English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 004
Total Replies: 259 235
Total Views: 83 467 180
topics: 11 850
replies: 143 191
views: 39 461 804
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

"stabilizers" inligting

replies: 15
views: 368
08 Aug 2020 @ 16:01:48 pm
Theo
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 14 Oct 2007

Mede slepers help asb - waar kan ek die aanbevelings sien/kry om te weet watter tipe "stabilizer" word vir watter gewig aanbeveel.

Huidiglik het ek 'n Trapezium waarmee ek vir jare sleep - eers 'n Sprite Sport en nou 'n Jurgens Fleetline L - is die Trapezium opgewasse om gebruik te word met 'n Jurgens Classique. Dit is nou die wit Classique wat nie meer beskikibaar is nie.

Ek glo aan die gemoedsrus van die hulpmiddel tydens sleep maar wil ook nie nuut koop indien dit wat ek het gebruik kan word nie. 

Blykbaar word die "Straightliner" aanbeveel vir "swaarder" waens maar wanneer is 'n wa in daardie katagorie van "swaarder". Iewers moet daar sekerlik gewig gekoppel wees aan lig meduim en swaar woonwaens.

Dankie byvoorbaat

Theo

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2020 @ 16:24:48 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 194
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 45 years

Hi Theo ek het n Jurgens Classique soos jy op my profile foto kan sien .Ek gebruik n Staightliner en hy is baie effektief .Ek het al n band gebars op 120km en was dit nie vir die slag wat ek gehoor het sou ek nie geweet het van dit .Daar was geen swaai tot ek gestop het .Ek het geen kennis van n Trapezuim hier sal manne wees wat dit gebruik .So rukkie gelede was hier iemand wat so Straightliner geadverteer het vir R 1500 dit is nie duur vir hom .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug 2020 @ 08:31:58 am
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 11 years

Ek is n leek as dit kom by karavane en gewig maar ons het nou net n Sprite Swing gekoop wat seker so onder medium gewig tel en Campworld het Tando of Straightliner aanbeveel.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug 2020 @ 08:37:48 am
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 11 years

Theo - kyk aan die linkerkant van die forum se blad - daar is n blokkie wat se "search forums" dan tik jy in stabilizers dan kan jy alle vorige gesprekke en opinies oor die onderwerp sien.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug 2020 @ 09:50:42 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 194
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 45 years

Theo sou jy dalk besluit op die Straightliner skakel hierdie nr .Ek sien hy is nogsteeds op Swab and Trade     0828397554 .Hy adverteer hom vir R 1500 dit is nie duur .Hy sê daar hulle prys is nou R 5500.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug 2020 @ 10:39:36 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1284
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Ek is n leek as dit kom by karavane en gewig maar ons het nou net n Sprite Swing gekoop wat seker so onder medium gewig tel en Campworld het Tando of Straightliner aanbeveel.  

Leen, indien jy belangstel in 'n gebruikte Tando, ek het een in baie goeie toestand - alles kompleet insluitend 'n DVD wat die (maklike) installering verduidelik.

Stel sluit ook 'n tweede een in wat ek gekoop het (en nooit gebruik het nie) omdat ek gedink het aan onderdele sou ek die benodig.

Ek het 'n koper gehad wat belang sou stel, maar die is toe nie geneem nie.

Kontak my by Nul 7 een, agt 77 6079

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug 2020 @ 14:42:45 pm
Theo
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 14 Oct 2007

Hi Willie en Leen

Dankie vir die reaksie - sal dit ingedagte hou.

Lekker dag verder

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug 2020 @ 21:46:42 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1565
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Ek het met Jurgens se "horings", 'n Tando en 'n Trapezium gesleep. 

Voordat iemand 'n stabiliseerder koop is dit dalk 'n goeie gedagte om aanbevelings wat spruit uit "ek het een, en dit is die beste" te ignoreer en eers uit te vind wat die beginsel is waarvolgens 'n betrokke stabiliseerder werk. Moet nie die eerste een koop wat jy raakloop nie.

My eerste stabiliseerder het na latere ondervinding met gevorderde stabiliseerders daarop gedui dat dit eerder 'n gewig verspreider was as wat dit die gesleepte voertuig reguit gehou het onder uitdagende omstandighede. Die modelle wat op wringkrag staat maak beindruk my ook nie. Die een wat die karavaan se neus gedurig korrigeer afhangende van die rigting waarin die sleepvoertuig se agterkant dit onwillekeurig in dwing is beslis een om oor huiswerk te doen.

