Ek stem saam met Fred, Herman, dit lyk baie mooi.
Hi Herman,
Please correct me, but is Jurgie a 67 ?
She looks GEORGOUS!
Moenie seinig wees, meer pics asb, binne en buite,
Mooi
Herman daai wa lyk pragtig. Sleep jy net met die disselboom of het jy die oorspronklike stabilizers saam gekry toe jy haar gekoop het.
Herman that looks awesome, I'm sure that Landcruiser has no trouble pulling her either.
Lyk baie mooi, ou goed terug na nuwe goed i like
Baie mooi Herman, geniet daai Jurgie.
Herman, UITEINDELIK!!!!, baie mooi man, nou moet die dêm ding klaar sodat julle kan gaan kamp!!!!
Geniet hom Herman - daar is niks verkeerd met die ou karavanne - daardie modelle was nogal stewig gebou.
Herman - Ek dink nie daardie Jurgens stabiliseer-ysters gaan werk saam met daardie gemodifiseerde A-raam van jou nie. Ek dink daar gaan te min vertikale spasie wees.
Nico
Herman, ek sal nie kan kommentaar lewer oor die stabiliseerders nie, maar skuimkoppie ken ek van!!!, ek sit net skuins agter daai aalwyne, bring maar nog een vir my ook, dankie!!!!
Blikses, ek dog ek sou weggelip om een saam ter drink, maar ekke dink bietjie koud vandag hier by ons daarvoor!!!, 'n Skeut OBS sou beter werk!!!, sal maar vanaand neffens die agterdeur somme rof die COBB braaier vleisie skroei, vuur sal nie aan die brand kom in die koue nie.
Jou opset lyk heeltemaal gaaf, glo ouma Vonnie sal tevree wees!!!!
Herman, daai wa is nou wragtig pragtig, nou moet hy net gesleep word en behoorlik ingewy word, met nog fotos!!
Jy sien Herman, dis die probleem - ek dink veral as jy draai gaan hul daardie A-raam vang.
Nico
Herman, Nee, dis nie my Disco nie - ek het hom sommer ge-Google!
As jy met jou wa die stabiliseerder-ding wil doen, sal jy waarskynlik na die Trapezium moet kyk. Jou "challenge" met hom sal wees of jy hom op die "middelste" disselboom kan monteer?
Groete - Nico
Ek dink mens moet eerder kyk na die eintlike werking van die oorspronklike Jurgens stabiliseerders. Het hull nie maar net die geweig van die sleepvoertuig se agterend geneem nie??, ek het ook 1984 EksklusiefB gehad, en was destyds deur handelaar wysgemaak dat dit nie werklik nodig was om die goed aan te sit tensy kar agterend te veel sak. Dit het dan ook net die aksie kon uitvoer om die gewig te verplaas a.g.v. die lang reguit disselboom wat die oner die wa ingestrek het.
Dalk sal dit raadsaam wees om met iemand by Jurgens fabriek kontak te maak wat dit eerder duidelik kan maak.
Ek sou met daardie relatief lae massa van Jurgie en die massiewe sleepvoertuig!!!!, nie eers veel bodder nie, net seker te maak dat die wa oor as, en na vore meeste gewig dra, die wiele STYF gepomp is, minstens 3bar of meer (sal op bande aangedui wees wat maksimum dravermoë is teen watter druk, en sleepvoertuig se agterbande minstens 2.8bar.
Herman gaan dalk eers die eerste entjie moet met sagter bande ry tot op terpad, en dan vinnig oppomp. Dit sal redelike goeie kompressortjie betekn, en eksta 10 minute!!!