English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 967
Total Replies: 225 229
Total Views: 82 163 972
topics: 10 682
replies: 122 207
views: 38 755 554
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

ON THE ROAD FEE ONWETTIG BEVIND.

replies: 19
views: 472
22 May 2019 @ 07:52:08 am
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 25 May 2013
Die Nasionale Verbruikerstribunaal het in April bevind dat die heffing van die sogenaamde On The Road Fee onwettig is en kredietverskaffers opdrag gegee om dit te staak en dit terug te betaal aan kliente waar dit gehef was selfs al is die koopkontrak ten volle betaal. Dieselfde sou seker geld as die voertuig kontant gekoop word en die heffing ingesluit was. Sekere karavaanhandelaars op hierdie forum het die heffing ook gereeld in hul aanbiedings vermeld. Kopers moet maar lig loop vir al hierdie foefies wat by kooppryse gevoeg word.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 10:06:07 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13063
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ja....ek sien dit by baie handelaars. Ek is bly regering het hulle dit nou verbied. Die handelaar se prys sluit seker alreeds wins in...daai wins word seker gebruik om jou personeel se arbeid te betaal.....hoekom dan nog geld vra om die transaksie te beklink {As daar nou nie wins was op hul voertuie nie, was dit n ander storie}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 10:10:52 am

Toe ek my Ranger gekoop het, was hy op special. Ek wou toe gebruik maak van die aanbod. Toe ek daar kom, sê handelaar vir my as ek nie deur Ford credit koop nie, gaan hulle n R10k of R20k by die prys byvoeg? Wens hulle wil sulke verkoops tegnieke ook verbied.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 11:28:59 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Toe ek my Ranger gekoop het, was hy op special. Ek wou toe gebruik maak van die aanbod. Toe ek daar kom, sê handelaar vir my as ek nie deur Ford credit koop nie, gaan hulle n R10k of R20k by die prys byvoeg? Wens hulle wil sulke verkoops tegnieke ook verbied.

So waar eis ons die terugbetalings? Ekt al my voertuie kontant gekoop en op elkeen was daar on the road fees bygesit, sommer verskillende bedrae en ekt dit wel van die kooppryse ook afgestry maar op fakture het dit bly voorkom..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 13:05:21 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 502
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Geert dit is waar die " Terms and Conditions Apply" in kom. Maatskappye skuil agter daardie terme en kom weg met moord. Wetgewing moet daardie terme verbied sodat alle transaksies /advertensies deursigtig is.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:19:41 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13382
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja dis maar een foefie van hulle.  

Waar en hoe eis mens die gelde terug?  Is daar al 'n proses bepaal?

Nog 'n foefie is die addisionele geld wat jy betaal as die voertuig enige ander kleur as wit is.  Ek het in UAE na die Ford Handelaar gegaan en daar na die Ranger Wildtrak gaan kyk wat toe deur die verkoops persoon bevestig is kom van SA af.

Al drie die voertuie op die vloer Wit, Silver en  Chilli Orange (Bronze) was presies dieselfde prys.

So word ons maar goed vir 'n "ride" gevat hier in SA.

Besoekers van Indonesië wou weet waarom daar so baie wit voertuie hier in SA rond ry?  Hou ons nie van ander kleure nie?  As jy mooi dink is die ekstra geld vir 'n blou metalic kar dalk 'n drywer vir die verskyn sel.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:22:15 pm
Anonymous

Ek moet eerlik wees, ek was nie eens bewus hiervan nie.

Ek het ook verlede week die ''geit'' gekry om die X-Trail te vervang. Saterdag by 'n erkende handelaar waarvan baie lede hier van die handelaar se tipe fabrikaat gebruik maak het ek na 'n voertuig gaan kyk wat my redelik beindruk het.

Met tyd knaps was daar nie tyd vir 'n toets bestuur nie en het oreengekom sodra ek terugvoering kry oor die prys evalueering sal ek kom toets bestuur.

Die verkoopsman het net fotos van my voertuig geneem en dit na hulle hoofkantoor gestuur vir 'n prys evalueering waar ek toe Maandag terugvoering gekry het met 'n aanloklikke prys.

Telefonies het ek aan hom genoem watter ekstra kostes kom by op die vervangings voertuig?

Antwoord:

- Die sleepstang waarvoor jy aangevra het en die ''On Road Kostes''.