Ek sleep al vir baie jare daarsonder omdat ek met swaar voertuie sleep wat gemaak is om gewig te dra en gevolglik 'n stewige suspensie het.

Daar moet altyd onthou word, die verhouding van die gesleepte voertuig in verhouding met die sleep voertuig se gewig is die belangrikste faktor wanneer dit by stabiliteit kom. Ek is seker diegene wat 'n bagasie sleepwaentjie asook 'n karavaan met tussenposes sleep sal hierdie stelling onderskryf.

 

Happiness is not getting what you like, but liking what you get.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2020 @ 08:38:42 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek stem saam met Pieter dat die wrywingstipe stabiliseerder geen veiliheid bring nie.  Dit gee net valse gemoedsrus.  Die slag wat jy in die moeilikheid is, gaan die ding jou geen hulp verleen nie. As jy voel jy het 'n stabiliseerder nodig, belê tog in een wat werk, naamlik die soort wat die karavaan stuur as hy begin swaai. Dis net as jy dit nodig het want ek is oortuig 'n reg gelaaide karavaan swaai net as die bestuurder iets verkeerd doen, soos om te begin korrigeer as hy voel die wa swaai.  Met elke korreksie swaai die wa net erger.  As hy om een of ander rede swaai, hou die stuurwiel net stewig vas in die reguitvoor posisie en die swaai hou gewoonlik onmiddelik op.  Ek het 'n Tando saammet my eerste karavaan gekoop en gevind dit doen nie wat beweer word nie.  Dit lê nou al meer as dertig jaar in my garage en vergaar stof.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2020 @ 07:29:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16482
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Mede slepers help asb - waar kan ek die aanbevelings sien/kry om te weet watter tipe "stabilizer" word vir watter gewig aanbeveel.

Huidiglik het ek 'n Trapezium waarmee ek vir jare sleep - eers 'n Sprite Sport en nou 'n Jurgens Fleetline L - is die Trapezium opgewasse om gebruik te word met 'n Jurgens Classique. Dit is nou die wit Classique wat nie meer beskikibaar is nie.

Ek glo aan die gemoedsrus van die hulpmiddel tydens sleep maar wil ook nie nuut koop indien dit wat ek het gebruik kan word nie. 

Blykbaar word die "Straightliner" aanbeveel vir "swaarder" waens maar wanneer is 'n wa in daardie katagorie van "swaarder". Iewers moet daar sekerlik gewig gekoppel wees aan lig meduim en swaar woonwaens.

Dankie byvoorbaat

Theo

 

 

Die oorspronklike Trapezium stabiliseerder sal werk vir enige karavaan as gevolg van die manier waarop hy werk.  Die tipe trapezium verplaas die haak punt werkings gewys nader aan die agter as en dit verskaf dan die beter sleep stabiliteit.

Die ander stabiliseeders soos Yellowblade, Straightliner en Tando maak gebruik van wrywing skywe om die stabiliteit tewee te bring.

Yellowblade is glo vir ligter tipe karavaan en die Straightliner dan vir die swaarder tipe karavaan.  Ek self glo dat die Tando in dieselfde klas sal werk as die van die Yellowblade want die werking met die wrywing skyf is dieselfde.

Nou ek het die manual wat saam met die yellowblade kom en nerens daarin staan dat die yellowblade gebruik moet word met 'n sekere gewig klas karavaan nie.  Onthou dat die yellowblade ook 'n produk is van Trapezium Developments en hy was op die mark lank voordat die Straightliner (Ook van Trapezium Developments) die lig gesien het.  Dus was dit net die Trapezium,  Yellowblade en Tando wat vir 'n redelike tyd beskikbaar was as stabiliseerders.

Dit is wat die mense mee gesleep het.  Of dit 'n swaarders karavaan was as ander al dan nie.

Ek my self het baie suksesvol met die oorspronklike Trapezium my Penta gesleep en later na die Yellowblade to oorgeskakel slegs weens die feit dat my Sleep voertuig nie in die motorhuis kan pas met die groot kontrapsie as haak nie.  Ek het my Penta en my Classique met die yellowblade gesleep en met beide karavane het die Yellowblade hom goed gekwyt van sy taak.

So nagelang van die beskikbare info glo ek kan mens 'n redelike beslissing maak.

  1. Net Trapezium, Yellowblade en Tando was vir 'n lang tyd beskikbaar en dis wat gedurende daai tyd suksesvol gebruik is.
  2. Dit was gebruik op ligter en swaar karavane sonder probleme.
  3. Die oorspronklike Trapezium in my oë is die beste stabiliseerder.  Die gebruik daarvan op kleiner sleepwaens is somtyds effe problamaties.

