English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 640
Total Replies: 236 856
Total Views: 82 686 568
topics: 11 034
replies: 129 021
views: 39 030 807
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wie toer Namibie

replies: 23
views: 14401
07 Jan 2015 @ 18:33:31 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Die volgende reis, na Namibie is in die beplannings stadium.

Julie maand wil ons die Kunene 4x4 roete doen vanaf Ruakana tot by Epupa en dan Van Zyls pas.

Op die stadium wil ons n lekker lange maak op pad soontoe en weer terug, maar ons gaan Jurgie saamslaap vir die lang toer, en hom langs die pad los vir die rivier roete.
Namibie het ons al deurkruis met tente, maar die rowwer plekke besoek en nie karavaanparke nie, behalwe Waterberg Platau park waar ons gekamp het voordat ons die pad Okakara na Gam en toe Tsumkwe toe was na Kaudam. Die was net n oorslaap, en moet beter gedoen word.
Sal seker by Ais Ais staan vir n paar dae en dan verder aangaan. Al wat op die lys is huidiglik is, Waterberg en Etosha. Op n vorige keer het ons by Rundu oorgebly, en die was vrekmooi langs die rivier, Kunene river Lodge was ook mooi, Sossuvlei ook, maar gaan ek daar uitkom?
Enige idees ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 06:49:57 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years
Al wat ek kan se, is, Vat my saam asb!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 08:11:47 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2058
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years
Herman ek het twee jaar terug deur Botswana en Namibie getoer. My seun bly in Gobabis en het ons na Maun (Audi Camp) en toe daar vandaan na Victoria Valle in Zimbabwe gegaan. Van die valle is ons deur die Caprivi, Rundu oorgebly en toe Etosha toe.
Beplan ook weer 'n toer in Mei en wil ook die keer die weste van die Okavango toer na die Epupa valle en dan miskien as daar tyd is Henties toe.
Ons het geen besprekings gedoen nie want wou nie beperk word nie en as dit lekker/mooi was langer of minder bly. Plan is om weer dieselfde te doen en sal die draad met belangstelling volg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 08:40:02 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Herman in 2007 het ek Janet en my ouers Namibia gedoen, ek met my boswa en my pa met sy Cabson caravaan. (my avatar foto is geneem op Betesda lodge naby Sosousvlei). ek sal die roette agteruit gee wat ons gedoen het van Aia Ais tot op Walvis.

Laaste camp was op Ais Ais. toe met die teerpad oor Rosh Phina tot by Aus(was ook twee aande op Shark Island by Luderitz) van Aus met die C13 na Helmeringhausen van daar die D707 oor Beta toe die C27  Sinclair Mine verby tot by Spes Bona tot Beta toe die D826 weer op die C27 Sesriem toe. Betesda is op die D854 net so 2kn van die C19 af. toe op die C19 tot by Solitare van daar met die C14 Deur die Kuiseb canyon tot na Walvis.

Die trip was baie mooi, al skade wat ons gekry het was op die D707, daar het 'n klip deur die Cabson se voor ruit(glas) gekom wat van my pa se Condorop geskiet het, ons het op Helmiringhausen desifix en duct tape gekoop en die ruit op 'n manier geplak.

Ek is besig om die trip wat ons gedoen het op papier neer te sit met die nodige fotos. Ek wil begun om al my vakansies uit te skryf in storie vorm met fotos, en in 'n koffie tafel album plaas.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 09:09:38 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Jan, het jy wa deur die Caprrivi gesleep? Laas was die pad so sleg dat ons langs dit gery het in die veld, darem paar jaar terug. Het jy van Vic falls tot by Rundu gery sonder stop? Ek wil graag hoor van kampeerplekke.
Probeer Shakawe kamp vir oorbly, heelbo net voor grens na Namibie, lekker visvang en rivier ritte.

Back Packer, ek sal jou trip op my kaart gaan intrek so as jy se Betesda, of Spes Bona, dan is dit waar kampeerplekke is ? Jare gelede kamp ons Desember op Shark Island . DAAR waai die wind n Landrover dat hy skeef staan. Ons klomp het in n backpackers opgeindig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 09:37:01 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6440
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Niemand praat van 4 wiel motorfietse in die duine nie, my droom voor ek uit clutch ek hoor daar is 3 dae toere deer die woestyn dis op my busket lysLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 10:24:29 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2058
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years
Herman as gevolg van tyd wou ek nie wa sleep nie en het in tente gekamp. Op Grootfontein het ons proviand aangekoop want Etosha is duur en moes sukkel om 'n plekkie daarvoor te kry in die DC. Die pad vanaf Vic falls deur die Chobe flood plains is nuut en baie goed. Wou in Katima Mulilo oorbly om op bootrit te gaan maar daar was 'n tiervis kompetiesie aan die gang en kon nie boot kry nie. Het toe maar deur gestoot Rundu toe. Net bietjie gesukkel met diesel tussen dorpe - pompe leeg en sal volgende keer vol maak soveel as ek kan. Kan nie al die kampeerplekke se name onthou nie maar het fotos en sal name later deurgee.
Namibie is so groot en soveel plekke om te sien en tyd min so sal maar dele op 'n keer besoek.
Het altyd op een dag van Durban na Namibie gery om dae te spaar maar word nou oud en neem twee dae. Dit is vier dae "gone with the wind" en kan nie wag dat hulle my uitskop by die werk en ek meer tyd het om te toer nie. Probleem al die ekstra geldjies help en Chivas is duur.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 10:40:45 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4501
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Dis ook n toer wat ek nog wil doen desember se weg boek het n Namib boek saam gahad wat verniet was besig om hom deur te werk
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 12:16:17 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1018
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Herman geniet julle beplanning, dit bly die lekkerste want as toer eers begin loop die tyd vinnig verby.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 12:16:28 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ons het 'n totaal van 7500km gedoen in 4 weeke. het op virskye plekke gably as basis en dan vir 'n paar dae die area plat gery dan aangeskyf na die volgende plek.