1) Kostes van sleepstang was toe nog onbekend.

2) Kostes vir ''On road fees'' het hy gereken, so 'n gemiddeld van R 4500-00.

Maandag middag sonder afspraak daag ek daar op en vra vir toets bestuur.

Ai tog, amper het ek my vingers verbrand.

Die voertuig se trekkrag is nie naastenby as wat die X-Trail is nie, maar tog wys die spesifikasies bykans dieselfde, net dat die vervangings voertuig 'n gemiddeld van 1,5km/lt swaarder is op brandstof as die X-Trail wat nie gepla het nie omrede die voertuig minimaal gebruik gaan word soos in die geval van die X-Trail, slegs kamp, vakansies en so nou en dan oor 'n naweek.

Die gevolgtrekking:

Ek so die sogenaamde gemiddelde R 4500 on road kostes betaal het omrede die transaksie teen gister afgehandel sou wees indien ek nie gekanseleer het nie en dan was daar nou oorlog tussen my en die handelaarsealed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 18:59:00 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1024
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Sal ook graag wil weet hoe ek die kostes so gehef kan terugeis .... waar kan ek die offisiele verklaring te siene kry?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 20:19:56 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1250
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Dink julle is bietjie haastig, die bevel was slegs teen VW en VW het aangedui dat hulle gaan appel aanteken. Ek dink dit gaan nog baie lank neem voordat daar finaliteit is en dan die lastigheid dat dit nie noodwendig op ander vervaardigers betrekking mag hê nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 21:31:20 pm
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 25 May 2013

Die oorspronklike bevel teen V/W en BMW was al in 2017 en is nou deur die tribinaal bevestig. Blykbaar kan V/W nog by die Hooggeregshof appel hieroor aanteken. BMW se appel is hangende. Volgens die berig in die Business Day wat ek raakgelees het word voorgestel dat iemand wat 'n terugbetaling verlang eerstens by die handelaaar moet aanklop. Google gerus refund of on the road fees vir meer info. Ek het in my berig slegs gemeld dat kopers maar moet lig loop vir al die verskillende foefies (heffings) wat handelaars by koopkontrakte probeer invoeg.   Onthou ook dat as die sg on the road fees ook registrasie en lisensiering van die voertuig asook brandstof wat by aflewering ingegooi is, sou insluit, hierdie gedeelte wel verhaal kan word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 15:18:45 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

So waar eis ons die terugbetalings? Ekt al my voertuie kontant gekoop en op elkeen was daar on the road fees bygesit, sommer verskillende bedrae en ekt dit wel van die kooppryse ook afgestry maar op fakture het dit bly voorkom..

Jy gaan terug na waar jy hom gekoop het. As dit nie werk kla by die ombudsman.

Baie geld wat hulle vra. Wat van as die gesamentlike geld op finansiering is wat is die (on the road fees) dan. 

Ons hele land, hele nasie moet besef, as ons hierdie land wil regruk gaan uit buitery, korrupsie op alle vlakke moet stop. 

Gaan haal julle geld

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 17:08:36 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Jy gaan terug na waar jy hom gekoop het. As dit nie werk kla by die ombudsman.

Baie geld wat hulle vra. Wat van as die gesamentlike geld op finansiering is wat is die (on the road fees) dan. 

Ons hele land, hele nasie moet besef, as ons hierdie land wil regruk gaan uit buitery, korrupsie op alle vlakke moet stop. 

Gaan haal julle geld

AS ek nou kyk na my on the road fees vir albei was dit nie eers R1500 nie? Ja ekt elke keer dit afgestry maar hulle noem dit as deel van "Pre-Delivery Inspection".. Wat 'n klomp twak. Miskien moet ek produk bou, en voor jy hom koop gaan ek jou vra om hom gou te check of hy reg is, so ekstra % bysit?? haha

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 17:32:13 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1250
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Jy gaan terug na waar jy hom gekoop het. As dit nie werk kla by die ombudsman.

Baie geld wat hulle vra. Wat van as die gesamentlike geld op finansiering is wat is die (on the road fees) dan. 

Ons hele land, hele nasie moet besef, as ons hierdie land wil regruk gaan uit buitery, korrupsie op alle vlakke moet stop. 

