English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 249
Total Replies: 249 188
Total Views: 83 121 398
topics: 988
replies: 13 960
views: 3 252 959
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

'n Nuwe Wêreld

replies: 38
views: 574
11 Apr 2020 @ 09:18:41 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3247
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die Covid19 virus het 'n geweldige groot impak op ons wêreld en as die aanvanklike krisis verby is, dit is as die aansteekkoers en sterfgevalle tot lae vlakke daal, sal dit nog nie nie einde wees nie.  Baie dinge gaan verander en ons sal moet aanpas by 'n nuwe, vreemde wêreld.'n Mens begin onwillekeurig wonder oor die baie aspekte wat slegter gaan wees,  maar ook oor wat dalk beter sal wees.

Een aspek wat ek vermoed dalk gaan verbeter, is lande, ook Suid-Afrika, se produksie.  Baie lande het opgehou produseer en almeer hulle produksie na die ooste, veral Sjina, verskuif. Dit was omdat produksie daar goedkoper gedoen kon word.  Alreeds word produksie van sommige artikels nou in die lande self aangepak.  In ons land is daar reeds sulke voorbeelde.  Sal dit na die krisis volgehou word?  Dalk uitgebrei word?  Ek dink daar is 'n kans daarvoor want die wêreld se vertroue in Sjina is kwaai geskok.  As dit so sal wees, sal dit beslis 'n positiewe effek op ons werkverskaffing hê. 

Ons sosiale interaksie gaan ook baie verander, moontlik ten kwade, want ons gaan dalk lugtig wees vir ander mense wat siektes, nie net Covus19, aan ons kan oordra nie. Ons gaan dalk nie meer so baie na sportvelde stroom nie omdat daar te veel moontlik siektedraende mense, bymekaar is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 11:29:07 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 411
Joined: 28 Feb 2018

Fred, one thing that will change is that a lot of people will work from home on a semi or permanent basis, and will communicate via telecom or vidiocom, thus less traffic and traveling and lunchen etc, also it is forecast that  my investment will take about 5 year to recover to pre Corona levels, eish and my employment contract was on the edges to be renewed, now looks like it will not be renewed 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 12:31:06 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2198
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Glo ook dinge gaan verander maar met die vakbond unies in Suid Afrika gaan arbeids koste nie afkom nie en sal ons nie met ander lande kan kompeteer nie. Die vakbond unies se eise gaan net net vermeerder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 12:40:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16972
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sien daar gaan oral boodskappe deur om china te boycott....nie meer van hulle produkte te koop nie. Ek dink daai aksie gaan stop by daai boodskap. Ons mense is al reeds arm in ons land en kan nie kieskeurig wees om te kies of hy 4x of soms meer vir dieselfde produk sal betaal, maar wat lokaal vervaardig is nie. Daar is baie besighede wat tans wag vir hul voorraad vanaf china....nog nie gehoor dat hul met planne besig is om self te vervaardig nie....sou hulle dit doen glo ek hulle gaan hul uit die mark uit werk met hoë pryse

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 12:47:47 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16972
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sien daar gaan oral boodskappe deur om china te boycott....nie meer van hulle produkte te koop nie. Ek dink daai aksie gaan stop by daai boodskap. Ons mense is al reeds arm in ons land en kan nie kieskeurig wees om te kies of hy 4x of soms meer vir dieselfde produk sal betaal, maar wat lokaal vervaardig is nie. Daar is baie besighede wat tans wag vir hul voorraad vanaf china....nog nie gehoor dat hul met planne besig is om self te vervaardig nie....sou hulle dit doen glo ek hulle gaan hul uit die mark uit werk met hoë pryse

