English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 940
topics: 11 574
replies: 139 205
views: 39 342 251
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

'n Kolonoskopie raak effens aan die duur kant.

replies: 14
views: 318
22 Jun 2020 @ 16:38:08 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het sopas terug gekeer van my sewende kolonoskopie ervaring, A.g.v. 'n familie geskiedenis was dit 'n vereiste dat ek dit elke vier jaar laat doen. Ek weet nie wat dit veronderstel is om te beteken nie, maar blykbaar hoef ek nie volgende keer weer terug te kom wanneer ek tagtig is nie tensy ek ernstge simptone ervaar.

Ek moet erken, of die tegnologie het deurentyd verbeter of ek het meer afgestomp geraak. Van A tot Z was dit nou hierdie keer niks meer ongemaklik as om kuideniersware uit die kattebak kombuis toe te dra nie.

Ek was vooraf gewaarsku om 'n warm japon saam te bring ingeval ek dink ek gaan koud kry.

Ek dog nog ek wonder wanneer hulle dan nou eintlik gaan begin toe sê die assistent ek kan maar aantrek. Ek vra toe nou maar wanneer gaan hulle dan die ondersoek doen, toe sê kyk bietjie hoe laat is dit. Ons is lankal reeds klaar, en het net vir jou gewag om wakker te word. 

Ek het koffie en 'n Marie beskuitjie gekry, en hoegenaamd nie eens gevoel asof ek effens deur die slaap is nie. 

Woorwaar, die mediese ouens raak al hoe ouliker. Die prosedure aanvaardingsvorm stipuleer die prys, afhangende van wat dit alles gaan behels, tussen R 4000 en R12000 bedra. Geen wonder dit is deesdae hoegenaamd nie 'n onaangename ervaring nie - behalwe vir die rekening gedeelte.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 21:24:59 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Dit is goedkoper as om kanker te kry...

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 08:03:07 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Stem saam, die mediese tegnologie is ongelooflik.  Ek sit verlede week in my tandarts se stoel en kla oor pyn in my boonste en onderste kake, by die heel agterste tande, maar ek weet nie watter tand(e) die pyn veroorsaak nie.  Na 'n paar x-straalplate lê ek op my rug en kyk na die skerm bo my kop.  Die tandarts wys vir my presies waar daar ontsteking is onder die wortel van die boonste, agterste tand.  Nou waar kom die pyn in my onderste kake vandaan ?  Hy wys vir my duidelik op die x-straal plate daar loop 'n senuwee teenaan die tandwortel, reg om my mondhoek tot by die onderkake.  Daar is geen probleem by die onderkake nie, maar die pyn kom al die pad van die boonste tand se wortel waar daar infeksie is !

Nou waar kom die infeksie vandaan ? Antwoord : vanaf die sinuskanaal wat teenaan die tandwortel verby loop ! (Ek het kwaai sinus en hooikoors probleme).

Wat vir my verstommend is, ek en die tandarts kan binne minute nadat ek in die stoel gaan sit het, presies sien waar die probleem lê.

Ai, ons praat darem nou lekker bollie omdat ons nie kan kamp nie !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 08:30:27 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Lennie dit is nie bollie nie. Ek moet gaan vir n galblaas verwydering wat kronies ontsteek is en my baie ongemak verskaf. Ek se vir julle ek is "vrek" bang. Nie vir die operasie nie maar om nou in n hospitaal opgeneem te word met al die virusse en goed. Ek weet my tyd loop uit maar ek hoop maar nog op n wonderwerk

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 11:11:45 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 996
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Stem saam, die mediese tegnologie is ongelooflik.  Ek sit verlede week in my tandarts se stoel en kla oor pyn in my boonste en onderste kake, by die heel agterste tande, maar ek weet nie watter tand(e) die pyn veroorsaak nie.  Na 'n paar x-straalplate lê ek op my rug en kyk na die skerm bo my kop.  Die tandarts wys vir my presies waar daar ontsteking is onder die wortel van die boonste, agterste tand.  Nou waar kom die pyn in my onderste kake vandaan ?  Hy wys vir my duidelik op die x-straal plate daar loop 'n senuwee teenaan die tandwortel, reg om my mondhoek tot by die onderkake.  Daar is geen probleem by die onderkake nie, maar die pyn kom al die pad van die boonste tand se wortel waar daar infeksie is !

