English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 956
Total Replies: 225 099
Total Views: 82 158 880
topics: 10 678
replies: 122 132
views: 38 753 097
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Karavaan Gewig

replies: 26
views: 7438
23 Jan 2015 @ 10:29:45 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Ek wonder by myself hoeveel karavane word op die pad gestop en geweeg. Gebeur dit gereeld? Was jy al afgetrek en  jou karavaan geweeg?

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 10:34:53 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 215
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 10 years

Nee, ek wil nie daaraan dink nie. Hoe se hulle "let sleeping dogs..........".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 10:35:52 am
Duncan
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1412
Joined: 06 Apr 2010
Experience: 38 years

Never seen anyone stopped, ever.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 10:45:37 am
Allie Damon
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 121
Joined: 17 Sep 2014
Experience: 7 years
What I've notice just outside Swellendam on my way home from Hartenbos, I came across a roadblock, the traffic offices lets all caravaners pass with out checking or been pulled over for anything.

The roadblock was next to the weighbridge.
Hie gan os alwee
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 11:10:42 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Hulle fokus op die groot geld en beskou karavane as doppe wat leeg is. Moet egter nie gaan oorlaai nie. As ouens onwettig sleep en die owerhede kom dit agter, trek hulle ons almal af. Dan gaan sit ons by elke weegbrug in die ry van vragmotors wat geweeg moet word.

Willem hierbo is reg; moenie slapende honde wakker maak nie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 11:25:18 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

I was told of 2 occasions where the van was taken to the weigh-bridge, 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 12:28:22 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ook nie sien gebeur nie hulle moet ons kampers uitlos of hoe se ek julle
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 12:46:08 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6342
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Sleep al 50 jaar en nog nooi probleeme gehad nielaughing 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 12:48:46 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1968
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years
Die probleem is as die wa (seker myne is) oorgewig is en jy het nie plek in jou sleepvoertuig nie wat dan?
Sal kentucky saam ry!!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 12:49:38 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Hulle fokus op die groot geld en beskou karavane as doppe wat leeg is. Moet egter nie gaan oorlaai nie. As ouens onwettig sleep en die owerhede kom dit agter, trek hulle ons almal af. Dan gaan sit ons by elke weegbrug in die ry van vragmotors wat geweeg moet word.

Willem hierbo is reg; moenie slapende honde wakker maak nie!

Ek stem heeltamal saam.

 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 13:00:55 pm
Die Lloyds
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 262
Joined: 15 Oct 2010
Experience: 13 years
Ek is eenmaal afgetrek. Al wat die spietkop wou weet is of ek nie my wa wil verkoop nie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 13:03:05 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3571
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Shhhh!sealed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 13:39:23 pm
GT
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 21 Jun 2013
Experience: 45 years
Hierdie onderwerp was mos onlangs ook hier ter sprake. Daar is twee kante van die saak. Eerstens die ligsinnige een waarmee ons hier besig is en wat uitstekend werk solank dit goed gaan en niks gebeur nie. Ons glo mos moeilikheid vermy jouself en tref altyd die ander. So, ons vat maar die kanse, lag daaroor solank ons wegkom en hoop die noodlot tref iemand anders. Tweedens is daar die werklikheid van oorgewig.Dit bedreig nie alleen ons wat oorlaai nie, maar ook die mede padgebruiker se veiligheid. Sou daar 'n ongeluk plaasvind en die eienaar van die sleepvoertuig word skuldig bevind aan oorlaai kan dit tot gevolg he dat hy, ingeval van dood van ander, vir manslag aangekla word. Boonop kan versekeringsmaatskappye die "oorlading" as verskoning (wettig) gebruik om nie 'n eis uit te betaal nie wat dan die individu blootstel aan siviele eise van die ander partye. Dis die realiteit. Solank ons dit besef en weet waarmee ons besig is is dit dan elke kamper se eie gewete wat aan die einde van die dag hier moet praat. Watter kant jy ookal kies, GENIET DIE KAMP EN HOU DIE PAAIE VEILIG !!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 14:02:37 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6342
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

GT stem met jou saam totdat daar n uitweg is vir die probleem, want ons weet nie wat omtrend dit te doen nie, ek het myne gesorteer deer n motorhome te koop ,en die sleep voertuig wat ek sleep is maar helfte van die bus se gewiglaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 19:09:52 pm
Soutigheid
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 12 Feb 2013
Experience: 21 years
Ek het die jaar Desember hoe die verkeer beamptes bakkies en sleepwaens wat noorde toe ry aftrek en vergesel na die weeg brug. Daar is baie van hulle wat oorlaai is. Ek het nie een karavaan gesien wat hulle aftrek. Ek dink meeste mense met karavane is versigtig en probeer nie om te oorlaai. Meeste mense wat sleep se voertuie is ook in n goeie toestand.
Camping: where you spend a small fortune to live like a homeless person
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 19:26:09 pm
Anonymous

Ek het op ander draad genoem dat ek vandag met verkeers hoof en snr staats aanklaer gepraat het, sien gerus die draad "Final GVM"

Ek kan net noem dat ek so tussen die lyne, niks ampteliks' kon aflui, die volgende:

1. Enige geregsdienaar mag enige voertuig aftrek.

2. Die karavaan sleper sal grootliks bepaal of hy af getrek word,

3. Die owerhede sien hoe jy op die pad vertoon,

ou wat haastig lyk het goeie kans dat hulle hom gaan stop, 

ou wie se kombinasie "onveilig" oorgewig lyk gaan ook maklik gestop word.