Dit begin al klaar....waar kom daai miljoen en miljoene maskers vandaan wat die verspreiders deesdae bemark. Almal het sekere datums wat hulle adverteer wanneer hulle hul besendings verwag....hulle almal verwag dit beslis nie van n lokale fabriek nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 13:20:45 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3247
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Is daar regtig niks wat gaan verbeter nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 14:12:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16972
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek wil nie negatief klink nie Fred, maar ek verwag nie groot veranderinge nie. En hierdie is ons eie skuld.....soos iemand al verskeie kere op ander drade genoem het....te veel van ons items en arbeid hier is "overpriced". Ons skep daai geleentheid sodat mense elders plan maak om goedkoper weg te kom. Ek wil byvoorbeeld net my yskas deure laat oorverf....van die kwotasies wat ek gekry het was dit vir my goedkoper om n nuwe yskas te gaan koop in die regte kleur. Vroeer met CD's....hoekom het mense dit vervals? ....want die mense het n mark daardeur geskep deur mal hoë pryse vir dit gevra.....terwyl dit hulle n paar sent gekos het om te maak. As hulle oorspronlike pryse billik was sou meer mense dit gekoop het en dan was dit ook nie vir die swartmark die moeite werd gewees om na te maak nie. Dieselfde tans met sigarette.....dit word so vreeslik belas dat dit weereens n mark skep om dit elders te gaan koop......die swartmark dink ek tans is groter as die SA mark self. As die oorspronklike sigarette billik geprys was sou daar nie eers n swartmark seker gewees het nie, maar weereens....geleentheid is geskep. Hoeveel van ons mense het nie al vroeer gebruik gemaak van onwettige Zimbabwers se arbeid nie net omdat hulle vir n appel en n ui gewerk het.....worry nie oor ons eie land se mark of werkloosheid nie, hoe meer hy in sy eie sak kan prop , hoe beter....bogger die res. 

Nou as die lockdown opgehef gaan word, gaan daar baie mense wees wat verder verarm het......nie baie mense gaan geld hê om links en regs uit te gee nie. So wat gaan hulle doen as hulle iets benodig? Ek glo hulle gaan vir waarde vir geld gaan eerder as om te dink aan om eie markte te ondersteun {wat hy tien teen een nie eers sal kan bekostig nie}

Maar wie weet.....niemand het nog ervaring van hierdie situasie waarin ons onsself nou in bevind nie....laat ons hoop en bid vir n beter SA!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 15:18:48 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3247
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dalk is jy reg Geert, dalk ook nie.  Ek dink ons moet bietjie uit die boksie begin dink want ou waarhede gaan dalk nie meer geld nie.   

Die virus gaan maak dat baie mense hulle werk sal verloor en ander baie ander, ons ook, tevrede sal moet wees met verlaagde inkomstes.  Ek wonder of dit nie dalk die geleentheid sal skep vir die mense wat desperaat vir werk is, om nederige werk teen swak vergoeding te aanvaar nie.  Na die wêreld depressie van die dertiger jare, was baie mense genoodsaak om dit te doen.  Ons ken almal die stories van oupa wat met pik en graaf moes gaan padbou omdat hy nie meer 'n bestaan uit die boerdery kon maak nie. Baie boere moes ook myne toe gaan.  Die bekende wêreld van daardie tyd is op sy kop gekeer, soos ook nou aan die gebeur is.  As mense wat gewoond was aan 'n inkomste, op groot skaal desparaat raak vir werk, gaan minimumlone dalk by die venster uitwaai net eenvoudig omdat dit nie meer afgedwing sal kan word nie.  Ons het mettertyd, veral die laaste 26 jaar, gewoond geword aan buitensporige salarisse- laat ons dit maar erken- almal van ons, so dit sal moeilik wees om 'n vermindering in inkomste en 'n gepaardgaande verlaging in lewensstandaard te aanvaar.  Maar dalk sal ons nie 'n keuse in die saak hê nie.   Die vakbonde is 'n faktor, maar die vraag na werksgeleenthede kan dalk so groot wees dat hulle invloed mag verswak en dalk verdwyn.

