English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 763
Total Views: 83 246 368
topics: 11 573
replies: 139 196
views: 39 341 459
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Opsoek na sitplek oortreksels vir d/c bakkie

replies: 16
views: 283
22 Sep 2020 @ 05:27:24 am
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 479
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Ek is op soek na sitplek oortreksels vir Nissan NP 300 DC. Baie van die oortreksels is minderwaardig en hou ook net so lank. Soek  iets soortgelyk aan Escape Gear(canvas of iets wat gaan hou) maar teen redelike prys. Enige idees?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 06:45:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

By die vakansie skou hier in PTA wat elke Feb maand plaasvind is daar 'n paar produkte wat regtig die moeite werd is maar teen 'n baie hoe prys.

TAKLA is onder andere een van hulle waarvan ek hou.  Dit lyk asof dit die sitplek self is so netjies en deeglik pas hulle.  Kan afgehaal word was en weer terug gesit word.

Maar soos ek se,  dis regtig teen 'n stewige prys.

Ek gebruik die swart en grys seil tipe sitplek oortreksels verkrygbaar by Makro, Midas of Outdoor Warehouse.

Dit werk goed vir my want ek gebruik dit net tydens 'n lang vakansie of trippie.  Die res van die jaar is die mooi leer sitplekke van my tipper sigbaar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 17:33:16 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 479
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Dankie, sal by Makro gaan kyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 18:24:16 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons gebruik KINDO sitplek oortreksels wat in Pietermaritzburg gemaak word. Al ons werk voertuie het dit op en ook my privaat voertuie. Material is tiepe seil en maak maklik skoon en prys is baie billik. Kan hulle gerus probeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 19:28:30 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years
  • STONEHILL seat covers is in Centurion naby Irene mall - elke voertuig en model se afmetings word nommerpas gemaak - baie goeie kwaliteit canvas met xtra versterkings en padding waar nodig.  Kyk op hul web of kontak hulle ons het nou net laat maak vir n Ford ecosport  - hul pas op perseel terwyl jy wag.  Enige foute word onmiddelik reggemaak.  Ons het soortgelyke covers op n fiesta en toyota al vir langer as 10 jaar.  Kos ongelukkig n paar rand (r4000) maar dis of iets ordentlik vir jare of n game / makro / midas oortreksel wat anyway nooit reg pas nie en elke jaar vervang moet word agv swak kwaliteit. Kyk op google ook soortgelyk in Kyalami en Vereeniging.  Ons het nog nooit voertuig sonder ordentlike covers gery nie - dag as jy verkoop is die original sitplekke nog splinternuut en gee ook n idee van hoe jy na jou voertuig in algemeen omgesien het.  
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Sep 2020 @ 21:21:10 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 479
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Dankie, sal na die opsies kyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 07:42:46 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek kaap nou so 'n bietjie die draad, maar die kwessie van leer oortreksels in voertuie is interessant, en ook teleurstellend.  Ek het bietjie gaan oplees hieroor omdat iemand my skeef aangekyk het met so 'n 'regtig?' kyk toe ek noem dat my Kuga egte leersitplekke het.  As ons aan leersitplekke dink dink ons aan beesvelle wat gebrei is en in die regte vorms gesny is om in die voertuig te pas.  Baie duur voertuie soos bv Bentleys het wel sulke sitplekke en dan neem dit amper 'n trop beeste om die leer te verskaf vir 'n enkele voertuig.  Die res van die voertuie, selfs meeste Mercedese, het, om dit kortliks te stel, hersaamgestelde leer van verskillende aard- daar is net nie genoeg leer in die wêreld vir leersitplekke nie. Die 'egte' leerpatroon op die leer is meestal maar gedruk en is in werklikheid in kunsstof wat in sommige gevalle op gesplete leer gedoen is.  In ander gevalle is dit maar leervesel wat met kunsstowwe gebind is om solle materiaal te vorm.  As dit beweer word dat dit leersitplekke is, is daar blykbaar minstens 'n hoeveelheid leer in. Maar die materiale is nie minderwaardig nie.  Dis in baie gevalle meer duursaam as regte leer.  Ek het my ook verbeel die 'leer' is koeler omdat dit vog kan absorbeer, maar die tipiese oortreksel is egter gladnie absorberend nie, wat die voordeel het dat dit maklik skoongemaak kan word.  Dis moeilik om met die blote oog te oordeel of iets leer is of nie.  Daar is 'n maklike toets wat, lyk dit my, betroubaar is.  Plaas 'n druppel water op die materiaal en wag 'n paar minute.  As dit leer is, sal die druppel geabsorbeer word en 'n redelik duidelike nat kolletjie nalaat.  Andersins sal die druppel netso bly.