Die kombinasie wat rustig vertoon, skep die indruk dat dit veiligheids bewuste mense is.

Ek herhaal, hierdie is net 'n afluiding  wat ek gemaak het, dit is NIE amptelik aan my gestel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 19:42:05 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

GT hierbo is heeltemal korrek. Hoewel ons nog nooit afgetrek is nie en ek nog nooit gesien het dat hulle 'n woonwa aftrek om te weeg nie, gaan dit nog gebeur.

As jy gevang word, word jy beboet en moet aflaai voordat jy verder mag ry. Dit sal enige vakansie goed opfoeter.

Erger nog is die gevaar van 'n ongeluk en die versekering wat nie uitbetaal nie. Pyn, ellende en vervolging is dan jou voorland. Dink net wat kos dit om aanspreeklik gehou te word vir 'n verlamde persoon se versorging. Die versekering gaan nie uitbetaal vir jou sleepkar, wa en die ander ou se voertuig nie. Omtrent die enigste troos, as daar troos te vind is in so situasie, is dat die agtergeblewenes die inhoud van die wa so sal stroop dat daar nie veel vir die owerhede sal wees om te weeg na 'n botsing nie! Dan weer, as jy nie oorlaai was nie, was daar waarskynlik nie 'n ongeluk in die eerste plek nie. Dit is waarskynlik dieselfde ouens wat oorlaai wat so jaag ook. Spoed bring jou vinniger by die ongelukstoneel en die gewig maak dat jy nie kan stop nie!

As jy kyk wat party ouens aflaai op hul kampterrein as hulle vir 'n lang vakansie aankom, is daar geen manier wat hulle wettig kan wees nie.

Dit kos net 'n paar vrot appels wat afgetrek word, dan staan on almal tou by elke weegbrug op die roete. As ek by elke weegbrug moet toustaan op pad see toe, sal ek ernstig besin of 'n woonwa die moeite werd is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 20:12:23 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4874
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ons kan maar spog oor die oorlaai, of ons kan gegin verantwoordelik wees.. maar hoe weet jy elkgeval wat jou wa weeg?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2015 @ 20:15:44 pm
Anonymous

Hans, julle is so reg, vir my gaan dit premér oor my gesin se veiligheid, dan ander pad verbruikers en dan die vervangbare.

NB ek hou van die uitdrukking '...spoed bring jou vinneger by die ongeluk, en gewig maak dat jy nie kan stop nie..."

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2015 @ 09:16:03 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Hans, julle is so reg, vir my gaan dit premér oor my gesin se veiligheid, dan ander pad verbruikers en dan die vervangbare.

NB ek hou van die uitdrukking '...spoed bring jou vinneger by die ongeluk, en gewig maak dat jy nie kan stop nie..."

Dis baie waar johann.

 

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2015 @ 09:36:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Weet nie van karavane wat afgetrek is nie. Maar wel van Kamp/Offroad Sleepwaens wat nie toegerus is met inloop remme nie. Meeste van hulle word by Makro verkoop.

Groot maat van my werk by die weegbrug tussen Witbank en Middelburg. Onthou die "Offroad S/wa" wat nie inloop remme het nie se maksimum BVM mag nie 750kg oorskry nie, en daai roof top tent is ongelukkig klaar 'n gewiggie. Dan die spaarwiel, dan die gas, dan die 60L yskas, dan die, dan die, dan die......... Oppas mense ek weet vir 'n feit Middelburg se weegbrug weeg die sleep waentjies. Hy het nog niks gepraat van karavane weeg nie.  Seker maar omrede hy self 'n karavaan het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2015 @ 09:46:13 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7342
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Nie geweeg nie net liksensie vergelyk.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2015 @ 13:53:29 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Johann,

Dit is werklik so - ek was af getrek by Zuurbekom robot op die N12 waar hulle gereeld oorlaaides af trek.

Verkeersman begin onmiddelik sê die karavaan is te swaar vir die kar, tot ek die gewigte kwoteer.Hy het slegs op die karavaan skyfie gekyk en aanvaar ek ken my storie en het my toegelaat om verder te ry - het nie eers die kar se Tarra gekyk nie..

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2019 @ 20:48:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13045
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2019 @ 23:10:32 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4874
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek dink dis steeds belangrik om 'n tuis weigh pad te kon he om die karavaan se wiele te weeg sowel as jou voertuig na jy gepak het...

Mens kan dit met loadscells doen, ekt net nie die tyd nie...............


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2019 @ 19:13:28 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13357
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Rigter Scale in Pretoria wes kan mens help met so iets.

Ons het in 2005 tot 2006 die hele land plat gery en al die uitrusting wat 'n militere eenheid op 'n Kwe 100 vrag voertuig laai met 'n soortgelyke stelsel geweeg.

Ons het die skaal oral saam geneem soos ons gewerk het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2019 @ 11:42:04 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4874
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ag hel gisteraand gedroom ek word afgetrek en geweeg..............

Tickets... Tickets... Tickets....


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required