Daar gaan beslis 'n gekners van tande wees, maar ek wonder of daar nie dalk 'n kans is dat ons op die lang termyn 'n meer volhoubare ekonomie sal sien nie.  Die huidige een, soos jy andui, was besig om homself dood te prys.  Ek dink min mense sal ongeskonde daarvan afkom. Ons sal dalk nie meer twee voertuie per gesin kan bekostig nie, maar as almal saam afgradeer, sal dit nie so moeilik wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 15:43:46 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Miskien is dit tong in die kies, maar miskien steek daar 'n bietjie waarheid in.

Daar word gepraat van 'n moontlike arbeidsmag vermindering van 30% in die motorbedryf terwyl KIA 'n koop nou en begin oor ses maande betaal skema bekend stel.

China is die grootste invoerder van ons grondstowwe. Indien China se vervaardigingsbedryf krimp gebeur dieselfde met ons uitvoere en verhoog wekloosheid.

Die vervaardigingsektor kan nie ter wille van lojaliteit teenoor die ekonomie opgeblase pryse vir komponente betaal nie. Van de beste kameras en lense word volgens Europese en Amerikaanse spesifikasies in die Ooste vervaardig. Volkswagen monteer voertuie met komponente vanuit die Ooste. In die Ooste stel vakbonde nie salariseise nie.

Algaande inkomstes krimp gaan luukshede minder noodsaaklik word. Baie huishulpe gaan dus in die slag bly. Meer werkloosheid.

Met die radikale inkrimping in staatsinkomste gaan die openbare sektor aansienlik noodwendig moet verklein.

As die top bestuurslui 'n salaris vermindering van een derde kan aanvaar vir drie maande, waarom nie permanent nie? En waarom kan die res van die staatsdiens nie volg nie. Miskien sal hulle nie 'n keuse hê nie.

Uiteindelik sal ons na die IMF moet gaan om finansiële bystand. Hulle het voorwaardes. Die greep van die vakbonde sal gebreek moet word of daar sal geen hulp wees nie. SAL sal toegemaak moet word. Nog meer staatsinstellings wat nutteloos is en baie geld kos sal dieselfde pad moet gaan. Die staatsdiens sal moet krimp en hulle salarisse sal in lyn moet kom met die res.

En as dit al die IMF se vereistes in plek is en volgens voorskrif bestuur word gaan ons 'n opwaartse spiraal begin sien en sal ons nie meer die IMF se hulp benodig nie.

Ongelukkig woon ons in Afrika, en daarom, wanneer ons regering weer die hef in die hand kry en stembus motiewe die fokus word sal die afwaartse spiraal weer van voor af begi, en so sal die siklus homself herhaal. wink

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 16:03:40 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

En toe verdwyn die edit fasiliteit voordat ek al die spelfoute kon regstel. surprised

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 16:22:46 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3247
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Pieter, hulle sê 'no pain, no gain'.  Ons gaan swaar kry voor dit beter sal gaan. Waarom is Sjina so 'n groot invoerder van ons grondstowwe?  Omdat hulle so baie produseer omdat Westerse lande hulle produksie daarheen verskuif het.   Maar as die lande self weer begin produseer, sal ons waarskynlik ook na hulle uitvoer. 

Ek dink ons almal leef soos die Amerikaners, bo ons vermoë, so 'n afskaling kan net goed wees.  Dit wil vir my voorkom asof ons geneig is om ons kostespiraal toe te skryf aan die buitensporige salarisse van hande-arbeeders en staatsamptenare.  Ons moet maar goed na onsself ook kyk.  Watter gesin het nie minstens twee voertuie nie?  'n Geslag of twee gelede was een voertuig per gesin 'n luukse.  My ouers het nie eers 'n voertuig besit nie.  Hoe regverdiog ons dit?  Het ons meer produktief geword?  In werklikheid ry ons maar op die golf van buitensporige salarisse wat deur die vakbone oor 'n tyd afgedwing is.  Ek het van 'n ingeligte persoon verneem in Indië kry 'n professor ongeveer die salaris van 'n tikster in Suid-Afrika.  In ons land kry 'n professor meer as 'n miljoen rand per jaar. In Amerika nog meer, maar dalk ook nie meer vir baie lank nie.  Dalk sal nuwe realiteite ons dwing om binne ons en ons land se vermoë te leef, tyd sal wel leer. 