Ek vermoed voertuie van so 'n paar dekades gelede het wel egter leersitplekke gehad toe dit nog net vir baiue duur voertuie beskore was.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 08:31:00 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Fred ek stem saam met jou - ook al die les geleer - almal het "leer"  sitkamerstelle in hul huise - in werklikheid kan bitter min mense leer bekostig (al dink jy dit is leer as jy r40 000 daarvoor betaal het)  dis gewoonlik leer bokante en sintesiese stowwe aan die kante en wegsteekplekke.  Leer het ook n net n beperkte lewe want dit skaaf en skuur as jy daarop sit en moet op n sekere manier bewerk en politoer kry om dit sag en rekbaar te hou.  Van der Spuy upholsteries bestaan al meer as 100 jaar in ons familie in Stellenbosch en ek het baie kennis van tipes leer.   Nou net n probleem probeer opklaar van vriendin wat r60 000 betaal het 8 mnde terug vir n tipe seemsleer sitkamerstel (gedog dis haar laaste na aftrede) -  stoel waar haar man elke dag sit het nou begin skif en van kleur verander wat lyk soos sweet kolle - verskaffer weier om te vervang en se dis natuurlik !  Navraag by familie onderneming gedoen en hul bevestig dis wat jy gekoop het en laat jy dit weer oortrek gaan dit weer gebeur.    Aan ander kant het ek n stel met los sit kussings van leer 35 jaar terug gekoop vir r6000 -  een kussing begin nou kraak en gaan ek dit laat oortrek met materiaal.  Plastic leer of materiaal - elkeen het maar sy prys en lewensduurte hang af hoe hy hanteer word.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 09:02:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek kaap nou so 'n bietjie die draad, maar die kwessie van leer oortreksels in voertuie is interessant, en ook teleurstellend.  Ek het bietjie gaan oplees hieroor omdat iemand my skeef aangekyk het met so 'n 'regtig?' kyk toe ek noem dat my Kuga egte leersitplekke het.  As ons aan leersitplekke dink dink ons aan beesvelle wat gebrei is en in die regte vorms gesny is om in die voertuig te pas.  Baie duur voertuie soos bv Bentleys het wel sulke sitplekke en dan neem dit amper 'n trop beeste om die leer te verskaf vir 'n enkele voertuig.  Die res van die voertuie, selfs meeste Mercedese, het, om dit kortliks te stel, hersaamgestelde leer van verskillende aard- daar is net nie genoeg leer in die wêreld vir leersitplekke nie. Die 'egte' leerpatroon op die leer is meestal maar gedruk en is in werklikheid in kunsstof wat in sommige gevalle op gesplete leer gedoen is.  In ander gevalle is dit maar leervesel wat met kunsstowwe gebind is om solle materiaal te vorm.  As dit beweer word dat dit leersitplekke is, is daar blykbaar minstens 'n hoeveelheid leer in. Maar die materiale is nie minderwaardig nie.  Dis in baie gevalle meer duursaam as regte leer.  Ek het my ook verbeel die 'leer' is koeler omdat dit vog kan absorbeer, maar die tipiese oortreksel is egter gladnie absorberend nie, wat die voordeel het dat dit maklik skoongemaak kan word.  Dis moeilik om met die blote oog te oordeel of iets leer is of nie.  Daar is 'n maklike toets wat, lyk dit my, betroubaar is.  Plaas 'n druppel water op die materiaal en wag 'n paar minute.  As dit leer is, sal die druppel geabsorbeer word en 'n redelik duidelike nat kolletjie nalaat.  Andersins sal die druppel netso bly.

Ek vermoed voertuie van so 'n paar dekades gelede het wel egter leersitplekke gehad toe dit nog net vir baiue duur voertuie beskore was.