Nou waar kom die infeksie vandaan ? Antwoord : vanaf die sinuskanaal wat teenaan die tandwortel verby loop ! (Ek het kwaai sinus en hooikoors probleme).

Wat vir my verstommend is, ek en die tandarts kan binne minute nadat ek in die stoel gaan sit het, presies sien waar die probleem lê.

Ai, ons praat darem nou lekker bollie omdat ons nie kan kamp nie !

haha.....ek wou nounet se dat jy die valstande moet uithaal en dan is daar nie tandpyn nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 16:26:05 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Gelukkig is ek nou eers 71 jaar oud en en te jonk vir probleme 😁😁

Piet, sterke en glo als sal goed gaan maar ek verstaan jou bekommernis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2020 @ 21:53:32 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Sterkte Piet.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 06:48:04 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek het sopas terug gekeer van my sewende kolonoskopie ervaring, A.g.v. 'n familie geskiedenis was dit 'n vereiste dat ek dit elke vier jaar laat doen. Ek weet nie wat dit veronderstel is om te beteken nie, maar blykbaar hoef ek nie volgende keer weer terug te kom wanneer ek tagtig is nie tensy ek ernstge simptone ervaar.

Ek moet erken, of die tegnologie het deurentyd verbeter of ek het meer afgestomp geraak. Van A tot Z was dit nou hierdie keer niks meer ongemaklik as om kuideniersware uit die kattebak kombuis toe te dra nie.

Ek was vooraf gewaarsku om 'n warm japon saam te bring ingeval ek dink ek gaan koud kry.

Ek dog nog ek wonder wanneer hulle dan nou eintlik gaan begin toe sê die assistent ek kan maar aantrek. Ek vra toe nou maar wanneer gaan hulle dan die ondersoek doen, toe sê kyk bietjie hoe laat is dit. Ons is lankal reeds klaar, en het net vir jou gewag om wakker te word. 

Ek het koffie en 'n Marie beskuitjie gekry, en hoegenaamd nie eens gevoel asof ek effens deur die slaap is nie. 

Woorwaar, die mediese ouens raak al hoe ouliker. Die prosedure aanvaardingsvorm stipuleer die prys, afhangende van wat dit alles gaan behels, tussen R 4000 en R12000 bedra. Geen wonder dit is deesdae hoegenaamd nie 'n onaangename ervaring nie - behalwe vir die rekening gedeelte.

 

Klink amper goedkoper as plumbers deesdae.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 07:37:07 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis seker waar wat hierbo geskrywe is....dat dit nie eintlik n kamp verwante onderwerp is nie, maar ons kan hierdie draad seker klassifiseer  onder "rear view cameras"?

 

laughinglol

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 08:41:48 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Dis seker waar wat hierbo geskrywe is....dat dit nie eintlik n kamp verwante onderwerp is nie, maar ons kan hierdie draad seker klassifiseer  onder "rear view cameras"?

 

laughinglol

Skerp Geert, skerp. In meer as een opsig!

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 10:36:07 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Foutiewe bedrading

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 13:35:40 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek gaan gewoonlik vir n kolonoskopie EN n gastroskopie op dieselfde tyd. Ek kry 50% afslag as hulle dieselfde instrument gebruik, Maak net seker hulle doen EERS die gastroskopie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 13:38:57 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek gaan gewoonlik vir n kolonoskopie EN n gastroskopie op dieselfde tyd. Ek kry 50% afslag as hulle dieselfde instrument gebruik, Maak net seker hulle doen EERS die gastroskopie.

Mooi man, hehehe 😋

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 16:03:04 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As hulle nou 'n lekker lang apparaat gebruik, kan hulle beide sommer in een slag doen.  Ek weet net nie van watter kant af hulle moet begin nie- beide het 'n nadeelembarassed.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2020 @ 16:27:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Druk net jou neus toe.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za