'n Land soos Australië wat ekonomies aansienlik sterker as ons is, het nie iets soos huisbediendes nie.  Dis een van die luukshede wat ons as vanselfsprekend beskou.  Ek dink jy is reg dat dit dalk in die slag gaan bly, maar hoe die nuwe werkloses hanteer gaan word,  weet ek nie.  Geert het genoem dat die Zimbabwiërs se lae salariseise maak dat eerder van hulle arbeid gebruikgemaak word as die van ons eie mense.  Maar ons verwens hulle steeds dat hulle hier is.  Hoe rym dit nou?  Ek dink daar is 'n groot kans dat die res van Afrika dalk swaarder as ons sal kry, so die poging om hierheen te kom sal al groter raak As daar wel groter binnelandse werkloosheid ontstaan, gaan die inheemse bevolking waarskynlik almeer xenofobiesm raak wat kan maak dat daar dalk minder buidelanders hier sal wees maar dat die konflik tussen Suid-Afrikaners en vreemdelinge kan dalk baie groter word.

My gevoel is dat dit baie naïef is om te glo niks gaan verander nie-  BAIE gaan verander.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 18:49:54 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2011
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek dink ook baie dinge gaan verander, veral die politieke landskap. Die Corona-virus het 'n geleentheid geskep wat ware leiers in die regerende party navore laat kom het.  Ek voorspel die tweespalt in die regerende party gaan verklein in die guns van die president en sy ondersteuners.  Die land se powere finansies gaan ook verandering navore bring, veral die houvas wat die vakbonde op arbeidskwessies het, veral lone, salarisse en produktiwiteit  gaan op die spits gedryf word.

Die werkloosheid-virus is die volgende epidemie wat Suid-Afrika gaan tref en ek hoop hierdie virus sal met dieselfde ywer en spoed aangepak word soos wat die geval was/is met die Corona-virus.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 20:06:15 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

As daar veranderinge kom hang dit van ons self af. 

Tyd weg van die alledaagse malle gejaag doen vroutjie en seuns die volgende. Al die personeel is online ge-link met mekaar. Elke dag word daar training gedoen sodat elke personeel lid weet wat in elke afdeling aangaan. Reps kry online sales training. Technical kry product training. Klein dingetjies word aangespreek waarvoor daar gewoontlik nie tyd voor is. Kliente basis word hersien sodat diens verskerp Kan word.

Wanneer hierdie pandemie agter die rug is gaan daar een maatskappy (en hopelik van baie) met nuwe ywer en kennis die mark aanvat om meer doeltreffend en winsgewend vir werkgewer, werknemer en kliente te wees.

In hierdie tydperk word down time in geheel ge identifiseer, bespreek en oplossings word bespreek. 

Nou se ek, finansieel maak hierdie pandemie almal seer, dit gaan ook verby gaan. Waar gaan ons dan staan. Slag gereed of eers begin ons voete soek.

Hierdie tydperk bied vir ons die geleendheid om veranderinge na beter in plek te sit. Gebruik dit.

Veranderinge kan in elke aspek van ons lewens plaasvind. Ons moet net pro aktief en met goeie besluitneming skouer aan die wiel sit.

 

 

 

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 21:42:51 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4332
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Verandering sal daar wees. Ek hoop vir die beste.

Maar ek twyvel of die houvas wat die unies het gebreek sal word. Hou in gedagte dat die staat meer sosialisties neig as kapitalisties. Die massas glo dat die unies is hul redding. Gewoonlik kry hulle hul sin met massa optredes en dreigemente. Waarom sal hulle nou daarmee ophou?

Sou die regerende party unies se regte inperk gaan hulle uit bewind wees met die volgende verkiesing. Dan maak ons die deur oop vir meer radikale elemente. Hulle het klaar hul voet in die deur.