Ek stem saam met jou.  Moet dalk praat van leer "look" sitplekke. Want hulle lyk so...laughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 09:39:34 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die nuwe 'leer look' is minstens baie mooier en oortuigender as die viniel-oortreksels van so 'n paar dekades gelede.  Moontlik ken die jonger lede van die Forum dit nie.  Materiaaloortreksels het dit vervang want dit het sommer minderwaardig gelyk, en nou vervang nuwe kunsvesel weer die materiaal in ouens se  karre  soos myne, wat ons wil verbeel ons sit op leer!foot-in-mouth

Ek wonder wat is regtig die beste.  My Kombi se materiaalsitplekke was nog in 'n puik toestand toe ek hom op amper dertig jaar en 240 duisend kilos verkoop het, selfs die bestuurder se sitplek wat tog die meeste gebruik word.   Ek wonder of die Kuga se 'leer' so lank sal hou.  Daarenteen het 'n vorige Corolla se materiaal na 'n heelwat korter tyd begin ingee.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Sep 2020 @ 20:31:35 pm
pieterc
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 10 Mar 2015

Ek is op soek na sitplek oortreksels vir Nissan NP 300 DC. Baie van die oortreksels is minderwaardig en hou ook net so lank. Soek  iets soortgelyk aan Escape Gear(canvas of iets wat gaan hou) maar teen redelike prys. Enige idees?

Ek kyk self nou na Escape Gear en Takla, maar sukkel om daai pryse te "justify". Veral omdat ons nie eintlik die rof en onbeskof in die boendoes ding doen nie en die voertuig hoofsaaklik vir vakansies gebruik word.

Ongelukkig het die sitplek klaar skade ( na 17 jaar ) en sal ek vinnig moet plan maak voordat dit te laat is.

 

Ek moet ook bysê dat die duurder make defnitief beter kwaliteit is en ook beter pas soos Leon sê.

Ek sal bietjie die ander name hierbo genoem gaan google- dankie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 07:19:10 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Pieter, 'n stoffeerder behoort die die sitplek(ke) wat beskadig is, nuwe oortreksels te kan maak wat netsoos die oorspronklike lyk en dit oortrek soos dit uit die fabriek gekom het?  Die sogenaamde 'bonded leather' kom in 'n groot verskydenheid kleure, is redelik vryelik beskikbaar en bekostigbaar,  en daar behoort een te wees wat netsoos jou oortreksels lyk, dan lyk die voertuig weer splinternuut.  Ek is seker dit sal beter lyk as los oortreksels.  Meeste sitkamerstelle wat as leer verkoop word, is in werklikheid 'bonded leather' en dit lyk soos egter leer. Dalk is jou oorspronklike oortreksels presies dit. Duidelik is jy, soos ek, 'n man wat lief raak vir sy ou getroue ryding en dit raak al moeiliker om van hom afskeid te neem soos hy ouer word né.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2020 @ 08:18:48 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Baie goeie stoffeerders met goeie reputasies en jare kennis :     

Van der Spuy  upholsterers  Stellenbosch  -   Otto vd Spuy 

Foam craft pretoria noord -   Rink vd Kleef

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2020 @ 20:26:41 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years
STONE HILL SEAT COVERS
-5 Year Unlimited Guarantee
-Tailor Made from 100% Cotton Canvas
-Teflon Coated / "Scotch Guarded"
-Breathable
-Genuine Leather Inserts
-AVAILABLE FOR:
-SUV's, 4x4's & Bakkies of most Manufacturers, including:
-Toyota | Ford | Isuzu | Nissan | VW | Suzuki | Mahindra | GWM
-Prices Include:
-FREE Duffel Bag
-FREE Delivery to anywhere in South Africa OR
-FREE Installation at our factory in Pretoria.
-For Prices - Please send vehicle, Make, Model and Year.
WhatsApp / Phone / Comment
Ockert @ 084 720 2537
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2020 @ 08:22:45 am
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

STONEHILL - moet se die gratis duffel bag van dieselfde materiaal as die sitplekke en hul naam daarop het my nogal laat wonder wat moet ons met nog n sak doen - nou gebruik ons hom in die karavaan as n oortreksel om n slaapsak in te berg.   Sterk en duursaam bietjie klein vir n wasgoedsak.     

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2020 @ 19:32:56 pm
pieterc
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 10 Mar 2015

Fred - Ja, ek sal moelik van my huidige rygoed ontslae raak. Die regmaak / herstoffeer van die sitplek is defnitief n opsie waarna ek sal kyk. Dit behoort ook meer bekostigbaar te wees as oortreksels.

Leen - Dankie vir die verwysing na Foam Craft, ek is in die Moot en sal defnitief daar gaan raad vra.

Swanie - Ek het nie geweet van Stone Hill nie, sal bietjie gaan lees.

 

Pieter

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Oct 2020 @ 16:23:07 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Escape Gear is my opsie, lewenslange waarborg.

My vorige bakkie se een sitplek naatjie het begin los torring na 5 jaar.

Die bekleedsel vir hulle gestuur (hulle het hom kom haal by my werk), gefix en teruggestuur na my huistoe binne n week.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za