Plekke waar ons oor gebl het: Kgalagadi; Mariental, Hardap dam; Windhoek, Monteira; Waterberg Platoo Park; Xhorigas(baie teleurgesteld met die plek); Swakkop, Myl 4;Betesda Lodge and Camping;  Aus, Klein Aus Vista (baie lekker plek); Luderitz, Shark Island; Ais Ais toe huistoe.

Die volgende trip will ek van Etosh op noord doen will graag Kunene gaan sien.

 

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 18:45:16 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dankie vir al die info, ons het heelwat in tydskrifte, maar dit is altyd lekker om uit die perd se bek te hoor. Namibie is eintlik lekkerder met n tent, maar geniet darem my deesdae my katel.
Back Packer, het jy dalk n foto van die Cabson Karavaan. Lyk pragtig so van ver af.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2015 @ 21:43:21 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Dankie Herman,
Dat jy so op my moet trap. Dis my voorland om dit te gaan doen sodra ek die tyd het.

Ag eendag is die GIRL weer op die been dan kamp ons.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2015 @ 05:57:27 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek het fotos Herman ek moet net soek, dan plaas ek hulle.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2015 @ 11:34:14 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6440
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Sal ook belang stel in die toer beplanning vir Namibia plekke om te oornag en plekke om te sienLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2015 @ 12:00:52 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek het destyds by CNA 'n boek  gekoop wat alle akomodasie hetsy kamp, gastehuis of hotel in het ook ander boekke gekry wat Namibie in streeke opdeel en dan beskryf wat in elke streek gedoen kan word. ek sal kyk of ek van middag fotos kan plaas van die boekke se voorblad.(cover)

Toe gaan ons op internet in en het elke plek waar ons sou oornag gaan opsoek. Het ook al die betaalings oor die internet gedoen, geen probleeme gehaad nie.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2015 @ 13:16:08 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Back Packer, voor in die boek sal jy die ISBN nommer sien, gee dit saam foto asb, dan kan ek bestel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2015 @ 13:17:01 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek maak so Herman

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2015 @ 06:39:11 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Herman die boekke is op soek, my dogter het hulle vir haar skoonpa geleen en nou soek hulle die goed. Maar hier is vir eers fotos van my pa se Cabson. die wa is nou48 jaar oud.Die eerste fot is in 2011op Nossob in die Kgalagadi geneem.Toe was my pa 80 en my ma 79.

 

 

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2015 @ 09:04:36 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Dankie Fred vir jou interressante bydrae. Ons wil ook graag Namibia en Botswana gaan toer en jou storie help baie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2015 @ 09:08:11 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Schalk dit is net jammer dat ek nie die boekke nou het nie, maar sodrae ek hulle het sal ek die voorblaaie en die ISBN nommers plaas. Hoop net ek kry my boekke trug.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2015 @ 09:26:41 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Willem ek het gehoor dat een van die 4 wiel operators op Swakkop is toegemaak nadat 'n vrou met 'n quad teen 'n bakkie vas gery het en sy is toe op slag dood. Daar is ook van die duin surfing operators in die omgeewing ook toe gemaak, as gevolg van onvoldoende veiligheids maat reels.

Ek onthou toe ons daar was het ons op so 'n duin ry trip gegaan ek het 'n duin afgekom op n' stuk masonite (hard board) en oor quad spore gegaan so teen 50km/uur en twee van my rubbes gebreek. Ek moes die 2de helfte van ons toer met af ribbes doen. Dit was nie lekker om die Echo se tent te lig en weer af te slaan nie.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2015 @ 09:32:17 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dankie vir die moeite Fred, ek waardeer dit baie.
Die Cabson lyk lekker tough !! Gebou vir grondpad sleep. Weet jy wat die gewig is.
Is julle met die Cabson deur die Kgalagadi van 2 Rivieren tot Nossob, daai pad is sk˙rf.

Chuck, skuus man, ek bedoel dit nie lelik nie, jy moet maar die padkaart nader trek en begin beplan, Julie is nog ver, dalkies ry ons saam so stuk, of wat se ek nou.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2015 @ 09:41:21 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Dankie almal
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2015 @ 09:48:06 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Herman ek dink hy is so 850kg die raamwerk is aluminium tubing die chassey is ook lig gewig. Ja hy is solied gebou my pa het daardie wa al ooral geneem, die mense in Nossob het gedink hy is mal.

Ek het in 2011 'n storie in die Caravan and outdoor geplaas oor die wa, en het 'n stel Fiama voet stutte gekry vir my wa.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First