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 22:03:35 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

My guess is that the survival of businesses will largely depend on the type of commodity  or service they deal in. Those in the really nice to have category will perhaps not even open their doors come the first of May. Not because people no longer like their products, but because spending will be prioritised like never before. After all, when people earn less it goes without saying that must have's comes first.

If one could place commodities or sevices on a scale from 0 to 10, with zero being really nice to have stuff like jewwelery or tattoos, and 10 being must have stuff such as basic foodstuff like mealy meal or tobacco, then the higher up the scale your business finds itself the better its chance of surviving this pandemic.

Landlords will most likely sit with acres of rentable space with no takers.

But then, when this guy was asked, if steak trebles in price, what will he do? His answer was "I will stop buying steak". And if brandy's price trebles? "I will also stop buying steak".innocent

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 22:22:21 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4332
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

You are correct. The people's spending priorities will also change after this pandemic.

Now that the sale of tobacco and alcohol  is prohibited I wonder how much income the state is currently losing in sin tax and sales tax alone. I predict the sale of these products will be allowed before the month is over.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2020 @ 22:53:44 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16972
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

You are correct. The people's spending priorities will also change after this pandemic.

Now that the sale of tobacco and alcohol  is prohibited I wonder how much income the state is currently losing in sin tax and sales tax alone. I predict the sale of these products will be allowed before the month is over.

 

Die staat het op n vorige geleentheid genoem dat hulle uitgawes om rookverwante siektes te behandel  meer kos as wat die inkomste daarvan is via sonde belasting....daarom hammer hulle daarop dat mense moet ophou rook. Maar mense het nie ophou rook nie....nou dat regering sigaret verkope verbied dink ek die swartmark floreer meer as ooit tevore....en daai sigarette dink ek is nóg rowwer en meer geneig om rook verwante siektes op te tel. Nou rook die mense steeds, maar soos jy noem is daar nou geen inkomste nie, maar hulle gaan wel op die einde uitgawes hê. So ek stem saam met jou....die staat skiet hulself in die voet.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 08:30:18 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3104
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Is daar regtig niks wat gaan verbeter nie?

Fred

Ek is positief. Het geen inkomste gehad die laaste 10 maande nie. Ek sien nuwe Lewe kom. Ek sien nuwe geleenthede. 

Ek Glo...die lewe in SA gaan verbeter. Mense het dinge na gejaag wat eintlik onbelangrik is. Baie mense se uitkyk op die lewe het reeds verander.

Ons ekonomie..... dit SAL verbeter. Dit sal regkom. Daar sal nogsteeds korupsie wees. Politiekery sal nogsteeds daar wees.

Maar in hierdie tydperk sit daar 1000e CEO,s by die huis....en hulle sit en dink. Hulle maak planne, ook hulle uitkyk op die lewe verander. 

So ja, baie dinge gaan verander...tot ons voordeel

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 08:56:08 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4332
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek hou van jou positiewe voorspelling. Moet net nie verwag dit gaan oornag gebeur nie. Dalk 5 jaar om te kom waar ons was voor die insinking van die wereld ekonomie. 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 09:14:55 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3247
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Kyk nou net, as ons begin dink en doen, lyk die toekoms nie meer so duister nie.  Sterkte vir julle John.

Chris, ek weet nie of jy ironies wou wees met jou noem van tabak as 'n prioriteit nie, maar dit is ongelukkig 'n feit.  Mense is brandarm  en hulle kinders moet van skoolvoedingskemas gebruikmaak om aan die lewe te bly, maar nogtans sal hulle 'n duisend rand per maand aan die dwelmmiddel bestee. Ek ken ongelukkig sulkes.  Of hulle hyg reeds na asem, maar rook sal hulle rook, want 'dis hulle reg' terwyl hulle maar bloot soos 'n heroïngebruiker, verslaaf is.  Ek het ook sulkes geken.  Dit is waarlik ironies.  En dan word sulke mense vir jou kwaad as jy daaroor praat.  Hulle is verslaaf aan 'n dwelmmiddel wat hulle baie skade doen en in die huidige situasie hulle in dieselfde risikogroep plaas as mense met TB, vigs en hoë ouderdom maar hulle offer dit alles op vir hulle God: nikotien.   Dan sê hulle hul liggame is tempels van die Here maar hulle besoedel die tempels deur rook daardeur te blaas.  Sal so 'n persoon ook in 'n kerk rook?  Ek ken selfs dominies en pastore wat rook en dan beweer hulle steeds hulle aanbid net een God!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 10:42:59 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2011
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Johannes 8 : 7

Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.

