Leon, heel eerste plasing op die draad, kamera is by album gevoeg, ekt gou n foto geneem en langs geel strip gehou dat jy grootte kan sien. Baie groter as jou setup, en dalk seker moeiliker op die ou einde, maar ek glo ek gaan tevrede wees as ek klaar is.. die kar se reverse kamera self is weer kleiner, en daar is weer ander bracket nodig wat aan towbar vaskom sonder gate boor.. besig met ontwerp..
Hyt bietjie beter resolusie as gewone reverse kameras ens, daarom my besluit.. dis seker nienodig nie.. ekglo as jy mooi seel sal jy nue probleme optel nie, maar as ek iets eers kan vermy, soveel beter.. soos genoem, myne verg dalk baie meer moeite op die stadium
My kamera het ek langs die nommerplaat lig opgesit. Die drade het ek onderdeur die wa vasgemaak en dan saam met die ander ligte se drade deurgetrek in die omhulsel (sprag).
Die nommerplaat lig losgemaak en die twee drade daar deurgetrek en lig weer terugesit met kamera drade wat vasgeknyp word met rubberseel van lig. Geen gate gemaak nie.
Hier is fotos van my kameras, ek het vir die kar 'n plaat gesny en die 7 pin plug, sowel as die ja n era daarop gemonteer. Die karavaan se kamera het ek op die chassis gesit, hier is ek spyt, ek moes dit hoër geplaas het.
Albei kameras is HD en IR, en was so R370.00 as ek reg onthou. Ek het dit by Vanderbijlpark CCTV Shop gekoop.
Geert
Dit kan werk maar dan moet jy 'n groot TV agter op sit sodat die ouens darm kan sien. As hy te naby kom moet daar so iets soos 'n verkeersman op die TV kom wat vir die ou agter vinger wys, LMGA.
Brommer ek het nou jou kamera gesien. Lyk na dieselfde een wat WJ van Phalaborwa op sy Classique gehad het.
My kamera is dieselfde wat Johan op het. En werk puik selfs in die nag. Die LED liggies gee genoegsame IR lig dat mens terug kan sien al is dit pik donker agter jou.
Met die plasing van die kamera kan mens seker baie gesels. Die enigste redes waarom myne net bo die nommerplaat is, is deur die no plaat se liggie te verwyder het ek meer spasie gehad om te werk. En ek het 'n monitor wat soos Brommer s'n op die middel spieel vas knip, dus wou ek min of meer die beeld gehad het wat jy sou sien as jy normaal in die truspieel sou kyk.
Eintlik is daar nie 'n beste plek nie, dit hang van jou persoonlike voorkeur af. As ek wel iemand kan aanraai plaas die kamera, no plaat hoogte of hoër, jy sien net daai bietjie meer wat agter jou aangaan. Die ingelsman noem dit "situational awearness".
Stem saam Leon, dit is hoekom ek my kamera ook wil oplig na die nommer plaat.
Ek het gevind dat ek te veel weerkaatsing van die son op die teer ondervind, as ek dit vergelyk met my kar sin wat effens hoër as die karavaan sin is.
Wat ek weer van Pieter (Brommer) se kamera hou, is die "reflection shields" .
Al rede vir my vir die groot skerm was die ou oë wat nie meer so lekker daai kl er in beeld kan sien nie. Toe ek myne gekoop het, het ek na die beeld van albei modelle gekyk, en die groter skerm was vir my heelwat beter.
Stem johann, groter beeld werk net lekkerder, 7" is minder stres om te soek waar om te kyk. Soos ek se, ek dink leon se installasie is makliker en eenvoudiger, myne veroorsaak ander pyne met montering, maar ek kan dit nog oorkom, maar nie noodwendig almal nie.
Ek het amper so 1 soos jy wat ek voorheen gebruik hey, maar nou verander mens se idees en behoeftes mos, maar op daai groot skerm bly dit vir my ononderhandelbaar
Of nie-onderhaneelbaar...?
Ekt bietjie gedink oor die fitment op karavaan.. ek voel steeds my vorige installasie op expo was vir my perfek, en ek moet of dieselfde doen, of verbeter... so nou het ek die standaard bracket, eerste 2 fotos, vervang met n korter, maar groter bracket, kamera dus nader aan karavaan, nie so hoog nie, maar groter oppervlakte om die bracket te plak.. het maar tekening gemaak en lasermasjien laat sny.. werk goed sover, fotos bietjie donker, jammer..
Hy voel ook stewiger vir enige winde... vorige bracket sou nie maklik fir nie, sou gate benodig en hopeloos te hoog staan en lyk soos wetie wat nie, en een knak of stamp voeter dit hele karavaan op