Laastens as jy reeds 'n oorspronklike Trapezium het.  Gebruik hom.  Hy behoort puik te werk saam met die nuwer model Classique.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2020 @ 10:37:06 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 194
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 45 years

Leon die Staightliner werk gladnie met n wrywingsskyf .Google straightliner dan sal jy sien die beginsel waarvolgens hy werk .Hulle gebruik hom om die dubbel horse boxes ook mee tesleep .Ek stuur vir julle Len Booysen se Tel nr dan kan julle hom skakel 0114744431 hy is die agent van die Staightliner .Dit is maar weereens wat werk vir die een werk nie vir die ander persoon maar vir my is die Straightliner uitstekend die konsep waarop hy ook werk .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2020 @ 14:17:52 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1284
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Ek sal beslis nie weet of die volgende van enige waarde is nie - so neem dit maar soos jy wil:

Ons het in Desember 2017 met my Suzuki Grand Vitara my Sprite SC gesleep na  Waenhuiskrans toe. Geweldige swak weer ondervind vanaf so 100 km voor Meiringspoort. In die pas het ons op 'n Toyota Fortuner afgekom wat 'n Swift gesleep het met 'n Yellowblade. Die karavaan het, volgens die bestuurder, baie geswaai in die wind, en uiteindelik is die karavaan van die pad af. Voertuig het nie gerol nie, maar Fortuner en Swift was sleg beskadig. Hulp was alreeds op pad, so ons kon nie verder hulp verleen nie. Die bestuurder vertel dat hy nie vinnig kon ry weens die omstandighede nie, maar dat 'n onverwagse rukwind hom uitgevang het. Ons het geen moeilikheid ondervind met my sleepkombinasie nie. Of dit te danke aan my Tando was, of Genade van Bo weet ek nie. Moet egter erken dat ek baie gerus gevoel het met die Tando al die tyd wat ek daarmee gesleep het, so veel so, dat ek omtrent moes soebat dat Joanie verlief moes neem en  gelukkig voel in die Touareg wat NIE 'n stabiliseerder kan neem nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2020 @ 14:39:14 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 194
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 45 years

Hi Nico jy is reg dit is wat ek sê jou onderving in n sistuasie sal jou lei want jy het in daai sistuasie gesien die Tando werk vir jou .So het gesien die Staightliner werk vir my en ek voel veilig met hom ek sal nooit sê gebruik die een of daai een dit is elkeen se besluit .Ek het ook vroeer jare met n Tando gesleep en met hom ook veilig gevoel .Het maar net besluit op die Staightliner toe ek die swaarder karavane begin sleep ,Die Classique is n redelike swaar karavaan met n enkel as .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2020 @ 08:00:53 am
Theo
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 14 Oct 2007

Dankie vir almal se insette - word waardeer. Ongelukkig of gelukkig (sal nie weet watter een nie) is ons opgradering na die Classique van die baan - die Toyota bakkie D4D 3.0l mag die Classique nie wettiglik sleep volgens die inligting op die lisensie skyfie nie - so ons is bekaf en teleurgesteld maar glo ook ongelukkig dat dit seker nie moes gebeur nie - alles gebeur mos maar met 'n rede.

Die Fleetline moet dus nog sy ding doen.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2020 @ 08:21:36 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16482
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Leon die Staightliner werk gladnie met n wrywingsskyf .Google straightliner dan sal jy sien die beginsel waarvolgens hy werk .Hulle gebruik hom om die dubbel horse boxes ook mee tesleep .Ek stuur vir julle Len Booysen se Tel nr dan kan julle hom skakel 0114744431 hy is die agent van die Staightliner .Dit is maar weereens wat werk vir die een werk nie vir die ander persoon maar vir my is die Straightliner uitstekend die konsep waarop hy ook werk .

Dit is reg so, ek glo wat jy ons mee deel.  Ek het nog nie eintlik die werking van die straightliner van nader bekyk nie.  My fout, het maar aangeneem. 

Die die feit dat die stabiliseeders werk is vir MY 'n gegewe.  Daar is 'n duidelike verskil in die sleep van my karavaan met en sonder die stabiliseeders.

En die verskil kan gevoel word as 'n voertuig jou van agter begin verby steek veral in winderige toestande.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2020 @ 14:42:14 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1632
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years

Ek het n nare ondervinding gehad met n sterk windverandering binne n "cutting"uitgrawing en die stabiliseerder werk vir my.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za