Matt 7 : 1

Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 10:48:24 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2198
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dankie Len !!!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 10:48:58 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3247
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Eina!  Ek aanvaar jy is 'n roker Lennie?  Moet ek dan nie my broer se hoeder wees nie?  Moet ons dan anderpad kyk as jou broer verkeerd doen? Beskou jy dan rook as reg volgens die Bybel?  Watter van my stellings beskou jy as inkorrek of hou jy net nie van kritiek nie?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 11:01:49 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2011
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Beste Fred

In my amper 73-jarige bestaan het ek gelukkig nog nooit aan 'n sigaret gevat nie  -  dit is my gelukkig gespaar.

Debatvoering en kritiek :  Ek is gek daaroor, hou sommer baie daarvan.  Trouens, ek vang myself dikwels dat ek soms stroomop klink, maar ek hou altyd daarvan om na die anderkant ook te kyk.

Ek het geen bybedoelings gehad nie, die twee verse het net by my opgekom toe ek die kommentare gelees het.

Ns.  Nog erger, ek het nie eers geweet waar die tekste voorkom nie en moes dit eers Google! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 11:06:36 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3247
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Geen kwade gevoelens nie Lennie.  Ons is maar in dieselfde oluderdomsgroep so terloops. Ek hou net nie van heilige koeie nie en vind myself dikwens in ernstige meningsverskille omdat ek nie geneigd is om my mening terug te hou nie.  Ek aanvaar daarom ook as kritiek na my kant toe kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 11:08:55 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het self veertig jaar gelede opgehou rook. Dank die Vader vir die deursettingsvermoë en vasbyt, want dit is wat dit verg.

Dit is baie makliker om drank te los as tabak. Drank word net per geleentheid of na-ure gebruik. Tabak is deel van 'n roker se wakker wees lewe, vandat hy opstaan, totdat hy gaan slaap. Ek sou nikotien as 'n afhanklikheidstoestand beskryf - amper soos suurstof.

Tog jammer dat onbedoelde gevolge van dade nie op skool in ons ingeprent word nie. Ek praat gister met 'n ou studentemaat van my. Hy is amper van sy kop af. Hy rook al vandat hy veertien was, en nou, op 75, moet hy daarsonder gaan omdat die regering besluit het dit is 'n nie-noodsaaklike item. Hulle dink ook nie aan onbedoelde gevolge nie. Praat nie eens van die meer as een biljoen Rand aan belasting wat daagliks daarmee heen gaan nie  Sê maar 35 biljoen in die 5 weke van inperking, en die staat se mediese uitgawes a.g.v. rook verwante siektes gaan nie met een sent verminder nie. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 11:32:52 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Ek glo baie vernuwing gaan wereld wyd plaas vind ten goede vir al die gene wat uitgespaar bly.

Ek rook nie, en glo bogenoemde stelling tov die Tempel kan lank gevoer word. Daar staan ook geskrywe dat dit wat jou liggaam ingaan is nie die probleem nie, maar eerder wat daar uitgaan. Wat se Jakobus oor die tong.

Wonder of al hierdie kontak sport nie dan ook maar beskadiging van die Tempel is nie. Soos gese, ek wonder maar en hou maar my bek in plek.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 11:35:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16972
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dit beteken nie dat as jy jouself n Christen noem, jy sê dat jy sonder sonde is nie. Elke Christen sal besef dat hy n sondige persoon is, daarom glo ons dat Hy vir ons Sy Seun gestuur het om vir ons sondes te sterf. Toevallig sit ons tans in paasnaweek waar ons daai wonderlike gebeurtenis van Golgota mag herdenk.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 11:36:42 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2011
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Die gesprek tot dusver gaan oor " 'n nuwe wêreld" ná die Covid-19 pandemie, maar iewat af hiervan, wat van " 'n nuwe wêreld" ná die inperking tot 30/4 ?