Gaan haal julle geld

Sterkte met die "terug kry"! Dink dit gaan meer energie en frustrasies kos as wat dit werd is. Maar laat my weet as iemand dit wel reg gekry het, ek het sedert 1980's heelwat on the road fees met rente wat ek kan probeer terugkry :)  maar ek hou nie my asem op nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 19:27:27 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1534
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek self het geld uitstaande met die laaste koop. Dan by gesê die mense by Ford Randfontein het my bo alle twyfel fantastiese diens gegee na ek aflewering gevat het. Het kon net hul rug gedraai het maar het nie. So ek gaan bietjie onredelik voel om nou geld daar te gaan haal. 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 12:03:50 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek praat maar tong in die kies. Was interessant. Maar ek dink ek sal waardeer as dit in die toekoms bietjie kan regkom met al die slim ekstra kostes.. Jy koop mos die kar vir Rx.. Dit moet alles insluit. AS ek ekstras bysit, kwoteer daarvoor dat ek dan kan besluit.

Maar dis maklik om die ouens te oorreed om daai ekstra nie te voel nie agv finansiering.. Oor die maande is daar koste maar min.. Koop daai voertuig kontant, pappie, jy voel elke Rand NOU!!! Nie oor 36 of 72 maande nie, jy voel hom NOU...

As ek nou wel kan besluit tussen nog 'n Fortuner of Prado glo ek nie ek gaan elkgeval sommer weer 'n voertuig hoef te koop onder normale omstadighede nie (tensy ongeluk of diefstal). Nou koop ek om so lank as moontlik te hou, so daai kostes gaan my nie meer pla nie ;-)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 17:23:02 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2217
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Sover ek weet is daar gewoonlik 'n heffing op "metallic" verf en nie op standaardkleure nie.  Dit lyk my dit algemeen by alle fabrikate.  Die metaallyk beter en ek is bereid om daarvoorte betaal.  Ek het nie geweet van die sogenaamde "on the road fee" nie- waarvoor sou dit sogenaamd wees en tot wanneer is dit terugbetaalbaar- weet iemand dalk? Dit lyk asof dit dalk tot 2007 kan wees.

Dan die kwessie van die prys:  Ek vind amper alles is deesdae onderhandelbaar, ook wat jy vir 'n voertuig betaal.  Deur na verskillende handelaars te gaan, kan jy waarskynlik 'n beter afslag beding- dis in elkgeval my ondervinding.  Dit kan ongelukkig beteken dat jy dalk verder moet ry om jou nuwe voertuig te gaan haal.

Wat die ombutsman betref; Dit 'n goeie instelling maar ek verneem hulle reaksietyd is maar baie swak, so as jy vinnige aksie verwag, is dit dalk nie die aangewese weg nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2019 @ 18:29:40 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het ook gevind om bietjie kwotasies tussen handelaars te vergelyk help baie. Het op die ou einde R100k af gekry op my BT-50 waar van die handellaars net R30k wou afgee.. 

So ook met die Toyotas, al verkoop hulle goed, kan jy ook bietjie afslag kry, nou nie R126k soos in die Ford se geval tans nie, maar hulle werk saam en maak 'n plan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2019 @ 11:22:14 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2217
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons moet ook onthou dat dit onwettig is vir handelaars om saam te span om pryse op te druk.  Verskeie maatskappye het al in die moeilikheid gekom oor pryssamespanning of monopolisitese bedrywighede.  Dit maak hulle versigting dink ek, om summier te weier om te onderhandel.  Ek onthou jare gelede toe en 'n Peopeot gekoom het by 'n handelaar wat my 'n groter afslag gegee het, was die plaaslike handelaar baie omgekrap omdat die moedermaatskappy pryse en afslagte voorgeskryf het en enige handelaar wat daarvan afgewyk het, het 'n kans gestaan om sy franchise te verloor.  Maar dis gelukkig nie meer die geval nie en ons moet daarvan gebruikmaak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2019 @ 11:22:16 am

29 May 2019 @ 15:04:42 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4880
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek sien Toyota noem dit nou nie meeron the road fee nie, dis nou service and delivery fee (en ek gaan haal die kar steeds self....)

Hulle reken hulle moet olie ingooi en bietjie brandstof en seker maak alles is reg voor kar verkoop word, en dit vir R2995 plus BTW.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required