp, koue water was, haarsny met 'n handknipper wat jou hare meer uitgetrek het as afgesny het en al daardie ervarings wat ondergeskik staan aan die goeie tye in die vergetelheid wegraak, maar nie weggewens kan word as die voortyd herroep word nie.

Toegegee, ons het 'n paar klagtes wat geregverdig is, maar gee my enige dag liewer vandag se omstandighede. Beurtkrag is enige dag beter as geen krag, soos waarmee ons grootgeword het. Die reuk van kerse wat geblus word en lampolie bring kleintyd herinneringe terug, maar nee dankie. Ek kom heel lekker in my gemaksone oor die weg!wink

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2015 @ 10:12:29 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Pieter jy het dit nou behoorlik raak gevat. Dis baie waar. Alhoewel die hedendaagse lewe sy eie uitdagings het, lewe baie mense in oorvloed. Ek moet toegee dat daar 'n groot kloof is tussen ryk en arm, maar politiek het 'n groot aandeel aan die hordes kinders wat Gemaak word om Daai Grants te kry. Ek kan baie uitwei en aangaan, maar dit is nie die draad nie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2015 @ 22:25:32 pm
RD
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 263
Joined: 07 Jan 2014
Experience: 29 years
Willie, Flick is the word we used for the movies!
Chris, I played plenty of pinball as well!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2015 @ 09:22:44 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Ons het ook gepraat van "fliek". Soos om te gaan movie. That "flick" was the flick of the Big lighter. Let's hear from Willie?
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2015 @ 09:28:07 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1526
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die skollies het ook "flick knives" gehad, waarvan die lem oopgespring het mey die druk van 'n knoppie. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2015 @ 09:41:02 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Onthou julle die movie: The Cross and the switchblade?
Onthou julle Sputnic wat elke 90 minute om die aarde gewentel het? Ons het saans buite op ons rugge gelê en sateliete kyk. Ja, dit was ons televisie. Jong kinders weet nie eers wat 'n seven single en 'n LP is nie. Ek versamel plate. As iemand plate het wat rondlê sal ek dit graag aankoop. Laat weet asseblief. Genoeg vir nou. Nog 'n vinnige laaste enetjie: Staal Burger met Willem en sy Doedie van my... Hehehe daai was lekker tye man....
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2015 @ 10:04:55 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1526
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek dink die meeste van ons het aanbeweeg.

Na aanleiding van die heruitsending van SPIES EN PLESSIS MET PERMISSIE sê ek vir my vrou die grappies is maar flou, en die advertensies wraggieswaar meer as die programinhoud, en destyds kon ons nie wag vir die weeklikse gleuf nie. Ja, sê sy, maar het jy met die heruitsending van Knightrider en The A Team opgelet hoe onrealisties die aksies is, terwyl ons destyds gedink het dit is tog te oulik. Ter verdediging moet 'n mens ook sê tegnologie het die wereld omgekeer. Nie net kan jy ter enige tyd enige plek op aarde met iemand oor die foon praat nie, maar terselfdertyd kan julle mekaar sien en in werklike tyd beelde van die omgewing deel.

Waar is die plaaslyn met drie kortes en 'n lang lui! En hoe dowwer die lyn word hoe meer mense is aan die inluister! Op laerskool was my enigste radio 'n kristal stelletjie wat jy self moes bou en sonder batterye kon werk. Vandag is my 2½ en 5 jarige kleinkinders se vermaak hulle eie tablette. Mens kan net wonder waar dit gaan eindig - en dan tref dit jou. Dit gaan nie in jou leeftyd eindig nie!

 

 

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Oct 2017 @ 17:16:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17520
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Wonder watter jare was dit?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za