Ek hoop werklik die Regering sal die baie drakoniese, absurde reëls verstandig aanpas, byvoorbeeld :-

  •  Verbod op die verkoop van "nie-noodsaaklike goedere" :  Wat die Corona-inperking betref, maak dit geen sin dat ek by 'n winkel kan instap en brood en melk koop en op die rak lê 'n sak swembad sout wat ek vir my swembad benodig en wat ek nie mag koop nie.  Dit maak mos absoluut geen sin in die beperking van die verspreiding van die Corona-virus nie
  • Wat sou die rede wees hoekom 'n hardeware winkel soos Builders Warehouse gesluit moet wees ?  Toestroming van mense kan mos maklik beperk word deur net 'n toegelate hoeveelheid mense in te laat.  Ietems wat hier aangeskaf kan word sal juis mense tuis hou met doen-dit-self dinge
  • En so kan baie gervalle gelys word

My wens is dat die Regering minder oorhaastig beperkinge sal instel en dat realisme eerder die bo-toon sal voer  -  juis om Suid-Afrikaners positief te hou om die virus-verspreiding hok te slaan en nie om ander doelwitte te probeer bereik nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 12:47:35 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3247
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons dwaal van die onderwerp af en dis my skuld.  Maar my laaste bydrae oor die afdwaling.  My Bybel sê 'gaan heen en sondig nie weer nie' en nie gaan maar aan met jou sonde want dit sal in elkgeval vergewe word nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 12:59:27 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4332
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die draad is nou in sy m__r.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2020 @ 13:44:16 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Nêh

Al wat ek wil sê. Moenie jouself bluf nie. 

Daars verskeie uitsprake in die Bybel wat nagekom moet word,   Te veel om op te noem.

Meet jouself aan die uitspraak van Galasiers 5 vanaf vers 13 -26. Lees met aandag. Daars nog baie ander ook.

As daar nie geloof in die Weg en die  Waarheid is nie. (Johannes 14 : 6 )  gaan niks werk nie.  Miskien is die pandemie op hande bedoel om ons dieper te laat dink.  Kry kussings vir jou knieë.   Meer op hulle as op die agtervoete sal werk.

Ons kan beter met n posetiewe denkwyse. 

L.W.   Ek kla niemand se uitspraak aan nie.

My 2 sent.

 

I love camping all year round
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 07:30:19 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Die posetiwe wat ek raak sien is dat ons as mens leer om saam te staan en te leer van mekaar ons denkwyse verander ons kom met minder reg ek hoop ook die vakbonde gaan mooi dink voor hulle belaglike eise stel aan regering En binne kort sien ons ons geliefdes die ekonomie skop weer in en ons kamp n hond uit n bos

Haak daai wa kamp bly koning
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 08:05:16 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3104
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Die posetiwe wat ek raak sien is dat ons as mens leer om saam te staan en te leer van mekaar ons denkwyse verander ons kom met minder reg ek hoop ook die vakbonde gaan mooi dink voor hulle belaglike eise stel aan regering En binne kort sien ons ons geliefdes die ekonomie skop weer in en ons kamp n hond uit n bos

100%

As elkeen van ons 10 mense kry wat saam met ons positief is en hulle kry 10 mense en hulle kry 10 mense ens ens ens

Dan bou ons n nuwe Nuwe SA

en soos dit topic se

N NUWE WERELD!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 08:12:40 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16972
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die gesprek tot dusver gaan oor " 'n nuwe wêreld" ná die Covid-19 pandemie, maar iewat af hiervan, wat van " 'n nuwe wêreld" ná die inperking tot 30/4 ?

Ek hoop werklik die Regering sal die baie drakoniese, absurde reëls verstandig aanpas, byvoorbeeld :-

  •  Verbod op die verkoop van "nie-noodsaaklike goedere" :  Wat die Corona-inperking betref, maak dit geen sin dat ek by 'n winkel kan instap en brood en melk koop en op die rak lê 'n sak swembad sout wat ek vir my swembad benodig en wat ek nie mag koop nie.  Dit maak mos absoluut geen sin in die beperking van die verspreiding van die Corona-virus nie
  • Wat sou die rede wees hoekom 'n hardeware winkel soos Builders Warehouse gesluit moet wees ?  Toestroming van mense kan mos maklik beperk word deur net 'n toegelate hoeveelheid mense in te laat.  Ietems wat hier aangeskaf kan word sal juis mense tuis hou met doen-dit-self dinge
  • En so kan baie gervalle gelys word

My wens is dat die Regering minder oorhaastig beperkinge sal instel en dat realisme eerder die bo-toon sal voer  -  juis om Suid-Afrikaners positief te hou om die virus-verspreiding hok te slaan en nie om ander doelwitte te probeer bereik nie.

Hier naby ons is n hardeware wat op n manier wel n permit gekry het om besigheid te doen. Almal wat op fb vra vir n hardeware item word nou na hierdie plekkie verwys. Ek was nog self nie daar nie, maar glo daar is n relatiewe stroom na daai winkel omdat hordes hulself wil besig hou met DIY en materiaal benodig

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 11:57:23 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 948
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek was juis vanoggend by 'n plaaslike "Yellow Paint" winkel hier by ons. Hy mag bv GLADNIE verf ens verkoop nie. Gelukkig het hulle die gewone "hardeware" items. Wat wel 'n probleem is, dat indien die voorraad opraak sal hy nie dit kan vervang nie. Hulle is ook net oop tot 12:00 daagliks.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 14:39:54 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Saterdag besluit ek dit is tyd om my gras te sny. Kry my elektriese grassnyer uit en net toe ek begin sny die motor uit. Op geen manier kry ek hom aan die gang nie. Haal toe die motor af en vind een van die "bearings" het n stukkie afgebreek (?waarvan) dit is n stukkie wat die bearing aan die kant toemaak. Dit het tussen die "armuture" en res van die motor ingekom. Gelukkig nie ander skade nie. Nou kort ek twee nuwe bearings om inmekaar te sit en almal is gesluit wat bearings aanhou. Gelukkig het my buurman sy masjien vir my geleen. Nou staan myne uitmekaar tot na "grendeltyd". Die oom Murphy loop ook oral rond.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 17:06:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16972
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Snaaks hoe winkel tot winkel verskil. Hier by die een groot hipermark is omtrent alles afgesper behalwe kos. Dan die ander een hier naby my kan jy alles koop....huishoudelike toerusting, kombuisware, kampeer en braai toerusting, tools, tv's, xbox en PS, DIY soos verf gereedskap, tuin benodighede, selfone.....al wat afgesper is, is die klere...en drank en sigarette wat verwyder is

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2020 @ 17:56:07 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

My raaiskoot is dat ons nog net die oortjies van die seekoei gesien het, en dat die winter wat die broeityd vir griep virusse is dinge lelik deurmekaar gaan krap.

Ek sou sê die senior burgers en oues van dae sal nie voor Oktober hulle vryheid kan terug neem nie. Let wel, ek sê nie hulle vryheid sal ingeperk wees nie, maar die verstandiges sal dit nie gebruik voor na die winter nie.

Ek sal ook maar versigtig wees vir alles wat in restaurante met olie gaargemaak word. Ek raai daar staan potte vol gebruikte olie wat wag om weer vis, hoender, sampioene, skyfies en wat nog alles gaar te maak, met so 'n effense af smakie. Ek weet ook nie van vleis nie. Ek neem aan restaurante vries nie eintlik vleis nie, so hulle het dalk nie genoegsaam fasiliteite daarvoor nie. Lekker oorryp biefstuk. "Nee meneer, die blou is van die slagpale se stempel". wink

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za